338 Lapua Magnum of 300 Norma Magnum

Everything regarding Long Range Shooting and Hunting here / Alles rakende Langafstand skiet en jag hier
Drenalinjunkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 830
Joined: Fri Mar 04, 2011 8:19 am

Re: 338 Lapua Magnum of 300 Norma Magnum

Post by Drenalinjunkie »

Siebert,

Richard Near van Near Manufacturing maak in my opinie die heel beste rails en ringe veral vir die TRG. Hy het n 45MOA rail onder andere en dan kan jy sy Alphamount ook nog bestel tot en met 25MOA as ek reg kan onthou.

Jy koop klaar n bedonnerde gun. Spaar eerder so bietjie meer en sit nog so paar Rand by vir n scope wat rerig die geweer tot sy reg bring.

In my opinie kan jy nie verkeerd met Swarovski se X5, Kahles, March en Vortex se Razor gaan nie. Ek het al n paar Nightforce teleskope besit en hulle is goed maar ek verkies maar net die ander teleskope. As jy rerig wil splurge dan koop jy jouself n Tangent Theta.
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: 338 Lapua Magnum of 300 Norma Magnum

Post by Smitstertjies »

As ek jy is kry ek n scope met genoeg interne verstelling. 120 moa ten minste. O ja, 25x vergroting is meer as genoeg om anderkant 2000m te skiet. Jy kan selfs met 10 vergroting daar skiet

Sent from my iPhone using Tapatalk
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
Gbyleveldt
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 339
Joined: Mon Nov 20, 2017 4:10 am

Re: 338 Lapua Magnum of 300 Norma Magnum

Post by Gbyleveldt »

Smitstertjies wrote:As ek jy is kry ek n scope met genoeg interne verstelling. 120 moa ten minste. O ja, 25x vergroting is meer as genoeg om anderkant 2000m te skiet. Jy kan selfs met 10 vergroting daar skiet

Sent from my iPhone using Tapatalk
Dis waarheid daai. Mirage is baie keer so erg dat meer vergroting in elk geval niks help nie. Maar ek moet bieg, as die kondisies goed is dan kla mens nie dat jy meer vergroting het nie.
Cbird
Full Member
Full Member
Posts: 227
Joined: Mon Mar 12, 2018 8:58 pm

Re: 338 Lapua Magnum of 300 Norma Magnum

Post by Cbird »

Kry mens die Razor in ‘n SFP of net in FFP?

Watse Kahles sal julle voorstel en wie verkoop Kahles in Suid Afrika?
User avatar
jankraay
Hero Member
Hero Member
Posts: 1898
Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm

Re: 338 Lapua Magnum of 300 Norma Magnum

Post by jankraay »

Cbird wrote:Kry mens die Razor in ‘n SFP of net in FFP?

Watse Kahles sal julle voorstel en wie verkoop Kahles in Suid Afrika?
Vir n Kahles kan jy met Herme van CMH gesels.

Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7987
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 338 Lapua Magnum of 300 Norma Magnum

Post by Arnold »

Ek het beide die Vortex Razor (4.5-27) en Kahles (6-24) en altwe se optics is beter as die Atacr (5-25). Die ATACR het wel meer interne verstelling.

Voor en n NXS koop sal ek eerder die Vortex PST GenII 5-25 koop. Ek dink die PST is baie goeie waarde vir geld en van hier af op is dit seker iets in die lyn van n Delta maar ek het nognie deur n Delta gekyk nie.

Sent from my SM-G955F using Tapatalk
Cbird
Full Member
Full Member
Posts: 227
Joined: Mon Mar 12, 2018 8:58 pm

Re: 338 Lapua Magnum of 300 Norma Magnum

Post by Cbird »

Richard Near van Near Manufacturing maak in my opinie die heel beste rails en ringe veral vir die TRG. Hy het n 45MOA rail onder andere en dan kan jy sy Alphamount ook nog bestel tot en met 25MOA as ek reg kan onthou.

Is daar n handelaar in SA of moet mens van Near Manufacturing self bestel?
Drenalinjunkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 830
Joined: Fri Mar 04, 2011 8:19 am

Re: 338 Lapua Magnum of 300 Norma Magnum

Post by Drenalinjunkie »

Cbird wrote:Richard Near van Near Manufacturing maak in my opinie die heel beste rails en ringe veral vir die TRG. Hy het n 45MOA rail onder andere en dan kan jy sy Alphamount ook nog bestel tot en met 25MOA as ek reg kan onthou.

Is daar n handelaar in SA of moet mens van Near Manufacturing self bestel?
Siebert, jy bestel sommer self direk vanaf hom in Kanada. Hy DHL hulle en binne n week het jy alles. Kyk dit is nie goedkoop nie maar elke sent werd!
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: 338 Lapua Magnum of 300 Norma Magnum

Post by Smitstertjies »

Onthou net as jy die roete gaan wat Drenalinjunkie voorstel moet jy die volgende in ag neem: Jou rail plus ringe is dan 70 moa tesame. n 120 moa teleskoop het net 60 moa verstelling vanaf sy middelpunt ondertoe. Jy gaan dus 10 moa meer helling kry as wat jou scope na onder kan stel. Jy sal dus ongeveer op 500m moet zero. As jy n 100moa scope het sal jou zero seker na 800m skuif.

In my opinie is glas kwaliteit die 3de belangrikste aspek by ELR skiet. Die hoeveelheid interne verstelling en natuurlik akkurate verstelling is belangriker. Jou spotter is die man wat die goeie oge moet he. Gewoonlik "walk" jy ook jou skote in na die teiken toe. Ek praat van 2000m plus. Jy sal n splash sien voor,agter of langs die teiken en dan jou aanpassings maak. Belangrikste is om binne die toegelate hoeveelheid skote n hit te kry (gewoonlik 5).

Natuurlik is hierdie hele gesprek van nul waarde as jy van die begin af net n March Genesis by Geno kan kry...........
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
User avatar
WitWillem (Charl)
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 416
Joined: Fri Jul 06, 2012 3:42 pm

Re: 338 Lapua Magnum of 300 Norma Magnum

Post by WitWillem (Charl) »

Smitstertjies wrote:Onthou net as jy die roete gaan wat Drenalinjunkie voorstel moet jy die volgende in ag neem: Jou rail plus ringe is dan 70 moa tesame. n 120 moa teleskoop het net 60 moa verstelling vanaf sy middelpunt ondertoe. Jy gaan dus 10 moa meer helling kry as wat jou scope na onder kan stel. Jy sal dus ongeveer op 500m moet zero. As jy n 100moa scope het sal jou zero seker na 800m skuif.

In my opinie is glas kwaliteit die 3de belangrikste aspek by ELR skiet. Die hoeveelheid interne verstelling en natuurlik akkurate verstelling is belangriker. Jou spotter is die man wat die goeie oge moet he. Gewoonlik "walk" jy ook jou skote in na die teiken toe. Ek praat van 2000m plus. Jy sal n splash sien voor,agter of langs die teiken en dan jou aanpassings maak. Belangrikste is om binne die toegelate hoeveelheid skote n hit te kry (gewoonlik 5).

Natuurlik is hierdie hele gesprek van nul waarde as jy van die begin af net n March Genesis by Geno kan kry...........

Jy kan nogsteeds op 100 meter zero - maak vir jou 'n teiken bord waarop jy die addisionele MOA uitmeet, sit die offset in jou app en siedaar.
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: 338 Lapua Magnum of 300 Norma Magnum

Post by Smitstertjies »

WitWillem (Charl) wrote:

Dit is so. Ek doen dit ook so.
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
Drenalinjunkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 830
Joined: Fri Mar 04, 2011 8:19 am

Re: 338 Lapua Magnum of 300 Norma Magnum

Post by Drenalinjunkie »

Smitstertjies wrote:Onthou net as jy die roete gaan wat Drenalinjunkie voorstel moet jy die volgende in ag neem: Jou rail plus ringe is dan 70 moa tesame. n 120 moa teleskoop het net 60 moa verstelling vanaf sy middelpunt ondertoe. Jy gaan dus 10 moa meer helling kry as wat jou scope na onder kan stel. Jy sal dus ongeveer op 500m moet zero. As jy n 100moa scope het sal jou zero seker na 800m skuif.

In my opinie is glas kwaliteit die 3de belangrikste aspek by ELR skiet. Die hoeveelheid interne verstelling en natuurlik akkurate verstelling is belangriker. Jou spotter is die man wat die goeie oge moet he. Gewoonlik "walk" jy ook jou skote in na die teiken toe. Ek praat van 2000m plus. Jy sal n splash sien voor,agter of langs die teiken en dan jou aanpassings maak. Belangrikste is om binne die toegelate hoeveelheid skote n hit te kry (gewoonlik 5).

Natuurlik is hierdie hele gesprek van nul waarde as jy van die begin af net n March Genesis by Geno kan kry...........
Let wel ek het gese dis beskikbaar en nie dat hy so kombinasie moet vat nie… Jy pas mos alles aan by jou geweer en teleskoop ens. Daai Alphamounts is beskikbaar vanaf 0-30MOA en die rails 0-45MOA.
Cbird
Full Member
Full Member
Posts: 227
Joined: Mon Mar 12, 2018 8:58 pm

Re: 338 Lapua Magnum of 300 Norma Magnum

Post by Cbird »

Dit was amper makliker om vrou te vat, hierdie is duidelik n ander game en begin net meer opgewonde raak maar het duidelik baie om te leer.

Is Lapua doppe die pad om te stap of wat gebruik julle?
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13509
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: 338 Lapua Magnum of 300 Norma Magnum

Post by Capt. Yoda »

Lapua se 338LM doppe is maar die standaard, glo amper die enigste sterker dop wat hulle maak is hul 50bmg sin
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3646
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: 338 Lapua Magnum of 300 Norma Magnum

Post by JPS »

Norma Doppe werk ook goed in 338LM.

Veral as jy hulle kon kry teen R1100 vir 50 ++>: ++>:
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: 338 Lapua Magnum of 300 Norma Magnum

Post by Eugene »

Cbird wrote: Sat Nov 09, 2019 1:13 am Dit was amper makliker om vrou te vat, hierdie is duidelik n ander game en begin net meer opgewonde raak maar het duidelik baie om te leer.

Is Lapua doppe die pad om te stap of wat gebruik julle?
In my ondervinding is Norma se doppe heelwat "sagter" as Lapua doppe, veral by die webbing. Ek sou, as ek in jou skoene was, eerder Lapuas gekoop het. Ek het 'n duur les geleer met Norma doppe in die 300NM en hulle was nie R1100 vir 50 nie.... Verstaan mooi, ek praat glad nie Norma doppe sleg nie en gebruik dit in baie van my ander kalibers, maar waar in 'n kaliber waar mens dalk met hoër druk werk as normaalweg, verkies ek Lapua doppe.
Aim small, miss small
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3646
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: 338 Lapua Magnum of 300 Norma Magnum

Post by JPS »

Eugene,

Ek dink jy is 100% reg - selfde gesien by by Doppe op die 284Win (Lapua doppe 6.5x 284 hou beter)

ek was gelukkig met 'n nagmark 2 jaar terug om die te bekom teen daai prys en het genoeg vir die geweer se leeftyd gekry.

Met die regte drukvlakke en nuwe kruite is die Normas 'n goie roep ook maar as dit naby aan dieselfde prys is sal ek ook eerder Lapua's koop vir die 338LM

Iemand het Laua doppe geadverteer vir R4500.00

viewtopic.php?f=19&t=75098
Cbird
Full Member
Full Member
Posts: 227
Joined: Mon Mar 12, 2018 8:58 pm

Re: 338 Lapua Magnum of 300 Norma Magnum

Post by Cbird »

Ek het uiteindelik my TRG gekry en watse geweer, kan nie wag om n scope op te sit nie.

Nou kort ek bietjie hulp asseblief ek het n Picatinny rail gekoop maar nou die probleem die skroefies pas nie op die aksie nie lyk of die draad verskil.

My vraag is watse skroefies gebruik die TRG en waar koop ek dit?
Drenalinjunkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 830
Joined: Fri Mar 04, 2011 8:19 am

Re: 338 Lapua Magnum of 300 Norma Magnum

Post by Drenalinjunkie »

Watse rail het jy gekry Siebert?
Cbird
Full Member
Full Member
Posts: 227
Joined: Mon Mar 12, 2018 8:58 pm

Re: 338 Lapua Magnum of 300 Norma Magnum

Post by Cbird »

Ek het n 30 MOA Warrior rail gekry maar ongelukkig pas sy skroefies nie op my TRG nie.

Ek is nou besig om met Richard by Near Manufacturing te gesels, gaan vir my n 45 MOA rail daar bestel en die rail maar terug stuur.
Drenalinjunkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 830
Joined: Fri Mar 04, 2011 8:19 am

Re: 338 Lapua Magnum of 300 Norma Magnum

Post by Drenalinjunkie »

Siebert, WhatsApp my. Miskien kan ons shipping deel. Ek kan met Richard praat.
Cbird
Full Member
Full Member
Posts: 227
Joined: Mon Mar 12, 2018 8:58 pm

Re: 338 Lapua Magnum of 300 Norma Magnum

Post by Cbird »

Drenalinjunkie wrote: Mon Jul 13, 2020 2:01 pm Siebert, WhatsApp my. Miskien kan ons shipping deel. Ek kan met Richard praat.
Het vir jou n PM gestuur.
Cbird
Full Member
Full Member
Posts: 227
Joined: Mon Mar 12, 2018 8:58 pm

Re: 338 Lapua Magnum of 300 Norma Magnum. (Het toe TRG 338LM gekoop)

Post by Cbird »

Het n Leupold Mark 5HD 7-35X56 vir die TRG gekry en mount is n 45MOA rail en scope mount van Richard Near bitter netjies.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7987
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 338 Lapua Magnum of 300 Norma Magnum

Post by Arnold »

Daai lyk baie smart! Ek hoor goeie goed van daai scopes.

Sent from my SM-G955F using Tapatalk

Cbird
Full Member
Full Member
Posts: 227
Joined: Mon Mar 12, 2018 8:58 pm

Re: 338 Lapua Magnum of 300 Norma Magnum

Post by Cbird »

Nog n paar foto’s van die Leupold Mark 5HD

Post Reply