Net 'n gedagte of drie
Ek dink daar is verskeie redes hoekom so 'n groep wel moet bestaan en wel onder hierdie "geheime" omstandighede.
Graham miskien is jy heeltemal reg - ek vat dit nog verder deur te sê dat daar nie 'n afsny punt kan wees nie.
Redes vir die bestaan van hierdie groep is daar vele, maar vir my is die belangrikste dat die lede hier nie hulleself hoef of die heel tyd moet verdedig as dit gaan oor die jag van probleemdiere, veral jakkalse en katte, nie. Daar is dus 'n samehorigheid, veral in terme van die doel. Energie moet nie nou oor hierdie aspek op die subforum vermors word nie! (Sulkes is beslis nie volgens my hier welkom nie) Die meriete daarvan, of diesulke diere gejag kan word of nie, is dan vir my 'n saak wat op die hoofforum bespreek kan word tot vervelens toe as hulle wil. Ek sal en kan self besluit wat ek wil lees en wil nie my "2c" polities korrek gee nie. Ek het beslis reeds by die jakkalsskiet/jag/doodmaak debat verby beweeg!
Ongediertebeheer-detail oor hoe, wie, wat, waar, wanneer, waarmee, onder watter omstandighede of onder geen omstandighede, ens. is die goed wat ons hier moet bepraat en mekaar oor moet aanvat of dalk oor moet saamstem.
As jakkalse (ongediertebeheer) en die vrae en feite rondom dit vir jou belangrik, of jou ernstige belangstelling is- behoort jy op hierdie forumgedeelte toegelaat te word, of jy hulle jag of nie. So, bv. is dit ook vir boere belangrik wat bloot net ernstig daaroor is en soos in my geval, nie die vermoë het om 'n stilstaande skaap in 'n kraal raak te skiet nie, al is dit dan ook net om die veldwerk behoorlik te doen 'n afwagting van die roep- of vliegjagter.
Uit persoonlikheid maak sommige mense nie "bydraes" nie - dit behoort hom nie te diskwalifiseer nie. Soms is dit juis hierdie tipe persoon wat op die einde die kaf van die koring kan skei, want hy het geluister en nie op sy ego gekonsentreer nie. Ander bekkiges maak weer die plek interesant en hou die pot aan die kook dat oorgerustheid (complacensy) nie hoogdy vier nie. Hul verskille vat ons voorentoe en dit is ook belangrik. Die bekende gesegde "Vlekkie stel nie teleur nie" en ons gebrekkige kennis van hom maak hierdie soort manne welkom in die "bende".
Kan julle nie maar asb die gedeeltes in die hoofforum wat na hierdie gedeelte verwys, uithaal nie. Dit skep onnodig net 'n roomys buite die tronkvenster situasie.
Ek stel verder as beginpunt voor, dat 'n verwysing (soos jy aan die begin gedoen het) van lede en die voorlegging wat Francois aan dink en wat baie sal help op die jakkals-subforum geplaas word. 'n Bestaande lid kan dan die toetreeder/persoon voorstel of 'n sekondant van iemand hier binne kry.
Ek is bly ek is hier binne en ek is baie bly party "knape" is buite. Ek kan nou behoorlik op Geno en Cobus konsentreer en hulle poef gee sonder om heeltyd oor my skouers te loer.
Groete
JAS
PS Julle manne tik te vinnig!
"Pas jou jakkalse mooi op om hulle later makliker van kant te kan maak" T. Mulder