Amarok

User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Amarok

Post by Chevvy SS »

Op 'n 4x4 forum gelees van 'n Amarok wat nie 'n swaar boot by 'n steil oprit kon intrek nie. Die 8-spoed se ratkas het te warm geword en dan gaan hy in "limp mode". Eers halfuur laat staan om af te koel voordat bakkie wou reg ry.

Dit sal egter nie onder normale omstandighede gebeur nie..
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Amarok

Post by Stefan764 »

Jy gaan ver soek om die nuwe Rav4 te klop. Ons het ook die 2.2 diesel moutertjie en daai ding treklatditkak. Loer bietjie die tweedehandse waarde van die moutertjies ook, vir n gewone salaristrekker gesin soos ons Fouche's maak dit nogals saak wat jy weer terugkry na jou 30 of 80 of 200-duisend kilos...

Oom Chevvy, dis maar wat gebeur as n man met n 2.0 liter mouter wil sukkel. Hoe se hulle van saam met die groot honne loop?
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7568
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Amarok

Post by Wouter Roets »

Sully

Dit is verseker n groot kommer dat ek veral tweedehans meer gaan sukkel met die Volla's se herverkoop waarde as met die Toyota's. Niks klop die LC200 in die groot SUV kategorie nie en so ook nie sommer die Rav in die meduim SUV klas nie. Ons kan so bietjie praat oor Ann se VX volgende jaar as ek hom wil verkoop. ;) Haar kilo's staan huidig op 11 000km na bietjie meer as n jaar so ek kan nie sien dat hy veel meer as 15 000km gaan he nie.

VdWalt ek onthou dat jy al genome het van die Tiquan en hoe gelukkig jy is. My broer se vrou het destyds die 2.0 TSI gery toe hy net uitgekom het. Werklik n lekker ryding gewees, maar die boot spasie kan beter soos jy se. Ek sal se dat hierdie van sy min negatiewe is. Hopelik word dit aangespreek in die nuwe een.

Chevvy dit is so dat jy erens op you tube of op die net n video of n skrywe gaan kry wat n voertuig in n slegte lig gaan stel. Met die Amarok is almal spesifiek uit om te bewys die klein enjen kan nie werk nie. Ek kan maar net gaan op my persoonlike ervaring en ondervinding daarvan. Ek ry baie in my broer s'n en bestuur hom ook gereeld. Tot dusver kan ek nie sleg praat van hom nie. Ek glo ook die video waar die Amarok die 3.2 Ford so vergat is die volgende een op daai einste 4x4 forum.

Ek weet dat daai einste enjen oorsee so ver gevat word soos 175kw en 500Nm sonde enige modifikasie aan die komponente. So teen 132Kw en 420Nm is hy taamlik under stressed. Wat vir my snaaks is is dat niemand n probleem het met n 2.0 diesel enjen in n groot kar bv nie. Kyk maar na die nuwe Volvo XC90 met sy twee 2.0 diesel en petrol enjens. Hierdie is maar die pad wat al die motor vervaardigers in die toekoms gaan stap of ons dit wil weet of nie.

Groetnis
Wouter
savage(P Coetzer)
Hero Member
Hero Member
Posts: 973
Joined: Mon Sep 10, 2012 3:34 pm

Re: Amarok

Post by savage(P Coetzer) »

Ek sien die voetspore span is nou van die amaroks af weer terug in die toyotas vir die nuwe reeks. Hulle gaan nou met die v8 land cruiser bakkies die ding doen. Daar gaan dit net oor wie borg wat en nie noodwendig oor wat is die mees geskikte vir die taak nie.
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3079
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Amarok

Post by Apie »

Ons werks dubbelkajuit Amarok sleep en dra so plusminus 35 ton voorraad per jaar. 120kw handrat.
600kg in die bak en 2 ton op diebeeswa.
Ry elke dag 50 km waarvan helfde grondpad is.
Verskillende drywers men verskillende 'bestuurstyle'
Nou op 145000km en loop nog soos nuut.
Brandstofverbruik met sleepwa tussen 7.5 en 8.5km/l
Solo 10.5 tot 13.5km/l.
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3079
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Amarok

Post by Apie »

savage wrote:Ek sien die voetspore span is nou van die amaroks af weer terug in die toyotas vir die nuwe reeks. Hulle gaan nou met die v8 land cruiser bakkies die ding doen. Daar gaan dit net oor wie borg wat en nie noodwendig oor wat is die mees geskikte vir die taak nie.
Voetspore ry wat hulle mee geborg word.....
Swys14
Hero Member
Hero Member
Posts: 1045
Joined: Fri May 27, 2011 5:26 pm

Re: Amarok

Post by Swys14 »

Apie wrote:
savage wrote:Ek sien die voetspore span is nou van die amaroks af weer terug in die toyotas vir die nuwe reeks. Hulle gaan nou met die v8 land cruiser bakkies die ding doen. Daar gaan dit net oor wie borg wat en nie noodwendig oor wat is die mees geskikte vir die taak nie.
Voetspore ry wat hulle mee geborg word.....
ek wonder wat Johan sal maak as Tata vir hom 'n paar bakkies aanbied? >:D
CZ 537 - 7x57mm Mauser
Nosler 48 - 243 Win
Savage 12 VLP DBM - 300 WSM
Tikka T3 Lite - 22-250 Rem
Glock 19
"Niks wat die moeite werd is gebeur vinnig of maklik nie"
User avatar
JohanvanZyl
Full Member
Full Member
Posts: 234
Joined: Thu Sep 19, 2013 10:42 am

Re: Amarok

Post by JohanvanZyl »

Swys14 wrote:
Apie wrote:
savage wrote:Ek sien die voetspore span is nou van die amaroks af weer terug in die toyotas vir die nuwe reeks. Hulle gaan nou met die v8 land cruiser bakkies die ding doen. Daar gaan dit net oor wie borg wat en nie noodwendig oor wat is die mees geskikte vir die taak nie.
Voetspore ry wat hulle mee geborg word.....


ek wonder wat Johan sal maak as Tata vir hom 'n paar bakkies aanbied? >:D
Die naam "Voetspore" sal dan net nog meer van pas wees vir sy program
Johan
Howa 30-06
Oberndorf Mauser .22
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3079
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Amarok

Post by Apie »

Tata het vir Hier gaan ons alweer geborg.....
Die trip was baie langer as wat hulle beplan het....

Maar nou weer, enige kar kan breek
Post Reply