Page 2 of 2

Re: 7mm Rem Mag...hoekom nie ?

Posted: Wed Jul 19, 2023 3:45 pm
by tau
Daar is net een ding beter as 'n 7mm RM en dit is twee 7mm RM's!!!

Bring vir my 'n geweer wat so maklik Gemsbokke op 400-600meter skiet sonder om die bank rekening te knak of die drywer dood te skop uit 'n redelike standaard geweer???

Ok. .300Wm, .338Wm, 7PRC, 300PRC, 300WSM ens..... ja selfs ek weet daar is nog kalibers wat die job kan doen, maar vir my is die 7mmRM en 175gr ELDX die ultimate jag kombinasie en ek is lief vir die roer en kaliber. My roer het my Oupa in 1963 gekoop in Walvisbaai om wilde Beeste wat in die KUiseb met reen afgekom het en later Ugab te gaan skiet in die duine. Hoe wettig dit was sal ek nie weet nie, maar volgens hom was dit soos kroek nadat hulle met 30-06 en 8mm gesukkel het. EK erf toe die roer na my Oupa se dood en daarna was dit nog net plesier!!!

My Pa het ook een so ek het baie ervaring van herlaai en jag met die kaliber.

Somchem kruit het ons 7mmRM ouens laat sleg lyk vir lank en as jy nie gekoopte Amerikaanse 175gr patrone (Federal power shock, Winchester SuperX) geskiet het nie was 'n 7x64 net so goed en beter as die 7mm RM met S 365 en 385. Toe kry ons MRP , VV en IMR kruite!!!! My roer is verlief op Norma MRP. Die geweer herlaai maklik, groepeer mooi en doppe hou baie langer.

My kinders het laasweek Springbokke op onheilige afstande geskiet met die roer. En ek het 'n probleem Gemsbok Koei op 526meter raakgeskiet sonder om teveel te dink. Ons los die geweer op 350m Zero en dan range ek en gil hoeveel hulle moet stel en dan of hulle moet links of regs vat. Jare se skiet met die kaliber help om wind te skat en ook die doodmaak vermoë van 'n 175gr ELDX teen 3000fps MV. Ek het nie eers die .243 of 6.5 veld toe geneem nie aangesien die wind gewaai het.

Is daar beter teiken/gong kalibers?

Verseker en meer ekonomies, maar vir energie downrange in 'n Gemsbok in as die wind waai en die bokke is wild vat ek my 7mmRM heeldag aldag.

Ek het nou presies dieselfde Remington 700 1965 model .270Win gekoop wat ek gaan verander na .284Win vir my gong en teiken gun. Die ou Remington 700's werk vir my en ek is sentimenteel oor hulle.

Re: 7mm Rem Mag...hoekom nie ?

Posted: Thu Jul 20, 2023 8:17 am
by tau
LUAN wrote: Mon Jul 17, 2023 9:29 am Laat die Rm jou toe om 180gr klas koels optimaal te seat en uit die magasyn te skiet of is dit maar soos in die wm se geval waar spasie te min word? Ook watse twist rate kom rak gewere meer uit?
Hierdie probleem het Remington in 1963 aangesprek!!! my Remington 700 LA laai ek tot 90mm TPL. Toe kom die nuwer wetse manne en gewere en maak die magasynkas te kort vir die laaaang skerpunt koeels

Re: 7mm Rem Mag...hoekom nie ?

Posted: Fri Jul 21, 2023 9:14 pm
by RabieL
Die Howa Lang Aksie het genoeg magasyn plek om koeels langer as wat nodig is te laai. Mense kyk ook die 1 in 9.5 duim growfdraai baie vlak. Gaan toets op Berger se stabiliteits sompomp en jy sal sien daar is heelwat 175 grein koeels wat stabiliseer. Ek dink ook met die stywer nuwerwetse groefdraaie het dinge ook al verby die drempelwaarde van "Law of Deminishing Returns" beweeg.

Ek het so paar jaar terug n artikel gelees waar n slim man verduidelik het dat daar vir elke kaliber n punt is waar n stywer groefdraai eintlik nadelig begin raak. Hy het groefdraai terug gewerk na n sogenaamde "Helix Angle" en vir elke diameter begin die groefdraai alweer teen jou werk in terme van interne balistiek. Ek kan wel onthou die 308 kaliner se drempel waarde was 9 gewees, en die 7mm 8.5. My oorspronklike Remington het n 1 in 9.25 groefdraai gehad en alles het in hom geskiet.

Die nuwer generasie kalibers wat heeltyd uitgepomp word is fantasties, die probleem is hulle oorleef nie lank nie. Daar was eers die Remington Ultra Mags, vandag is komponente bitter skaars. Toe kom Winchester en Remington met die Short Mags. Vandag chamber bitter min van die groot name nog van daai gewere behalwe dalk die 300 WSM. Maar selfs sy komponente is bitter skaars en peperduur. Toe kom Ruger met hulle 416 en 375 Rugers, hulle begin ook al skaatser word itv komponente. Die tendens is duidelik die ou goed bly nog steeds staan. Die 6.5 Creed is nog baie warm en is deur die VSA Weermag in gebruik geneem wat sy toekoms dalk bietjie meer verseker. Die 6mm Creedmoor en 22 Creedmoor is klaar besig om n stille dood te sterf. Lapua het reeds aangekondig hulle maak nie meer brass vir die 6 Creed nie.

Ek dink met ons landswette en n sterk span groenies en anti geweer of Gunfree Advokate moet mens maar die tipe goed in ag neem as jy n besluit neem. Dit raak elke dag moeiliker en duurder om aan die skiet te bly.

Re: 7mm Rem Mag...hoekom nie ?

Posted: Sat Jul 22, 2023 8:28 am
by Capt. Yoda
Die probleme dam van mense wat nie 30.06e het nie

Re: 7mm Rem Mag...hoekom nie ?

Posted: Sun Aug 13, 2023 1:07 pm
by Glocked
So 'n maand se vierkantige brand oë van al die lees en youtube, het ek nou maar ingegee en 'n nuwe roer gekoop....in 6.5PRC ++>:

Re: 7mm Rem Mag...hoekom nie ?

Posted: Sun Aug 13, 2023 1:49 pm
by Supacow
Gawie sê 6.5 is vir besluitlose mense wat nie kan kies tussen 6 en 7mm. Geld dit nie ook vir 30 kaliberliefhebbers wat nie kan kies tussen 7 en 9.3mm?

Re: 7mm Rem Mag...hoekom nie ?

Posted: Sun Aug 13, 2023 3:11 pm
by Glocked
Supacow wrote: Sun Aug 13, 2023 1:49 pm Gawie sê 6.5 is vir besluitlose mense wat nie kan kies tussen 6 en 7mm. Geld dit nie ook vir 30 kaliberliefhebbers wat nie kan kies tussen 7 en 9.3mm?
:laugh: :laugh:

Dis maar my wie ek is, 375 kon ook nie kies tussen 9.3 en 404 nie.....

Re: 7mm Rem Mag...hoekom nie ?

Posted: Wed Aug 16, 2023 3:22 pm
by Valley Pursuits
I asked Howa if / when they would start producing a 7mm PRC. Here’s the reply:

Thank you for your inquiry about our new 7mm PRC.

At this time, we are planning the initial mass production of the barreled actions in December 2023.
We believe that the stocks will be assembled and shipped as a finished product in 2024.

Hope this information is helpful.

Enjoy hunting!

Best regards,

Kaori Murai
Howa Machinery, Ltd.

Re: 7mm Rem Mag...hoekom nie ?

Posted: Tue May 14, 2024 4:06 pm
by Manton
Hearties wrote: Wed Aug 16, 2023 3:22 pm I asked Howa if / when they would start producing a 7mm PRC. Here’s the reply:
Kaori Murai
Howa Machinery, Ltd.
Any chance of passing on those contact details ?
I would like to ask them what the differences between their standard 30-06 / 300WM and 300PRC actions are
Seeing as the COAL of the cartridges are very different

My supposition is that all that has been done is to machine the standard action slightly to open / lengthen it ?

Re: 7mm Rem Mag...hoekom nie ?

Posted: Tue May 14, 2024 6:10 pm
by Valley Pursuits
His (presume it’s a guy) email address is k-murai@howa.co.jp

Re: 7mm Rem Mag...hoekom nie ?

Posted: Fri May 17, 2024 12:49 pm
by Johann Marais
As ek nie `n 338 WM gehad het nie was my keuse `n 7mm Rem met `n 1:8 twist.

Re: 7mm Rem Mag...hoekom nie ?

Posted: Sat May 18, 2024 1:14 pm
by Dash431
So watter van die vervaardigers maak tans 7mm RM met lekker lang magasyn kaste?

Re: 7mm Rem Mag...hoekom nie ?

Posted: Sat May 18, 2024 1:52 pm
by Lategan1
Enigste rede hoekom nie….

Die groot dop neem baie kruit om ‘n 7mm koeël te stoot. Koste per skoot dus hoog, veral met die beperkte en duur kruite beskikbaar.

Dit is onderhewig aan hoe baie, hoe ver, hoe swaar koeël en waarvoor jy dit gaan gebruik. Vir sy merkbare recoil is daar knaldemper oplossings, dus is dit nie vir my ‘n faktor nie.

Dit is ‘n fantastiese kaliber.

Beste.