Herlaai vir 12br

blaser
Hero Member
Hero Member
Posts: 1609
Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm

Re: Herlaai vir 12br

Post by blaser »

Christo

Het nie planne nie maar jy kan met die oe kom steel
ablm468

Re: Herlaai vir 12br

Post by ablm468 »

Christo

As jy aan 'n gunclub behoort vra of daar nie iemand is wat die shot herwin nie. Die ou by ons klub herwin die shot en dan kry jy dit vir so ongeveer R15/kg. Dit is nou 'n mensel van 7, 7,5 en 8 maar dit maak nie saak nie, het Vrydag met die eerste batch wat ek self gelaai het gaan skiet en het baie goeie resultate behaal.

Groetnis

Hansman
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Herlaai vir 12br

Post by Christo »

Ek gaan kyk of ek nie iewers in die kaap so kan regkom nie.

Dankie Hansman
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
ablm468

Re: Herlaai vir 12br

Post by ablm468 »

Manne hoe verwyder mens die plastic residue wat die wads in jou loop los. Ek neem aan dis van die spoed dat die goed afgee. Moet mens maar borsel mer koper borsel of sal gun cleaner dit uithaal. Dit sit nogal vas.
blaser
Hero Member
Hero Member
Posts: 1609
Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm

Re: Herlaai vir 12br

Post by blaser »

Jy kry n spesiale spiraal loop skoonmaker vir haelgewere saam met carb cleaner
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Herlaai vir 12br

Post by Stefan764 »

Lekker O/U daai Hansman, wat het jy betaal vir hom?

Groete
Stefan
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
ablm468

Re: Herlaai vir 12br

Post by ablm468 »

Stefan

Het R10,000 betaal. Is baie in my noppies met hom.
ablm468

Re: Herlaai vir 12br

Post by ablm468 »

Beretta

Ek het jou advies gevolg en oorgeslaan na S121, maar dis nogals 'n job om op die Lee load-all van lading te verander.

Ek het paar keer lekker gevloek as ek amper al die kruit laat uitloop of die shot uitloop.

Ek gaan sodra my skip inkom kyk of ek nie kan oorslaan na 'n beter herlaai sisteem nie, daar is geen manier wat mens die Lee kan leegmaak sonder om die poeier uit te skep met 'n lepel of iets dergliks nie. Dit veroorsaak dat 'n man baie kruit mors.  :( :(

Watter herlaai stel werk goed vir haelgeweer wat nie die bank sal breek nie?

My lading is nou soos volg, 22,5gr S121 met 28,4gram hael.

Ek kom agter dat die dop nou aansienlik leeg is, krimp makliker maar die krimp duik in na die binnekant toe, is dit reg?

Enige hulp/advies sal waardeer word.

Groetnis

Hansman
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Herlaai vir 12br

Post by Beretta »

Hansman
Daar is net een en dit is die Hornady 366 of as jy baie geld het Spolar Gold
Beretta
ablm468

Re: Herlaai vir 12br

Post by ablm468 »

Beretta

Is dit normaal dat die krimp so half ingeduik is na onder, die dop lyk of daar te min hael in is?

Hansman
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Herlaai vir 12br

Post by Beretta »

Ja en nee probeer n groter bushing en kyk of dit nie die probleem gaan oplos nie ek weet nie of jy jou final crimp kan stel nie.
ablm468

Re: Herlaai vir 12br

Post by ablm468 »

Het nou agtr die kap van die byl gekom in terme ban die probleem met die krimp. Die krimp duik in en trek soms so ver oop dat die hael uitval.

Ek sien het nog baie om te leer van haelgeweer herlaai. Dit is die wads wat verkeerd is, dit is 32gram wads en ek laai nou 28gram. Daar is dus te veel kapasiteit in die dop. Sal moet 28Gram wads koop.
blaser
Hero Member
Hero Member
Posts: 1609
Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm

Re: Herlaai vir 12br

Post by blaser »

ja of jy kan n spaser van plastiese karton insit
ablm468

Re: Herlaai vir 12br

Post by ablm468 »

Remington

Is dit iets wat mens koop of moet mens dit self maak. Indien koop, waar koop mens so iets.

Dankie vir al die geduld, die haelgeweer storie is nuut vir my.

Hansman
blaser
Hero Member
Hero Member
Posts: 1609
Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm

Re: Herlaai vir 12br

Post by blaser »

jy maak dit self sommer van hierdie borde van die eindoms agente

as jy regtig vas is sal ek jou help met 28 gram wats te ruil vir 32 gram of probeer hierdie no jimmy 0829640822
ablm468

Re: Herlaai vir 12br

Post by ablm468 »

Remington

Dankie vir die aanbod, ek het egter reg gekkom met die wads.

Geweer skiet mooi met die 28gr lading.

Ek sukkel nog om raak te skiet, maar dit het niks met die geweer of die lading te doen nie.
User avatar
MEERKAT
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm

Re: Herlaai vir 12br

Post by MEERKAT »

Hallo Beretta , Remington

Huidiglik gebruik ons MS 200 (21.5gr) op 'n lading van 28gram  size 7.5 haelkorrels , ons oorweeg dit om te kyk na S121 , watter verhouding sal julle aanbeveel?

Sal waardeur

Groetnis
MEERKAT
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Herlaai vir 12br

Post by Beretta »

Meerkat
Jy moet vir Remington vra hy gebruik die s121 ek gebruik nog ms 200 hy is die xpert op die een
Beretta
blaser
Hero Member
Hero Member
Posts: 1609
Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm

Re: Herlaai vir 12br

Post by blaser »

MEERKAT
SO 23 GR
User avatar
MEERKAT
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm

Re: Herlaai vir 12br

Post by MEERKAT »

Dankie Maters

Sal laat weet wat daardie 23gr maak.
Mooi loop
MEERKAT
blaser
Hero Member
Hero Member
Posts: 1609
Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm

Re: Herlaai vir 12br

Post by blaser »

HY MAAK SO 1250 F/S
Post Reply