Dagse GenoGeno wrote:Ralph,
Wat weeg so 'n dubbel? Moet seker redelik swaar wees met die groot fore-end?
Hoe kry julle oor julle hart om so 'n pasmaak geweer vir proofing te stuur? Of gaan julle self SABS toe om seker te maak dat die gewere nie beskadig (gekrap en gestamp) word nie?
Groete,
Eugene
Ons .500 Nitro's weeg tussen 12 - 16 pond afhangend wat die klient wil he. Hierdie dubbel is ook op n grooter aksie platform gebou as ons ander dubbels en is dus redelik swaarder. Die forend self is nie swaar nie maar gewig word meestals bepaal deur die loop dikte en lengte van elke loop. Baie manne kyk met vraagtekens op hule gesigte na daai fore-end tot dat hulle hom skiet dan verstaan hulle hoekom mens greep plek op n 500 of 577 nodig het.
Ons stuur gladnie ons dubbels vir Proef by SABS nie (al ons ander wapens word wel gestuur om geproef te word). Die SABS het nie die regte klampe om n dubbel korrek vas te klamp nie - die eerste en laaste dubbel wat ek gestuur het het hulle n G-clamp gebruik om die geweer aan die tafel vas te trek en het die middel ribbe beskadig (gebuig).
Ons het n cradle wat in die grond gesement is in ons skietbaan wat elke loop afsonderlik klamp - ons skiet wel dieselfde lading as die SABS gebruik. Ons doen n 133% proeflading - 3 skoote deur elke loop en dan foreseer ons n double discharge op die geweer om al2 skote gelyk te skiet - die drukking en proef lading op n double discharge sal jou n goeie idee gee of die geweer sal hou of nie.
Sal bietjie n video neem as ons weer so dubbel proef met n double discharge. Laaste 500 Nitro wat ons gedoen het het 2 570gr Rhino's geskiet
Ek't daai dag toevallig die 2 proef doppe afgeneem nadat hulle geskiet is- 2x nuwe norma doppe
[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/IMG_0273_zps767a0550.jpg[/image]
Die lope op die cradle word sommer op n wit papier geskiet vanaf 30m - ekt tussen die 2 skote n kol gaan inteken net om te wys hoe naby aanmekaar die 2 proef skote skiet nog voor ons eers aan die reguleering begin werk of dink. Tydens hierdie skiet haal ons die middelste ribbe uit en die mono -blok en 2 loope word was getrek.
[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/IMG_0274_zpsa239c128.jpg[/image]
Hoop dit help jou, laatweet as ek iets nog moet verduidelik
Groete
ralph jr.



