EV's - Elektriese Voertuie

Post Reply
User avatar
TFDADD
Hero Member
Hero Member
Posts: 1266
Joined: Mon Nov 14, 2016 8:42 am

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Post by TFDADD »

So is Toyota toe ook so in die stilligheid besig om verskillende kaarte omhoog te hou oor die afgelope maande en jare met allerlei tipes aandrywingstelsels, wat nou ook maar uitdraai om binnekort meer en meer EV's hul eind doelwit te maak.
Toyota recently announced a new battery electric vehicle manufacturing plant which is set to begin production of new models in 2026.

This will accelerate the brand's aims of phasing out petrol and diesel vehicles, with the new EVs being powered by advanced batteries thanks to a new breakthrough.
The brand will move forward with three main battery types, namely Performance, Popularised and High Performance.
Electric vehicles could have a staggering 1,000km (621 mile) range in as little as four years, according to Toyota.

It is expected that the Performance battery will have a 20 per cent cost reduction compared to the bZ4X BEV – Toyota’s only electric vehicle.
EV's to have 620-mile range and charge in 20 minutes



Net so terloops en met verwysing na Wouter se plasing in verband met hoe moeilik en duur dit is om EV's in SA te herlaai, so ietsie om aan te herkou totdat ek later meer volledig daarop sal antwoord.
Die onderstaande aanhalings kom uit 'n Amerikaner se skrywe met betrekking tot herlaai fasiliteite in die VSA vir sy EV waarmee hulle getoer het oor lang afstande en soms dae aan een oppad.
Net ter inligting om die VSA situasie waarna verwys word meer duidelik te maak - Meeste wonings in die VSA gebruik "Level 1' of 110 volt krag in hulle huise wat nie sinvol gebruik kan word om EV batterye te herlaai nie.

Sien ook nota tussen die twee aanhalings van die betrokke Amerikaner hierna.
Over the past three summers, our family of four has driven around 12,000 miles, across 20+ states, on our now annual electric vehicle road trip.

Afgesien van die feit dat 'Level 2' of 220 volt krag nie algemeen in huise, hotelle en verblyf geriewe in die VSA voorkom nie, kon hulle nogtans hulle roetes so bepaal dat hulle wel van 220 volt herlaaiers kon gebruik maak om hulle EV gemaklik oornag te herlaai.
As EVs begin to take over, Level 2 charging will become standard in homes, apartments and hotels, which will make overnight charging and EV road trips even easier.
In Suid Afrika het ons glad nie 110 volt krag in ons huise, hotelle en verblyf geriewe nie - alles oral oor is 220 volt of 'Level 2'.
According to the US Department of Transportation, if you use a Level 1 charger, well, yes, duh, it’s going to take a couple of days to charge. But most people have a Level 2 charger at their home, which can recharge overnight. A Level 3 [380 volt in RSA] charger zips right back up to 80% in a mere half hour or so and faster. - CleanTechnica 19/09/2023
Later veel meer hieroor so uit die perd se bek, net bietjie geduld.
Last edited by TFDADD on Tue Sep 19, 2023 2:27 pm, edited 1 time in total.
"Facts are stubborn things; and whatever may be our wishes, our inclinations, or the dictates of our passion,
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.

We are honest, trustworthy and reliable.
User avatar
TFDADD
Hero Member
Hero Member
Posts: 1266
Joined: Mon Nov 14, 2016 8:42 am

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Post by TFDADD »

Onderstaande koste vergelykings, ens., is 'n baie veralgemeende aanduiding van besparing wat Suid Afrikaners tot voordeel kan strek deur die gebruik van EV's teenoor binne brand enjin aangedrewe voertuie.

Die direk toepaslike EV battery herlaai fasiliteite en kostes daarvan in SA, sal volg sodra dit beskikbaar is.
South Africans could save a substantial amount in energy costs when switching from a petrol to an electric vehicle (EV).

Research from Compare the Market Australia has compared the average cost of charging an EV with filling up a petrol tank across 50 countries.
Lees aandagtig deur en let op dat daar natuurlik aspekte is wat vir plaaslike potensiële EV gebruikers, nog oorkom moet word.

Petrol vs Electric cars in SA
"Facts are stubborn things; and whatever may be our wishes, our inclinations, or the dictates of our passion,
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.

We are honest, trustworthy and reliable.
User avatar
TFDADD
Hero Member
Hero Member
Posts: 1266
Joined: Mon Nov 14, 2016 8:42 am

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Post by TFDADD »

Wil jy nou meer? Hier is nou "eintlik amper nie eers" om so te sê, 'n EV nie, wat na my mening 'n mors van tyd is - Ford behoort van beter te weet, veral gesien in die lig van die uiters gewilde Ford Lightning F-150 [100% elektries] wat hulle reeds in die VSA vervaardig en teen 'n tempo verkoop.

Nee wat, gee maar gerus deur aan die Aussies.
It can be driven in pure electric mode for more than 45 kilometres without using a drop of fuel or producing tailpipe emissions, helping customers save at the pump.
Hybrid Ranger bakkie.
"Facts are stubborn things; and whatever may be our wishes, our inclinations, or the dictates of our passion,
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.

We are honest, trustworthy and reliable.
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Post by Chevvy SS »

TFFDADD, is jy op Elon Musk se payroll?
User avatar
TFDADD
Hero Member
Hero Member
Posts: 1266
Joined: Mon Nov 14, 2016 8:42 am

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Post by TFDADD »

by Chevvy SS » 20 Sep 2023 12:06

TFFDADD, is jy op Elon Musk se payroll?
Chevvy SS, net so min as wat jy op GM se 'payroll' is, sal Elon Musk enigiemand wat oor ALLE ander EV's as net sy Teslas, mense inlig oor die ontluikende EV wêreld, op sy 'payroll' wil hê - glo dit antwoord jou vraag.

In vorige plasings hier is al vermeld dat Woolworths EV aflewerings voertuie baie deeglik getoets het en nou reeds 'n vloot van 41 van die voertuie in hulle afleweringsdiens gebruik met baie koste besparende resultate -
Operating costs are attractive compared to ICE vehicles, at around 40 c/km to run a MAXUS EV compared to around R2/km for a combustion engine.
Lees meer hieroor hierna en let veral op na die kort tydperke van die battery herlaai proses hier plaaslik daaraan verbonde.

MAXUS Electric Vehicles

En dan is daar boonop ook 'n dubbelkajuit bakkie ook beskikbaar laat in 2023.
The MAXUS T90EV, which can be ordered for delivery in late 2023, will be the first electric double cab bakkie to be available in South Africa.
"Facts are stubborn things; and whatever may be our wishes, our inclinations, or the dictates of our passion,
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.

We are honest, trustworthy and reliable.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Post by Capt. Yoda »

Chevvy SS wrote: Wed Sep 20, 2023 12:06 pm TFFDADD, is jy op Elon Musk se payroll?
Hys die ou by die braai wat almal saam wil kuier. Weet alles
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Post by Chevvy SS »

MAXUS Electric Vehicles

En dan is daar boonop ook 'n dubbelkajuit bakkie ook beskikbaar laat in 2023.
The MAXUS T90EV, which can be ordered for delivery in late 2023, will be the first electric double cab bakkie to be available in South Africa.

Ek sien nounet in Car Magazine daar is al 11 241 bestellings deur boere geplaas.
User avatar
finch
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 461
Joined: Thu Jul 14, 2016 2:44 pm

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Post by finch »

Ek is altyd maar skepties oor wat mens lees, maar ek het die week weereens praktiese ervaring gehad. Het my eerste checkers six60 aflewering met n elektriese bromponie gekry. Gedink dis nogal bak toepassing vir n EV.
User avatar
TFDADD
Hero Member
Hero Member
Posts: 1266
Joined: Mon Nov 14, 2016 8:42 am

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Post by TFDADD »

Soos ookal voorheen in hierdie plasing berig en om ook aan te sluit by finch "Gedink dis nogal bak toepassing vir n EV".

Lees interessantheidshalwe hieronder hoe EV boot vervoer in die Skandinawiese lande soos Swede, Noorweë, Finland, ens. met rasse skrede vooruitgang maak en hulle herlaai fasiliteite ywerig daarmee saam uitgebrei word.

Bak toepassing vir 'n EV
"Facts are stubborn things; and whatever may be our wishes, our inclinations, or the dictates of our passion,
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.

We are honest, trustworthy and reliable.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Post by Capt. Yoda »

Imagine ons het in Finland gebly
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Gerhardu
Hero Member
Hero Member
Posts: 981
Joined: Mon Nov 19, 2012 1:55 pm

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Post by Gerhardu »

Capt. Yoda wrote: Mon Sep 25, 2023 4:32 pm Imagine ons het in Finland gebly
Imagine iemand trek sommer soontoe. Dit sal darem lekker wees.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Post by Capt. Yoda »

Vir interesantheid, waar kom Finland en Swede se krag vandaan wat hulle die EV bote me charge?
Free tip, dis nie wind en/of solar nie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Diesel Dog
Hero Member
Hero Member
Posts: 2331
Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Post by Diesel Dog »

Koeberg?

DD
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Post by Capt. Yoda »

Net op n baie groter skaal.

Swede is tans besig om 10 nuwe nuclear reactors te bou om genoeg krag te kan voorsien in hul koue winters en Finland is besig met een van die grootse keren krag stasies op aarde. Een van die enigste EU lande wat tans nie aan Nuclear werk nie is die slim Duitsers maar hul koop krag by Frankryk omdat Duitsland nie genoeg krag kan voorsien nie en die Franse gebruik Nuclear om die krag te voorsien maar die Duisters wil "groen" wees...
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Diesel Dog
Hero Member
Hero Member
Posts: 2331
Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Post by Diesel Dog »

[quote]
Ek sien nounet in Car Magazine daar is al 11 241 bestellings deur boere geplaas.[/quote]

https://www.trade.gov/country-commercia ... l%20output.

Dit wil voorkom meer as 30% van boere het n nuwe voertuig bestel wat hulle nog nie eens gesien het nie .Car Magasine se inligting klink vir my verdag.

DD
savage(P Coetzer)
Hero Member
Hero Member
Posts: 973
Joined: Mon Sep 10, 2012 3:34 pm

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Post by savage(P Coetzer) »

Net n bietjie pitkos vir die gewone man daar buite. Julie maand is amper 3800 nuwe hilux bakkies verkoop. Hierdie nuwe onbekende bakkie wat juis op daai goed loop wat boere so kopseer gee omdat daar te min is het rondom 3 keer die hilux se belangstelling net onder boere aleen?? Jammer as dit as niks anders as propaganda beskou nie.
User avatar
TFDADD
Hero Member
Hero Member
Posts: 1266
Joined: Mon Nov 14, 2016 8:42 am

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Post by TFDADD »

Sinvolle besigheidsbesluite in die passasiers busbedryf, wat tot groot bedryfskoste besparings gaan lei, word nou alledaagse aksies geneem deur vervoermaatskappye.
The 66-seater Explorer E carries one more passenger than an equivalent diesel-powered Lion’s Explorer.

The Explorer E’s range is 300 km to 350 km, with a battery life up to 14 years, with 70% efficiency remaining at this point.

Meyer says a typical GABS bus travels 200 km a day, after which it remains stationary for five hours.

“For us this is a commercial decision,” says Meyer.
First electric bus to Golden Arrow Bus Services (GABS)

Honda se eerste tenvolle EV - hoop hy haal ook Suid Afrika een of ander tyd.
Honda does not currently sell any fully electric cars in South Africa, although it does offer a hybrid version of the Honda Fit hatchback locally.
Honda unveils first fully electric SUV.
"Facts are stubborn things; and whatever may be our wishes, our inclinations, or the dictates of our passion,
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.

We are honest, trustworthy and reliable.
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3126
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Post by LUAN »

The green hoaxImage
User avatar
TFDADD
Hero Member
Hero Member
Posts: 1266
Joined: Mon Nov 14, 2016 8:42 am

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Post by TFDADD »

Sonder twyfel was almal destyds bewus dat die steenkool kragstasie sal krag lewer vir die uiters welkome nuwe ontwikkeling in Kansas. ;)

14 July 2022 - Panasonic $4 B Tesla battery factory announced.
“Winning this project shows that Kansas has what it takes to compete on a global scale — and that our pro-business climate is driving the technological innovation needed to achieve a more prosperous and sustainable future.” - Kansas Governor Laura Kelly.
Om nou 27 September 2023, meer as 'n jaar later, skielik te begin kla oor die steenkool kragstasie, klink maar redelik verdag.
"Facts are stubborn things; and whatever may be our wishes, our inclinations, or the dictates of our passion,
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.

We are honest, trustworthy and reliable.
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3126
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Post by LUAN »

Die punt is dis nie so groen energie soos sommiges dit wil maak. Maar laat ons nou nie die agenda bederf met feite nie. Cant change a mind thats allready made up
OosKaapJagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 959
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Post by OosKaapJagter »

Ek glo hierdie modegier gaan baie mense se vingers verbrand.

Die goed is vrek duur met hoë insette in energie en mynbedrywighede om die batterye te vervaardig. Die reikafstand is beperk. Wanneer, nie as nie, die batterypak begin oppak, sal die voertuig waarskynlik weggegooi moet word. Dit maak nie ekonomies sin om so batterypak te vervang nie.

Daar is ook al hoe meer berigte oor die katastrofiese gevolge wanneer hierdie goed aan die brand slaan. Dit is ook meer waarskynlik dat die Sjinese produkte met effense meer bekostigbaarheid hier sou begin land. Die "bekostigbaarheid" verbeter wanneer jy begin kortpaaie neem met kwaliteitsbeheer.

Teen die tyd dat iemand dalk sou begin het om my te oortuig om 'n Duracell karretjie te koop, sal hulle lankal besef het hierdie storie gaan nie werk nie.

Ek wil dus nie 'n elektriese voertuig hê nie. Sou enigeen by my kom kuier met so ding, moet hulle dit maar buite parkeer dat my voertuie met binnebrandenjins (en my huis!) nie saam afbrand nie.

Hier is ten minste 'n goeie video van stappe wat hulle wil neem aan boord van skepe wat gedwing sal word om van hierdie goed te vervoer.
https://www.youtube.com/watch?v=ODirK7ZuYW4
User avatar
TFDADD
Hero Member
Hero Member
Posts: 1266
Joined: Mon Nov 14, 2016 8:42 am

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Post by TFDADD »

by LUAN » 30 Sep 2023 16:09 -
Die punt is dis nie so groen energie soos sommiges dit wil maak. Presies net so met binne brand enjins wat vanself oor hulle hele lewensduur lug besoedel waar hulle ookal gaan.
Cant change a mind thats allready made up. Presies dieselfde geld hier ook.
by OosKaapJagter » 30 Sep 2023 16:15 -
" ... hoë insette in energie en mynbedrywighede ... reikafstand is beperk ... sal die voertuig waarskynlik weggegooi moet word ... berigte oor die katastrofiese gevolge wanneer hierdie goed aan die brand slaan ...
Al hierdie bostaande negatiewes geld ook vir binne brand enjin aangedrewe voertuie, dink net 'n slag mooi oor elkeen - erts vir metale word gemyn met groot energie insette; tenk petrol of diesel vat jou ook net sover; alle voertuie land uiteindelik op die skroot afval hope dwarsoor die wêreld EN laaste maar nie die minste nie, binne brand enjin aangedrewe voertuie se brand geskiedenis is by verre hoër as die van EV's - lees so 'n paar plasings terug oor die feit.

Toe Henry Ford die eerste Model T gebou het, het die wêreld vir hom gelag ... kyk vandag.
Bewerk ons boere vandag hul landerye met spanne osse? Dankie tog vir trekkers en binnekort nog meer elektriese trekkers.

Sinneloos om nog meer hieroor te sê, maak die verstand oop en gaan die toekoms met al sy nuwerwetshede met 'n oop gemoed in en bly deel van die nuwe lewe om ons.
"Facts are stubborn things; and whatever may be our wishes, our inclinations, or the dictates of our passion,
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.

We are honest, trustworthy and reliable.
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3126
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Post by LUAN »

Ev is eintlik ou nuus. Gaan google Baker electric vehicles. As jy rerig wil groen energie gebruik laat jou kar hardloop op water. Daar is al manne wat sulke motors ontwerp het maar hulle is stil gemaak. Ek wonder hoekom? As jy rerig belangstel om die lewe beter te maak vir almal sal jy kyk na hierdie alternatiewe maniere om vry energie te produseer.
Hulle gaan jou ev maklik afskakel as jy jouself nie goed gedra. Dis net nog n manier van beheer.

Maar soos jy se maak die verstand oop en gaan met n oop gemoed in met al die nuwe dinge. Laat jouself chip ook dan hoef jy nie meer jou bankaart te gebruik. Jy sal seker eerste in die ry staan vir daai een ook :)
User avatar
TFDADD
Hero Member
Hero Member
Posts: 1266
Joined: Mon Nov 14, 2016 8:42 am

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Post by TFDADD »

by LUAN » 30 Sep 2023 18:36 -
Laat jouself chip ook dan hoef jy nie meer jou bankaart te gebruik. Jy sal seker eerste in die ry staan vir daai een ook :)
My wye lewens-en wêreldbeskouing se perke sluit nie daai een in nie - dis buite perke, dankie.
Wat dít wel insluit is, dat alhoewel ek in hierdie wêreld is, is ek nie van hierdie wêreld nie - daarvoor staan ek eerste in die ry.
"Facts are stubborn things; and whatever may be our wishes, our inclinations, or the dictates of our passion,
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.

We are honest, trustworthy and reliable.
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3126
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Post by LUAN »


TFDADD wrote:
by LUAN » 30 Sep 2023 18:36 -
Laat jouself chip ook dan hoef jy nie meer jou bankaart te gebruik. Jy sal seker eerste in die ry staan vir daai een ook :)
My wye lewens-en wêreldbeskouing se perke sluit nie daai een in nie - dis buite perke, dankie.
Wat dít wel insluit is, dat alhoewel ek in hierdie wêreld is, is ek nie van hierdie wêreld nie - daarvoor staan ek eerste in die ry.
Solank as wat jy wereld's goed wil he (ev) is jy n wereldling en van hierdie wereld...
Post Reply