Herlaai data 303 British
- Piet Pille
- Hero Member

- Posts: 2092
- Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm
Re: Herlaai data 303 British
Dankie Flip.
Ek sal paar toetse gaan doen. Wil graag my .303 bietjie meer benut, veral omdat hy so lekker tussen die .270 en .375 inpas. Maar my selfvertroue met hom is minder omdat hy nie so goed groepeer nie. Miskien as ek nou 'n daadwerklike poging aanwend met die spartans slaan ek dalk daai sweetspot. Dis 'n lekker kort bosgeweertjie en is al wat ek van my oupa (wat ek nooit geken het nie) het. So daar is heelwat sentiment aan hom. Dis eintlik 'n skande dat hy so baie in die kluis bly..

- Killzone
- Hero Member

- Posts: 646
- Joined: Sun Nov 18, 2012 6:26 pm
Re: Herlaai data 303 British
Goeie dag. Is hier dalk iemand wat Sierra Pro Hunters in 150 grn laai ? Op die oomblik skiet ek hulle met 39.9 grn S335 met 'n TPL van 72.9mm want dit is wat die Somchem boekie sê. Ek het nie baie lading ontwikkeling gedoen nie aangesien ek as 'n 'newbie', tevrede was met die groepering. Ek wil graag weet wat ander manne se TPL was met hierdie punte. Ek vermoed ek kan dit bietjie langer maak. Dankie.
- vriell
- Hero Member

- Posts: 1364
- Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm
Re: Herlaai data 303 British
Gewere se kamers verskil so ek sal voorstel dat die koeel in jou geweer vasgestel word wat die MAKSIMUM TPL is dan met daardie inligting begin speel.Laat weet as jy hulp nodig het met die vasstel van jou Maksimum TPL tot teen die lande en dit dan van daar af verder vat.Killzone wrote:Goeie dag. Is hier dalk iemand wat Sierra Pro Hunters in 150 grn laai ? Op die oomblik skiet ek hulle met 39.9 grn S335 met 'n TPL van 72.9mm want dit is wat die Somchem boekie sê. Ek het nie baie lading ontwikkeling gedoen nie aangesien ek as 'n 'newbie', tevrede was met die groepering. Ek wil graag weet wat ander manne se TPL was met hierdie punte. Ek vermoed ek kan dit bietjie langer maak. Dankie.
Groetnis
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave
- Killzone
- Hero Member

- Posts: 646
- Joined: Sun Nov 18, 2012 6:26 pm
Re: Herlaai data 303 British
Baie dankie vir die terugvoering Vriell.
-
Malan
- Newbie

- Posts: 2
- Joined: Thu Apr 24, 2014 7:31 am
Re: Herlaai data 303 British
Louis
Ek sien nou eers jou navraag oor die trek van militêre rondtes om die punte te gebruik in ARMY doppe.... Ek het al baie punte so herwin en kry selfs goeie groepering as ek die punte met S355 gebruik in PMP doppe..... Maak net seker dat jy die punte weeg en in daardie bepaalde gewigsklasse die ladings ontwikkel..... Aangesien in al bogenoemde bepalings, die trompsnelheid as maatstaf gebruik word, het ek 'n reglynige verband gekry tussen die punt se massa en die trompsnelheid, wat baie goed ooreenstem met Piet Skiet se Julie 2013 bevindings.... Daar is egter 'n 5% verskil in ENERGIEWAARDES tussen 'n .303 Bulldog (Rifle No 1, Mk 3), 'n Rifle No 4 (loop steek voor uit), 'n P14 aksie, 'n EPPS ombouiing en dan 'n .308 kaliber, wat maar eintlik die jonger ( en ek moet erken, die beter) boetie is van die ou SMLE is... Die waarde wat ek gebruik op my Bulldog is
"Ideale snelheid = 3960 - 9 X (punt se massa in grein)", wat dan vir 'n 174 grein ARMY punt op 2394 vt/sek uitwerk.
Hierdie waarde kan verskil met verskillende Rifle No 1, Mk 3's maar is 'n goeie aanduiding waar om te begin.... Die konstantes van die Rifle No 4 is dan 4007, om 2441 vt/sek te kry en vir die P14 aksie nog 5% meer ENERGIE (ongeveer 2.5% meer snelheid) en so aan....
Ek het gou agtergekom dat indien ek vandag se PMP ammunisie deur my Bulldog skiet, is die snelheid (en gepaardgaande akkuraatheid) onaanvaarbaar hoog en moet ek in elk geval die punte trek en soveel as tot 2 grein poeier minder gebruik om akkuraatheid te kry.... Ek aanvaar dus dat die patrone hoofsaaklik vir moderne slotaksies gemaak word en dat die ouer gewere slegs tot hul reg sal kom indien mens self die ladings uitwerk en die aksies verstaan..... Die snelheid waarmee die punt die teiken (of jagdier) tref, is bepalend hoe die punt gaan reageer en of dit gaan omklink (by "jacketed") en deurgaan ("monolithics")... Moenie die keuses te ingewikkeld maak nie, die trefsnelheid bepaal die resultaat, en by trefsnelhede hoër as 2100 vt/sek begin die saak drasties verander.....
Groete

- Louis Kriel
- Hero Member

- Posts: 1980
- Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm
Re: Herlaai data 303 British
Dankie Malan ek waardeer !!
-
Johan Nel
- Hero Member

- Posts: 2172
- Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Re: Herlaai data 303 British
Malan, die volgende vrae. Die konstante waardes waarmee jy begin, hoe bepaal jy dit (3960 en 4007)?
Kan jy ook 'n verduideliking gee vir bewerking wat jy doen. Ek verstaan die somme, maar wil probeer verstaan hoe mens die waardes bepaal wat jy gebruik, hoe jy daarby uitkom en wat hulle verteenwoordig. Die 174 is die massa van die koeel, maar die ander twee waardes (9; 3960) is vir my onbekendes.
Groete,
JHN

"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
- Laurence J. Peter
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Herlaai data 303 British
Sien in Somchem se boekie dat hulle die Speer 150 ook op 75,5mm gelaai het. Quick Load dui aan dat jy met 77mm nog 6,6mm van die koeël in die nek gaan hê en dit is die minimum wat ek sou aanbeveel. Jy sal jou maksimum TPL moet bepaal en indien 77mm veilig is sal ek dit so gebruik. As jy chrony het skiet 3 skoot groep met jou lading soos bo en bring jou syfers tafel toe sodat ons die ou geweer tot sy reg kan laat kom.Killzone wrote:Goeie dag. Is hier dalk iemand wat Sierra Pro Hunters in 150 grn laai ? Op die oomblik skiet ek hulle met 39.9 grn S335 met 'n TPL van 72.9mm want dit is wat die Somchem boekie sê. Ek het nie baie lading ontwikkeling gedoen nie aangesien ek as 'n 'newbie', tevrede was met die groepering. Ek wil graag weet wat ander manne se TPL was met hierdie punte. Ek vermoed ek kan dit bietjie langer maak. Dankie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Killzone
- Hero Member

- Posts: 646
- Joined: Sun Nov 18, 2012 6:26 pm
Re: Herlaai data 303 British
Dankie vir die reply Tripod. Vriell het my mooi verduidelik hoe om my geweer se kamer lengte te bepaal. As ek die Sierras op 77mm gaan laai, is daar nogsteeds 'n 3mm speling tot die lande. Ek het 'n paar geskiet op 76mm onlangs, maar dit was 'n winderige dag gewees en ek het my skietsak by die huis vergeet. Ek wil nou 'n paar laai op 77 mm. Ek wil ook graag 'n paar 180 grn Sierras probeer, maar is bang ek koop 'n hele pakkie en dan hou my geweer nie daarvan nie. Hoe sal ek my lading moet aanpas op 77 mm ? Dankie.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Herlaai data 303 British
Hou die lading op 39,9gr en meet net die spoed terwyl jy 'n groep skiet.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Killzone
- Hero Member

- Posts: 646
- Joined: Sun Nov 18, 2012 6:26 pm
Re: Herlaai data 303 British
Sal so maak. Baie dankie Tripod.
- Killzone
- Hero Member

- Posts: 646
- Joined: Sun Nov 18, 2012 6:26 pm
Re: Herlaai data 303 British
Hi. Net my nuwe lading met julle deel. Ek het toe 180 grn Sierra Pro Hunter koeëls gekoop en gelaai. Groepering is baie goed ! PMP doppe, CCi 200 Primers, 180 grn Sierra Pro Hunters, 37 grn S335 en 'n T.P.L van 76mm. Geen krimp. Ek het nie spoed geneem nie.
-
Reloader270
- Hero Member

- Posts: 1051
- Joined: Wed Nov 06, 2013 8:44 pm
Re: Herlaai data 303 British
My pa was nog kind in die veertiger jare tydens die 2de wêreld oorlog. Ammunisie was baie skaars. Hul wou bees slag en het net een Martini Henry patroon gehad. Daai jare het hul die bees agter die ore geskiet. Een van sy ooms het toe per ongeluk die bees gekwes en dit was 'n groot probleem. Sy oom met die naam van Oom Boetie het toe gesê hy gaan sy Le Matfort haal. Die ander broers het dit ten sterkste in twyfel getrek dat die Le Matfort die bees sou kon doodskiet. Nietemin Oom Boetie het toe die bees agter die ore geskiet en die koeël het verder 'n tak van +-2 duim in deursnee middel deur geskiet. Hul kon nie hul oë glo nie. Van daar af het hul elke jaar die Le Matfort gebruik as hul bees geslag het. Vandag doen ons dit met 'n .22Long.
- Killzone
- Hero Member

- Posts: 646
- Joined: Sun Nov 18, 2012 6:26 pm
Re: Herlaai data 303 British
Môre.
Verskoon as dit al êrens anders gevra was maar, wanneer het die .303 Army rondtes van kordiet na kruit oor geskakel ? Die rede hoekom ek vra is dat ek heel verbaas was met hoe goed hierdie rondtes nog eintlik is vir papier skiet. Ek het gister vir die eerste keer met 'n pakkie geskiet. Dit lyk of dit in '81 vervaardig was. Dit was 'n bruin geseëlde boksie gewees met 50 in. Akkuraatheid was heel aanvaarbaar, maar wat my regtig beindruk het was die gematigde trajek in vergelyking met my huidige 180 koeëls. Ek oorweeg om van nou af net army rondtes te skiet vir papier en gongs ( as ek weer in die hande kan kry). Om terug te kom na my vraag toe. Is alle army rondtes na 'n sekere jaar van vervaardiging presies dieselfde ? Ek het een getrek gisteraand en die lading was 37.4 grn, dit lyk soos S335, maar ek kan verkeerd wees. Ek het hier erens gelees dat baie ouens die punte trek en weer self laai. Wat is al die redes daarvoor ? Jammer vir al die vrae, Julle insette sal waardeer word.

Die enigste rede hoekom ouens Army rondtes trek is maar ekonomiese redes. Jy het 'n primer, dop en lading. Deur net die punt met 'n jagkoeël te vervang maak dit dit die moeite werd. As jy in die plek van die soliede Army koeël (174gr) 'n 174gr PMP jagkoeël laai, weet jy die goepering behoort min of meer dieselfde te wees. Die beste gereedskap hiervoor bly maar die bullet puller was jy in die press gebruik. Die Army rondtes is gewoonlik met 'n taai teer geseël en jy kry hul moeilik getrek met die Kinetic Bullet Puller.
- Killzone
- Hero Member

- Posts: 646
- Joined: Sun Nov 18, 2012 6:26 pm
Re: Herlaai data 303 British
Baie dankie vir die reply Reloader, ek waardeer.
- Piet Pille
- Hero Member

- Posts: 2092
- Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm
Re: Herlaai data 303 British
Hallo Killzone,
Ek het self ook punte getrek, maar dit was om die punte te herwin, aangesien ek skrikkerig was om die ou kordietrondtes te skiet. Ek het ook gehoor dat die kordiet die loop vinniger laat verweer (warmer vlamtemp)
Ek het die 174FMJ's weer gelaai agter gewone S335 in PMP doppe en verbasende akuraatheid behaal. Inteendeel, ek kon nog met geen ander koeel die ou herlaaide FMJ's se akuraatheid ewenaar nie. Lekker akurate oefenpatrone.
Ek het self ook punte getrek, maar dit was om die punte te herwin, aangesien ek skrikkerig was om die ou kordietrondtes te skiet. Ek het ook gehoor dat die kordiet die loop vinniger laat verweer (warmer vlamtemp)
Ek het die 174FMJ's weer gelaai agter gewone S335 in PMP doppe en verbasende akuraatheid behaal. Inteendeel, ek kon nog met geen ander koeel die ou herlaaide FMJ's se akuraatheid ewenaar nie. Lekker akurate oefenpatrone.
- Killzone
- Hero Member

- Posts: 646
- Joined: Sun Nov 18, 2012 6:26 pm
Re: Herlaai data 303 British
Dankie vir die terugvoer Pieter. Die rondtes wat ek getrek het, het moderne kruit ingehad. Sal dit nogsteeds nadelig vir my geweer wees as ek hulle net so aanhou skiet ?
- Piet Pille
- Hero Member

- Posts: 2092
- Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm
Re: Herlaai data 303 British
Neewat, ek dink hulle sal reg wees.
- Killzone
- Hero Member

- Posts: 646
- Joined: Sun Nov 18, 2012 6:26 pm
Re: Herlaai data 303 British
Fanx. . Ek hoop net ek nog van hulle in die hande kry.
-
Johan Nel
- Hero Member

- Posts: 2172
- Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Re: Herlaai data 303 British
Nog 'n rede, veral vir kompetend skiet, sal wees om koeels en kruit te weeg en te sorteer volgens gewig sodat daar meer eenvormigheid sal wees.Reloader270 wrote:Die enigste rede hoekom ouens Army rondtes trek is maar ekonomiese redes. Jy het 'n primer, dop en lading. Deur net die punt met 'n jagkoeël te vervang maak dit dit die moeite werd. As jy in die plek van die soliede Army koeël (174gr) 'n 174gr PMP jagkoeël laai, weet jy die goepering behoort min of meer dieselfde te wees. Die beste gereedskap hiervoor bly maar die bullet puller was jy in die press gebruik. Die Army rondtes is gewoonlik met 'n taai teer geseël en jy kry hul moeilik getrek met die Kinetic Bullet Puller.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
- Laurence J. Peter
- Killzone
- Hero Member

- Posts: 646
- Joined: Sun Nov 18, 2012 6:26 pm
Re: Herlaai data 303 British
Goeie môre manne. Kan iemand my help met 'n Tpl vir die 215 grn Rhino punte asb ? Ek gaan S335 laai. Baie dankie.
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5020
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Herlaai data 303 British
Killzone, jy gaan jou eie TPL moet uitwerk vir jou eie herlaai.
Baie maklik size 'n dop en seat een van die rhino's laat hy baie lank uitststeek maar nog darem deur die dop vasgehou word. Seat hom in die kamer en maak die slot stadig toe dit mag dalk stram wees maar die koeel sal in die dop inbeweeg/ingestoot word tot die slot heeltemaal toe is. As jy dan die dop en koeel uithaal is dit jou maks TPL vir jou koeel. Kyk net of dit darem nog in die magasyn sal pas. (Maak seker jy het nie kruit in die dop en ook nie die dop geprime nie)
Trek so 2mm af van die maks TPL en begin van daar af werk en laai.
Ek stel voor jy bly weg van PMP doppe af ek het gesukkel om oor 2000fps met hulle te kry dit is ook nou al lank terug gebruik leiwer REM doppe as jy in die hande kan kry hulle het meer volume vir meer kruit.

- Philip J
- Hero Member

- Posts: 925
- Joined: Fri Mar 14, 2014 8:58 pm
Re: Herlaai data 303 British
Frederik wrote:Killzone, jy gaan jou eie TPL moet uitwerk vir jou eie herlaai.
Baie maklik size 'n dop en seat een van die rhino's laat hy baie lank uitststeek maar nog darem deur die dop vasgehou word. Seat hom in die kamer en maak die slot stadig toe dit mag dalk stram wees maar die koeel sal in die dop inbeweeg/ingestoot word tot die slot heeltemaal toe is. As jy dan die dop en koeel uithaal is dit jou maks TPL vir jou koeel.
Killzone, as jou 303 se keel so lank soos myne is, gaan die magasyn jou Maks TPL bepaal. Met 174 gr Hornady koeels kry ek nie die koeel teen die lande gedruk as ek 7mm van die koeël in die dop druk nie. Ek dink die "jump" in my 303 meet mens in cm en nie in mm nie
Frederik het vir jou baie goeie raad gegee, maar moenie verbaas wees as jy nie die lande haal nie. In my geweer lyk dit nie of die groot "jump" pla nie. Ek het geen idee hoe lank daai Rhino's is nie, dalk kry jy hulle teen die lande gedruk met genoeg van die skag in die dop.
Sterkte
Groetnis
Philip
Philip
- Louis Kriel
- Hero Member

- Posts: 1980
- Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm
Re: Herlaai data 303 British
Killzone, met rhino 215 grns gaan jy minder druk en meer spoed kry as jy S355 gebruik. Met n Winchester dop het ek amper 2350 fps gekry.