7mm Rem Mag...hoekom nie ?

Glocked
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 384
Joined: Wed May 16, 2018 4:51 pm

7mm Rem Mag...hoekom nie ?

Post by Glocked »

Ek het nog altyd 'n sterk liefde gehad vir die 7mm Rem Mag kaliber, en wou eintlik nog altyd graag een besit. Week gelede jag ons in die vlaktes, en skielik besef ek weer my 3006 en 375 is heel uit plek uit. Die 3006 het sy kant gebring, maar ek het die jeuk gekry vir nog 'n roer.

Gaan 'n bakkie geweer wees, so ek oorweeg 'n 7mm Rem Mag in Howa, 26" dik loop. Geweer sal 'n silincer kry, en dalk iets soos 'n GRS laminated kolf ens. Sal hoofsaaklik wees vir langer afstand jag, 300m. 400m max. En nou en dan 'n gong bietjie verder probeer raakskiet, niks ernstig nie. Somchem kruit het vir lank die 7mm Rem Mag hier beperk, maar met die verskeidenheid kruite nou beskikbaar hier, dink ek kan die potensiaal van die kaliber weer herleef.

Waar is al die 7mm Rem manne ? Wat skiet julle ? Hoe vinnig, hoe ver, en met watter kruit ? Opinies op die Howa met sy 26" loop ? Is wel 'n 9.5" twist, so sal moet hou by die ligter punte.
Howa 6.5PRC
Schultz & Larsen .30-06 Sprg
Winchester Mod 70 375H&H
Maverick 12G Pomp
Glock 17
Glock 19
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2318
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Re: 7mm Rem Mag...hoekom nie ?

Post by JAGTERSREG-JRM »

Dagse
Ek het een in 26” Howa in 7mm rem jy kan gerus met my gesels. Ek het self 2x 7mm rems en skiet al byne 25jaar met die kaliber. Vir my is n 7mm een van daai kalibers wat amper alles kan doen en skiet
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2133
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: 7mm Rem Mag...hoekom nie ?

Post by Ds J »

Ek was in 2005 teenwoordig toe n plaaseienaar n blouwildebees op 1.1km gekwes het. Dit was beïndrukkend om so n lang skoot te sien, en die kaliber se vermoë om daar by te kom is verbasend.

My enigste bekommernis is die terugskop - ek het al n paar keer gehoor dat mense skopsku raak sonder om dit te besef.
Glocked
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 384
Joined: Wed May 16, 2018 4:51 pm

Re: 7mm Rem Mag...hoekom nie ?

Post by Glocked »

JAGTERSREG-JRM wrote: Sat Jul 15, 2023 9:30 am Dagse
Ek het een in 26” Howa in 7mm rem jy kan gerus met my gesels. Ek het self 2x 7mm rems en skiet al byne 25jaar met die kaliber. Vir my is n 7mm een van daai kalibers wat amper alles kan doen en skiet
Dankie Kobus, ek gaan jou 'n WA stuur
Howa 6.5PRC
Schultz & Larsen .30-06 Sprg
Winchester Mod 70 375H&H
Maverick 12G Pomp
Glock 17
Glock 19
Glocked
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 384
Joined: Wed May 16, 2018 4:51 pm

Re: 7mm Rem Mag...hoekom nie ?

Post by Glocked »

Ds J wrote: Sat Jul 15, 2023 9:58 am Ek was in 2005 teenwoordig toe n plaaseienaar n blouwildebees op 1.1km gekwes het. Dit was beïndrukkend om so n lang skoot te sien, en die kaliber se vermoë om daar by te kom is verbasend.

My enigste bekommernis is die terugskop - ek het al n paar keer gehoor dat mense skopsku raak sonder om dit te besef.
Die terugskop pla my nie, en ek skiet my 375 baie gemaklik, en skiet hom nogal gereeld ook. Maar om die terugskop te probeer beperk, om impak skote op langer afstand beter te sien, wil ek die geweer so swaar moontlik maak, en ook 'n groot silencer of silencer/muzzle brake kombinasie doen
Howa 6.5PRC
Schultz & Larsen .30-06 Sprg
Winchester Mod 70 375H&H
Maverick 12G Pomp
Glock 17
Glock 19
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13507
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: 7mm Rem Mag...hoekom nie ?

Post by Capt. Yoda »

O genade julle gaan nou vir Tau wakker maak
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
snakker
Hero Member
Hero Member
Posts: 1380
Joined: Sun Jul 12, 2015 7:28 am

Re: 7mm Rem Mag...hoekom nie ?

Post by snakker »

Dit is basies n 300wm met minder recoil en beter ballistics. Kan nie verkeerd gaan nie

Sent from my M2101K6G using Tapatalk

User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: 7mm Rem Mag...hoekom nie ?

Post by joe rocket »

Hier is so leeumannetjie Tau wat hier rondloop. Hy sê jy vat nie wind vir 'n 7mm Rem mag nie, nooit nie. Hy sê ook 'n 7mm Rem mag skiet deur die wind. Hy sê die Alfa en omega begin by 'n 7mm Rem mag.
Hy sê ook as jy 'n bel afstand roer soek dan Koop jy 'n 7mm Rem mag, die roer skiet verder as wat hy met sy satelietfoon kan bel. Ek sê weer, daai bel tyd op 'n satelietfoon is duurderper minuut as 'n 184gr Berger, primer en kruit. Koop maar so roertjie hy is lekkerte.
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
User avatar
RabieL
Full Member
Full Member
Posts: 161
Joined: Mon Oct 20, 2014 10:10 am

Re: 7mm Rem Mag...hoekom nie ?

Post by RabieL »

Dis seker my gunsteling rondte in die wereld. Ek trek al by loop nr 4. Hy skop nie naastenby so baie soos mens dink hy moet nie. Dis nie veel meer as 30-06 nie. Sy grootste nadeel is looplewe. Hulle is nie baie vriendelik met n loop nie. Daar is nie n bok wat in Afrika loop wat nie met die 7RM geskiet kan word nie. Ek praat nie van gevaarlike wild nie. My huidige loop is 25.5 duim en ek skiet 175 grein Accubond Long Ranges teen 3000 fps. Die beste dryfmiddel vir looplewe is Hodgdon se H1000. Soos almal hierbo noem agv die baie hoe BC versus koeel gewig werk hy soos n bom in die wind.
"Only Accurate Rifles Are Interesting"

9mmP, .22 LR AR 15, 12 Gauge, 243 Win, 6 Creedmoor, 6.5 Creedmoor, 7mm RM, 338 WM.
Glocked
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 384
Joined: Wed May 16, 2018 4:51 pm

Re: 7mm Rem Mag...hoekom nie ?

Post by Glocked »

RabieL wrote: Sat Jul 15, 2023 11:03 pm Dis seker my gunsteling rondte in die wereld. Ek trek al by loop nr 4. Hy skop nie naastenby so baie soos mens dink hy moet nie. Dis nie veel meer as 30-06 nie. Sy grootste nadeel is looplewe. Hulle is nie baie vriendelik met n loop nie. Daar is nie n bok wat in Afrika loop wat nie met die 7RM geskiet kan word nie. Ek praat nie van gevaarlike wild nie. My huidige loop is 25.5 duim en ek skiet 175 grein Accubond Long Ranges teen 3000 fps. Die beste dryfmiddel vir looplewe is Hodgdon se H1000. Soos almal hierbo noem agv die baie hoe BC versus koeel gewig werk hy soos n bom in die wind.
Baie dankie vir hierdie, dit is presies die tipe inligting wat ek wou hoor. Wat is die gemiddelde looplewe wat jy gehad het dusver ?

Ek is 'n mono aanhanger, vir verskeie redes, maar ja agv die afstande waar die geweer gebruik gaan word, het ek besef dat ek dalk na iets soos die AccuBond LR sal moet kyk. Hoe ervaar jy die AB LR se prestasie op wild ? Ek het my tande belowe hulle sal nooit weer 'n stuk lood of jacket raak byt nie....daai 175 teen 3000fps klink soos 'n plan !
Howa 6.5PRC
Schultz & Larsen .30-06 Sprg
Winchester Mod 70 375H&H
Maverick 12G Pomp
Glock 17
Glock 19
Eight
Hero Member
Hero Member
Posts: 827
Joined: Sat Jun 25, 2016 2:44 pm

Re: 7mm Rem Mag...hoekom nie ?

Post by Eight »

Is die howa 7mm rem mag 26” n dik loop?
User avatar
RabieL
Full Member
Full Member
Posts: 161
Joined: Mon Oct 20, 2014 10:10 am

Re: 7mm Rem Mag...hoekom nie ?

Post by RabieL »

Om eerlik te wees, ek het die eerste loop Sat geskiet, hy het hier van 2500 skote af nie meer onder n duim en half gegroepeer nie. Die Somchm dryfmiddels het maar vir my so 1800 tot 2000 skote gegee war hy Sub MOA hou. Volgens die slim sompompe op die Intwerweb behoort ek darrem so 2500 Plus Sub-MOA te kry met H1000. Die 7mm RM het my geleer fynboks met 2 aspekte in terme van herlaai. Een is Druk en die ander is die Dryfmiddel se Heat Of Explosion. Daardie 2 goed het die grootste invloed op looplewe, daarom kom VV 5 reeks nie naby my gewere nie.

Verder Moly ek ook al van 2010 af, en ek glo vas dit rek jou looplewe, nie almal hou daarvan nie, vir my werk dit. HBN is teoreties beter maar klou nie vir my so lekker op die koeels nie. Nou gebruik ek n 50/50 mengsel van HBN en Moly om Koeels te coat. Dis asof die Moly help om die HBN op die Koeel te hou.

Ek het juis oorbeweeg na die ABLR toe nadat ek beide blaaie op n Kudu bul verloor het met ELD-Xe, en hy was 270 meter ver. Die baie Hoe BC van die 7mm keer bietjie dat hy nie te vinnig spoed verloor nie daarom is die vleis skade maar daar. Tot dusver werk die ABLR's myle beter. Ek het baie minder skade aan die vleis maar om te se dis minimaal gaan n blatante leuen wees. Vir my is dit aanvaarbaar, maar die hele blad is darem nie meer vol tydelike kavitasie nie. Die ABLR;s is net bitter skaars en baie duur, maar ek werk daaraan om daardie probleem vir myself permanent op te los.

Ek hoop dit help.
"Only Accurate Rifles Are Interesting"

9mmP, .22 LR AR 15, 12 Gauge, 243 Win, 6 Creedmoor, 6.5 Creedmoor, 7mm RM, 338 WM.
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: 7mm Rem Mag...hoekom nie ?

Post by LUAN »

Laat die Rm jou toe om 180gr klas koels optimaal te seat en uit die magasyn te skiet of is dit maar soos in die wm se geval waar spasie te min word? Ook watse twist rate kom rak gewere meer uit?
User avatar
LoopSoosStroop
Hero Member
Hero Member
Posts: 1841
Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am

Re: 7mm Rem Mag...hoekom nie ?

Post by LoopSoosStroop »

LUAN wrote: Mon Jul 17, 2023 9:29 am Laat die Rm jou toe om 180gr klas koels optimaal te seat en uit die magasyn te skiet of is dit maar soos in die wm se geval waar spasie te min word? Ook watse twist rate kom rak gewere meer uit?
Meeste rak gewere kom met 9.5" groefdraai. Ander ouens skiet swaarder koele suksesvol met hierdie groefdraai, maar my Howa wou niks weet van enige iets bo 150 gr. en Somchem kruit nie. ES met S365 was altyd hoog (Norma doppe). Die nuwe stadiger S365 behoort waarskynlik beter te doen in 'n 7 mm RM.
Pieter van Deventer
Blok Engineering
Ters Hickman
Full Member
Full Member
Posts: 242
Joined: Wed Sep 18, 2013 3:38 pm

Re: 7mm Rem Mag...hoekom nie ?

Post by Ters Hickman »

More! Ek dink die 7mm is 'n awesome kaliber! Vir al die goeie redes hierbo genoem. As ek nou moes koop/bou sou ek die 7PRC roete gaan.

Magnum bolt face, lang aksie, 8 twist loop.... Voordele - swaarder hoee BC punte. Moderne dop ontwerp etc...

Daar is al paar reamers in die rondte in RSA.

Ters
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: 7mm Rem Mag...hoekom nie ?

Post by LUAN »

Sal maar wag en sien of die budget sniper geweer vervaardiger(howa) die 7mm prc gaan bou. Ek sien Hornady claim hulle 180gr eldm ammo kry 2975fps uit n 24" loop.
Glocked
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 384
Joined: Wed May 16, 2018 4:51 pm

Re: 7mm Rem Mag...hoekom nie ?

Post by Glocked »

Eight wrote: Sun Jul 16, 2023 7:45 pm Is die howa 7mm rem mag 26” n dik loop?
Jip, en threaded.
Howa 6.5PRC
Schultz & Larsen .30-06 Sprg
Winchester Mod 70 375H&H
Maverick 12G Pomp
Glock 17
Glock 19
Glocked
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 384
Joined: Wed May 16, 2018 4:51 pm

Re: 7mm Rem Mag...hoekom nie ?

Post by Glocked »

RabieL wrote: Sun Jul 16, 2023 8:27 pm Om eerlik te wees, ek het die eerste loop Sat geskiet, hy het hier van 2500 skote af nie meer onder n duim en half gegroepeer nie. Die Somchm dryfmiddels het maar vir my so 1800 tot 2000 skote gegee war hy Sub MOA hou. Volgens die slim sompompe op die Intwerweb behoort ek darrem so 2500 Plus Sub-MOA te kry met H1000. Die 7mm RM het my geleer fynboks met 2 aspekte in terme van herlaai. Een is Druk en die ander is die Dryfmiddel se Heat Of Explosion. Daardie 2 goed het die grootste invloed op looplewe, daarom kom VV 5 reeks nie naby my gewere nie.

Verder Moly ek ook al van 2010 af, en ek glo vas dit rek jou looplewe, nie almal hou daarvan nie, vir my werk dit. HBN is teoreties beter maar klou nie vir my so lekker op die koeels nie. Nou gebruik ek n 50/50 mengsel van HBN en Moly om Koeels te coat. Dis asof die Moly help om die HBN op die Koeel te hou.

Ek het juis oorbeweeg na die ABLR toe nadat ek beide blaaie op n Kudu bul verloor het met ELD-Xe, en hy was 270 meter ver. Die baie Hoe BC van die 7mm keer bietjie dat hy nie te vinnig spoed verloor nie daarom is die vleis skade maar daar. Tot dusver werk die ABLR's myle beter. Ek het baie minder skade aan die vleis maar om te se dis minimaal gaan n blatante leuen wees. Vir my is dit aanvaarbaar, maar die hele blad is darem nie meer vol tydelike kavitasie nie. Die ABLR;s is net bitter skaars en baie duur, maar ek werk daaraan om daardie probleem vir myself permanent op te los.

Ek hoop dit help.
2500 skote op 'n loop is darem redelik aanvaarbaar vir my, dis darem nie 'n geval van 1000 skote nie. Ek dink ook die beskikbaarheid van ander dryfmiddels help die 7mmRem weer tot sy reg kom, waar s365 en s385 hom in die steek gelaat het.

Ek is ook maar versigtig vir die ELDX'e, en het daarom gedink die ABLR sal beter presteer. Maar, met die 9.5 twist in die Howa, gaan dit dalk moeilik raak om daai lang punte te stabiliseer, sal hulle maar moet toets en kyk. Anders iets soos 'n 145gr Barnes LRX skiet.
Howa 6.5PRC
Schultz & Larsen .30-06 Sprg
Winchester Mod 70 375H&H
Maverick 12G Pomp
Glock 17
Glock 19
Glocked
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 384
Joined: Wed May 16, 2018 4:51 pm

Re: 7mm Rem Mag...hoekom nie ?

Post by Glocked »

Ters Hickman wrote: Mon Jul 17, 2023 10:45 am More! Ek dink die 7mm is 'n awesome kaliber! Vir al die goeie redes hierbo genoem. As ek nou moes koop/bou sou ek die 7PRC roete gaan.

Magnum bolt face, lang aksie, 8 twist loop.... Voordele - swaarder hoee BC punte. Moderne dop ontwerp etc...

Daar is al paar reamers in die rondte in RSA.

Ters
As ek kon bou, dink ek ook sou ek makliker gegaan het vir 7PRC, maar dis bietjie buite my budget. As Howa dieselfde 26" dik loop aanbied in 7PRC, sal dit defnitief 'n opsie wees, as dit ook in 8" twist kom bygesê.
Howa 6.5PRC
Schultz & Larsen .30-06 Sprg
Winchester Mod 70 375H&H
Maverick 12G Pomp
Glock 17
Glock 19
Glocked
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 384
Joined: Wed May 16, 2018 4:51 pm

Re: 7mm Rem Mag...hoekom nie ?

Post by Glocked »

LUAN wrote: Mon Jul 17, 2023 9:29 am Laat die Rm jou toe om 180gr klas koels optimaal te seat en uit die magasyn te skiet of is dit maar soos in die wm se geval waar spasie te min word? Ook watse twist rate kom rak gewere meer uit?
Ek vermoed ook dat die standaard Howa loop in 9.5 twist wel limiet gaan plaas op die lang, swaar koeëls, wat die 7PRC verseker die voordeel sal gee. Weet net nie of dit die moeite werd is om te hoop en te wag vir 'n 7PRC vir dit wat ek met die roer wil doen nie
Howa 6.5PRC
Schultz & Larsen .30-06 Sprg
Winchester Mod 70 375H&H
Maverick 12G Pomp
Glock 17
Glock 19
Ters Hickman
Full Member
Full Member
Posts: 242
Joined: Wed Sep 18, 2013 3:38 pm

Re: 7mm Rem Mag...hoekom nie ?

Post by Ters Hickman »

Net vir gewone jag dink ek ook nie jy gaan die verskil sien nie. Komponente vir die 7RM gaan goedkoper en meer beskikbaar wees vir nog lank. So weereens is daar nie rede om nie 7RM te koop nie. En sou jy die loop uit skiet het jy dan die opsie om the bly by 7RM as jy loop vervang of na 7PRC te verander....
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 7mm Rem Mag...hoekom nie ?

Post by Wouter Roets »

Glocked

Vir jou behoefte is die 7mm Rem Mag n baie goeie en sinlikke keuse. Die rondte is nie verniet Amerika se mees populere magnum nie. Ek is nog altyd van die opinie dat die rondte nog altyd onderskat is in ons land. Jou keuse in terme van die Howa is n baie goeie keuse en met n bietjie veranderinge hoef hy werklik nie terug te staan vir n geboude geweer nie. Dit is verseker een van die rondtes wat redelike voordeel trek met die beskikbaarheid van oorsese poeiers, veral op die swaarder koeels, maar selfs met Somchem S365 en S385 het hy heel goed presteer met koeelgewigte tot en met 162gr. Ek skiet Barnes TSX 150gr met S385 al vir etlike jare teen 3000ft/sek uit my 24 duim loop.

Vir jou behoefte van maks 400m hoef jy werklik nie verder te kyk as die kombinasie nie. Vleisskade is heel aanvaarbaar selfs op kort afstande. Ek skiet die Accubond LR in een van my 6.5 Creedmoors en vleisskade is n baie groter faktor as met monokoeels. Gewigretensie is maar in die orde van 60-65% oor die algemeen. So koper en lood kan nog deel van jou kouproses uitmaak.

Ek dink nie looplewe is van so aard dat dit enigsins n bekommernis moet wees vir jou behoefte nie. As jy 200 skote n jaar skiet, wat baie is vir n jaggeweer gaan jy nog bitter lank die gebruik van die geweer he. So koop hom en kry n lekker glimlag op jou gesig. Jy sal nie vir n dag spyt wees nie.

Groetnis
Wouter
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2318
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Re: 7mm Rem Mag...hoekom nie ?

Post by JAGTERSREG-JRM »

Ons het laas week so dagjaggie afgevat en twee girls gevat om te skiet, ons het natuurlik ook so bietjie gespeel. Hier is my meisiekind 9 jaar oud met n vriend se 7mm Rem wat n stilmakertjie op het. Roertjie skiet 162gr Hornady ammunisie en die Hartbees het op die plek geval ongeveer op 140m. Sy skiet tans net n American in 7.62x39 en was nie seker of sy die 7 liter sal kan hanteer nie. Eerste skoot op 100m gong het my verkeerd bewys en die res is geskiedenis.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
Glocked
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 384
Joined: Wed May 16, 2018 4:51 pm

Re: 7mm Rem Mag...hoekom nie ?

Post by Glocked »

Wouter Roets wrote: Tue Jul 18, 2023 9:10 am Glocked

Vir jou behoefte is die 7mm Rem Mag n baie goeie en sinlikke keuse. Die rondte is nie verniet Amerika se mees populere magnum nie. Ek is nog altyd van die opinie dat die rondte nog altyd onderskat is in ons land. Jou keuse in terme van die Howa is n baie goeie keuse en met n bietjie veranderinge hoef hy werklik nie terug te staan vir n geboude geweer nie. Dit is verseker een van die rondtes wat redelike voordeel trek met die beskikbaarheid van oorsese poeiers, veral op die swaarder koeels, maar selfs met Somchem S365 en S385 het hy heel goed presteer met koeelgewigte tot en met 162gr. Ek skiet Barnes TSX 150gr met S385 al vir etlike jare teen 3000ft/sek uit my 24 duim loop.

Vir jou behoefte van maks 400m hoef jy werklik nie verder te kyk as die kombinasie nie. Vleisskade is heel aanvaarbaar selfs op kort afstande. Ek skiet die Accubond LR in een van my 6.5 Creedmoors en vleisskade is n baie groter faktor as met monokoeels. Gewigretensie is maar in die orde van 60-65% oor die algemeen. So koper en lood kan nog deel van jou kouproses uitmaak.

Ek dink nie looplewe is van so aard dat dit enigsins n bekommernis moet wees vir jou behoefte nie. As jy 200 skote n jaar skiet, wat baie is vir n jaggeweer gaan jy nog bitter lank die gebruik van die geweer he. So koop hom en kry n lekker glimlag op jou gesig. Jy sal nie vir n dag spyt wees nie.

Groetnis
Wouter
Wouter, as hier 'n like knoppie was, het ek hom 3x keer gedruk vir die plasing van jou. Baie dankie vir die sinvolle post, weer presies waarna ek opsoek was.

Ek dink ook daai 150gr TSX/TTSX teen om en by 3000fps gaan presies gee wat ek van hom verwag, sal graag die LRX ook toets. Ek kan nie sien dat daar rerig 'n beter kaliber keuse gaan wees vir dit wat ek wil doen nie.

Selfs 200 skote 'n jaar per geweer is nogal baie vir my, dalk sal ek die roer bietjie meer gebruik vir speel ook, maar ja ek stem, dis steeds 10 jaar se loop leeftyd wat voorlê !
Howa 6.5PRC
Schultz & Larsen .30-06 Sprg
Winchester Mod 70 375H&H
Maverick 12G Pomp
Glock 17
Glock 19
Glocked
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 384
Joined: Wed May 16, 2018 4:51 pm

Re: 7mm Rem Mag...hoekom nie ?

Post by Glocked »

JAGTERSREG-JRM wrote: Tue Jul 18, 2023 9:30 am Ons het laas week so dagjaggie afgevat en twee girls gevat om te skiet, ons het natuurlik ook so bietjie gespeel. Hier is my meisiekind 9 jaar oud met n vriend se 7mm Rem wat n stilmakertjie op het. Roertjie skiet 162gr Hornady ammunisie en die Hartbees het op die plek geval ongeveer op 140m. Sy skiet tans net n American in 7.62x39 en was nie seker of sy die 7 liter sal kan hanteer nie. Eerste skoot op 100m gong het my verkeerd bewys en die res is geskiedenis.
Goeie werk ! My vrou het ook die jaar nou haar eerste bok met die 3006 geskiet. Die vlaktejag uitstappie gaan nou 'n jaarlikse instelling word, en ek vermoed sy gaan elke jaar ook nou 'n bok wil skiet. So deel van die oorweging was iets wat die recoil so bietjie demp, sodat sy hom ook gemaklik kan skiet. So as jou 9-jarige die 7 liter kan hanteer, sal sy hom ook defnitief gemaklik kan skiet. Lekker swaar kolf en stilmaker is bo aan die prioriteitslys
Howa 6.5PRC
Schultz & Larsen .30-06 Sprg
Winchester Mod 70 375H&H
Maverick 12G Pomp
Glock 17
Glock 19
Post Reply