Page 3 of 6
Re: .470 Nitro Express
Posted: Sat Jan 05, 2013 10:44 pm
by Ralph Badenhorst
Nog fotos. Jammer oor die skroewe wat nognie vas is ie. Dit moet nog eers plat af gewerk word sodat mens dit nie kan sien nie.
Die wapen se gewig kom in op 13 pond. Goeie gewig vir n .470 N.E
Groete
Re: .470 Nitro Express
Posted: Sun Jan 06, 2013 11:47 am
by Stefan764
Ralph ek het nie woorde nie. Regtig.
Re: .470 Nitro Express
Posted: Sun Jan 06, 2013 12:22 pm
by Ralph Badenhorst
Dankie Stefan
Ons is tans besig om kleiner Side lock aksies te vervaardig wat geskik is vir .375 H&H / 9.3x74R wat 10 Pond weeg. Sal fotos plaas.
Groete
Re: .470 Nitro Express
Posted: Sun Jan 06, 2013 6:25 pm
by rudib
baie, baie mooi roer Ralph!!
Re: .470 Nitro Express
Posted: Sun Jan 06, 2013 6:50 pm
by DWB
Wragtig pragtig!!!!
Re: .470 Nitro Express
Posted: Sun Jan 06, 2013 6:59 pm
by James Wilson
Welgedaan, regtig puik.
Ek moet se daardie blink lope lyk nie sleg nie, maar die swart sal seker meer prakties wees.
Re: .470 Nitro Express
Posted: Sun Jan 06, 2013 7:21 pm
by Wouter Roets
Ralph
Dit kom pragtig aan! Voorwaar n kunswerk. Ek het nog altyd n sagte plekkie vir SS en hout. Het julle al ooit so iets in n dubbel gedoen? Wat sal so roer soos hierdie n ou uit die sak jaag daar by julle?
Groetnis
Wouter
Re: .470 Nitro Express
Posted: Sun Jan 06, 2013 7:43 pm
by Ralph Badenhorst
Naand manne
Dankie vir al die terugvoer!
Wouter hierdie is ons Produksie geweer vir die kalibers 404 jeff tot .600 N.E. Dis die eerste van sy soort by ons alowel ons prototiepes gebou het al voorheen.
Ons wil 2 tiepe dubbels in RSA bou. n Field Double - vir die man wat n werkgeweer soek- Presies hierdie geweer met hierdie klas van hout ens. mar sonder die grafeering = R65 000.00
Volgende is die Exibition Double - Hierso kan die klient elke aspek van die wapen kies - Hout, Grafeering ens. Hulle begin op R85 000.00
By alle dubbels ( Field/Exibition) het die klient n keuse (ingesluit by die prys ) van :
1) Herblou- Gloss of Rust Bluing
2) Aksie Afwerking- Coin / Herblou / Color case hardening
3) Ons gebruik slegs English/French/Turkish Walnut vir ons kolwe
4) Die Afwerking van die leer-geweertas - Rooi / Groen / Meroen / Swart / Koningsblou
5) Keuse van visiere
6) Keuse van gripcap - Metaal / Buffelhoring / "Skelaton"
7) Keuse van Loop lengte - 22" tot 28"

Wapen word geregulate met JOU keuse van ammo
9) Keuse van kolf-styl = klasiek of ons ontwerp
En die lys gaan aan en aan.
Groete
Ralph
Re: .470 Nitro Express
Posted: Sun Jan 06, 2013 7:56 pm
by Marc
Ralph Badenhorst wrote:
Nog fotos. Jammer oor die skroewe wat nognie vas is ie. Dit moet nog eers plat af gewerk word sodat mens dit nie kan sien nie.
Die wapen se gewig kom in op 13 pond. Goeie gewig vir n .470 N.E
Groete

Re: .470 Nitro Express
Posted: Mon Jan 07, 2013 10:03 am
by Stefan764
Ralph Badenhorst wrote:
Ons wil 2 tiepe dubbels in RSA bou. n Field Double - vir die man wat n werkgeweer soek- Presies hierdie geweer met hierdie klas van hout ens. mar sonder die grafeering = R65 000.00
Ou broeeerrrrrrrr...........
Nou dink ek ek moet beginne sluk aan die "ek gaan nooit n dubbel he" woorde........ Hierdie kan n realiteit word....
Flippit Ralph nou het jy moeilikheid gemaak.....
Re: .470 Nitro Express
Posted: Mon Jan 07, 2013 10:45 am
by Lourens
Ralph,
Dit is bitter bitter mooi, hopelik sal ek ook eendag met iets daar uit julle custom shop kan stap, maar vir eers sal ek maar by die fabrieksgewere moet bly.
Dis waarlik 'n kunswerk en dis fantasties om te sien dat dit ons eie mense is wat dit bou, nie een of ander ou met 'n vreemde van en vreemde aksent nie. Welgedaan!!
Stefan764 wrote:
Ou broeeerrrrrrrr...........
Nou dink ek ek moet beginne sluk aan die "ek gaan nooit n dubbel he" woorde........ Hierdie kan n realiteit word....
Flippit Ralph nou het jy moeilikheid gemaak.....
Stefaans jy moet nou nie weer moeilikheid maak nie....
Groete,
Lou
Re: .470 Nitro Express
Posted: Mon Jan 07, 2013 11:42 am
by Rasmus
Dit is bitter mooi Ralph!!
Stefaans ek wil nou nie stir nie maat............. Doen gou vinnig die ding voor daar pienk voete op pad is

Re: .470 Nitro Express
Posted: Mon Jan 07, 2013 1:51 pm
by Penkop
Stefan,
Dis maklikker om verskoning te vra oor iets wat jy klaar gedoen het, as om toestemming daarvoor te vra....
Re: .470 Nitro Express
Posted: Mon Jan 07, 2013 2:25 pm
by Carl
Ja maar dis nie lekker om elke oggend vesrkoning te vra nie
Ralph, baie dankie dat jy hierdie deel met ons, dis 'n voorreg om die kunswerk te aanskou. Eendag as my skip inkom sal ek so bederfie wil kry. Ek het al 'n Browning in 2x20 boor en 2x30-06 gehanteer, dit is 'n pragstuk en so lekker praktiese kombinasie. Sal julle so geweer kan bou, maw 2 haelgeweer lope en dan 2 koeëlgeweer lope?
Re: .470 Nitro Express
Posted: Mon Jan 07, 2013 3:03 pm
by Ralph Badenhorst
Stefan764 wrote:
Ou broeeerrrrrrrr...........
Nou dink ek ek moet beginne sluk aan die "ek gaan nooit n dubbel he" woorde........ Hierdie kan n realiteit word....
Flippit Ralph nou het jy moeilikheid gemaak.....
Haha
Al die manne wat nou ons dubbels bestel het betaal dit af oor 6 maande... Deposito is slegs die 2 lope voor ons die wapen begin.
@Carl
Jip ons is tans besig om vir hierdie .470 n stel haelgeweer en .300WSM lope te maak. So 3 gewere in een tas.
Groete
Re: .470 Nitro Express
Posted: Mon Jan 14, 2013 3:28 pm
by Beer (Christo)
Manne (en dames)
Ek was Saterdag daar in Ermelo by Ralph snr. Ek was gelukkig genoeg om 'n toetsskoot met hierdie yster te mag kry.
Die geweer is 17 pond as ek reg onthou. Dis 'n besonderse geweer om van naby te aanskou. Ek weet nie of hy dit hierbo noem nie, maar Ralph maak sy eie egte leer 'recoil pad' wat op die geweer pas. Die terugskop was minder as op my 375.
Sal maar eendag so bul moet aanskaf.
Re: .470 Nitro Express
Posted: Mon Jan 14, 2013 3:34 pm
by Stefan764
Beer wrote:
Manne (en dames)
Ek was Saterdag daar in Ermelo by Ralph snr. Ek was gelukkig genoeg om 'n toetsskoot met hierdie yster te mag kry.
Die geweer is 17 pond as ek reg onthou. Dis 'n besonderse geweer om van naby te aanskou. Ek weet nie of hy dit hierbo noem nie, maar Ralph maak sy eie egte leer 'recoil pad' wat op die geweer pas. Die terugskop was minder as op my 375.
Sal maar eendag so bul moet aanskaf.
Lucky blikskottelllllll.......
Moet se ek respekteer jou selfbeheersing, weet nie of ek sou kon wegstap sonder om strooi aan te vang nie

Re: .470 Nitro Express
Posted: Mon Jan 14, 2013 3:48 pm
by Beer (Christo)
Dit was moeilik, maar ek so paar ander projekies wat eerst moet kom.
Re: .470 Nitro Express
Posted: Mon Jan 14, 2013 6:55 pm
by Ralph Badenhorst
Dagse mane
Jammer ek so stil! Ek probeer al n ruk n video oplaai van die "regulating" skiet maar my internet werk nie saam hier in die Bos nie. Phinda het die laaste 4 dae 70+mm reen gehad.
Beer eks bly as jy dit geniet het, op die oomblik is die wapen oop vir eenige iemand wat hom wil skiet. Val maar net daar in en skiet hom. jy is korrek oor die 17 pond maar dis slegs vir ons .577 Nitro Express . Hierdie wapen weeg so 13.4 Pond om presies te wees ( vir die reegks .416 Rigby- 500 Nitro) en 10pond vir die 9.3x74 en .375 H&H
Hier is die lnk na die video
of
http://s1072.beta.photobucket.com/user/ ... 7.mp4.html
Ek is eers weer in Ermelo die einde van Feb dan sal ek n update en fotos plaas
Groete
Ralph
Re: .470 Nitro Express
Posted: Mon Jan 14, 2013 7:13 pm
by Ralph Badenhorst
Hierso is die leer skokstuk uit buffel-leer

Re: .470 Nitro Express
Posted: Mon Jan 14, 2013 7:16 pm
by DWB
Pragtig Ralph!
Lyk nie of hy so rof skop nie!
Re: .470 Nitro Express
Posted: Thu Jan 17, 2013 1:52 pm
by At308
Sjoe, dis werklik iets besonders!!
Re: .470 Nitro Express
Posted: Fri Jan 18, 2013 9:09 am
by Sarelss
Ralph,
soos almal al opgemerk het. Dit is do**ers MOOI !!!
Enige man kan net so 'n geweer begeer. (Of koop as hy die pond het)
Eendag as ek groot genoeg is soek ek ook 'n dubbel met ander lope so in 'n tas.
ss
Re: .470 Nitro Express
Posted: Fri Feb 15, 2013 1:09 pm
by chiaan_za
Ek kani wag vir my .500NE nie....
Re: .470 Nitro Express
Posted: Fri Feb 15, 2013 6:23 pm
by Ralph Badenhorst
Manne ons Bespoke wapens word nou gekomplimenteer met n hand gemaakte leer tas
Oja die .470 is besig om gegraveer te word. Van die Jaracal lede kon die wapen by BASA sien op 2 Feb
Groete
Ralph jr.