Page 15 of 16
Re: Herlaai data 303 British
Posted: Tue Mar 14, 2017 7:23 pm
by Armand Steenkamp
Neeee ek weet dam nie daarva nie.. S355 sal daai 180gr se kos wees. Ek glo nie jy gaan genoeg kruit in die dop om spoed te kry nie..
Groetnis
Re: Herlaai data 303 British
Posted: Tue Mar 14, 2017 7:24 pm
by jdpretorius
Ek gebruik ook S365 vir my 270 Husqvarna maar nog nie vir die 303 probeer nie so laat weet asb hoe dit werk
S365 het net altyd verskille met die lotte
Sent from my SM-G570F using Tapatalk
Re: Herlaai data 303 British
Posted: Tue Mar 14, 2017 7:48 pm
by Armand Steenkamp
jdpretorius, nee wat koop maar vir jou S335,355 of S341. Jou resultate gaan nie na wense wees nie. S365 is te stadig.
Goetnis
Re: Herlaai data 303 British
Posted: Tue Mar 14, 2017 8:00 pm
by Philip_L
Armand Steenkamp wrote:Neeee ek weet dam nie daarva nie.. S355 sal daai 180gr se kos wees. Ek glo nie jy gaan genoeg kruit in die dop om spoed te kry nie..
Groetnis
Dankie. S355 is maar my idee ook op hierdie stadium.
Re: Herlaai data 303 British
Posted: Tue Mar 14, 2017 8:59 pm
by jdpretorius
Armand die S355 werk so ver maar die beste op my roer. Die S335 wou nie werk nie. Ek't nog nie die S341 probeer nie
Sent from my SM-G570F using Tapatalk
Re: Herlaai data 303 British
Posted: Wed Mar 15, 2017 6:33 pm
by Philip J
Na aanleiding van n hele paar plasings op dié draad, het ek die naweek bietjie gespeel met QL en S355 vir my 303 en darem die volgende 2 groepies geskiet gekry.
Wind het maar bietjie gestoot en die oomblik het by tye maar bietjie te groot geraak soos daai BAIE lae "flyer" met die PMP FMJ getuig

Re: Herlaai data 303 British
Posted: Wed Mar 15, 2017 6:37 pm
by jdpretorius
Baie mooi gedoen !
Sent from my SM-G570F using Tapatalk
Re: Herlaai data 303 British
Posted: Thu Mar 16, 2017 6:44 am
by Apie
Het in die begin ook Hornady RN 174gr geskiet, het ook mooi gewerk!
Sent from my D5803 using Tapatalk
Re: Herlaai data 303 British
Posted: Thu Mar 16, 2017 7:20 am
by tripodmvr
Wil net noem dat 'n vriend van my 'n vlakkie met die 174 Hornady rondeneus geskiet het. Seker 60m skoot en groot dele vleis is uitgeruk. Lanklaas sulke skade gesien met 'n koeël wat relatief stadig trek nie.
Re: Herlaai data 303 British
Posted: Thu Mar 16, 2017 9:15 am
by Philip J
Ek kan daai beaam oom Marius. Ek het een of twee jakkies geskiet met hulle wat eerder gelyk het of dit n VMax was wat hulle laat val het.
Re: Herlaai data 303 British
Posted: Thu Mar 16, 2017 2:37 pm
by Blesbok
Dankie. Kort self bietjie inligting
Herlaai data 303 British
Posted: Fri Mar 17, 2017 7:00 am
by Philip_L
Weet iemand dalk hoe vergelyk Sellier&Bellot doppe se case volume met pmp?
Re: Herlaai data 303 British
Posted: Fri Mar 17, 2017 2:34 pm
by Jean Marais
Ek sien julle manne spog so met S355 op jul Free O Free's. Ek het hopelose resultate met myne gehad. Die spoede was hoegenaamd nie naaaby wat QL voorspel het nie. Dieselfde moelikheid met dieselfde LOT9 op my 375 ook. Verskil in spoed sommer 300fps stadiger, en om op spoed te kom as QL gekalibreer is, maak my doppe oorvol. eks nou maar weer terug op S335 Lot 712.
Re: Herlaai data 303 British
Posted: Fri Mar 17, 2017 3:38 pm
by tripodmvr
Jean Marais wrote:Ek sien julle manne spog so met S355 op jul Free O Free's. Ek het hopelose resultate met myne gehad. Die spoede was hoegenaamd nie naaaby wat QL voorspel het nie. Dieselfde moelikheid met dieselfde LOT9 op my 375 ook. Verskil in spoed sommer 300fps stadiger, en om op spoed te kom as QL gekalibreer is, maak my doppe oorvol. eks nou maar weer terug op S335 Lot 712.
Jy moet miskien daardie blik oopmaak dat hy kan vog verloor en dan vinniger brand.
Re: Herlaai data 303 British
Posted: Sat Mar 18, 2017 6:26 pm
by Philip J
Jean Marais wrote:Ek sien julle manne spog so met S355 op jul Free O Free's. Ek het hopelose resultate met myne gehad. Die spoede was hoegenaamd nie naaaby wat QL voorspel het nie. Dieselfde moelikheid met dieselfde LOT9 op my 375 ook. Verskil in spoed sommer 300fps stadiger, en om op spoed te kom as QL gekalibreer is, maak my doppe oorvol. eks nou maar weer terug op S335 Lot 712.
Oom Jean, dalk is ek maar net gelukkig. Ek het vanaand die groepie op 300m geskiet gekry. Wou sien waar skiet watter afmik merkie in my teleskoop se kruisdraad. Ek dink my kettie en sy lading is nou op sy nommer

Re: Herlaai data 303 British
Posted: Sun Apr 02, 2017 9:20 pm
by Philip_L
Naand al die slim manne....
Wat sal julle voorstel wees op ladings en spoed wat ek moet by uitkom vir n moontlike node?
22duim loop. Claw 215gr ronde neus.
Ek het s335 en s355. Sal wil kyk watter een die beste werk.
Gebruik pmp primers en s&b doppe wat darem effens groter as die pmp's behoort te wees.
Het gedink die 355 sal beter werk, maar volgens somchem is die loop te kort vir dit en toe nie eers begin ladings deurgegee nie. Net vir 335.
Re: Herlaai data 303 British
Posted: Sun Apr 02, 2017 10:00 pm
by tripodmvr
S335
Begin 33gr en node is naby 2200vps
S355 begin 37gr en node by 2260vps
Loop is nie kort volgens QL en 99,5% verbranding vind plaas.
Re: Herlaai data 303 British
Posted: Mon Apr 03, 2017 6:07 am
by Philip_L
Baie dankie, Tripod. Ek sal hom so gaan try en kyk wat maak hy.
Gaan die dopvulling op 33grein genoeg wees om nie n vuller nodig te he nie? Ek sien heelwat verskillende opinies daaroor. Sommige ouens se onder 85%?
Re: Herlaai data 303 British
Posted: Mon Apr 03, 2017 9:01 am
by tripodmvr
Onthou dat die langer koeël meer in die dop indruk en die volume kleiner maak. S335 ontbrand vinnig. Die gevaar is met stadig ontbrandende dryfmiddel wat sukkel om te begin brand.
Re: Herlaai data 303 British
Posted: Mon Apr 03, 2017 9:17 am
by Philip_L
tripodmvr wrote:Onthou dat die langer koeël meer in die dop indruk en die volume kleiner maak. S335 ontbrand vinnig. Die gevaar is met stadig ontbrandende dryfmiddel wat sukkel om te begin brand.
Baie dankie! Ek gaan hom dan net so try.
Sal terugvoer gee.
Re: Herlaai data 303 British
Posted: Sat Apr 08, 2017 12:32 pm
by Philip_L
tripodmvr wrote:S335
Begin 33gr en node is naby 2200vps
S355 begin 37gr en node by 2260vps
Loop is nie kort volgens QL en 99,5% verbranding vind plaas.
Hi, Tripod.
Ek het hom nou gaan try.
Op 37gr kry ek 1836 ft/sek
37,5gr gee vir my 1868 ft/sek
38gr gee vir my 1904 ft/sek
38,5gr 1948 ft/sek.
Kan ek nog veilig opgaan met die lading tot ek naby node van 2200 kom?
Volgens my moes ek al meer spoed begin sien het op boonste ladings.
Re: Herlaai data 303 British
Posted: Sat Apr 08, 2017 2:26 pm
by tripodmvr
Nou moet ek raai dat jy met S355 Lot 10 of 11 sit?
Re: Herlaai data 303 British
Posted: Sat Apr 08, 2017 5:59 pm
by Philip_L
Jammer, moes seker noem, 011/15 dev -1.3%.
Re: Herlaai data 303 British
Posted: Sat Apr 08, 2017 6:51 pm
by tripodmvr
Kontak PWV. Hy kom reg in sy 308 met daardie Lot. Lang buise help om die dryfmiddel beter te laat inpas in die dop. Hoor by hom.
Re: Herlaai data 303 British
Posted: Sun Apr 09, 2017 9:40 am
by tripodmvr
Het nou net 'n lang gesprek met Dale van Gunsite gehad. Ondervinding is maar die beste leermeester. Hy het ook die lae spoed met 'n 303 gevind met beide S335 en S355. Ons weet dat die 303 gewoonlik 'n redelike vryboor het en dat ou lope se deursnee kan wissel van .311 tot selfs .316. Hierdie 2 fisiese gesteldhede maak dat druk verlore gaan met die .311 koeëls wat ons gebruik.
Om daarvoor te kompenseer kan ons meer en moontlik vinniger dryfmiddel gebruik, of 'n groter deusnee koeël aanskaf. Jou loop se toestand moet moontlik ondersoek word en die eintlike deursnee bepaal word.