Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Miskien laat ons PH ons vanjaar toe om softs te skiet of Buffels : )
Ek weet nou al hy gaan my vra wat het met die vorige drie Buffels gebeur wat met solids geskiet is.... en dan gaan hy my vra nou hoekom wil jy iets verander wat werk.
My pel skiet ook Spoor 400gr softs en dan Kriek solids. Mens vat mos elkeen 50 patrone saam asof ons gaan oorlog maak op die Buffels.
Sal bitter graag daai Spoor 400gr op 'n frontal, so 4 vingers onder die ken wil indruk en sien wat maak hy aan 'n Buffel.
Nou moet ek hol solids en frontals die internet polisie gaan my kom hang.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
tau wrote:Miskien laat ons PH ons vanjaar toe om softs te skiet of Buffels : )

Ek ken nie een PH, ek in gesluit, wat klieente toelaat om Solids op buffels te gebruik nie.

Ek gebruik net solids op Olifant.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Jong ek is nou nie 'n PH nie, maar ek het darem al so een of twee bokke gejag en totdat ek in Zim begin jag het was 'n solid vir my iets wat die army gebruik.
Ek is 'n baie groot A-frame en Remington Cor Lokt fan. Barnes X het my nog net bokke laat soek.
Ons Ph in Zim skiet meer beheer buffels en Olifante in 'n jaar as was meeste PH's in hulle lewe doen en hy glo in 'n solid. Ja ek besef dan skiet hy en nie klient nie.
As dit by kliente kom is sy argument hy skiet nie met kliente skote sommer oor 50m nie. Nooit in troppe nie so overpenetration is nie 'n gevaar nie. En dan weet hy waar die patroon gaan na impak met 'n solid. Die ander ding is in daai ruigtes kry jy so min kans op 'n broadside blad skoot of daar is takke voor die tref area. Die meeste kanse is op facing frontals. Die 3 Buffels wat ek by was is almal dood binne 20 meter van die eerste skoot met 'n solid 300gr .375.
Ja my leermeester saam met wie ek as jong gids en appy gejag het toe ek nog 'n PH wou word stem ook nie saam nie.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
Volgens Cappie is daar op 2240fps en 76.6gr nog 'n node, maar ek sien reeds merke op die kop van die dop en ek is maar 'n sagte outjie ek flinch maklik.
SO ek glo net hier is hy reg en hy skiet baie naby aan my Krieke 380gr solids op 50 meter so ek is reg vir volgende week se Buffel jag glo ek.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
Ons het gister twee Ruger .416 Rugers lekker laat praat. Ek en 'n vriend vetrek eersdaaags op 'n Jagtog met die roere en wou seker maak albei roere skiet soos hulle moet.
Daaer is nou baie stories en dinge en feite en somme.
In my beskeie opinie moet 'n Gevaarlike wild geweer
1. Skiet waar jy mik
2. Extract extract extract. Ons toest tans lading in die Kaap waar dit nie baie warm is nie skaars 20 Grade en ons jag in 32-40 grade met helse humiditeit.
Ons kon gister sien die .416 Ruger is verspot akkuraat. Ons het deur albei roer so 30 skote geskiet.
Kriek 380gr EFS
Spoor 400gr Softs
Viper 400gr Bushmaster
Hornady 400gr softs. Alles skiet raak en extract waar ons tans is......
S 355 75gr
Die 20" geweer loop so 2149fps gemiddeld
die 23" loop so 2230fps gemiddeld.
Ons kan verseker die spoed opstoot, en het ook so paar warmer ladings getoets, maar ek glo nie die Bosbeeste sal 'n verskiel voel van 60 fps nie.
Dankie almal vir raad.
As iemand wonder oor die roer en kaliber ek het dieslefde geweer in .375 Ruger en .338WM en die .416 laai en skiet makliker as albei. Ek wil dit vergelyk met 'n 30-06 as dit by laai kom. Alles is net maklik.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.