Page 19 of 30

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Posted: Thu Nov 16, 2023 1:22 pm
by Ratel
TFDADD wrote: Thu Nov 16, 2023 9:13 am Goeiemôre Jaracal Forum Lede,

Ek rig hierdie kort skrywe aan eerstens, die forum lede wat mees onlangs klagtes geopper het oor hierdie EV plasings gemaak en, dan ook aan alle ander forum lede wat moontlik ook so voel.

Hierdie plasing is hoegenaamd nie propagandisties van aard nie, dit is net nie waar nie en as dit so mag voorkom, my verskoning daarvoor, want dit is verseker nie die bedoeling nie.

Ook is dit geensins die bedoeling dat almal nou skielik EV's móét gebruik of aankoop nie. Daar is geen sprake daarvan nie, nie eers ekself is bereid om die té hoë pryse gekoppel aan die beskikbare EV's, te betaal nie.

Laastens, is hier geen sprake van enige politiese idees wat hierin verkondig word nie.

Wat wél hier ter sprake is, is die feit dat ons almal die werklikheid in ag moet neem naamlik, dat EV's ons voorland is, net soos elders in die wêreld.
Verder ook dat die harde feite dat hierdie nuwe energie ontwikkeling sonder enige twyfel tot ons almal se voordeel strek ten opsigte van:

1. Lang termyn veel laer koste verbonde aan ons vervoer stelsel - spesifiek uit sonkrag soveel te meer - lees maar die talle bewyse reeds hier plaaslik onder ons unieke omstandighede in toetse oor hierdie langer termyn behaal.

2. Laer besoedelingsvlakke.

3. Ook dat ons ekonomie nie kan bekostig om byvoorbeeld ons motorvervaardigingsbedryf te kan verloor nie.

4. 'n Bonus voordeel wat hieruit vir ons ontstaan, die skepping en benutting van ons eie energie in die vorm van sonkrag elektrisiteit vir huishuodelike gebruik - iets waaroor ons self beheer het tot ons eie voordeel.

Dit maar net enkele punte hieroor.

As hierdie punte genoem hierbo nie u belangstelling prikkel nie, gaan maar net daarby verby en lees dit doodeenvoudig nie. So maklik soos dit.

Nogtans, neem gerus deel aan die plasing met positiewe bydraes.

Ek vertrou dat hierdie uiteensetting vir alle forum lede aanvaarbaar is.

Mooi loop.

Koos.
Hallo Koos
Ek dink nie wat frustrasie veroorsaak is dat jy inligting onder die voertuie afdeling plaas en deel nie. Almal doen dit en dis binne die reels. Ek dink wat wel die frustrasie veroorsaak is dat die pos al holrug gery is en afgesaag raak. Amper soos die olifante sage.
Jou laaste 7 bladsye van poste is amper almal net EV. Dit laat mens soms voel of jy op 'n leisure kar forum is. Ek dink almal het nou al die boodskap gekry oor EV. Dit maak dat mens nie meer die forum wil oopmaak nie want al wat jy bo aan onder nuwe poste sien is EV.
Nietemin, niemand kan jou seker voorskryf wat om te se nie alhoewel jy moet verstaan deur te se moet dan nie die poste lees nie gaan mense net meer frustreer want dit gaan voel jy hijack die hele forum met EV karre.

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Posted: Thu Nov 16, 2023 4:11 pm
by TFDADD
by Ratel » 16 Nov 2023 13:22
Ek dink nie wat frustrasie veroorsaak is dat jy inligting onder die voertuie afdeling plaas en deel nie. Almal doen dit en dis binne die reels. Ek dink wat wel die frustrasie veroorsaak is dat die pos al holrug gery is en afgesaag raak. Amper soos die olifante sage.
Dankie Ratel, ek sien jou standpunt in en ek verstaan dit, maar daar gebeur daaglikse nuwe dinge in hierdie, ja, revolusionêre EV wêreld - dinge wat die weerstand [terloops, ekself vind dit moeilik om my 'straight six 4.0 lt te moet groet eendag] teen die NEV (nuwe energie voertuie) konsep wat ons almal hier diep binne in ons het, kan help omswaai tot ons eie voordeel.
As gevolg hiervan, is daar gereelde strome van inligting wat in gereelde plasings mbt EV's gedeel word.

Hier is 'n moontlike oplossing daarvoor: Kan almal wat daarna voel/belangstel, nie ook van tyd tot tyd bydraende plasings maak in hierdie bestaande EV pos oor nuwe ontwikkelings in hierdie EV sage nie?
Dan is dit nie so 'n eensydige, holrug geryde ou rympie nie.

Jy sê ook:
Amper soos die olifante sage.
As jy gaan kyk sal jy sien die laaste plasing daar gemaak was op 30 Augustus 2023 - hoekom?
Uit respek vir Ron Thomson se herstel na sy viervoudige hartomleidingsoperasie op sy 80 jarige ouderdom - agv daarvan gebeur daar niks in daardie plasing nie.
Maar dit los ook nie die oorbevolkte olifant getalle in die KNP op nie, nee, dit raak net erger.
Hier het ek vroeg hierdie week navraag oor Ron se herstel gedoen, maar nog nie antwoord daarop gekry nie - hoop van harte hy kan sy werk binnekort voortsit.

Hopelik gee hierdie meer insae oor my standpunte.

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Posted: Thu Nov 16, 2023 4:26 pm
by Capt. Yoda
TFDADD wrote: Thu Nov 16, 2023 4:11 pm
by Ratel » 16 Nov 2023 13:22
Ek dink nie wat frustrasie veroorsaak is dat jy inligting onder die voertuie afdeling plaas en deel nie. Almal doen dit en dis binne die reels. Ek dink wat wel die frustrasie veroorsaak is dat die pos al holrug gery is en afgesaag raak. Amper soos die olifante sage.
Dankie Ratel, ek sien jou standpunt in en ek verstaan dit, maar daar gebeur daaglikse nuwe dinge in hierdie, ja, revolusionêre EV wêreld - dinge wat die weerstand [terloops, ekself vind dit moeilik om my 'straight six 4.0 lt te moet groet eendag] teen die NEV (nuwe energie voertuie) konsep wat ons almal hier diep binne in ons het, kan help omswaai tot ons eie voordeel.
As gevolg hiervan, is daar gereelde strome van inligting wat in gereelde plasings mbt EV's gedeel word.

Hier is 'n moontlike oplossing daarvoor: Kan almal wat daarna voel/belangstel, nie ook van tyd tot tyd bydraende plasings maak in hierdie bestaande EV pos oor nuwe ontwikkelings in hierdie EV sage nie?
Dan is dit nie so 'n eensydige, holrug geryde ou rympie nie.

Jy sê ook:
Amper soos die olifante sage.
As jy gaan kyk sal jy sien die laaste plasing daar gemaak was op 30 Augustus 2023 - hoekom?
Uit respek vir Ron Thomson se herstel na sy viervoudige hartomleidingsoperasie op sy 80 jarige ouderdom - agv daarvan gebeur daar niks in daardie plasing nie.
Maar dit los ook nie die oorbevolkte olifant getalle in die KNP op nie, nee, dit raak net erger.
Hier het ek vroeg hierdie week navraag oor Ron se herstel gedoen, maar nog nie antwoord daarop gekry nie - hoop van harte hy kan sy werk binnekort voortsit.

Hopelik gee hierdie meer insae oor my standpunte.
Jy reken nie ons kan ook die goed google sou ons belangstel in dit nie of is die inside info wat ons nie kan kry nie?

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Posted: Thu Nov 16, 2023 4:55 pm
by savage(P Coetzer)
Dit voel regtig soos spam. En as ek so na die definisie kyk dan is ek dalk nie verkeerd nie.
Spam.
Filter definitions by topic
See definitions in:
All
Computing
Savoury
noun
1.
irrelevant or unsolicited messages sent over the internet, typically to a large number of users, for the purposes of advertising, phishing, spreading malware, etc.

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Posted: Sat Nov 18, 2023 4:04 pm
by toxicsox
The City of Cape Town has wrapped up a three-year electric vehicle (EV) pilot project, which it says proves the business case for the electrification of municipal vehicle fleets.

“Battery EV technology paired with renewable energy for charging is a viable mechanism to achieve the city's net-zero emission goal by 2050,” states GreenCape sustainable mobility and energy storage senior analyst Prian Reddy

The Cape Town pilot project compared five EVs and five internal combustion engine (ICE) vehicles, with comparable prices and performance figures, in real-world conditions.

This study ran from 2020 to 2022 in the Traffic Services department, where vehicles typically record high yearly mileage.

The City of Cape Town has a fleet of 9 386 vehicles across various departments.

The fleet had a total on-road fuel consumption of 15.9-million litres of diesel and 6.4-million litres of petrol between October 2021 and October 2022.

The total cost of on-road refuelling for the fleet during this period was around R465-million. The indicative, total yearly carbon dioxide emissions were 57 314 t.

Cape Town procured five BMW i3 EVs for the study through an open public procurement process.

Six city-owned EV charging stations were installed to facilitate the charging requirements of the vehicles. Two are solar-powered.

The i3s were compared with five VW Golf GTI ICE vehicles to evaluate performance with regards to mileage, energy consumption and range.

At the time of procurement, in 2020, the BMW i3 was the cheapest electric passenger vehicle on the South African market. (The i3 has, however, since been discontinued.)

The study results, released this months, show that the purchase price plus operational costs of electric passenger vehicles render them more affordable than the ICE equivalents.

Over a period of seven years, the purchase price plus operational costs of the BMW i3 EV was R768 950, which was significantly lower when compared with the VW Golf GTI ICE vehicle, at R1 415 281.

This indicates a strong business case for the electrification of the 477 hatchback vehicles in the City of Cape Town fleet, should suitable electric models be available on the South African market, states the report.

“Our aim with this pilot project was to eventually have a solid local business case for the electrification of municipal vehicle fleets,” says City of Cape Town corporate services MMC Theresa Uys.

“Municipal fleet managers who are exploring the procurement of EVs for their fleets now also have this case study to refer to and use as part of their business motivations – the greatest incentives of course being to reduce greenhouse-gas emissions, improve air quality in our cities and to save on operational costs.”

The study adds that the motivation for EVs becomes much bigger when they are charged with renewable energy.

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Posted: Tue Nov 21, 2023 8:45 pm
by TFDADD
It may not be the biggest EV news of the month, but it’s got to be one of the strongest symbols of the EV transition.
BMW ends combustion engine production in Germany.

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Posted: Wed Nov 22, 2023 7:32 am
by Capt. Yoda
Interesant wees om te sien hoe die besluit gaan uit draai, hulle CEO is dalk nie meer lus vir sy job nie

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Posted: Wed Nov 22, 2023 9:53 am
by Dawie
Dis net in Duitsland wat hulle gaan ophou om daai enjins te vervaardig.

Daar sal 'n rede wees...geld in vorm van subsidies, publusiteit, "virtue signalling" ?? Wie weet

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Posted: Sat Nov 25, 2023 2:09 pm
by TFDADD
The JAC N75 EV also features regenerative braking technology to help extend battery life and range.

“We use Ampcontrol software to address range anxiety, leveraging the JAC N75 EV’s 200 km per charge range to achieve a daily range of over 400 km through opportunistic charging,” says Reando Potgieter, COO at Aeversa.

“This cutting-edge software maximises green energy utilisation and significantly reduces the total cost of ownership (TCO) of electric vehicle fleets.”
Electric trucks for Gauteng deliveries.

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Posted: Sun Nov 26, 2023 3:04 pm
by Capt. Yoda
Nou gaan ons eers lank wag vir delivery

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Posted: Mon Nov 27, 2023 1:40 pm
by TFDADD
Suid Afrika was jare lank 'n winsgewende vervaardingingsoord vir talle vervaardigers.
Schaefer said there were no current plans to introduce EV manufacturing in South Africa, since electric cars are currently priced out of the reach of most domestic consumers.
VW struggling with South Africa costs

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Posted: Tue Nov 28, 2023 1:22 pm
by TFDADD
Nou nie direk te doen met EV's nie, maar tog ook ja, want jy gaan mos jou EV by die huis herlaai deur die nag ???

Hierdie onderstreepte gedeelte hierna, grens weereens aan totale kortsigtigheid aan dié wat in beheer is van wetgewing en hul onkundigheid so aan die groot klok hang ::)
The individual tax break – which offers up to R15,000 in rebates for individuals who install solar – only applies to the cost of new solar panels purchased. Inverters, batteries and other costs are explicitly excluded from this.
Tax breaks for solar, batteries and inverters.

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Posted: Tue Nov 28, 2023 2:19 pm
by TFDADD
Van die een uiterste na die ander - VW sukkel met kostes in Suid Afrika en Mercedes Benz spandeer in addisionele solar panele by hul fabriek EN doen mee aan die positiewe.
Hier werk PTPC weereens soos oral oor waar dit toegepas word.

MB expanding solar at factory, Investing in EV charging countrywide.

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Posted: Tue Nov 28, 2023 4:33 pm
by TFDADD
Verskoning vir 'n derde plasing op een dag, maar hier is werklik iets besonders.
PTPC in snelrat, om dit nou so te stel.

Vergeet om te sê, volg al die ander koppelings in die artikel en sien nog meer interessanthede wat hier plaaslik gedoen word.
“To give you an idea, it will take the operating costs of a tractor this size from about R3 000 per day down to about R300 to R350 per day once its electric, which makes a massive difference on the overhaul running costs.”
Electric tractor, a first for Mbombela and SA

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Posted: Mon Dec 04, 2023 10:43 am
by Geno
Enigste rede om opgewonde te raak om die 6.5Creed van karre te besit.

Image

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Posted: Mon Dec 04, 2023 5:39 pm
by TFDADD
Dalk nog iets om oor opgewonde te raak - die Uni-wheel.

Meer tegnies as EV aanvanklik, maar lees aandagtig en kyk veral na die video (bietjie geduld hier, die video neem lank om alles af te laai) om die werking van die unieke Uni-wheel in te sien.
Efficiency is the Holy Grail for electric vehicles. We simply can’t afford to continue wasting nearly three quarters of the energy in a gallon of gasoline. Anything that makes an EV more efficient is welcome news for our rapidly heating planet. The engineers at Hyundai deserve a lot of credit for thinking outside the CV joint.
Behold the Hyundai Uni-wheel.

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Posted: Wed Dec 06, 2023 8:49 am
by TFDADD
Plasing verwyder weens duplisering.

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Posted: Wed Dec 06, 2023 11:12 am
by Geno
Geno wrote: Mon Dec 04, 2023 10:43 am Enigste rede om opgewonde te raak om die 6.5Creed van karre te besit.
Sorry, ek sien Tapatalk wys hom nie.

Image

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Posted: Wed Dec 06, 2023 8:18 pm
by TFDADD
'n Praktiese terugvoeringsverslag met die gebruik van 'n EV, te midde van beurtkrag en alle ander sogenaamde minder gunstige herlaai fasiliteite in Suid Afrika.
Over the thousands of kilometres travelled, I could see the general appeal of electric cars, while also having a great time with the XC40 Recharge’s particular standout features.
Why I'm hooked on electric.

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Posted: Thu Dec 07, 2023 8:49 am
by TFDADD
Toyota met sy EV's wat so gou soos 2 jaar van nou af beskikbaar sal wees.
Toyota has previewed two new electric vehicle (EV) concept models, which will have final versions launched to the market over the next two years.
Lastly, Toyota is working on a high-performance battery that will employ bipolar technologies and a high nickel cathode, promising vastly improved range with “even lower costs”.
Toyota's 2 new EV concepts

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Posted: Fri Dec 08, 2023 11:37 am
by SakoTrippel2
Iemand vir 'n Kersfees geskenk idee? Image

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Posted: Tue Dec 12, 2023 7:06 pm
by Geno
Image


Pronouns: Watt/Wattage

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Posted: Wed Dec 13, 2023 1:47 pm
by Capt. Yoda
Hahahaha

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Posted: Thu Dec 14, 2023 9:37 am
by TFDADD
This new Range Rover electric model, slated for a 2024 debut, promises to be the “quietest & most refined Range Rover ever created,” ...
Range Rover electric set to boast V8 rivalling performance.

They should have added: "Fully womanized ..." - see video at end of article. ;)

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Posted: Thu Dec 14, 2023 9:54 am
by Geno
Land Rover betree die EV mark...
Ek hoop regtig die ouens wat hul koop se polisse is reg vir brand skade...