Page 17 of 30

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Posted: Thu Nov 02, 2023 7:57 pm
by savage(P Coetzer)

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Posted: Thu Nov 02, 2023 8:02 pm
by savage(P Coetzer)

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Posted: Thu Nov 02, 2023 8:03 pm
by savage(P Coetzer)

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Posted: Thu Nov 02, 2023 8:12 pm
by savage(P Coetzer)
Net dalk is hier n paar pennies in n put gegooi.
https://www.reuters.com/business/autos- ... 023-10-25/

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Posted: Thu Nov 02, 2023 8:20 pm
by savage(P Coetzer)
Ek spring nou bietjie rond maar jy kon nog nie die artikel plaas wat bewys dat n lekkende brandstof pypie van n kar die brand veroorsaak het nie. In die artikel wat ek gewys het is dit duidelik gestel dat die oorsaak van die brand steeds ondersoek word. “Regulators are continuing their investigation to determine the cause of the fire”

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Posted: Fri Nov 03, 2023 8:04 am
by Capt. Yoda
Wanne kom al daai EV Taxi's nou?

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Posted: Fri Nov 03, 2023 8:58 am
by TFDADD
by savage(P Coetzer) » 02 Nov 2023 20:20

Ek spring nou bietjie rond maar jy kon nog nie die artikel plaas wat bewys dat n lekkende brandstof pypie van n kar die brand veroorsaak het nie.
Benoude katte maak benoude spronge ;)

Mbt die oorsaak van die brand, het ek mos gesê :
Iewers in die talle verslae van Royal Boskalis Westminster NV en Peter Berdowski, is dit bekend gemaak - kan ongelukkig nie sê presies waar nie.
Met verwysing na jou rond springery die volgende:

Ford - soek maar in my plasings hier rond en jy sal sien ek het reeds voorheen daaroor uitgewys dat Ford hulle lelik misgis het met die koste verbonde aan navorsing- en ontwikkelingskoste / (R&D cost) van 'n hele nuwe produkreeks (EV's) en daarom groot verliese ly.

Rivian - swak besigheidsbesluite agv hulle pogings om groot spelers reeds goed gevestig in die nuwe tegnologie, na te maak en selfs beter probeer wees.

Sjina - gesubsidieerde aansporingsbonusse het nog altyd wêreldwyd in alle bedrywe oor die langer termyn, negatiewe resultate opgelewer.

Tesla - en selfs die bestes sal in tye van ekonomiese afswaai fases nie gespaar bly nie - nogtans is Tesla finansieel so gesond dat hulle met prysverlagings steeds die probleem kan oorleef.

Só, opsommend is al die rondspringery van jou, geensins 'n bewys dat die EV ontwikkeling en tegnologie dood gebore is nie. Inteendeel, dit bevestig weereens dat gesonde basiese besigheidsbeginsels ten alle tye nagekom móét word.
by Capt. Yoda » 03 Nov 2023 08:04

Wanne kom al daai EV Taxi's nou?
Gee kans, hulle gaan nog in hul duisende, soos jy gesê het, in jou gewese Nicol William rylaan op en af skarrel.
Wees bly daaroor, want ten minste sal daar minder lawaai en besoedeling in jou geweste wees ;)

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Posted: Fri Nov 03, 2023 10:16 am
by Capt. Yoda
Ek kan nie wag om hulle te sien nie

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Posted: Fri Nov 03, 2023 10:37 am
by savage(P Coetzer)
Is maar net ironies dat daardie groot vervaardigers wat nie geld in n bodemlose put sal stort nie toe wraggies geld in die put afgegooi het. Maar dit daar gelaat. Ek is gladnie so ingekluisde kloosterkoek as wat jy dink nie. Net omdat ek nie my bene vir elke nuwe idee daar buite oop gooi nie beteken ook nie ek is teen vooruitgang of elektriese voertuie nie. Wat ek wel probeer doen is om die kat uit die boom te kyk sodat die kat nie benoude spronge hoef te maak nie. En so lank as wat n elektriese voertuig op krag moet loop wat deur fossiel brandstof opgewek is sien ek nie die voordeel nie. Dis stoele op die titanic se dek rond skuif in my oë. O ja iemand moet net vir die ondersoekers laat weet dat n lekkende brandstof pyp die brand veroorsaak het want hulle soek steeds na die oorsaak volgens daai artikel.

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Posted: Fri Nov 03, 2023 10:55 am
by TFDADD
by savage(P Coetzer) » 03 Nov 2023 10:37
En so lank as wat n elektriese voertuig op krag moet loop wat deur fossiel brandstof opgewek is sien ek nie die voordeel nie. Dis stoele op die titanic se dek rond skuif in my oë.
Stem saam, ons praat weer hieroor, bietjie geduld, asb.

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Posted: Sat Nov 04, 2023 11:08 am
by Dawie
OK ek sien ek hoef nie regtig iets te sê nie... :laugh: :laugh:


Ons mag darem seker bietjie "stir" in goeie gees ;)

Lekker "topic" hierdie

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Posted: Sat Nov 04, 2023 12:39 pm
by OosKaapJagter
Hier is so stukkie nuus om Koos opgewonde te maak: https://energycapitalpower.com/chinese- ... th-africa/
Vonoggend het ek iewers gelees dat die eerste van hulle produkte hier in die land aangekom het. Ongelukkig kry ek nie nou die skakel nie.

Die teenKANT (synde die woord so onlangs in die nuus was) van die storie moet egter ook gestel word. Daar blyk 'n moontlikheid te wees dat van hierdie produkte se verhitting uitermatig meer doeltreffend mag wees as hulle verkoeling. Dit is nogal relevant in 'n betreklike warm land: https://www.youtube.com/watch?v=yOA7qKMcjcE

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Posted: Sat Nov 04, 2023 2:35 pm
by TFDADD
Al meer druk word op ons regering geplaas om duidelike riglyne daar te stel in verband met SA se beleid rondom die oorskakeling na EV's.
Vervaardigers dui ook hulle bereidwilligheid aan om mee te doen aan sekere van die Naamsa voorstelle gemaak.
In addition, Naamsa has proposed the following government-funded subsidies to increase NEV adoption in South Africa:

R20,000 subsidy for the purchase of plug-less hybrids up to 31 December 2030
R40,000 for plug-in hybrids up to 31 December 2035
R80,000 for fully electric cars up to 31 December 2035
Manufacturers are also willing to match these subsidies, effectively doubling the discount NEV buyers will get.

“We are looking to subsidise the interim period to keep South Africa on the same EV path as the rest of the world,” Volvo Cars South Africa managing director Greg Maruszewski previously told MyBroadband.
Hier is nou iets om oor opgewonde te raak - sulke verklarings soos hierbo genoem gemaak deur betroubare EV vervaardigers ;)

Naamsa proposed government-funded subsidies

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Posted: Sat Nov 04, 2023 2:36 pm
by Capt. Yoda
Dawie wrote: Sat Nov 04, 2023 11:08 am OK ek sien ek hoef nie regtig iets te sê nie... :laugh: :laugh:


Ons mag darem seker bietjie "stir" in goeie gees ;)

Lekker "topic" hierdie
Is soos Wiki, jy kom net om geleer te word

Ek moet net gou my foon gaan charge want hier kom weer 3 keer loadshedding vandag…

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Posted: Sat Nov 04, 2023 3:24 pm
by TFDADD
Nog so bietjie Wiki waar jy kan leer hoe om jou EV in samewerking met 'n "heat pump water heater" te kan herlaai.
While efficient electrification won’t save all the kWh we’ll need to completely electrify society, this one example shows how it will go a long way. So next time you hear that there won’t be enough clean electricity to power a clean energy world, ask the naysayer if they’ve ever heard of the mighty heat pump water heater.
Heat Pump water heater & EV's

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Posted: Tue Nov 07, 2023 8:01 pm
by TFDADD
Stellantis, die Italiaans Amerikaanse kruismodel motorvervaardiger - wilde EV's vir die lande waar alles groter is as hier.
... in line with all Alfa Romeos, the emphasis would be on delivering an exceptional driving experience. From a practical perspective, the platform’s 800V architecture promises rapid charging abilities. Anticipated charging times from 10 to 80% in just 30 minutes and an approximate range of 800 km are expected.
Stellantis - Italian American

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Posted: Wed Nov 08, 2023 7:50 am
by TFDADD
Volvo SA het reeds bestellings vir 150 van hierdie topklas EV's wat nou reeds in SA gelewer word.
Ook het hulle nog 'n verdere 500 van hierdie EX30's op bestelling wat vroeg in 2024 afgelewer sal word.

Kyk hier na spesifikasies, ens. vir die EX30 --- EX30
Dit alles teen R 775 900 BTW ingesluit vir die enkel motorige weergawe - wel duurder as daadie Sjinesie, maar by verre veel beter.


Lees gerus hierdie baie volledige toetsverslag oor die oulike klein EV.
For our first drive session, we landed a rear-wheel drive single motor EX30. These beauties were kitted out with Volvo’s mellow Vapour Grey color that felt sophisticated yet relaxed. After a few minutes to get out of the city and onto the highway, we let it rip and the power it possessed was immediately apparent. Volvo didn’t tune this thing to be a mellow grocery getter. It was ready to rip right out of the gate — and this was just the single motor build!
Volvo EX30

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Posted: Wed Nov 08, 2023 8:47 am
by finch
Ek sien op ander forum die sjinese GWM Ora cat EV is voor einde van die jaar beskikbaar in SA. Hierdie outjie dink ek gaan party mense laat kop krap want hulle begin so by R680k (as ek reg onthou). Dis nogsteeds dubbel die prys van sy ekwivalenete ICE kompetisie. Maar as jy n early adopter (lees tree hugger) wil wees moet jy maar die pyn vat. Ek is seker daar sal n hele paar van hulle op ons paaie wees (ongeag van loadshedding).

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Posted: Thu Nov 09, 2023 11:17 am
by savage(P Coetzer)

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Posted: Thu Nov 09, 2023 12:55 pm
by savage(P Coetzer)
Doen gou die volgende som.
Sa gebruik gem elke dag 593 000 kilo liter petrol. Nie brandstof nie maar petrol. Kom ons neem aan 50% van alle petrol voertuie slaan oor elektries toe. En kom ons neem aan dat vir elke liter petrol het n kar 10km gery.
296 000 000 liter petrol is dan gelyk aan 2960 000 000km per dag. Na n vinnige google lyk dit my n elektriese voertuig gebruik gemiddeld 0.2kwh per kilometer gery. Vat dan 2960 000 000km maal met 0.2kwh om te bepaal hoeveel elektrisiteit nodig gaan wees om daai karre te laai elke dag en jy kry rofweg 592 000 000 kwh of 592,000mwh.

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Posted: Thu Nov 09, 2023 1:02 pm
by savage(P Coetzer)
Koeberg is 1900mwh….

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Posted: Thu Nov 09, 2023 1:17 pm
by savage(P Coetzer)
As ek iewers n berekenings of redenasie fout gemaak het sal ek dit op die ken vat.

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Posted: Thu Nov 09, 2023 1:30 pm
by Capt. Yoda
Jy het nie eers nodig om die som te maak nie, enige regdenkinde mens weet dit sal nie werk nie

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Posted: Thu Nov 09, 2023 1:33 pm
by TFDADD
Sien jou plasing heel onder - hoop jy het 'n breë, dik kakebeen en ken ++>:

Onderstaande uit 1 kommentaar op daardie ellelange relaas in jou plasing se koppeling, kelder jou hele storie.
Also consider the energy efficiency (km/joule for example) of ICE vs EVs. ICE cars are generally between 20% and 30% efficient - as in only 30% of the energy in the petrol you put in it actually makes it to the road. Electric cars on the other hand convert nearly 80% of the energy put into it into kinetic energy on the road.

Furthermore, most if not all the EV owners I know, have solar powered homes and therefore cars. The only thing cleaner than that is having a morning run from Pretoria to Joburg for your commute. How much are you doing to make your drive to work more environmentally friendly?

As for the what happens to the batteries question? Ask the owner of a >300 000km BMW i3 still running around the country on the OEM battery. They just don't need replacement half as often as you think. And, when they do, you can repurpose the old batteries to power your home/office.

With that, I rest my case.

Sincerely
Adriaan Duminy
by savage(P Coetzer) » 09 Nov 2023 13:17

As ek iewers n berekenings of redenasie fout gemaak het sal ek dit op die ken vat.

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Posted: Thu Nov 09, 2023 1:53 pm
by savage(P Coetzer)
My ken is veilig. Wouter gaan gaan ook met jou verskil. Jou gewone solar sisteem gaan nie jou kar ook gelaai kry sonder om n aansienlike belegging in die sisteem te maak nie. Die kar is saam jou by die werk deur die dag en moet in die aand laai. Jy miet steeds n antwoord kry hoe dit moontlik gaan wees om energie in al daai duisende liters petrol te vervang met elektrisiteit in SA. Hoeveel vierkante km panele is nodig om my som te maak werk?