Amarok

Forester
Hero Member
Hero Member
Posts: 580
Joined: Wed Aug 28, 2013 8:51 am

Amarok

Post by Forester »

More almal,

Wie hier ry dalk 'n amarok? Ek het gister 'n liggie op die dash gehad wat geflikker het en baie krag verloor. Volgens die boek is dit "engine management system failure". Toe ek die bakkie weer aanskakel was die liggie af en die het veilig huis toe en vanoggend VW toe gery sonder probleme. VW sê hulle kry nie fout nie. Het iemand dalk vir my raad asb?

Groete
Wynand

470NE; 404Jeff; 375H&H; 300WM; 30-06; 308; 6XC; .22LR; 12br x3; 40S&W; 9mmP
Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2112
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: Amarok

Post by Supacow »

Forester
Hoe vind jy die Amabroek?
Is lig op sous en swakker bougehalte n regverdige opsomming?
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Amarok

Post by FHM »

Gaan loer bietjie hierso Forester www.vwamarokforum.net › VW Amarok Forums › Amarok Mechanical

of Google "amarok engine management system failure" daar word gepraat oor jou probleem.

Sterkte
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
Kolhasie
Hero Member
Hero Member
Posts: 547
Joined: Fri Jul 04, 2014 1:29 pm

Re: Amarok

Post by Kolhasie »

Forester wrote:More almal,

Wie hier ry dalk 'n amarok? Ek het gister 'n liggie op die dash gehad wat geflikker het en baie krag verloor. Volgens die boek is dit "engine management system failure". Toe ek die bakkie weer aanskakel was die liggie af en die het veilig huis toe en vanoggend VW toe gery sonder probleme. VW sê hulle kry nie fout nie. Het iemand dalk vir my raad asb?

Groete
Slegs een mal gebeur op 19 000km en verder gladnie staan nou al op 45 000km.

Groete KH
Forester
Hero Member
Hero Member
Posts: 580
Joined: Wed Aug 28, 2013 8:51 am

Re: Amarok

Post by Forester »

Ek was baie tevrede met die bakkie tot gister toe, het alklaar na die Isuzu begin kyk. Hy is definitief lig op brandstof, maar ek dink nie slegte kwaliteit nie...

Dankie Francois, ek het gister op google gelê om te probeer uitvind hoe ernstig dit is...

Dis goeie nuus KH, rede hoekom ek bekommerd is omdat ek na die einde van die waarborg tydperk toe staan. Ek het hulle probeer druk om my 'n waarborg te gee vir 'n jaar op die turbo ens omdat hulle dit nou getoets het, maar hulle wou nie byt nie...
Wynand

470NE; 404Jeff; 375H&H; 300WM; 30-06; 308; 6XC; .22LR; 12br x3; 40S&W; 9mmP
Melckman
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 95
Joined: Mon Jun 03, 2013 3:23 pm

Re: Amarok

Post by Melckman »

Hi Forester,

Ek het 'n Golf gehad (ry nou Amarok) wat dieselfde gedoen het. Hulle het een of ander elektromeganiese komponent op die petrolpedaal vervang en die probleem opgelos - dit is 'n drive-by-wire tipe pick-up wat die sein van die petrolpedaal na die ECU stuur, soos ek verstaan het. Hulle het dit ook verniet vervang...

Hoop dit help.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7568
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Amarok

Post by Wouter Roets »

Supacow wrote:Forester
Hoe vind jy die Amabroek?
Is lig op sous en swakker bougehalte n regverdige opsomming?
Superkoei

In my en die meeste ander mense wat wel met n Amarok al te doen gehad het sal ek verseker se dat bougehalte juis een van sy sterkpunte is. Ek sal so ver gaan om te se huidig is dit die beste bakkie in daai department.

Groetnis
Wouter
User avatar
Plaaspad
Newbie
Newbie
Posts: 15
Joined: Sun Aug 23, 2015 9:06 pm

Re: Amarok

Post by Plaaspad »

Beste in bougehalte..?
Praat jy nou van die dop of body van die bakkie.. Gaan le so liggies teen hom dan kyk jy na die buite dop van die bakkie.. Ek het dieselfde probleem met die hilux.. body is bietjie sag.. Toyota bly tops met die Cruiser en so maar die nuwe goed is bietjie pap.. Ook die Amarok.. Ek hou van n ding met wringkrag en body..
User avatar
Plaaspad
Newbie
Newbie
Posts: 15
Joined: Sun Aug 23, 2015 9:06 pm

Re: Amarok

Post by Plaaspad »

Dis seker n amarok se sterkpunt of sy beste eienskap , maar ek sal dit nie vergelyk met n ford of so nie
User avatar
Plaaspad
Newbie
Newbie
Posts: 15
Joined: Sun Aug 23, 2015 9:06 pm

Re: Amarok

Post by Plaaspad »

Forester<br />Hoe vind jy die Amabroek?<br />Is lig op sous en swakker bougehalte n.
regverdige opsomming? Ek stem saam Supacow
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7568
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Amarok

Post by Wouter Roets »

Manne

Ek het verwys na die kajuit se bougehalte. Daar is ook nie fout met hoe hy buite aanmekaar gesit is nie. Ek stem wel dat die meeste bakkies se panele wel bitter dun begin raak. Maar ongelukkig n byproduk van gewigsbesparing vir brandstofverbruik. Ongelukkig is die tye van die 2.4 Hilux se tank ontwerp verby.

Ek stem dat die Ford verseker dikker materiaal gebruik vir hulle bakwerk, maar hulle betaal natuurlik weer die prys in gewig. Hy is op die oomblik heelwat swaarder as die ander bakkies en hierdie is een van die redes hoekom die kragsyfers wat gepubliseer word nie ervaar word op die pad nie.

Groetnis
Wouter
User avatar
Plaaspad
Newbie
Newbie
Posts: 15
Joined: Sun Aug 23, 2015 9:06 pm

Re: Amarok

Post by Plaaspad »

En wat ... sy performance domineer steeds..
User avatar
Plaaspad
Newbie
Newbie
Posts: 15
Joined: Sun Aug 23, 2015 9:06 pm

Re: Amarok

Post by Plaaspad »

Ek het n 2014 Amarok gery en dis n baie gerieflike rut maar as jy begin vergelyk uit die offroad oogpunt sal VW moet vinger trek..
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7568
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Amarok

Post by Wouter Roets »

Plaaspad wrote:En wat ... sy performance domineer steeds..
Klein slukkies ou maat. klein slukkies. ;)
User avatar
Plaaspad
Newbie
Newbie
Posts: 15
Joined: Sun Aug 23, 2015 9:06 pm

Re: Amarok

Post by Plaaspad »

Die Amarok vat baie klein slukkies..
Grap sommer met jou Wouter my maat..
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7568
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Amarok

Post by Wouter Roets »

More Manne

Ek is in die proses om van voertuigvervaardiger te verander. Die plan is om met al my persoonlike voertuie oor te beweeg na Volkswagen toe vanaf Toyota. Onder andere sal n Amarok ook onder een van die voertuie wees. Die 4x4 dubbelkajuit agt spoed outomaties om spesifiek te wees.

Nou my broer ry al sy tweede Amarok en ek het so paar in die firma gekoop in die laaste vier jaar so het darem so bietjie ondervinding van die bakkie. As ek na hogtepunte kyk dan sal ek die volgende noem van die spesifieke bakkie.

1. Uitstekende brandstofverbruik.
2. Uitstekende rygerief (ry en hanteer vir my baie soos n SUV).
3. Goeie realiteit verrigting syfers.
4. Permanente 4x4 (enigste bakkie wat dit het op die oomblik)
5. Briljante 8 spoed outomatiese ratkas. Enigste van sy soort en straatte voor die opisisie.
6. Werk baie goed met n chip.
7. Goeie kajuit bou kwaliteit sowel as buite. Duursame materiale wat binne gebruik word. Soos die moter tydskrifte altyd se; good perceived build quality.
8. Sterk handelaars netwerk.

Nou ek wag vir die facelift wat later die jaar gaan uitkom wat hopelik n paar van die swak punte van die huidige bakkie gaan aanspreek.

Bi-zenon ligte wat hopelik beter gaan werk as die absolute patetiese ligte wat huidig in die bakkie is. Daar gaan ook heelwat verbeteringe in die binne ruim wees met onder andere beter radio's en klimaatbeheer. n Paar van die goed het ek wel gevoel dit kan beter op die huidige bakkie.

Groetnis
Wouter
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Amarok

Post by PWV »

Wouter
Ons gaan jou baie mis!
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13627
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Amarok

Post by Capt. Yoda »

Ek dink daai doekkoppe gaan vir Wouter mis
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3653
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Amarok

Post by JPS »

Amper dog ek dis 1 April......
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7568
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Amarok

Post by Wouter Roets »

PWV wrote:Wouter
Ons gaan jou baie mis!
Hoekom, gaan Oom erens heen? ;D

Julle manne moet nou nie so aan my garra nie, ek is nog maar erg ontseker oor my besluit. Daar moet ook nog so bietjie water in die see loop voor alles in plek val. Nie die minste van alles moet my karre nog verkoop vir die prys wat ek wil he voordat ek afteken op die transaksie. Maar moet eerlik wees en se dat ek nogal erg opgewonde is oor die een kar spesifiek.

Groetnis
Wout
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13627
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Amarok

Post by Capt. Yoda »

Wouter Roets wrote:
PWV wrote:Wouter
Ons gaan jou baie mis!
Hoekom, gaan Oom erens heen? ;D

Julle manne moet nou nie so aan my garra nie, ek is nog maar erg ontseker oor my besluit. Daar moet ook nog so bietjie water in die see loop voor alles in plek val. Nie die minste van alles moet my karre nog verkoop vir die prys wat ek wil he voordat ek afteken op die transaksie. Maar moet eerlik wees en se dat ek nogal erg opgewonde is oor die een kar spesifiek.

Groetnis
Wout

Touareg?
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7568
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Amarok

Post by Wouter Roets »

Yep!
User avatar
DeonvTonder
Full Member
Full Member
Posts: 142
Joined: Sun May 31, 2015 11:12 am

Re: Amarok

Post by DeonvTonder »

Forester wrote:More almal,

Wie hier ry dalk 'n amarok? Ek het gister 'n liggie op die dash gehad wat geflikker het en baie krag verloor. Volgens die boek is dit "engine management system failure". Toe ek die bakkie weer aanskakel was die liggie af en die het veilig huis toe en vanoggend VW toe gery sonder probleme. VW sê hulle kry nie fout nie. Het iemand dalk vir my raad asb?

Groete
Forester, ek het al dieselfde gehad op my Ford Ranger. Al wat gebeur is as daar 'n skielike verskil in lugdruk is dan gaan die liggie aan. Wat gebeur is dat die engine nie genoeg lug inkry nie. Dan skop 'n tipe veiligheids meganisme in sodat die engine nie seerkry nie. Daarom die rede vir die verloor van krag.
Al wat jy hoef te doen is om te stop, die bakkie af te skakel 'n minuut of wat te wag en weer aan te skakel. Probleem behoort dan weg te wees en die liggie behoort af te wees.

Alles deel van die "nuwe" engines.

Groete
Glock 19 Gen 3
Howa 308
Howa 6mm Creedmoor
Voere 22LR
Baikal 12GA SS
Lee Enfield 303
Rossi .38 SPL
Ruger AR556 (Pending)
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Amarok

Post by PWV »

Kyk Wouter, jy gaan baie minder tyd hê vir die Forum omdat jou nuwe keuse baie meer van jou tyd gaan verg - amper soos 'n Landy! :)

Maar ek gaan nie baie aan jou karring nie. Jy weet self, as 'n ou hier op die forum vra watter geweer hy moet aanskaf en hy sê hy oorweeg 'n 30-06, kan jy op jou kop staan deur jou faaiwenhol fluit, hy het klaar besluit hy koop die 30-06. So, koop 'n bokwagen en "skiet sy loop op", dan kan jy weer terugkeer na die betroubare yster.

Sterkte
Die Ou Ballie!
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Amarok

Post by Stefan764 »

Manne, julle moenie nou vir Wouter kwaad maak nie. Hier kan n man n lekker bargain op n Amarok optel vlge jaar as die nuwe Hilux uitkom!!
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
Post Reply