Wouter, jy beweer:
Ek sien vir die eerste keer nou dat jy die datums gaan verander het met die jagter wat onder bespreking was.
Ek is nie met jou nie en is nie seker waarna jy verwys nie. S?, help my bietjie om op dieselfde spoor te kom as jy, sodat ek daaroor kan kommentaar lewer.
Nogtans kan ek jou verseker dat daar geen datums verander is nie, al wat wel kon gebeur het, is dat nuwe terugvoering van dieselfde jagter wat op 'n later datum gejag is, ontvang is en dat dit onder die nuwe datum bo-aan sy betrokke "Gallery" blad bygevoeg is. Die vorige datum wat jy tydens 'n vorige besoek aan die betrokke blad gesien het, sal steeds daar wees, maar net 'n entjie laer af op dieselfde blad.
Gee nogtans jou siening hieroor wat jou laat dink het ek het datums verander op my webwerf.
Wouter, Gerard het al iewers op hierdie forum verduidelik dat elke GSCHV koe?l verskillende vensterwydtes het waarbinne dit steeds goed sal presteer.
As die terugvoering wat ek ontvang vanaf jagters, 'n laer spoed aandui as die aanbevole maksimum spoed vir daardie koe?l en kaliber, dan plaas ek dit netso met wat ookal daarmee saamgaan. Ek wysig nie die inligting om by GSC se aanbevelings te pas nie.
GSC spel ook onomwonde uit dat hulle HV koe?ls
betroubaar sal ontplooi/(mushroom) by impak snelhede van so laag as 1500/1600vps
impak spoed.
In die betrokke geval waarna jy verwys, is die Kameelperd bul op afstand van 100 tre? geskiet, wat beteken dat daardie koe?l steeds teen baie ho?r spoed as die minimum impak spoed om te ontplooi, die dier getref het.
Die herwinde 375265HV koe?l se foto bewys dit dan ook - perfek ontplooi met 'n gewigsbehoud van 99.77% soos deur die betrokke jagter gerapporteer is.
S? Wouter, hier is geen sprake van m?re en aand praatjies wat nie ooreenkom en/of verwarring wat ek skep met die terugvoering ontvang vanaf jagters nie.
Graag hou ek by wat jy propageer in jou laaste sin, mits jy ook jouself daaraan onderwerp en dieselfde doen.
Groete,
Koos.