Savage takes 1st, 2nd and 3rd at SA OPEN 2013

Handelaars wat advertensie regte gekoop het mag hier adverteer/Dealers that have paid for advertising rights may advertise here.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Savage takes 1st, 2nd and 3rd at SA OPEN 2013

Post by PWV »

JWO
Baie geluk met jou prestasies vanjaar.
Vertel ons so bietjie van die langafstand gong-skiet daar by Christo.

Groetnis
vossie1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2108
Joined: Thu Sep 27, 2012 8:16 pm

Re: Savage takes 1st, 2nd and 3rd at SA OPEN 2013

Post by vossie1 »

Thanks vir die feedback,ja dit lyk my die Amerikaanse produkte raak nou moeilik om in die hande te kry. Nogmaals geluk!jy moet maar jou " troon" geniet daai klong van jou blaas in jou nek.
Andrev
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 51
Joined: Fri Jul 08, 2011 11:29 am

Re: Savage takes 1st, 2nd and 3rd at SA OPEN 2013

Post by Andrev »

JWO wrote:
vossie1 wrote:Thanks Jacques en baie geluk,wat is jou twist op jou geweer? Ek is tans besig met lading vir die 95gr berger hybrids wat Willem aanbeveel het. Ek skiet die nosler customs in my 300H&H vir komps en hulle werk baie lekker.

Groete
Vossie
Vossie1

Dit is 'n 1:8 twist Krieger. Hy het die 95 Berger VLD's ook baie lekker geskiet. Hulle het egter net baie skaars geraak. My seun Danie skiet 'n 6XC ook met 'n 1:8 twist Krieger en ek bêre maar die 95's vir hom. Sy geweer kook met die Bergers, maar hulle is nou min. Ek het net 'n 100 oor!!!! Moontlik werk die Noslers ook mooi in sy geweer.
Jacques,
as jy sukkel, praat maar. Ek het nog n paar, maar hierdie keer teen vervanging alleenlik.
Mooi geskiet Saterdag!!
Groete
Andre
JWO
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 65
Joined: Wed Mar 30, 2011 12:22 pm

Re: Savage takes 1st, 2nd and 3rd at SA OPEN 2013

Post by JWO »

Pieter Willem Vorster wrote:JWO
Baie geluk met jou prestasies vanjaar.
Vertel ons so bietjie van die langafstand gong-skiet daar by Christo.

Groetnis
Hallo oom Pieter

Ek wil nie Arnold se verslag vooruit loop nie, maar hier is my mening:
* Dit is baie moeiliker as wat ek gedink het.
* Met 'n klein foutjie skiet jy vêr mis.
* Kondisies verander vinnig! As jy raak skiet, skiet vinnig weer of as jy kon sien waar jy mis, mik vinnig af en skiet weer. Indien jy 'n gong met 'n ongeveer 'n meter mis is dit moeilik om te bepaal hoeveel MOA jy moet verander tensy jy die skoot kon sien en jy 'n teleskoop het wat MOA strepies in die kruisdraad het.
* Ek het van papiere afgeskiet (JBM se uitdrukke). Dit sou beter wees om 'n Kestrel Weather Staion te gebruik (ongelukkig baie duur). Ek kon nie aanpas soos die temperatuur deur die dag verander nie.
* Hoogte bo seevlak maak 'n groot verskil verder as 800m.
* Ken jou geweer se trajek oor afstand. Myne het goed gewerk tot 850m, maar daarna was ek heelwat kort volgens JBM se tabelle. Ek het na die tyd gaan kyk as ek die boksie aftik wat sê "Std atmosphere at altitude" sou ek baie nader gewees op die 1080m gong.
* Ken mirage, veral as die kondisies gedurig verander. Die wind het uit elke denkbare rigting gekom en gedurig verander.
* Jou teleskoop moet genoeg interne verstelling hê. Myne kan opstel tot 37MOA, daarna moet ek die strepies op my reticle gebruik.

Opsomming: Dit was baie leersaam en ek sal dit beslis weer wil doen. My .243 sal moontlik sukkel indien ons verder as 1100m begin skiet.

Groete
Jacques
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Savage takes 1st, 2nd and 3rd at SA OPEN 2013

Post by Gawie(13mm) »

Netjies Jacques.

Ek het so deur die wingerd-ranke gehoor dit het oop geloop.
Dis nou tyd om by Willem te skimp vir daai Savage 300wsm. ;)

Jy kan volgende keer vir Corné saamvat as jou spotter en "caddy". Hy het genoeg apps op sy foon om 'n vuurpyl te lanseer.

Groete,
Gawie.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Savage takes 1st, 2nd and 3rd at SA OPEN 2013

Post by PWV »

Hallo Jacques
Ek glo dit is nie enige kabouter wat sukses sal behaal oor sulke afstande nie.
Ek dink die gereedskap wat jy gebruik is hier amper belangriker as die ou agter die roer.
In elk geval, dit moet 'n aangename sensasie wees om daardie gong op daardie afstande te laat wikkel.
Nogmaals geluk. Sal graag eenkeer wil saam net om te sien hoe dit gedoen word.
Groetnis
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8009
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Savage takes 1st, 2nd and 3rd at SA OPEN 2013

Post by Arnold »

Pieter Willem Vorster wrote:Ek dink die gereedskap wat jy gebruik is hier amper belangriker as die ou agter die roer.
Oom Pieter, ek kan verseker sê dat dit nie die geval is nie. Dan moes ek tog baie beter gescore het. Daar was selfs 'n standaard 308W met 20" loop wat 4de plek gedeel het...
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Savage takes 1st, 2nd and 3rd at SA OPEN 2013

Post by PWV »

Arnold wrote:

Arnold, ek praat nie net van die geweer waarmee jy skiet nie, ek praat van al die bykomstighede. Dink jy ek sal goed vaar as ek net met my geweer en ballistiese kaart daar opdaag?
Ek vra maar net?
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8009
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Savage takes 1st, 2nd and 3rd at SA OPEN 2013

Post by Arnold »

Oom Pieter, ek verstaan steeds nie want dit is presies wat Jacques gedoen het en steeds gewen het?
Die skut se vermoë speel 'n onsaglike groot rol in hierdie speletjie.
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Savage takes 1st, 2nd and 3rd at SA OPEN 2013

Post by Gawie(13mm) »

Oom Pieter, dit is presies wat Jacques gedoen het.
Hy het van 'n ballistiese kaart geskiet sonder al die "fancy" megafters.
Punt is, hy ken sy roer en kan die toestande beter as die meeste van ons lees. O-ja, hy kan skiet!
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Savage takes 1st, 2nd and 3rd at SA OPEN 2013

Post by Gawie(13mm) »

Arnold, skink vir jou 'n dop maat. Ek gaan ook vannaand so maak. Ons stem saam oor iets. ;D
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8009
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Savage takes 1st, 2nd and 3rd at SA OPEN 2013

Post by Arnold »

ja jong, ek stry nie altyd net omdat dit is hoe ek is nie .... >:D
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Savage takes 1st, 2nd and 3rd at SA OPEN 2013

Post by PWV »

Arnold wrote:Oom Pieter, ek verstaan steeds nie want dit is presies wat Jacques gedoen het en steeds gewen het?
Die skut se vermoë speel 'n onsaglike groot rol in hierdie speletjie.
Jammer, Arnold. Ek gaan nie met jou stry nie, want ek weet te min. Ek sien maar op U-tube dat hierdie ouens wat ver skiet, goeters invoer op rekenaars en dan die geweer in- en opstel en die sneller trek.

Ek het maar van Marius se praat afgelei dat 'n skut tyd benodig om sekere berekeninge te maak en dan eers te skiet. Volgens jou lyk dit my dat selfs ek sal dit sal kan doen. Gaan lê, stel die afstand op die turret, kyk na die wind en laat waai en per geluk tref ek 'n gong met die tweede skoot nadat die eerste skoot 'n effense aanduiding gegee het waar ek skiet. :laugh:

As dit so is soos jy sê, dan was Jacques uitmuntend!!
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8009
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Savage takes 1st, 2nd and 3rd at SA OPEN 2013

Post by Arnold »

Skuus, maar oom praat deurmekaar.

Jacques het baie goed geskiet. Hoekom is dit altyd goeie toerusting as die skut goed presteer en as hy sleg skiet was dit sy skuld en nie die toerusting nie?
Toerusting help, maar jy kan die beste toerusting vir 'n aap gee en sal seker definitief nie verwag dat hy weet wat om daarmee te maak en dan steeds goed te doen nie.

Elkgeval, die draad gaan oor Savage gewere. Jacques het 'n Savage geskiet en die geweer was sekerlik akuraat anders sou Jacques nie sy skietvernuf daarmee kon wys nie.
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Savage takes 1st, 2nd and 3rd at SA OPEN 2013

Post by Gawie(13mm) »

Arnold wrote:
Jacques het baie goed geskiet. Hoekom is dit altyd goeie toerusting as die skut goed presteer en as hy sleg skiet was dit sy skuld en nie die toerusting nie?

Hier moet ek met jou verskil. Dit is met my beperkte ervaring net mooi die teenoorgestelde. Ons blameer altyd die toerusting as dinge verkeerd gaan, maar as ons vol skiet klop ons, ons self op die skouer.

Nou dit is hoekom Jacques se prestasie so uitsonderlik is.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8009
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Savage takes 1st, 2nd and 3rd at SA OPEN 2013

Post by Arnold »

Skuus, nou praat ek dalk deurmekaar en dit is dalk net hoe ek oor my eie skiet voel.

Kom ek stel dit so, as jy na 'n scoreboard kyk wil jy weet waarmee die top ouens geskiet het. Wat nou van die ander ouens wat met daai selfde toetusting geskiet het? Dit het hulle nie beter laat vaar nie?
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Savage takes 1st, 2nd and 3rd at SA OPEN 2013

Post by PWV »

Arnold wrote:Skuus, maar oom praat deurmekaar.

.
Seker maar so dat gewone ouens hulle moeilik uitdruk in die geselskap van intellektuele.

As jy mooi gelees het, sou jy gesien het ek wou nie met jou argumenteer nie. Ek sê net dit wat ek van langafstandskieters op U-Tube sien, is dat hulle allerhande goed gebruik om hul gewere vooraf in te stel. Nou sê jy dit is nie so nie. Nou glo ek jou - julle doen dit op 'n ander manier.
Is dit nou deurmekaarpraat?
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8009
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Savage takes 1st, 2nd and 3rd at SA OPEN 2013

Post by Arnold »

Oom maak aanames wat verkeerd is. Ek het nie so gesê nie.
Kyk maar hoe hulle dit op youtube doen, onthou net dat al die mis skote nie gewys word nie en dit laat dit makliker lyk as wat dit is.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Savage takes 1st, 2nd and 3rd at SA OPEN 2013

Post by PWV »

Aannames wat nie so is nie, deurmekaarpraat, .... Wat nog?

Sê my nou, is daar geen langafstandskieter (behalwe julle) wat nie die wind meet nie, wat nie temperatuur in ag neem nie, wat nie lugdruk en hoogte bo seespieel in ag neem nie, wat nie die afstand in ag neem nie? En indien hulle dit in ag neem, skat hulle dit of het hulle instrumente wat dit vir hulle vertel? Het hulle slimfone of ander elektronika wat hulle gebruik om berekeninge te doen?
[Arnold quote]onthou net dat al die mis skote nie gewys word nie en dit laat dit makliker lyk as wat dit is[/quote]
Hierdie kwotasie van jou het niks met die onderwerp te doen nie. Ek wou weet of julle hulpmiddele gebruik en jy se "nee". So, ek aanvaar dit. Hoop dit is heel eenvoudig en ondubbelsinnig gestel.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8009
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Savage takes 1st, 2nd and 3rd at SA OPEN 2013

Post by Arnold »

Toemaar, ek mis duidelik iets.
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Savage takes 1st, 2nd and 3rd at SA OPEN 2013

Post by Gawie(13mm) »

Ek gaan 'n skilpad braai hou. Net dop en tjop en julle twee wederstrewige sielle nooi om te kom kuier.

Oom Pieter, die saak staan so: Die manne het van naby en ver gekom met alles wat hul kon aanry en saam piekkel.

Alle weer-meet instrumente was toelaatbaar, sowel as enige ballistiese "verwerker" wat jy met jou kan saamdra.

Daar is gekyk, gemeet, geraai en gestel en dan weer geloer en dan geskiet. Toe kom Jacques en hy kyk en hy stel volgens sy papiere wat hy die vorige dag gedruk het en hy skiet.

Die "bottom-line" is, as jy nie kan skiet nie, help al die kattoeters jou boggerol.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Savage takes 1st, 2nd and 3rd at SA OPEN 2013

Post by PWV »

7mm wrote:Alle weer-meet instrumente was toelaatbaar, sowel as enige ballistiese "verwerker" wat jy met jou kan saamdra.
Daar is gekyk, gemeet, geraai en gestel en dan weer geloer en dan geskiet. .
Nee, Arnold sê daar was nie hulpmiddels nie!
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Savage takes 1st, 2nd and 3rd at SA OPEN 2013

Post by Gawie(13mm) »

Pieter Willem Vorster wrote:
7mm wrote:Alle weer-meet instrumente was toelaatbaar, sowel as enige ballistiese "verwerker" wat jy met jou kan saamdra.
Daar is gekyk, gemeet, geraai en gestel en dan weer geloer en dan geskiet. .
Nee, Arnold sê daar was nie hulpmiddels nie!
Oom weet ek verskil baie met Arnold, maar nerens het hy gesê dat die manne nie die hulpmiddels gebruik het nie. Ek en hy het albei gesê dat Jacques geen van die "fancy" katoeters gebruik het nie en tog die ander manne wat dit wel gebruik het geklop het.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Post Reply