Herlaai data 303 British

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Post Reply
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Herlaai data 303 British

Post by Monrique (SJ) »

Naand k?rels

Ek vra graag enige een se hulp met die herlaai data van .303. Ek skiet tans fabrieks PMP 150greiners, mar wil self begin laai.
Indien enige beproefde ladings van ongeveer 150gr het laat my asb. weet, ek het heelwat PMP doppe en wil dit vir eers gebruik.
Gee asb. enige punte wat julle voorstel, asook kruit en primers wat n mens kan gebruik.

Dankie en groete

SJ
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Herlaai data vir .303

Post by Freek »

SJ ek is nogal bly jy raak die onderwerp aan. Ek an Ja3 gesels hoeka gisteraand oor die moontlikhede om die .303 te gebruik vir probleem dier jag. Ek laai tans 174gr PMP Pro-am punte voor 39gr S335, gaan vir jou moet lieg as ek moet vertel hoe vinnig daai boontjies trek - het nog nie getoets met 'n kronograaf nie. Volgens die herlaai tabelle travel daai 174gr punt teen ongeveer 2300 - 2400 f/sekonde wat idiaal is vir bosvark en algemene jag in bosveld terein.

My geweer het 'n 18 duim Truvelo loop met kneldemper. Ek het Sondag 'n duim groepering geskiet op 100m met die amo, vanuit my skietstoel. Die geweer het nog sy oorspronklike militere sneller wat bietjie sleg is aangesien hy heelwat "kreep" het en redelik stram is om af te druk. Ek oorweeg om 'n "match triger" op die geweer te laat bou, dit behoort baie te help om die groepering nog "tighter" te maak.

Die vraag is nou waarvoor wil jy die .303 gebruik? Vir bokke en varke skiet in bosveld terrein kan ek die 174grein punte aan beveel. As jy in oop vlaktes soos die Vrystaat en Karoo wil jag of indien jy die kaliber wil gebruik vir jakkals jag dink ek mens moet fokus op veel ligter punte as 174grein. Ek persoonlik het nog nie ladings getoets op ligter punte nie maar ek oorweeg om dit binnekort te doen aangesien ek die roer wil gebruik vir jakkals skiet. Kom ons hoor wat vertel die ander manne, ek sal graag wil leer. ::)
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
Ja3
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 431
Joined: Mon May 04, 2009 10:24 am

Re: Herlaai data vir .303

Post by Ja3 »

Freek
Met 'n 125gr punt (Sierra pro-hunter) en S335 kan jy begin op ongeveer 39.5 begin en opgaan tot om en by 43.5.
Nie seker oor die lengte van jou vryboor op geweer nie, maar ons kan dit bepaal. Laat net weet en ons bepaal die paar kritiese mates.
Ek het 'n kronograaf as jy hom wil gebruik, of praat met my, dan kry ek jou by die skietbaan.
My beste raai is dat hy tussen 2700 en 2800vps kan doen.

Ja3
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Herlaai data vir .303

Post by Francois Marais »

SJ

Hier is my ladings

PMP 174 gr CCI 250 S 335/94 39 gr         PMP
PMP 150 gr CCI 250 S 335/94 39.5 gr PMP 2542 fps

Die kruit is S335 Lot 94, maar ek dink die nuwe kruit gaan dieselle brandspoed he. My geweer het nog sy oorspronklike loop ingehad, Mk 4, en geen druk gewys nie, ek het ook koop patrone oor die Chrony geskiet net om te sien of ek darm op standaaard is en die resultaat was as volg:
PMP 150 gr Koop patrone 2576 fps

Ek het ook net PMP doppe gebruik.

Die 125 gr punte wavan Freek en Ja3 praat kan ook mooi werk om bietjie spoed op die ou donkie te kry, maak ma net seker dat dit .311 cal punte is en NIE .308 nie.

Hoop jy kom reg
Mooi loop

Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Herlaai data vir .303

Post by Gerhard »

Ek het al bietjie gespeel met die ladings van die Amajuba ketty.

GS Custom maak 140gr High Velocity punt.

Image

150gr

Image

170gr
Image

en die 170gr uit die skiet wal uit gegrou...

Image

Ek het nou 180gr Sierra Hot Core en 215gr Rhino's gelaai vir jag met kliente die volgende week.

Sien nogal uit om te sien wat maak die twee tipe punte..
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
foxbat25
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 94
Joined: Tue Sep 22, 2009 6:43 pm

Re: Herlaai data vir .303

Post by foxbat25 »

Dags? Manne,

Ek gebruik 150 gr PMP punte voor 39,9 gr S335.  My .303 is ook my enigste roer (op die oomblik), so hy moet maar werk vir alles van rooibokke in die bos, tot by jakkalse in die oopte.

Groete
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3310
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Herlaai data vir .303

Post by Christo »

Ek het die gesien op Gunsite.co.za deur JPS , nogal interresant. weet iemand iets van die punte af.

Freek , jy is mos ons 303 man. Hier is 'n jakkie punt as ek iets moet se.

Hi Charles,

.303 Load

43 gr, Somchem S335, COL 70mm, PMP case, CCI Primer.

Please note however that when using PMP cases the powder is up to the throuat and almost sees like a compressed load. In my .303 there is no signs of pressure though as primers are still nice and round and no expansion or case leangth increase occurs.
My .303 has a shortened barrel and I was running the 75grainers at 2815 fps this weeken at the range.

Kobus does not advertise the 75 grainers on his site but he has stock of this, just give him a call. If for your your Wife you can load the 130grainers. These also have no real "kick" and we seem to be getting very good accuracy for a .303 from these. We load 42.5gr Somchem S341 with a COL of 75mm in PMP cases with CCI primers.

Currently getting 20mm groupings on average with the 75grainers and 30mm groupings with the 130 grainers.

Word of Caution: as all guns are different maybe start about 2 to 3 grains less and work your way up to the above loads and keep on inspecting your cases for any signs of pressure.


Wat dink die majuba kettie skieters hiervan

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: Herlaai data vir .303

Post by Louis Kriel »

My Ladings wat goed werk met S335:

PMP 150 gr 42 gr (2605 fps)

Speer 150 gr SP 42 gr, groepeer redelik gereeld onder 'n duim. Beste is 11 mm!

Rhino 175 gr Solid Shank, 39.5 gr, 2399 fps, 25 na 35 mm groepe. Beste vir Kudu jag!

Tips:  Koop vir jou 'n Redding "series B" nek die. Ek gebruik net PMP doppe, want hulle hou die langste voor hulle "seperate". PMP doppe is aansienlik dikker as bv Winchester en het 'n +- 4 gr kleiner kapasitieit. Ek smeer die patrone met 'n ligte lagie olie voor ek die geweer laai.  Dit verhoed dat die doppe tydens die vuur proses aan die kamer vassit.  Ek het bitter lanklaas 'n "case head separation" gehad met my no4 MK 2. Die geweer is ook mal oor PMP 174 gr fabrieks ammo. Het Saterdag by die skietbaan 16 skote in drie duim groepeer op 200 Meter (10 in 2 duim!)
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Herlaai data vir .303

Post by JACQUES BOTHA »

DAAI SIERRA 125GR PUNTE WERK GOED OP S341 MET 43 GREIN GELAAI. OMDAT MY SWAER ALTYD N GEWEER GESOEK HET , HET EK HOM SOMMER N 303 GEGEE  EN VIR HOM GELAAI, DIT HET NOGAL MOOI GEWERK OP SY KETTIE....
HULLE VLIEG LEKKER PLAT TOT OP 180 METER EN VAL DAARNA OOK LEKKER IN SY ROER, DIE PUNTJIE IS NET TE KORT EN TE DUK EN HET OMTRENT GEEN BC NIE..SO AS JY DAAI TRAJEK KEN SAL HY MOOI WERK...
GROETNIS
JB
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: Herlaai data vir .303

Post by Louis Kriel »

Hier is my 303 soos hy gelyk het...

Image

Soos hy nou lyk.

Image

Baie ouens is kwaad omdat ek hom "gebubba" het (kanadese term vir "sporterise"). My redenasie is egter dat daar derduisende LE 303's in omloop is en dat die gewere byna geen versamelaars  waarde het nie.
Hierdie geweertjie skiet 'n bars hou en verdien die Leopold wat hy nou op het. Ek plaas spoedig 'n paar teikens.
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: Herlaai data vir .303

Post by Louis Kriel »

Image

Image

Image
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: Herlaai data vir .303

Post by Louis Kriel »

Ek dink nie die Premium punte (Impala, Barnes X, Win Failsafe, GS custom) is nodig vir die 303. Sy spoed is so stadig/"matig" (174 gr teen 2400 en 150 gr teen 2620) dat enige premium punt soos 'n solid sal reageer en regdeur sal hardloop.  Ek gebruik wel Rhino 175 greiners vir Kudu en gemse, maar dis 'n relatief sagte punt met 'n bonded jacket.

Na my mening is die premium punte bedoel vir die spoed magnums waarvan die 303 gelukkig nie een is nie. Ek dink 'n punt wat BAIE goed sal werk vir julle ouens wat die 303 vir jakkies gebruik is die Sierra 125 gr .311 punt wat eintlik vir die AK 47 bedoel is. Hy sal met redelik min moeite 2900 fps stap en is lekker sag. Kobus by VGK wapens in Parow hou hulle aan.
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
User avatar
Robert
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 425
Joined: Sun Oct 25, 2009 12:42 pm

Re: Herlaai data vir .303

Post by Robert »

Middag.

Ek skiet al baie jaje met my ou bakkie Majuba en herlaai ook sy pille. Ek skiet op die vlaktes van die boesmanland tot die bosveld van Noord-wes met die ou kettie van my. Vroulief dink die is seker die lelikste roer wat ek het met sy garage geboude wangstuk, pretly putty handgreep en plastiek voorhandgreep. Maar hy is myne en ry elke dag saam plaas toe on die ongediertes dood te kry en 'n vleisie in die yskas.

My medisyne vir die ou strydros werk as volg:

Nek size net PMP doppe (maak seker hulle vorm nie 'n afbars naat aan die binnekant net bo die web nie. Voel met 'n dun draadtjie          waaraan 'n hakkie gebuig is)

dryfmiddel:  S341
gewig      :43 grein
punt        : 150gr PMP sp
Primer      :CCI 250

EK PROBEER DIE PUNT SO NABY AAN DIE LANDS KRY AS MOONTLIK MAAR DIE PUNT MOET EK TEN MINSTE 7MM IN DIE NEK INKRY OM TE VOORKOM DAT HULLE TE LOS SIT.
Ek het nie hulle spoed oor die crony gemeet nie maar hulle werk vir my.
Vleis skade is ook heel aanvaarbaar on afstande bo 150 meter en probeer maar hoe nek en kop skote as jy die bok  se oe duidelik kan sien. Geniet die Majuba
Robert ;
Oorwining deur opleiding
User avatar
Robert
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 425
Joined: Sun Oct 25, 2009 12:42 pm

Re: Herlaai data vir .303

Post by Robert »

Image
Image

Ek het julle gewaarsku. Hou die kinders en fyn besnaardes weg, Hulle sal die bed natmaak en vreeslik huil as hulle die majuba sien.

Maar hy skiet so lekker met sy Tasco 6X40 en dra os maklik sonder band.

VIVA 30 DRIE

Robert
Last edited by Robert on Tue Oct 27, 2009 4:59 pm, edited 1 time in total.
Oorwining deur opleiding
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Herlaai data vir .303

Post by Monrique (SJ) »

Ek het toe uit eindelik die naweek kans gehad om weer ladings te gaan toets.
Ai dit is darem n voorreg om te kan skiet. Ek het 5 verskillende ladings gehad om te toets,
die 1 wat toe die beste gegroep het is 41.6gr S341 met PMP doppe, 150gr Hornady interlocks en PMP Magnum primers en met n TPL van 75mm, 0.5mm van die groewe af. Ek moet nou nog net bietjie rondspeel met die TPL en weer gaan toets.

Weet ongelukkig nie die spoed nie, moet nog n chrony koop. Tyd raak ook mos alweer min na die jag seisoen toe, so sal tyd moet maak.

Groetnis
SJ
koos
Newbie
Newbie
Posts: 49
Joined: Fri Jun 05, 2009 9:20 pm

Re: Herlaai data vir .303

Post by koos »

Goeie naand.

Het enige iemand ondervinding van Frontier bullets se Gameranger reeks? Vir 303 het hulle 174 gr en 230 gr punte.

230 gr teen 1960 fps uit 'n 22 " loop met 39.1 gr S341 klink vir my nie sleg nie. Dit is egter 'n platpunt.
Sien http://www.frontierbullets.co.za/technical.htm#gamequestions

Enige komentaar sal welkom wees
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: Herlaai data vir .303

Post by Louis Kriel »

Freek ek moet met jou saamstem. Beide PMP se 150 gr en 174 gr fabrieksladings is dodelik akkuraat en ek gebruik dit al jare. Om die waarheid te se as ek enigsens twyfel oor my "reloads" gryp ek maklik 'n pakkie PMP 174 gr en "Bob's your uncle"

Ek het op 'n baie goeie artikel in Magnum afgekom oor herlaai van die 303 met S355. My eerste poging was 45gr S355 met 'n Hornady 150 gr punt. Jy moet Winchester doppe gebruik, want met 45 gr is die PMP dop vol tot in die nek. Dit het 2620 fps gegee en onder 'n duim groepeer. More gaan ek nou 47 gr toets, sal laat weet. 
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
User avatar
Wielie Waps
Hero Member
Hero Member
Posts: 866
Joined: Sat Sep 26, 2009 9:31 am

Re: Herlaai data vir .303

Post by Wielie Waps »

Ek het aan die begin toe ek net die .303 gekry het gespeel met 174gr PMP punte. Op daardie stadium het ek +/- 500 skerppunt ammo gehad. Ek het 40 patrone gevat en hul punte getrek en 'n gemiddelde lading gekry en a daai patrone eweredig gelaai. Hier was die resultaat op 100m

Image

Ek laai nou 150gr hornady,41gr, S335.
Last edited by Wielie Waps on Thu Jun 10, 2010 2:01 am, edited 1 time in total.
Geroer-nie geskud nie
User avatar
Shindzela (Pierre)
Full Member
Full Member
Posts: 156
Joined: Sat Jan 09, 2010 9:07 pm

Re: Herlaai data vir .303

Post by Shindzela (Pierre) »

Askies manne, ek soek bietjie raad asseblief. Ek herlaai die 175 Rhinos in my kettie, maar vir een of ander rede as mens die gelaaide patroon oor die tafel roll, is die punt skeef. Hy maak so woer-woer!
Is my die's dalk skeef of sit ek nie genoeg lube op die doppei as ek re-size nie?
Ek laai hom 39.g grein S335 en weet ook ongelukkig nie hoe vinnig hulle trek nie. Het ook n 100 x 200gr Rhino gekey, wat sal die beste begin en top lading wees?
Life's a journey, enjoy the ride!
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: Herlaai data vir .303

Post by Louis Kriel »

Shindzela wrote: Askies manne, ek soek bietjie raad asseblief. Ek herlaai die 175 Rhinos in my kettie, maar vir een of ander rede as mens die gelaaide patroon oor die tafel roll, is die punt skeef. Hy maak so woer-woer!
Is my die's dalk skeef of sit ek nie genoeg lube op die doppei as ek re-size nie?
Ek laai hom 39.g grein S335 en weet ook ongelukkig nie hoe vinnig hulle trek nie. Het ook n 100 x 200gr Rhino gekey, wat sal die beste begin en top lading wees?
Toe ek 303, 2 jaar terug begin self laai het, het ek begin met Lee vollengte die stel en vollengte "geresize". My gelaaide patrone het toe ook piesang vorm gehad of soos jy se gewoer-woer. Ek kom toe agter dis net na die dop gere-size is wat hy bietjie buig. Jy kan dit sien as jy die doppe rol net nadat jy gere-size het.  Toe koop ek vir my 'n Redding B-series neck-die by Woolworths (Safari&Outdoor) en wallaah my probleem is opgelos!

My lading op die Rhino 175's is 39,5 gr S335. Werk lekker op Koedoes. Hoop dit help!
Last edited by Louis Kriel on Mon Feb 01, 2010 3:34 pm, edited 1 time in total.
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
User avatar
JopieFourie
Full Member
Full Member
Posts: 163
Joined: Mon Feb 15, 2010 2:30 pm

Re: Herlaai data vir .303

Post by JopieFourie »

Is ook `n .303 man, en ek moet s?, mens raak lief vir die goed net so voor jy hom teen die muur wil stukkend slaan van sukkel. Maar as hy eers groepeer, ai, dan ruil ek hom vi niks.

Shindzela, het met presies dieselfde probleem gesit, blykbaar noem die slim manne dit waggel of "runout" in ingels. Het ook gevind dat dit die lee resizing die was en toe vir my `n RCBS stel gekoop. Werk nou soos `n droom.

`n Tydelike oplossing (het NIE vir my gewerk nie) is om die dop 180 grade te draai na jy hom "geresize" het, en dan weer te "size". Die logika is dat jy die nek dan met dieselfde hoeveelheid terug buig. Probeer maar.

Ek skiet 150gr (PMP of Speer) plat basis punte met 41 gr S335. 5 skoot groeperings van `n duim tot so 35 mm. Wil my voorkom dat die .303 `n ho?r lading verkies as jy ligter punte laai.

Groete
JopieF
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: Herlaai data vir .303

Post by Louis Kriel »

JopieFourie wrote: Is ook `n .303 man, en ek moet s?, mens raak lief vir die goed net so voor jy hom teen die muur wil stukkend slaan van sukkel. Maar as hy eers groepeer, ai, dan ruil ek hom vi niks.

Shindzela, het met presies dieselfde probleem gesit, blykbaar noem die slim manne dit waggel of "runout" in ingels. Het ook gevind dat dit die lee resizing die was en toe vir my `n RCBS stel gekoop. Werk nou soos `n droom.

`n Tydelike oplossing (het NIE vir my gewerk nie) is om die dop 180 grade te draai na jy hom "geresize" het, en dan weer te "size". Die logika is dat jy die nek dan met dieselfde hoeveelheid terug buig. Probeer maar.

Ek skiet 150gr (PMP of Speer) plat basis punte met 41 gr S335. 5 skoot groeperings van `n duim tot so 35 mm. Wil my voorkom dat die .303 `n ho?r lading verkies as jy ligter punte laai.

Groete
JopieF
Ek sal graag wil weet wat jou spoed met 41 gr S335 is op die Speer 150gr punt. My No4 Mk2 is mal oor daai Speer punte met 42gr S335. Omdat my loop korter is, is die spoed onder 2600 fps.

My S355 lading waarop ek nou "gesettle" het is 45 gr in PMP doppe vir 'n 6 skoot gemiddeld van 2640 fps.  47 gr S355 in WW doppe is 20 fps stadiger as hierdie lading!

My persoonlike opinie is dat S355 die beste dryfmiddel vir 303 is, veral op die swaar punte. 45 gr (maksimum) S355 gee 2600 fps met die Rhino 175 gr!! Aldus die artikel in Magnum.
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: Herlaai data vir .303

Post by Louis Kriel »

SJ wrote: Dirty old 6

Gebruik jy due S 355 op 150gr of net swaarder?


Groete

SJ
Tans net op die Speer 150gr en wel 45 gr S355. Soos gese was my gemiddelde spoed 2640 fps.
Die makismum is 48gr, maar net in Amerikaanse doppe! Ek hou nie van Winchester doppe nie, want hulle "head separate" na net 5 herlaaie. In PMP doppe is die maksimum 46gr, maar ek gaan nie warmer nie, want 2640 fps is oor goed genoeg vir die .303!

Ek is nou besig met 175gr Rhino's vir eersk Saterdag se skiet.  Die eerste ses patrone is 44gr gelaai en die 2de ses is 45gr gelaai. Sal laat weet oor die akkuraatheid en spoed. As ek 2550 fps kry sal ek happy wees.
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2461
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: Herlaai data vir .303

Post by Nico Harris »

julle al ooit 215gr punte probeer in julle 303's. my vriend laai dit en se dit is dodelik vir varke! hy stoot hulle teen so 2150ft/s!
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Herlaai data vir .303

Post by Gerhard »

Ja,

Ek het 215gr Rhino's.

Hulle hardloop so net oor die 2000fps.

Nog nie iets geklop met hulle nie...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Post Reply