Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

GREYHOUND

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by GREYHOUND »

THOEI
Dassie gaan more vir ons fotos opsit, ek is maar dom met die klas van goed, kyk maar so more aand dan behoort hulle op te wees.

Greyhound
Thoei

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by Thoei »

Hi manne as iemand dalk weet van n geleentheid van Bloem tot in Nam of a ander manier hoe ek n hondjie tot in Nam kan kry sonder om in my kar teklim en tery.

Groette Thoei
KAMAKASI
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 66
Joined: Thu Jan 14, 2010 7:54 am

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by KAMAKASI »

Dis soms wat n man moet doen.

Hallo Thoei,
Baie welkom by die talks. Dit sal n goeie en uit&uit die moeite werd wees.
GREYHOUND

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by GREYHOUND »

Image





Image
GREYHOUND

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by GREYHOUND »

Thoei
Hier is die fotos van fly en haar half boetie, sloet is albei se pa, en die reuntjie is Mutsu die pikswart reun van my op n vorige post se halfbroer. Kyk bietjie na die reuntjie se mooi voor voete en die stertjie wat op die grond hang as hy staan, sy bors hang ook al onder sy elmboe wat wys dat hy n lekker diep bors gaan kry soos fly.
groete greyhound
KAMAKASI
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 66
Joined: Thu Jan 14, 2010 7:54 am

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by KAMAKASI »

Hoor hoor!!!

Dis wragties besonderse honde hierdie! Konfermasie gewys wen sy haar skou,op die baan wen sy die SA boerwindhond race in welkom! hul jag dat die biessies bewe! Hul tempramente is ongelooflik! Die hond is goed geteel en besonders mooi grootgemaak! Well done!!!
dan

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by dan »

Dagse kerrels.
ja julle manne doen goed hier op die forum ek wonder net die Bybel se Sumson het 200 jakkalse gevang en hulle sterte aan mekaar gebind julle weet daardie jakkies het nog baklei ook ek wonder of ons daardie rekort sal breek.  :D
User avatar
Wismit
Hero Member
Hero Member
Posts: 576
Joined: Wed Jun 09, 2010 1:47 pm

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by Wismit »

Wel, GREYHOUND se MUTSU en BOESMAN het die rekord lankal laat spat !!! Hulle trek al oor die 300 jakkies op hul kerfstok!! ;)
.22 Barretta
7.65 Tangfolio
9mm STAR
12Br Mossberg
.22 CZ
.303 Lee Enfield
.308 Howa
30-06 Musgrave
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by JACQUES BOTHA »

HONDE JAGTERS.
Daarw as n hondeman op kursus ook die naweek. Hy laat sy honde n haas vang en dan kom die jakkalse in om te kom help eet en dan vang die honde die jakkals.
Ek ken nie die soort van jag nie, maar dit was nogal n lekker storie om na te luister. Is die jakkalse net hans of gebeur dit soms so ook?
Lekker jag.
Jacques
Shoot straight and tell the truth!
GREYHOUND

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by GREYHOUND »

Jacques
Hel dit is n vreeslike storie daai en baie ingewikkeld, nou wonder ek by myself as hy elke keer eers n haas moet vang om die jakkals nader te kry dan word daai honde seker lekker moeg want hulle moet dan nou dubbel so hard werk, en die bakkie wat jag en spotlights en jakkie staan nog steeds nader om te kom help ek wonder oor die storie????
Nee wat dis moes nou baie makliker om n ou hasie op die cd of foxpro te laat skreeu en die honde sit rustig op die bakkie en wag vir jakkie om te kom loer wats vir aandete. Dit is ook seker nie reg dat n hasie moet sterf vir elke jakkals wat gevang word? hulle is reeds skaars met al die jakkalse wat hulle vang.
Laat daai ou my kontak dan gee ek hom n paar tips.

Groete Greyhound
Greyhound.Racer

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by Greyhound.Racer »

Middag almal.!

Julle honde lyk baie mooi.. Dit lyk as of my teef gan pups h? maar sal nog paar weeke wag om 100% seker temaak..
Ek bly nou so 15km vanaf Bronkhorstspruit op n plot by die naam van Jakkalsfontein, ek hoor nou en dan in die aand die jakkies wat raas maar lyk my eks die enigste persoon met windhonde in die omgewing, dis nogals boring..
Groete
Greyhound Racer
User avatar
Foxhound
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 284
Joined: Wed Jul 15, 2009 11:32 am

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by Foxhound »

Jacques

Hoor maar wat greyhound jou vertel van honde jag ens, ons het dit wel een aand beleef toe ons nie jakkie kry om te vang het ons n haas geskraap in pan onderkant n rantjie, naby de brug weermag gronde, dan sal van die manne verstaan, springhasie het 2 skree gegee en toe honde op bakkie is sien ons tot ons verbasing n paar ogies die pad afkom, weet nie of hy op klank reageer het nie en of hy maar op sy roetines geloop het nie, maar nou ja

Daai storie klink ietwat "te goed" om waar te wees, en my oupa het my geleer enige iets anders as te voet of te perd of tevrede wat andres n "TE" vooraan het is @#%

Maar nou ja, wie weet,dalk is dit waar, in japan dalk
You miss 100% of the shots you don't take...!!!
HOUNDDOG

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by HOUNDDOG »

EK DINK DIT IS MOONTLIK WANT HET OOK AL JAKKALS GESIEN INKOM NA HONDE HAAS GEVANG HET, MAAR DINK DIT IS MEER VAN N GELUK AS WAT DIT ENIGSINS VOLHOUBAAR OF N MANIER VAN JAKKALSJAG IS.

GROETE
HD
KAMAKASI
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 66
Joined: Thu Jan 14, 2010 7:54 am

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by KAMAKASI »

Hounddog.

Jys reg.
KAMAKASI
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 66
Joined: Thu Jan 14, 2010 7:54 am

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by KAMAKASI »

Greyhound,

As mens A-grade gekry het of goue meriete vir jag,sou jy dit gekry het. Dit beklemtoon net weer eens,hoe sellektief jy jag,al spesies wat gedood word is probleem diere,as jy nie vir hul oopmaak nie,vang hul nie.
Thoei

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by Thoei »

Hi Manne ek het my wintie gister van Stefan gekry,eks baie trots op hom(Sniper).

Image


Groette Thoei
Greyhound.Racer

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by Greyhound.Racer »

Middag, Thoei
Dis n baie mooi hondjie daai, hy is mooi gebou.. My boerhond teef gan pups kry van die broer van Nitro ek kan nie wag om haar pups te sien nie.. Weet julle dalk van iemand wat  Windhonde het hier naby Bronkhorstspruit op die Balmoral pad want dis darm nie lekker om so alleen rond te loop met die honde nie..
Ek het sondag middag n jong +-1jaar oue Baanhond tiepe windhond teef langs die pad op getel wat raak gery was of van n bakkie af gespring het. Sy het darm nie te sleg seer gekry nie net linker voor been uitgehak en n BAIE groot skeer op haar linker kant op gedoen en baie ge ontwater, ek het haar vet toe gevat maandag ogent sy is nou darm reg, hoop net haar been kom reg..
Groete
Greyhound.racer
HOUNDDOG

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by HOUNDDOG »

THOEI

DIT LYK NA N MOOI HONDJIE DAARDIE.

GR

HET JY N FOTO VAN JOU BOERHOND TEEF? BEGIN JY OOK NOU BOERHONDE TEEL? WAT GEWORD VAN DIE BAANHONDE?

GROETE
User avatar
Foxhound
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 284
Joined: Wed Jul 15, 2009 11:32 am

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by Foxhound »

hounddog

Thoei het nou bikki rigting gerkry,nee grap net
Cherio
You miss 100% of the shots you don't take...!!!
Greyhound.Racer

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by Greyhound.Racer »

HOUNDDOG wrote: THOEI

DIT LYK NA N MOOI HONDJIE DAARDIE.

GR

HET JY N FOTO VAN JOU BOERHOND TEEF? BEGIN JY OOK NOU BOERHONDE TEEL? WAT GEWORD VAN DIE BAANHONDE?

GROETE
Ek het nog my baanhonde ek sal altyd baanhonde he want hule is mooi gebou en vinnig.. Pm my jou sel nommer dan mms ek vir jou n foto..
Groete..
Greyhound.racer
dan

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by dan »

Greyhound racer
Ek bly nie so baie ver van jou af nie.Ek verstaan daar is ook iemand op belmoral met honde.Die ou se van is Hertsog.Ek moet dalk een dag by jou n draai gooi en bietjie kyk hoe lyk jou honde.
Greyhound.Racer

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by Greyhound.Racer »

dan wrote:
Greyhound racer
Ek bly nie so baie ver van jou af nie.Ek verstaan daar is ook iemand op belmoral met honde.Die ou se van is Hertsog.Ek moet dalk een dag by jou n draai gooi en bietjie kyk hoe lyk jou honde.
More Dan..
My sister werk daar by die kafee in Balmoral ek sal haar vra of sy vir my kan uitvind waar die ou bly dalk het ek iets wat hy wil gebruik.. Hahahaha.. Grap net, ek hou baie daar van om na ander mense se honde te kyk.. Dan het jy ook Windhonde.? Ek het n teefie van my baanhond x boerhond gehou ek wil graag sien hoe sy jag saam ander honde..
Groete
Greyhound. Racer..
dan

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by dan »

Greyhound racer.
Dagse ja ek het  ook windhonde paar steekhare en paar glade hare.Almal boerhonde ek is nou so 5 jaar besig met die boer honde ek het in 1987 my eerste baan hond gekry en het met hulle aangegaan tot ek 5jaar terug my eerste boerhond gekry het.Ja ek geniet die boerhonde baie. ek het baie gesukel in die begin met die jag maar gelukig daar is baie manne wat altyd bereit is om te help en altyd raad gee.Ek het baie al by greyhound geleer hy is altyd gewillig om te help en ek het ook al saam met hom gaan jag.Ek spandeer baie tyd in my honde en in die veld.Ons het net n probleem as die manne eers geplant het raak die jag veld skaars.As dit gereen het is die grasvelde nat tot die winter weer aanbreek.
dan

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by dan »

Gray hound racer.
Hier is vir jou fotos van twee van my honde.
Image
Image
Greyhound.Racer

Re: Windhonde, GPS'se, legendes en harthonde

Post by Greyhound.Racer »

More Dan..
Dis mooi honde daai.. As jy wil baanhond kruisings doen ek het n mooi reun sy oupa is Hallucinate dis n seun van Brett Lee, en ek het n skoon Ierse reun sy pa is Crokers Nikita n seun van Spiral Nikita, sy ma is Hot Tania n dogter van Rossmead Big Flow.. Mar nou ja ek weet julle mane hou nie veel van Baanhonde nie maar ek hou van hulle bou en spoed en hulle pedigree's, eks nie mal oor boerhonde nie mar hule werk goed met die ierse baanhond bloed.. Waar bly jy Dan.?
Jy kan my mar kontak as jy wil by
0 sewe 2 95 drie 8 4 nul 4
Post Reply