Page 2 of 3

Re: 2019 Jag Fotos

Posted: Wed Apr 10, 2019 8:01 am
by DWB
Lekker Joe, bly jy kon die knaap verlos! Die wetters wat daai goed stel.........

Re: 2019 Jag Fotos

Posted: Wed Apr 10, 2019 9:45 am
by Pappabeer
Joe13 wrote:Lekker manne. Die is seker nou nie jag nie. Ek loop meestal net in die veld en skiet plaag diere so ek gaan maar hier pos.

So paar naweke terug op die plaas gekom. Vrydag so 17km gestap tussen berge en koppe. Saterdag oggend vroeg weer weg gespring om te kyk vir ape, rustig gestap in die tweespoor pad en ek sien hier is kwaai gegrou, ystervark en vlak vark was besig.

So om n draai gekom toe steek die varkie vas en kyk rond. Ek loer hom so vinnig en sien sy lyf lyk kwaai pers.

Met my .22 oor 49m in die kop toe is dit verby. Varkie val net daar rn dit is lights out.

Toe ek hom nader bekyk verstaan ek dat die varkie oor my pad gestuur is, strik om die nek en hy lyk nie baie gesond nie. Baie bosluise en bloeding onder die vel.

Soos THOMAST gesê het. Mooi gecamo maar my wit gevreet en kloue steek mooi uit haha.

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190410/49b00e80e18c6f3381d7189796bbae54.jpg
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190410/f46a8c59addf997fc3f14d8b2f65e43b.jpg
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190410/5e252c0ad8d67a06e9d8b2e6065d3aba.jpg

Ja. Die inboorling en draad is die vloek van Afrika. Ek kry dit self gereeld.

Re: 2019 Jag Fotos

Posted: Sat May 04, 2019 5:32 pm
by Nella
Nou ja...ons jag trippie het toe ook soos alle goeie goed tot 'n einde gekom.
Dag een was lekker warm en met 'n sterk wind in konstante rigting was dit perfekte jag weer.
IMG-20190429-WA0014.jpg
Die res van die dae het die temperature die hoogte in geskiet en die wind het heeltemal gaan lê.
Dit het die jag baie bemoeilik maar ons het nog steeds baie goed gedoen
Totaal was 12 rooibokke, drie koedoes twee varke en dan het ek 'n mooi duk eland bul geskiet en oom Deon 'n baie mooi koedoe bul op die laaste plat geskiet.
IMG-20190501-WA0017.jpg
IMG-20190502-WA0014.jpg
Hier sit ek saam met Chrisbad op die eerste foto en Sakkie plaas eienaar en PH op die 2de foto

Re: 2019 Jag Fotos

Posted: Sat May 04, 2019 5:35 pm
by Nella
IMG-20190504-WA0032.jpg
IMG-20190504-WA0004.jpg

Re: 2019 Jag Fotos

Posted: Sat May 04, 2019 7:02 pm
by DWB
Mooi man!

Re: 2019 Jag Fotos

Posted: Sat May 04, 2019 7:19 pm
by Flip Nel
Baie geluk dis n baie mooi eland

Sent from my SM-G610F using Tapatalk

Re: 2019 Jag Fotos

Posted: Sat May 04, 2019 8:23 pm
by Joe13
Baie geluk julle. 'n Eland is mos n fris ding.

Re: 2019 Jag Fotos

Posted: Sun May 05, 2019 7:54 am
by jdpretorius
Lekker Nella, pragtige Eland daai, baie geluk!

Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk

Re: 2019 Jag Fotos

Posted: Sun May 05, 2019 8:28 am
by Diesel Dog
Geluk met die mooi eland, hier waar ek bly moet jy 10 springbokke skiet om net daai boude se vleis bymekaar te kry.

DD

Re: 2019 Jag Fotos

Posted: Sun May 05, 2019 6:22 pm
by Frederik
Geluk hoeveel het die bul uitgeslag?

Re: 2019 Jag Fotos

Posted: Sun May 05, 2019 7:12 pm
by JAGTERSREG-JRM
Ons het darm ook so n sessie in die bos gehad, ons het paar kameelperde geskiet en ek het so tussen deur voet geslaan, n harde jag en baie op die kniee en deur die ruigtes op die bulletjie af gekom. Die 458 en aimpoint kombinasie het perfek gewerk in die ruigtes. Het die mannetjie agter die rippes geskiet en op voorpunt van die skouer uit. Hy het weggetrek met n gejuig en erg gebulk, hy het in n sirkel gehardloop en naby ons die bosse gebreuk toe hy grond toe gaan

Re: 2019 Jag Fotos

Posted: Sun May 05, 2019 9:53 pm
by Ben Remington
Baie mooi diere...veral die eland..

Re: 2019 Jag Fotos

Posted: Mon May 06, 2019 5:21 am
by Nella
Baie dankie manne. Ek is rêrig baie dankbaar teenoor my Skepper vir daai dier.
Ek het sy karkas gewig oor die 400kg geskat maar al was hy in puik kondisie het hy die skaal op so 370kg getrek.

Kobus daai is 'n duk blouwildebees, ek nie rêrig 'n horing ou nie maar lyk asof daai bul van jou baie lank moes meet?

Re: 2019 Jag Fotos

Posted: Mon May 06, 2019 5:54 am
by JAGTERSREG-JRM
Nella wrote:Baie dankie manne. Ek is rêrig baie dankbaar teenoor my Skepper vir daai dier.
Ek het sy karkas gewig oor die 400kg geskat maar al was hy in puik kondisie het hy die skaal op so 370kg getrek.

Kous daai is 'n duk blouwildebees, ek nie rêrig 'n horing ou nie maar lyk asof daai bul van jou baie lank moes meet?
Ja ek eet ook ma hard aan horings, eers gesien hy het n mooi stel toe hy le. Ek jag nie trofee nie maar as hy oor my pad kom val hy maar. Ek het besluit om die een ma teen die muur te sit, ek het self nie gemeet nie maar die boer se hy is by die 31” volgens sy mates

Re: 2019 Jag Fotos

Posted: Mon May 06, 2019 7:24 am
by Nella
Baie geluk Kobus , daai is rêrig 'n baie mooi bul.

Re: 2019 Jag Fotos

Posted: Mon May 06, 2019 8:15 am
by airhunter
JAGTERSREG-JRM wrote:Ons het darm ook so n sessie in die bos gehad, ons het paar kameelperde geskiet en ek het so tussen deur voet geslaan, n harde jag en baie op die kniee en deur die ruigtes op die bulletjie af gekom. Die 458 en aimpoint kombinasie het perfek gewerk in die ruigtes. Het die mannetjie agter die rippes geskiet en op voorpunt van die skouer uit. Hy het weggetrek met n gejuig en erg gebulk, hy het in n sirkel gehardloop en naby ons die bosse gebreuk toe hy grond toe gaan
Maggies. Dis mooi. Die wydte is besonder.

Re: 2019 Jag Fotos

Posted: Mon May 06, 2019 10:21 am
by NicoSmit
so paar fotos van ons jag die naweek in Vrede

Re: 2019 Jag Fotos

Posted: Mon May 06, 2019 10:37 am
by NicoSmit
nog so 2 fotos van die naweek Kon darem Vrydagaand 2 jakkalse skiet

Re: 2019 Jag Fotos

Posted: Mon May 06, 2019 1:01 pm
by Steyr270
Het van Woensdag af by Egerton River Camp naby Hopetown gaan jag, gister terug in die kaap gearriveer..

Rooibokram 38kg na 3 dae se hang

Gemsbokbul 110kg na 3 dae se hang.

Dankie aan Jurgen en Joe vir julle raad en hulp met my ladingontwikkeling.

Ek kan die plek gerus aanbeveel...dit is prentjiemooi daar teen die Oranjerivier.

Amie Venter die eienaar is n top ou en saam met sy honde Google en Sasha is spoorsnywerk nogals iets om te aanskou.

Re: 2019 Jag Fotos

Posted: Mon May 06, 2019 1:37 pm
by Jurgen Visser
Steyr270 wrote:Het van Woensdag af by Egerton River Camp naby Hopetown gaan jag, gister terug in die kaap gearriveer..

Rooibokram 38kg na 3 dae se hang

Gemsbokbul 110kg na 3 dae se hang.

Dankie aan Jurgen en Joe vir julle raad en hulp met my ladingontwikkeling.

Ek kan die plek gerus aanbeveel...dit is prentjiemooi daar teen die Oranjerivier.

Amie Venter die eienaar is n top ou en saam met sy honde Google en Sasha is spoorsnywerk nogals iets om te aanskou.
Netjies man , Mooi bokke daardie , bly jy het dit geniet , was die skote darem verder as 200 meter ?

Re: 2019 Jag Fotos

Posted: Mon May 06, 2019 3:57 pm
by Steyr270
Jurgen,

Ook maar net net :)

Re: 2019 Jag Fotos

Posted: Wed May 15, 2019 8:41 pm
by Ben Remington
Baie geluk aan die jagters.

Re: 2019 Jag Fotos

Posted: Mon Jul 01, 2019 1:13 am
by Pappabeer
Pappabeer wrote:Baie geluk aan die jong jagters. Dis n mooi ou Springbok en die blouwildebeeste lyk mooi vet.

Ek kon darem regkom met n rooibok ram vir die tafel in Februarie, en n mooi bosvarkbeer na n paar frustrerende maande se voer. Daars nog baie kos en water in die bos, en die strikke duik maar sltyd op waar mens voer as dit ontdek word.

En dan was daar n lekker Eskom bobbejaan ook wat moeilikheid gemaak het en op n stuk berggrond van Eskom bly wegkruip het.

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190403/be138cc6a7edd088d2c8c0fc415873f3.jpg
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190403/48936d422cc8793fdaaf2d7e7bd54474.jpg
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190403/357a5ddca00cf87d20d9e5147a737914.jpg
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190403/c986b480d5d2a4bcb1af4702a93e995d.jpg
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190403/b120b407310756bce3db64cf127e092f.jpg

Mog n paar om by te las.

Bosvark beer na NRL skiet buite Ladysmith op voer geskiet by Marc
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190630/0d865f9c1ee7bbe374196502ed12fb59.jpg

Ander aand se jong beertjie. Hulle jag lekker en mens vergeet soms om mooi fotos van die kleiner varke te neem.
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190630/b6fe6120984db70f8ff324c92875ee2f.jpg

Eland koei wat ek by Erhard gejag het. Sy was spek vet en het net oor 220kg uitgeslag. Sy het seker 7 of 8 tree gemaak na die .416 A-frame haar getref het. Presies wat ek gesoek het vir n jaar se vleis.
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190630/24577b005bb78d5d444eb1bf110373fd.jpg

Beesdief wat na n lang gesukkel ingeroep is. Ek het n dooie kalf wat seker 4h vroeer gevrek het op haar bloedspoor gekry. Vir n oomblik het ek gedink ek het per ongeluk n stoet kalf geskiet.
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190630/9ca78cc2f56135be89a376037d90f030.jpg

n Kliënt uit Noorwiëe se wild. Ek dink hy het goed gedoen vir 4 jag dae.
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190630/b99db9d0ec8c7c0096209fd1442e0ea2.jpg
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190630/5aecdd701e8847c20957753fad2aa172.jpg
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190630/72b467b93716203f83885f344c930b75.jpg
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190630/ac53e6e93105feeb1076d0f7c10cf5be.jpg
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190630/c134e1865b80cf589fabc7cdc9c55344.jpg

Kruising oor die Pongola rivier
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190630/e6daab1ecada4ec7bac914ac26947665.jpg

Mooi ou vark met karakter wat ek kom kry vir n vriend hier by Nico Harris
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190630/caf81daf2dd5b52f7f3f15a64e76f1d2.jpg

Nog n probleem hiëna ingeroep vir n vriend.
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190630/7f655dfcd32a6821876fa14039a9dfb3.jpg

Spekvet sog (44kg karkas wat met n mooi kopskoot geval het.
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190630/e1b98d3ba484aa54e22e30676bcd0a14.jpg
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190630/b45bd962824f8c1f2b95c958949f58ed.jpg

Daar was nog n paar varkies en rooibokke wat ek nie afgeneem het nie.

As dinge reg uitwerk is ek hopelik suksesvol op n mooi rooiduiker later die jaar, en sal ek die fotos kom plaas, maar die kanse bly maar skraal.

Re: 2019 Jag Fotos

Posted: Mon Jul 01, 2019 7:01 am
by Ockert1992
Pappabeer wrote:

Mooi diere Dewald!

Re: 2019 Jag Fotos

Posted: Tue Jul 02, 2019 3:27 pm
by Myburgh Howa
Jissie oom alles is baie mooi baie geluk.