Page 3 of 3

Re: Safari and outdoor, staan hulle man!

Posted: Thu Aug 29, 2013 3:40 pm
by Dries101
Ek koop maar my goeters oor the web van hulle af. Ek kry altyd puik diens van Anel af. Brand om n draai te gaan maak in die regte lewe by hulle.

Re: Safari and outdoor, staan hulle man!

Posted: Thu Aug 29, 2013 4:41 pm
by Jaco Brink
Chrisjan

Ek het 'n tyd gelede 'n 6mm loop opgisit wat by Safari gekoop was. Die loop wou nie goed skiet nie. Hulle het sonder om eers te kubbel 'n nuwe loop opgesit. Goed dit was papierwerk en so aan maar dit is ook nie hulle skuld nie.

In hierdie geval het niemand by hulle 'n fout gemaak nie, hulle het ook die die produk gemaak nie, net verkoop.

Dit is hoekom ek altyd daar koop, al is daar in sommige gevalle 'n verskil in prys. Hulle integriteit en naverkope diens is ongekend in ons mark.

Re: Safari and outdoor, staan hulle man!

Posted: Tue Sep 03, 2013 5:27 pm
by PWV
Ek het toe my RANGEFINDER gekry!! 'n Nikon Laser 1000 AS.(Die 'S' moet in rooi wees, hoekom weet ek nie.)

Dit is Willem by S & O wat die ding aan my afgesmeer het!

Baie dankie, Willem. Sonder jou hulp sou ek nou nog rond geploeter het.

Groetnis

Re: Safari and outdoor, staan hulle man!

Posted: Tue Sep 03, 2013 9:24 pm
by immelmanw
Pieter Willem Vorster wrote:Ek het toe my RANGEFINDER gekry!! 'n Nikon Laser 1000 AS.(Die 'S' moet in rooi wees, hoekom weet ek nie.)

Dit is Willem by S & O wat die ding aan my afgesmeer het!

Baie dankie, Willem. Sonder jou hulp sou ek nou nog rond geploeter het.

Groetnis
Geniet dit oom Pieter en dankie vir al oom se ondersteuning en vriendskap!

Re: Safari and outdoor, staan hulle man!

Posted: Wed Sep 04, 2013 7:52 am
by Albert_7
Oom Pieter as ek mag vra wat prys hulle nou? Ek begeer nou al lank 'n rangefinder....

Re: Safari and outdoor, staan hulle man!

Posted: Wed Sep 04, 2013 3:22 pm
by PWV
Jinx wrote:Oom Pieter as ek mag vra wat prys hulle nou? Ek begeer nou al lank 'n rangefinder....
Junx
Loer op onderstaand draad.
https://www.safariandoutdoor.co.za/item ... 0_as_laser

As jy mooi vra gee hulle bietjie afslag.

Groetnis.

Re: Safari and outdoor, staan hulle man!

Posted: Wed Sep 04, 2013 3:26 pm
by Chevvy SS
Oom kon myne vir R1000 gehad het......

Re: Safari and outdoor, staan hulle man!

Posted: Wed Sep 04, 2013 3:30 pm
by Gawie(13mm)
Bakgat Oom.
Gaan ons hom Vrydag middag deur sy passies sit.
Oom kan dan 'n mooi verslaggie skryf en opsit. Ons kan hom met die Leica vergelyk.

Ek luister by die draadloos.

Re: Safari and outdoor, staan hulle man!

Posted: Wed Sep 04, 2013 3:31 pm
by Gawie(13mm)
Chevvy SS wrote:Oom kon myne vir R1000 gehad het......
Nou is jy net plain moetswillig >:+

Re: Safari and outdoor, staan hulle man!

Posted: Wed Sep 04, 2013 4:31 pm
by PWV
Chevvy SS wrote:Oom kon myne vir R1000 gehad het......
Waar het jy hom adverteer?
Gee bietjie specs!
Ek het geld wat nog nie gebruik is nie!!!

Re: Safari and outdoor, staan hulle man!

Posted: Fri Sep 06, 2013 2:38 pm
by Chevvy SS
My dienservaring die afgelope 2x met 'n telefoniese bestelling was nie so wonderlik nie. Hulle adverteer op die webblad dat daar geen courierkoste is vir bestellings bo R1000 vanaf die web is nie, maar bel jy in is dit nie die geval nie. Jy kry wel korting op sekere items as jy in die winkel is en blykbaar word dit deurgegee aan die inbelkliënt. Ek moet bleddiewil elke keer daaroor baklei. Ek het dit vantevore na Immelman verwys, maar elke keer redeneer 'n verkoopsman met my daaroor.

Gistermiddag plaas ek baie duidelik my bestelling wat ek wou hê wat vandag moes weggaan, maar die koeëls op die faktuur is verkeerd. Gistermiddag om 17.23 mail ek terug met die hoop op 'n korrekte faktuur. Vandag om 11.40 het ek nog geen antwoord teruggekry nie, en moes ek weer skakel.

Ek is nie baie beïndruk nie.

Re: Safari and outdoor, staan hulle man!

Posted: Fri Sep 06, 2013 2:43 pm
by PWV
Smaak my Chevvy is nie dik van die lag nie!

Re: Safari and outdoor, staan hulle man!

Posted: Fri Sep 06, 2013 2:57 pm
by Bazil
Ek wag nou al twee weke vir die persoon wat met my gepraat het oor die foon om my terug te skakel. Hy sou net gou vinnig kyk of hulle 'n bipod in vooraad gehad het...het 'n lang lysie gehad wat ek daar sou gekoop het. In tussen het ek nou maar my besigheid vir 'n ander winkel gegee.

Bazil

Re: Safari and outdoor, staan hulle man!

Posted: Fri Sep 06, 2013 3:06 pm
by Stefan764
Chevvy, stuur my n e-mail, ek sort jou uit maat. Sal dalk gaaf wees as jy selnommer insluit, kan dan sommer met jou gesels ook.

Bazil, stuur my asb jou kontakbesonderhede, ek sal net graag persoonlik wil om verskoning vra oor die swak diens en dit prober regstel.

Groete
Stefan

Re: Safari and outdoor, staan hulle man!

Posted: Fri Sep 06, 2013 3:57 pm
by Chevvy SS
Stefan dankie, maar ek is te moerig.
(Die oomblik wat betaling wys aan ons kant sal ek die pakkie vir jou kan uitstuur, kan ongelukkig nie uitgaan op 'n bewys van betaling.)
Ek weet hierdie is standaard en beskerm julle, maar dit is die eerste keer dat dit met my gebeur. Die poepol wat dit geskryf het kon op my rekening gaan kyk het wat daar aangaan.

Maak vuur onder jou verkoopsmanne- party is so entoesiasties is soos 'n dagoud baksteen.

Re: Safari and outdoor, staan hulle man!

Posted: Sat Sep 07, 2013 7:36 am
by JPS
Sjoe Chevvy,

Klink my jy is opgecharge soos daai V8 van jou ::)

Net so vinnig aan al die manne wat slegte ervarings het. Willem en Stefan het al baie hier gese as jy nie diens kry soos jy graag wil he nie skakel hulle, hulle sal dit regstel. Ek weet uit ondervinding dat hulle dit wel doen. Dit is tog hoe mens dit wil he, as jy nie regkom met iemand nie dan wil jy remedie he om dit reg te kry. Stefan en Willem doen dit goed.

Vat maar die manne op op hulle aanbod en kontak hulle, as jy daai enjin se revs so bietjie gesak het ;D

Lekker dag vir julle.

Mooiloop

Re: Safari and outdoor, staan hulle man!

Posted: Fri Sep 13, 2013 12:26 pm
by Corniel
Ek lees nou al lank hierdie posts, en elke keer wil ek uitsak en al my S & O slegte frustrasies meedeel, maar dan dink ek atleast probeer die manne verbeter - Ek meen Stefan wat kommentaar gee en probeer regmaak is reeds iets wat nie baie plekke sal doen nie. So dan bly ek maar stil.

Vanoggend besluit ek om gou soontoe te-gaan (PTA) alhoewel ek as n reel eerder my goed by ander plekke koop (Oor al die vorige swak diens) - Probleem is die winkel is net so blerrie nice, en het alles - dis amper onmoontlik om hom tevermy.

Inelkgeval ek gaan Herlaai afdeling toe, kom goed reg daar (Moet se daai manne is altyd vriendelik en behulpsaam), van daar af onder toe om bietjie brass etc tekoop. Ek het als in die hand, en dink nogals - Vandag was eintlik nice, almal behulpsaam, vriendelik etc.

Nou staan ek in die tou om tebetaal (daar fout met stelsel - so bietjie stadig, dit pla nie - sulke goed is buite mens se beheer) ek is so 3de van voor, die eerste ou is klaar betaal, ek wag. Toe die ou voor my kla is, hier kom n verkoopsman, met sy 'klient' en druk ha voor my in die que in.... Ek is so verstom, ek staan vir 5s om eers teprobeer agterkom of hy nou ernstig is - ek se toe baie duidelik: Jammer, maar hier is n tou, ek is voor julle... Word ek daar ge-ignore soos die ANC probleme ignore...

En toe dink ek - Weet jy dit som eintlik presies my hele probleem met S & O op. As jy lyk asof jou beursie nie die dikste is nie, dan kry jy n ander vlak van diens. (Dit is inelkgeval my ervaring) In die toekoms sal ek maar harder probeer om die plek tevermy, en indien ek daarheen moet gaan, sal ek maar gesuit en getie gaan.

Groete

Corniel

Re: Safari and outdoor, staan hulle man!

Posted: Fri Sep 13, 2013 12:35 pm
by VdWalt
Corniel wrote:
Toe die ou voor my kla is, hier kom n verkoopsman, met sy 'klient' en druk ha voor my in die que in.... Ek is so verstom, ek staan vir 5s om eers teprobeer agterkom of hy nou ernstig is - ek se toe baie duidelik: Jammer, maar hier is n tou, ek is voor julle... Word ek daar ge-ignore soos die ANC probleme ignore...
Daar moes jy toe nou harder gepraat het en die verkoopsman gevra het hy moet gou Stefan vir jou gaan roep.

Re: Safari and outdoor, staan hulle man!

Posted: Fri Sep 13, 2013 12:39 pm
by Corniel
VdWalt wrote:
Corniel wrote:
Toe die ou voor my kla is, hier kom n verkoopsman, met sy 'klient' en druk ha voor my in die que in.... Ek is so verstom, ek staan vir 5s om eers teprobeer agterkom of hy nou ernstig is - ek se toe baie duidelik: Jammer, maar hier is n tou, ek is voor julle... Word ek daar ge-ignore soos die ANC probleme ignore...
Daar moes jy toe nou harder gepraat het en die verkoopsman gevra het hy moet gou Stefan vir jou gaan roep.

Glo my, ekt hard genoeg gepraat dat die persoon (altwee) agter die till my kon hoor. As ek nog harder moes praat het ek geskree.

Re: Safari and outdoor, staan hulle man!

Posted: Fri Sep 13, 2013 2:59 pm
by Armand Steenkamp
Dis jammer om sulke goed te hoor.
Ek het nog altyd net goeie diens gekry.

Groetnis