Hallo KoosTFDADD wrote: Thu Nov 16, 2023 9:13 am Goeiemôre Jaracal Forum Lede,
Ek rig hierdie kort skrywe aan eerstens, die forum lede wat mees onlangs klagtes geopper het oor hierdie EV plasings gemaak en, dan ook aan alle ander forum lede wat moontlik ook so voel.
Hierdie plasing is hoegenaamd nie propagandisties van aard nie, dit is net nie waar nie en as dit so mag voorkom, my verskoning daarvoor, want dit is verseker nie die bedoeling nie.
Ook is dit geensins die bedoeling dat almal nou skielik EV's móét gebruik of aankoop nie. Daar is geen sprake daarvan nie, nie eers ekself is bereid om die té hoë pryse gekoppel aan die beskikbare EV's, te betaal nie.
Laastens, is hier geen sprake van enige politiese idees wat hierin verkondig word nie.
Wat wél hier ter sprake is, is die feit dat ons almal die werklikheid in ag moet neem naamlik, dat EV's ons voorland is, net soos elders in die wêreld.
Verder ook dat die harde feite dat hierdie nuwe energie ontwikkeling sonder enige twyfel tot ons almal se voordeel strek ten opsigte van:
1. Lang termyn veel laer koste verbonde aan ons vervoer stelsel - spesifiek uit sonkrag soveel te meer - lees maar die talle bewyse reeds hier plaaslik onder ons unieke omstandighede in toetse oor hierdie langer termyn behaal.
2. Laer besoedelingsvlakke.
3. Ook dat ons ekonomie nie kan bekostig om byvoorbeeld ons motorvervaardigingsbedryf te kan verloor nie.
4. 'n Bonus voordeel wat hieruit vir ons ontstaan, die skepping en benutting van ons eie energie in die vorm van sonkrag elektrisiteit vir huishuodelike gebruik - iets waaroor ons self beheer het tot ons eie voordeel.
Dit maar net enkele punte hieroor.
As hierdie punte genoem hierbo nie u belangstelling prikkel nie, gaan maar net daarby verby en lees dit doodeenvoudig nie. So maklik soos dit.
Nogtans, neem gerus deel aan die plasing met positiewe bydraes.
Ek vertrou dat hierdie uiteensetting vir alle forum lede aanvaarbaar is.
Mooi loop.
Koos.
Ek dink nie wat frustrasie veroorsaak is dat jy inligting onder die voertuie afdeling plaas en deel nie. Almal doen dit en dis binne die reels. Ek dink wat wel die frustrasie veroorsaak is dat die pos al holrug gery is en afgesaag raak. Amper soos die olifante sage.
Jou laaste 7 bladsye van poste is amper almal net EV. Dit laat mens soms voel of jy op 'n leisure kar forum is. Ek dink almal het nou al die boodskap gekry oor EV. Dit maak dat mens nie meer die forum wil oopmaak nie want al wat jy bo aan onder nuwe poste sien is EV.
Nietemin, niemand kan jou seker voorskryf wat om te se nie alhoewel jy moet verstaan deur te se moet dan nie die poste lees nie gaan mense net meer frustreer want dit gaan voel jy hijack die hele forum met EV karre.






