338 Lapua Magnum of 300 Norma Magnum
-
Cbird
- Full Member

- Posts: 227
- Joined: Mon Mar 12, 2018 8:58 pm
338 Lapua Magnum of 300 Norma Magnum
Dag se
Ek wik en weeg al vir 'n geruime tyd tussen om te begin met 'n bou projek vir 'n 300NM of om 'n geweer te koop en dan die om te bou in 'n 300NM. Ek het toe nou 'n Sako TRG 42 338LM nuut gekoop en is nog besig met die lesensie aansoek.
Nou is ek tussen twee gedagtes los ek hom in 'n 338LM of verander ek die TRG in 'n 300NM. Die doel van die TRG is om verder as 1000m tot by so naby aan 2000m staal te skiet.
Ek sal graag wil hoor wat dink jul ervare manne en sal waardeer as jul so bietjie jul opset, koste per skoot en sukses kan deel?
Groete
Siebert

Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: 338 Lapua Magnum of 300 Norma Magnum
Siebert, kostegewys gaan die 338LM bietjie meer kos om te laai, bloot omdat die .338 koele duurder is as .30 koele en jy gaan bietjie meer kruit gooi. Met beide kalibers sal jy gemaklik tot op 2000m kan skiet, onderworpe natuurlik aan jou lading en ander toerusting. As jy beoog om gereeld verder as 2km te skiet, sal die 338 waarskynlik die beter keuse wees. Hou maar net ingedagte dat die 338 ook meer recoil gaan hê en na 'n paar skote op die baan, gaan jy dit "harder" voel as met die 300NM. Ek het voorheen 'n 338LM gehad en het nou 'n 300NM en persoonlik verkies ek die 300 bo die 338.
Aim small, miss small
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13511
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: 338 Lapua Magnum of 300 Norma Magnum
Neef as jy aan hom wil krap ackley daai 338, die geld wat jy op n nuwe loop en GS gaan spandeur om die 338 te verander na n Norma toe gaan baie beter gebruik word om n scope te koop wat tot 2km + kan gaan. As jy ver wil jag sou ek ook dink die 338 veral die AI weergawe gaan beter wees, ja soos Eugene se die recoil gaan aansienlik meer wees maar ons het genoeg goeie KD's en brakes om te help met dit
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Cbird
- Full Member

- Posts: 227
- Joined: Mon Mar 12, 2018 8:58 pm
Re: 338 Lapua Magnum of 300 Norma Magnum
Baie dankie Eugene en Cappie ek waardeer.
Cappie dit is nie 'n geval dat ek wil krap nie ek wil net seker maak dat ek met 'n geweer sit wat ek gaan geniet en kan bekostig om te skiet.
Ek besef dit is nie kalibers wat mens elke dag gaan skiet nie maar wil seker maak dat ek met die regte kaliber sit. Ek het gedink die TRG in 338LM gaan my lekker magasyn spasie gee vir die 230 of 250gn Bergers vir die 300NM.
Maar my twee skiet pelle beskuldig my dat ek van n Mustang 'n golf wil maak.
Cappie dit is nie 'n geval dat ek wil krap nie ek wil net seker maak dat ek met 'n geweer sit wat ek gaan geniet en kan bekostig om te skiet.
Ek besef dit is nie kalibers wat mens elke dag gaan skiet nie maar wil seker maak dat ek met die regte kaliber sit. Ek het gedink die TRG in 338LM gaan my lekker magasyn spasie gee vir die 230 of 250gn Bergers vir die 300NM.
Maar my twee skiet pelle beskuldig my dat ek van n Mustang 'n golf wil maak.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13511
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: 338 Lapua Magnum of 300 Norma Magnum
Smitsterjie hier sal jou mooi kan vertel hoe sy trg skiet so van sy ma af en daai roer skiet. Ek sou hom ook net so los en skiet, as die loop eendag moeg is kan jy hom verander net soos jy wil. Ek het oppad huis toe gedink aan hulle recoil en dit is nie regtig so erg, een van die akurataatste gewere wat ek nog geskiet het was Jan Swanepoel se 338 en met die stuk silincer wat hy voor op het recoil sy 338 net so veel soo my 6SLR sonder n silincer op.
Ons sal nou ma bq moet loop jag vat da in die karoo laat ons sien hoe ver daai ding kan skiet
Ons sal nou ma bq moet loop jag vat da in die karoo laat ons sien hoe ver daai ding kan skiet
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Ranger
- Hero Member

- Posts: 887
- Joined: Thu Aug 06, 2015 8:44 am
Re: 338 Lapua Magnum of 300 Norma Magnum
How many 338LM rounds will you be able to shoot for the cost of changing the rifle to a different caliber? Might be worthwhile keeping it as is. If money’s no object and you feel like changing it, might I suggest the 300PRC. I’ve been researching a LR caliber and I’ve settled on the PRC. Brass is only available from Hornady at the moment and they seem to have some primer pocket issues but I figure by the time I get a new rifle, Lapua ought to be making brass so I’m not worried about that. From reading, it seems the PRC is milder and more forgiving than the Norma Mag with better barrel life but can compete with the NM.
Howa 30.06 / 6.5 Creedmoor / 223 Rem
Beretta 1301 Comp
Beretta SP1
CZ 457 .22LR
Mahely .22LR
Glock 19
Astra .22LR revolver
Beretta 1301 Comp
Beretta SP1
CZ 457 .22LR
Mahely .22LR
Glock 19
Astra .22LR revolver
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13511
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: 338 Lapua Magnum of 300 Norma Magnum
Ranger daai 300norma imp drop daai PRC soos n GTI n citigolf los. Die norma se brass is ook myle beter as Hornady sin maar soos jy se dalk maak Lapua eendag doppe vir hom
As lapua PRC doppe maak sal dit n baie beter roep as n 300wm wees dink ek
As lapua PRC doppe maak sal dit n baie beter roep as n 300wm wees dink ek
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7988
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: 338 Lapua Magnum of 300 Norma Magnum
Omdat Lapua nou 300NM doppe maak dink ek nie hulle gaan gou die 300 PRC optel nie. ADG gaan nou 300 PRC doppe maak so daai is jou beste roep.
Die beter vervanging vir die 300WM sal die 30 Nosler wees wat meer dopkapasiteit as die 300 PRC het. Al wat die 30 Nosler se sukses kniehalter is sy standaard kort vryboor.
Oor die 338 vs 300NM sou ek sê dat as jy nie beperkings op energie het nie en jou gat jeuk om eerder die 338 te laat ackley
Sent from my SM-G955F using Tapatalk
Die beter vervanging vir die 300WM sal die 30 Nosler wees wat meer dopkapasiteit as die 300 PRC het. Al wat die 30 Nosler se sukses kniehalter is sy standaard kort vryboor.
Oor die 338 vs 300NM sou ek sê dat as jy nie beperkings op energie het nie en jou gat jeuk om eerder die 338 te laat ackley
Sent from my SM-G955F using Tapatalk
-
Cbird
- Full Member

- Posts: 227
- Joined: Mon Mar 12, 2018 8:58 pm
Re: 338 Lapua Magnum of 300 Norma Magnum
Dankie manne ek waardeer die raad.
Eugene op wat het jy jou 300NM gebou?
Eugene op wat het jy jou 300NM gebou?
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: 338 Lapua Magnum of 300 Norma Magnum
Siebert, ‘n Barnard aksie met Krieger 1-10” loop van 32”Cbird wrote:Dankie manne ek waardeer die raad.
Eugene op wat het jy jou 300NM gebou?
Aim small, miss small
-
Drenalinjunkie
- Hero Member

- Posts: 830
- Joined: Fri Mar 04, 2011 8:19 am
Re: 338 Lapua Magnum of 300 Norma Magnum
Siebert,
Ek sou daai TRG net so los. Soos die manne noem as jy die additionele kostes in ag neem gaan jy niks baat nie. Ek skiet n standard Sako 85 LRH in 338LM en recoil pla my nie. Die TRG is nog swaarder wat sal help. As ek jy is sal ek die brake afhaal en vervang met n toegepaste knaldemper. Dit help baie dat jy nie n flinch ontwikkel nie en help heelwat met recoil.
My dun lopie het nou al 900 skote deur hom en hy skiet nog n koekhou. Ek het hom nou al so warm geskiet (nie omdat ek wil nie maar asgv kompetisies) dat as jy aan die loop of suppressor vat dat hy sommer blasé brand!
Die magic resep met hulle is n 285gr ELD-M met VV N570 of Retumbo teen 2750fps. Jy hoef nie om die geweer harder as dit te skiet nie. Die kombenasie het dit nou al deur en deur bewys.

Ek het gedink aan Berger se 300gr OTM Tactical maar sal verseker die Hornady ELD’s n kans gee.
Ek het besluit gaan die TRG los soos hy is en hom so geniet.
Watse scope stel jul voor vir die 338LM?

- jankraay
- Hero Member

- Posts: 1898
- Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm
Re: 338 Lapua Magnum of 300 Norma Magnum
Vir nou is dit n goeie besluit.Cbird wrote:Ek het gedink aan Berger se 300gr OTM Tactical maar sal verseker die Hornady ELD’s n kans gee.
Ek het besluit gaan die TRG los soos hy is en hom so geniet.
Watse scope stel jul voor vir die 338LM?
As dit by die scope kom gaan Simon se Swarovski X5, ek gaan se Kahles en n ander man NF so jy sal moet se wat jou begroting is en dan kan mens jou opsies gee.
Wat ek wel kan voorstel is n kruishaar wat jy holdover mee kan skiet want jy gaan dit nodig he op n satdium. Jy gaan baie vinnig verder wil begin skiet.
Sent from my iPhone using Tapatalk
- Jaco v Zyl
- Hero Member

- Posts: 729
- Joined: Wed Apr 01, 2015 4:39 pm
Re: 338 Lapua Magnum of 300 Norma Magnum
Ek sal maar die ander man wees wat se nf atacr 5-25 sfp.Hoofrede is maar die 120 moa interne verstelling tesame met lekker kruis en die sfp maak dat jy redelik ver kan bykom.
March het ook n 120 moa scope, en nuwe leupold merk 5 ook. Dink ior het een wat 150 moa het.

Last edited by Jaco v Zyl on Thu Nov 07, 2019 7:13 am, edited 1 time in total.
- jankraay
- Hero Member

- Posts: 1898
- Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm
Re: 338 Lapua Magnum of 300 Norma Magnum
Ek het gewonder wanneer jy gaan inklim...Jaco v Zyl wrote:Ek sal maar die ander man wees wat se nf atacr 5-25 sfp.Hoofrede is maar die 120 moa interne verstelling tesame met lekker kruis en die sfp maak dat jy redelik ver kan bykom.

Sent from my iPhone using Tapatalk
-
Gbyleveldt
- Sr. Member

- Posts: 339
- Joined: Mon Nov 20, 2017 4:10 am
Re: 338 Lapua Magnum of 300 Norma Magnum
Eks nogal nuuskierig hoekom jy sfp bo ffp voorstel in hierdie geval?Jaco v Zyl wrote:Ek sal maar die ander man wees wat se nf atacr 5-25 sfp.Hoofrede is maar die 120 moa interne verstelling tesame met lekker kruis en die sfp maak dat jy redelik ver kan bykom.
March het ook n 120 moa scope, en nuwe leupold merk 5 ook. Dink ior het een wat 150 moa het.
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: 338 Lapua Magnum of 300 Norma Magnum
Jip. In SFP is daar die 2.5-25x en in FFP die 3-24x. Albei bitter nice scopes. Ek het albei van hul op 2 van my roere.Jaco v Zyl wrote: March het ook n 120 moa scope
Dan is daar natuurlik ook die bul vir enigiets tot by 3km+, die 6-60x Genesis met 400MOA elevasie.
Goed, beter, 6millimeter!
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13511
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: 338 Lapua Magnum of 300 Norma Magnum
Jan hanteur daai Kahles daai 338 se recoil maklik?jankraay wrote:Vir nou is dit n goeie besluit.Cbird wrote:Ek het gedink aan Berger se 300gr OTM Tactical maar sal verseker die Hornady ELD’s n kans gee.
Ek het besluit gaan die TRG los soos hy is en hom so geniet.
Watse scope stel jul voor vir die 338LM?
As dit by die scope kom gaan Simon se Swarovski X5, ek gaan se Kahles en n ander man NF so jy sal moet se wat jou begroting is en dan kan mens jou opsies gee.
Wat ek wel kan voorstel is n kruishaar wat jy holdover mee kan skiet want jy gaan dit nodig he op n satdium. Jy gaan baie vinnig verder wil begin skiet.
Sent from my iPhone using Tapatalk
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Jaco v Zyl
- Hero Member

- Posts: 729
- Joined: Wed Apr 01, 2015 4:39 pm
Re: 338 Lapua Magnum of 300 Norma Magnum
Eks nogal nuuskierig hoekom jy sfp bo ffp voorstel in hierdie geval?[/quoteGbyleveldt wrote:Jaco v Zyl wrote:Ek sal maar die ander man wees wat se nf atacr 5-25 sfp.Hoofrede is maar die 120 moa interne verstelling tesame met lekker kruis en die sfp maak dat jy redelik ver kan bykom.
March het ook n 120 moa scope, en nuwe leupold merk 5 ook. Dink ior het een wat 150 moa het.
As voorbeeld
Jy skiet n 338 L 285 gr eld m 2780 fts. Jy wil n ghong skiet op 2500m
Jy het rofweg 140 moa nodig.
Ffp atacr met 120 interne verstelling en 20 moa rail.Jy het 80 moa(120/2+20)verstelling boontoe en 20moa in jou kruis(ffp atacr het 30 moa in kruis, ek vergelyk net ffp vs sfp met selfde kruis)Dus kort jy nog 40 moa. Jy gaan maks 2100m kan skiet.
Sfp atacr met 120 interne verstelling en 20 moa rail.Jy het ook 80moa ( 120/2+20)verstelling boontoe en 20 in kruis op 25 vergroting(selfde as ffp op die stadium), masr nou kan jy vergroting afdraai en jou subtensie waardes op jou teleskoop vergroot dat jy bv op 12.5 vergroting nou 80 moa plus 40=120 moa het. Op 8 vergroting het jy 80 plus 60 =140 moa en nou kan jy die ghong op 2500 m skiet.As jou oee nog goed is en jy skiet op 5 vergroting het jy nou n totaal van 80 plus 100 =180 moa(2800m)
Of koop n charlie tarac vir R45000.
Jou groot beperking is maar elevasie verstelling en op ver afstaande raak wind verstelling ook n probleem. Ek nou n paar geskiet waar my atacr se windverstelling op turret te min is.Dus is 120 moa vir my belangrik en sfp.
Dis maar my opinie in my omstandighede waar ek skiet. As jy net 1000 m of selfs 1500m skiet is dit seker nie so belangrik nie. Maar jy (ek)wil heeltyd verder.
Maak maar n som ek kyk waar n teleskoop met 70 interne verstellimg en ffp jou.
Hang seker maar af hoe ver jy wil skiet, maar as jy 338 koop glo ek jy wil seker bene rek?
Die subtensies is sekerlik nie so akkuraat as jy nie op kalibrasie skiet nie, maar jy het darm die opsie as jy wil speel.
Last edited by Jaco v Zyl on Thu Nov 07, 2019 10:05 am, edited 1 time in total.
- jankraay
- Hero Member

- Posts: 1898
- Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm
Re: 338 Lapua Magnum of 300 Norma Magnum
Hy sal as die 11.1.11 nie los kom nie.Capt. Oblivious wrote:Jan hanteur daai Kahles daai 338 se recoil maklik?jankraay wrote:Vir nou is dit n goeie besluit.Cbird wrote:Ek het gedink aan Berger se 300gr OTM Tactical maar sal verseker die Hornady ELD’s n kans gee.
Ek het besluit gaan die TRG los soos hy is en hom so geniet.
Watse scope stel jul voor vir die 338LM?
As dit by die scope kom gaan Simon se Swarovski X5, ek gaan se Kahles en n ander man NF so jy sal moet se wat jou begroting is en dan kan mens jou opsies gee.
Wat ek wel kan voorstel is n kruishaar wat jy holdover mee kan skiet want jy gaan dit nodig he op n satdium. Jy gaan baie vinnig verder wil begin skiet.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
- Smitstertjies
- Hero Member

- Posts: 1988
- Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am
Re: 338 Lapua Magnum of 300 Norma Magnum
Goed, kom ek deel julle my verhaal. My TRG met 10 twist loop skiet 300gr Berger Elite Hunters teen 2780fps op n tiekie. Ek sit 90gr N570 in die dop. Ek het nou 700 skote deur die loop en hy skiet nog soos dag 1.
Vir die eerste paar jaar het ek lekker gespeel tot n myl, maar toe begin my gat juk om verder te gaan, en dis waar die moeilikheid begin het. Ek het nie kans gesien vir n Charlie van 45k nie, en het met boereplanne begin.
Eerstens het ek darem alreeds n 120 moa (34 Mrad) March op hom, so daar is redelike interne verstelling. Ek sou SFP verkies soos wat Jaco hierbo verduidelik het, maar vir nou moet die FFP die ding doen.FFP het wel die voordeel dat jy nie die kruishaar hoef te kalibreer nie. Daar was darem al klaar n 20moa rail op. Ek het toe by Matoska 44moa (13 mrad) Spuhr ringe bestel. Nou het ek 34/2=17 Mrad op scope plus 13 Mrad op ringe plus 5.8 Mrad vir die rail. In totaal het ek dus 35.8 Mrad verstelling (Ongeveer 126 moa) op die teleskoop se turrets van my zero af. Dit bring my by 2500m uit. Nou kan ek darem met die holdover op die reticle tot by 2800m uitkom.
Die nadeel van die setup is dat my zero op 300m moet wees omrede die ringe se helling meer is as helfte van die scope se verstelling. Die voordeel is dat ek aan die ELR sport kan deelneem sonder om die bank te breek met nuwe katoeters.
Koop die TRG, jy sal nie spyt wees nie.

416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: 338 Lapua Magnum of 300 Norma Magnum
Manne, so bietjie tong in die kies, maar oefen maar net so nou en dan bietjie op die nader afstande ook. Daar is niks wat 'n man so aarde toe bring as wanneer jy golfbal groepe op 1400m skiet, maar 5 skote na mekaar mis op 'n 6" gong op 400m by Parys nie..... 
Aim small, miss small
-
Gbyleveldt
- Sr. Member

- Posts: 339
- Joined: Mon Nov 20, 2017 4:10 am
Re: 338 Lapua Magnum of 300 Norma Magnum
Dis die reine waarheid daai. Humble pie proe nie lekker nie. Jy’s mos ‘Oom Brief’ as ek reg onthouEugene wrote:Manne, so bietjie tong in die kies, maar oefen maar net so nou en dan bietjie op die nader afstande ook. Daar is niks wat 'n man so aarde toe bring as wanneer jy golfbal groepe op 1400m skiet, maar 5 skote na mekaar mis op 'n 6" gong op 400m by Parys nie.....
Heh, ek het vermoed dit was jou logika gewees. Ek moet erken dat ek nie verby 2155m al kon skiet nie; ek moet maar nog oefen aan my tegniek om dit te kan doen. Maar bygesê, ek skiet met ‘n Cold Shot basis (ja, almal dink hy is poefies maar ek het nog nie probleme ondervind met hom nie). So FFP Atacr werk goed vir my, sonder dat ek moet raai waar my scope kalibrasie is met laer vergrotings. Ek sou dink dis meer onakkuraat as ‘n Col Shot tipe basis?Jaco v Zyl wrote:Eks nogal nuuskierig hoekom jy sfp bo ffp voorstel in hierdie geval?[/quoteGbyleveldt wrote:Jaco v Zyl wrote:Ek sal maar die ander man wees wat se nf atacr 5-25 sfp.Hoofrede is maar die 120 moa interne verstelling tesame met lekker kruis en die sfp maak dat jy redelik ver kan bykom.
March het ook n 120 moa scope, en nuwe leupold merk 5 ook. Dink ior het een wat 150 moa het.
As voorbeeld
Jy skiet n 338 L 285 gr eld m 2780 fts. Jy wil n ghong skiet op 2500m
Jy het rofweg 140 moa nodig.
Ffp atacr met 120 interne verstelling en 20 moa rail.Jy het 80 moa(120/2+20)verstelling boontoe en 20moa in jou kruis(ffp atacr het 30 moa in kruis, ek vergelyk net ffp vs sfp met selfde kruis)Dus kort jy nog 40 moa. Jy gaan maks 2100m kan skiet.
Sfp atacr met 120 interne verstelling en 20 moa rail.Jy het ook 80moa ( 120/2+20)verstelling boontoe en 20 in kruis op 25 vergroting(selfde as ffp op die stadium), masr nou kan jy vergroting afdraai en jou subtensie waardes op jou teleskoop vergroot dat jy bv op 12.5 vergroting nou 80 moa plus 40=120 moa het. Op 8 vergroting het jy 80 plus 60 =140 moa en nou kan jy die ghong op 2500 m skiet.As jou oee nog goed is en jy skiet op 5 vergroting het jy nou n totaal van 80 plus 100 =180 moa(2800m)
Of koop n charlie tarac vir R45000.
Jou groot beperking is maar elevasie verstelling en op ver afstaande raak wind verstelling ook n probleem. Ek nou n paar geskiet waar my atacr se windverstelling op turret te min is.Dus is 120 moa vir my belangrik en sfp.
Dis maar my opinie in my omstandighede waar ek skiet. As jy net 1000 m of selfs 1500m skiet is dit seker nie so belangrik nie. Maar jy (ek)wil heeltyd verder.
Maak maar n som ek kyk waar n teleskoop met 70 interne verstellimg en ffp jou.
Hang seker maar af hoe ver jy wil skiet, maar as jy 338 koop glo ek jy wil seker bene rek?
Die subtensies is sekerlik nie so akkuraat as jy nie op kalibrasie skiet nie, maar jy het darm die opsie as jy wil speel.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13511
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: 338 Lapua Magnum of 300 Norma Magnum
Eugene wrote:Manne, so bietjie tong in die kies, maar oefen maar net so nou en dan bietjie op die nader afstande ook. Daar is niks wat 'n man so aarde toe bring as wanneer jy golfbal groepe op 1400m skiet, maar 5 skote na mekaar mis op 'n 6" gong op 400m by Parys nie.....
Daai nabyes is dam wa ek bog bq punte op maak, wel gewoonlik maar verseker nie laas keer nie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Cbird
- Full Member

- Posts: 227
- Joined: Mon Mar 12, 2018 8:58 pm
Re: 338 Lapua Magnum of 300 Norma Magnum
Ek maak lekker notas dankie vir al die inligting.
Ek skiet op my baan gewere Leupold se VX6HD 4-24X52mm T-Moa en hou baie van die scopes. Sal graag by Leupold wou hou op die TRG net vir eenvormigheid maar met dit gese skiet een van my vriende die met Nightforce se NXS 5.5-22X50 MOAR-T en die kruishaar voel net reg op my oog. Ek hou ook baie van die nuwe PST Gen 2 5-25X50 en dit is vir my ook n baie lekker scope en ongelooflike waarde vir geld.
My budget vir n scope vir die TRG sou ek graag onder R40k wil hou en is seker ek sal n baie lekker scope in daai klas kan kry.
Het mens groter as n 25 vergroting nodig om verby 1700 tot 2000m te skiet?
Watse ringe stel jul voor om op die 338LM te gebruik?