GS Custom 130 gr HV

222
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 438
Joined: Sat Feb 07, 2009 6:26 pm

GS Custom 130 gr HV

Post by 222 »

Manne ek het die naweek Blesbokke gaan skiet met die koele. Al wat Saterdag perform het was die koeels die een skut.............(los maar)

Hier is al die inligting rondom die koeels.

http://www.techfund.co.za/gscgalGerrieBenade.asp
Get the facts! Not the apparent facts, the assumed facts, or the hoped-for facts, but the real facts.

.22 Remington P/A
.243
.308
.303 Epps
12 Boor P/A
7.65 FN/Browning
Glock 19
Silent Hunter KD's
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: GS Custom 130 gr HV

Post by Frikkie Coetzee »

222

Wat was jou ondervinding ten opsigte van die GS se performance in die dier? Ek ondervind baie goeie akkuraatheid in my 300 maar vind dat die petals  afbreek en die punt meer soos n solid optree met 50 to 60 % gewig retensie. Om daardie rede het ek gestop om hulle te gebruik.

Ek het n storie gehoor dat die koper te hard is en lope seermaak maar het dit regtig nie self ondervind nie.

GS is al lank in besigheid en ek is seker as daar waarheid in was sou iemand al iets gekryf het daaroor. Weet jy dalk iets???
Frikkie
Cradock
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: GS Custom 130 gr HV

Post by Geno »

Gromit,
Hier is my bevindinge met die GSCHV koeels:
kyk by nommer 36
http://www.techfund.co.za/GSCTheysay.asp

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
222
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 438
Joined: Sat Feb 07, 2009 6:26 pm

Re: GS Custom 130 gr HV

Post by 222 »

Frikkie

Ek het regtig net lof vir die koeels. Dit wat ek aan gewoond was en dit wat ek nou kry is w?relde van mekaar af. Die vleis-skade is regtig minimaal en die akkuraatheid is in my gewere baie baie goed. Ek moet jouegter net een ding s? en dit is bly maar by hulle voorskrifte vir koeels en twist. Ek het probeer slim wees en dit het my amper 'n hele paar rand gekos.

Hier is my bevindinge: http://www.techfund.co.za/gscgalGerrieBenade.asp

Ons het die skoolvakansie gan jag en hulle gebruik is 25-06, 243, 222 en 3006. Vlakvark op 60m hoog bo deur die knoppe geskiet en hy het net daar gedop. My seun het 2 rooibok-ooie met die 62gr 243 hv geskiet en ons het niks vleis weggegooi nie.

Soos Eugene ook al gese het: mens kan eet tot teen die gat.
Get the facts! Not the apparent facts, the assumed facts, or the hoped-for facts, but the real facts.

.22 Remington P/A
.243
.308
.303 Epps
12 Boor P/A
7.65 FN/Browning
Glock 19
Silent Hunter KD's
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7987
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: GS Custom 130 gr HV

Post by Arnold »

Ek het ongelukkig my geweer verkoop voor ek met hulle kon jag maar hulle het mooi geskiet uit my 9.3x62
http://www.techfund.co.za/gscgalarnoldrixGroep93x62.asp
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: GS Custom 130 gr HV

Post by Frikkie Coetzee »

Menere

Ek het die 165 gr in my 300 gebruik.

Akkuraatheid was goed.

My probleem het ingekom op gemsbok en koedoe. Ek het 1 gemsbok 3 keer agter die blad geskiet en hy wou net nie vrek nie. Ja ek het die hart gemis. Die punt het gepenetreer dwarsdeur.Die wond kanaal het my die idee gegee dat die punt nie omklink nie. Op n blouwildebees daarna en nog n gemsbok was dit dieselfde maar ek kon nooit n punt kry om na te kyk nie

Ek het later 2 koedoes in die kuiltie geskiet. Geen been getref nie en een van die punte gekry. In die maag as ek reg onthou.

Die punt was net n stuk soliede koper omtrent 50 % gewig behou. Anders as Barnes X was daar geen omklink nie. Het die punt gehou want dit het my vermoede bevestig

Ek het daarna maar terug gegaan na Barnes X en Nosler Accubond.

Frikkie
Cradock
Biltongjagter

Re: GS Custom 130 gr HV

Post by Biltongjagter »

Frikkie skryf -
Menere

Ek het die 165 gr in my 300 gebruik.

Akkuraatheid was goed.
Frikkie,
GS Custom maak net 'n 160gr HV en 'n 168gr HP in 300 kaliber - nie 'n 165gr in een van die twee tipes koe?ls nie.
Watter koe?l was dit wat jy gebruik het?

Gee asseblief bietjie meer inligting oor tromp snelheid en afstand waaroor geskiet is.

Groete,
Koos.
Last edited by Biltongjagter on Sun Jul 31, 2011 1:22 pm, edited 1 time in total.
Gerard

Re: GS Custom 130 gr HV

Post by Gerard »

Frikkie,
'n Foto sal ook help om te identifiseer wat aan die gang is.  Neem een van die koeel wat jy herwin het.  As jy nie 'n foto hier kan plaas nie, stuur dit vir my per epos en dan sit ek dit op.  gerard@wol.co.za
Last edited by Gerard on Fri Jul 29, 2011 7:18 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: GS Custom 130 gr HV

Post by Frikkie Coetzee »

Gerhard

Ek sal n foto stuur sodra ek kan.

Ek sien hierbo dat daar is nie n 165gr nie Ek kan dalk n fout maak maar ek dink dit was n 165gr. 

Ek het die nawwek op die plaas n artikel in n ou Magnum gesien waar Koos Barnard die punte ook getoets het en sy herwinde punt lyk baie dieselfde as my punte wat herwin was.

Groete

Frikkie
Cradock
Gerard

Re: GS Custom 130 gr HV

Post by Gerard »

Hallo Frikkie,
Ek wil graag agter die kap van die byl kom en het meer inligting nodig.  Die feite wat jy gegee het is nie tipies van wat ons verwag nie en dit bekommer my.  Het jy nog daardie koeel?  Ek sal graag 'n foto wil sien.  Lyk die koeel soos die een in die eerste foto hieronder, of het dit 'n skag sonder die dryfbande?  Dit is ook belangrik vir my om te weet (of te sien) of die bootstert kegelvormig is soos op die eerste foto of met 'n kurwe soos op die koeel heel links en die een in die weggesnyde dop op die tweede foto.

Dankie vir jou terugvoer sov?r.

Image
Image
Last edited by Gerard on Wed Aug 10, 2011 8:20 am, edited 1 time in total.
User avatar
PITSMIT
Hero Member
Hero Member
Posts: 989
Joined: Thu Mar 24, 2011 10:48 am

Re: GS Custom 130 gr HV

Post by PITSMIT »

frikkie jy se nie hoe daai kudus se binnekante gelyk het nie

ek wed jou alles was merdos binne in daai kudu se vitals en dis wat saak maak.

ek is klaar oortuig het hierdie jaar vd laaste keer met duur lood koeels gejag

van nou af is dit 110gr gschv vir die 270  en 130 gschv vd 308
Ontmoet altyd nuwe vriende maar moet nooit die oues vergeet nie
" Shooters do it in any position "

.270Win  Brno de Lux  Mod ZKK600
.308Win  Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag  6" barrel
SmitH
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 453
Joined: Tue Feb 16, 2010 11:36 am

Re: GS Custom 130 gr HV

Post by SmitH »

Hier is n herwinde 150gr gschv wat ek uit n kudu gehaal het wat ek op +- 150m reg van voor geskiet het sy longe niereen hart was stukkend gewees het nog net nie die punt geweeg nie

[img width=560 height=420]http://i1105.photobucket.com/albums/h35 ... 011033.jpg[/img]
User avatar
PITSMIT
Hero Member
Hero Member
Posts: 989
Joined: Thu Mar 24, 2011 10:48 am

Re: GS Custom 130 gr HV

Post by PITSMIT »

smit weeg hom bietjie en laat weet die manne

ek sal self graag wil weet

lyk of hy mooi gewig behou het as ek moet skat so 80-90%
Ontmoet altyd nuwe vriende maar moet nooit die oues vergeet nie
" Shooters do it in any position "

.270Win  Brno de Lux  Mod ZKK600
.308Win  Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag  6" barrel
Biltongjagter

Re: GS Custom 130 gr HV

Post by Biltongjagter »

Terugvoering vanaf 'n jagter wat verskillende tipes koe?ls in sy .375H&H tydens verskillende jagte gebruik het.

Sy finale gevolgtrekking -
Wat al hierdie koe?ls se vergelyking spesiaal maak is dat almal nek of rugstring skote was. Ek is baie beindruk met die verrigting van die GS Custom koe?ls soos jy uit onderstaande inligting kan aflei.
375 H&H koe?ls herwin:
(Bekende handelsname van koe?ls ander as GSC is vervang met 'loodkern' en 'koper-X').

1. 300gr 'loodkern' koe?l @ 2630vps: 244gr of 81% gewigsbehoud. Blouwildebees - 80m - nek. Nie gepenetreer. Teen werwels gekry.

2. 300gr 'loodkern' koe?l @ 2630vps: 214gr of 71% gewigsbehoud. Blouwildebees - 30m - nek. Nie gepenetreer. Teen werwels gekry. (Dieselfde bok as bo maar in die hardloop geskiet nadat hy opgespring het omdat die eerste skoot nie gewerk het nie en ook aan die anderkant van die nek. Tweede 'loodkern' koe?l het darem die murg gebreek, al het tweede 'loodkern' koe?l ook nie die werwelkolom gepentreer nie.)

3. 300gr 'koper-X' @ 2560vps: 224gr of 74,5% gewigsbehoud. Koedoebul - 75m - "hark" skoot (raking shot). In, net voor linkerboud en gestop teen rugkolom net agter skouer,(die rugbiltong het amper vir 2/3es 'n tonnel in gehad). Dit was 'n opvolg skoot nadat die eerste skoot met 'koper-X' koe?l laag deur die longe was en die bul begin weghardloop het.

4. 265gr GS Custom HV @ 2590vps: 264,4gr of 99,8% gewigsbehoud. Koedoebul - 171m - links in, nek gebreek en stop onder die vel aan oorkantste blad.

5. 265gr GS Custom HV @ 2590vps: 264,9gr of 99,9% gewigsbehoud.
Kameelperdbul - 100 tree - Frontale nek skoot. Vel is 19mm dik, spierweefsel van ongeveer 12" en deur die voorkant van die werwel (3"-4" been) tot in die murgkanaal waar hy aan die agterkant van die kanaal herwin is. Die murg was af en die bul het soos die spreekwoordelike sak patats geval.
300Winmag

Re: GS Custom 130 gr HV

Post by 300Winmag »

Biltongjagter wrote: Terugvoering vanaf 'n jagter wat verskillende tipes koe?ls in sy .375H&H tydens verskillende jagte gebruik het.
Sy finale gevolgtrekking -
Wat al hierdie koe?ls se vergelyking spesiaal maak is dat almal nek of rugstring skote was. Ek is baie beindruk met die verrigting van die GS Custom koe?ls soos jy uit onderstaande inligting kan aflei.
375 H&H koe?ls herwin:
(Bekende handelsname van koe?ls ander as GSC is vervang met 'loodkern' en 'koper-X').
1. 300gr 'loodkern' koe?l @ 2630vps: 244gr of 81% gewigsbehoud. Blouwildebees - 80m - nek. Nie gepenetreer. Teen werwels gekry.
2. 300gr 'loodkern' koe?l @ 2630vps: 214gr of 71% gewigsbehoud. Blouwildebees - 30m - nek. Nie gepenetreer. Teen werwels gekry. (Dieselfde bok as bo maar in die hardloop geskiet nadat hy opgespring het omdat die eerste skoot nie gewerk het nie en ook aan die anderkant van die nek. Tweede 'loodkern' koe?l het darem die murg gebreek, al het tweede 'loodkern' koe?l ook nie die werwelkolom gepentreer nie.)
3. 300gr 'koper-X' @ 2560vps: 224gr of 74,5% gewigsbehoud. Koedoebul - 75m - "hark" skoot (raking shot). In, net voor linkerboud en gestop teen rugkolom net agter skouer,(die rugbiltong het amper vir 2/3es 'n tonnel in gehad). Dit was 'n opvolg skoot nadat die eerste skoot met 'koper-X' koe?l laag deur die longe was en die bul begin weghardloop het.
4. 265gr GS Custom HV @ 2590vps: 264,4gr of 99,8% gewigsbehoud. Koedoebul - 171m - links in, nek gebreek en stop onder die vel aan oorkantste blad.
5. 265gr GS Custom HV @ 2590vps: 264,9gr of 99,9% gewigsbehoud.
Kameelperdbul - 100 tree - Frontale nek skoot. Vel is 19mm dik, spierweefsel van ongeveer 12" en deur die voorkant van die werwel (3"-4" been) tot in die murgkanaal waar hy aan die agterkant van die kanaal herwin is. Die murg was af en die bul het soos die spreekwoordelike sak patats geval.
:o :o Al wat ek uit die toets sien is moenie 'n 375 koop nie !! Maak nie saak of ek met PMP, Hornady of Speer skiet nie, ek gaan met die 300 'n bwb se nek afskiet!! Ek weet want ek het een se rug met 'n sagte lood Sierra morsaf geskiet - die koeel het selfs nog die ander kantste knop ook gebreek...
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: GS Custom 130 gr HV

Post by Wouter Roets »

Koos

Daai spoed wat daai persoon kry met 300gr loodkern koeels uit die 375 klink bietjie aan die hoe kant, is dit moontlik? Of skiet hy dalk uit n 30 duim loop uit? Die spoed op die GS lyk weer vir my laag. Ek het baie ondervinding van BarnesX in die 375 en moet by uitstek se hierdie resultate wat hierdie knaap met hulle gehad het is die uitsondering! Aan die einde van die dag gaan vir GS geld wat vir BarnesX geld, nie waar nie?

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: GS Custom 130 gr HV

Post by Frikkie Coetzee »

gerhard

Ek het nog net nie kans gekry om die punt n foto van te neem en vir jou te stuur nie.Ek sal dit nog doen. My werk hou my net baie besig op die oomblik.

Die punte is definitief een van joune. Dit was by jou direk gekoop en was verpak in een van jou kenmerkende boksies. Die stert sover ek onthou is meer gerond as keelvormig. Die keelvorm op die foto  lyk nie vir my soos een van jou punte nie.

Die punt het dryfbande en was ge moly coat.

Behalwe vir Barnes X het ek nog nooit n ander monolitiese holpunt gebruik nie.

Iemand het hieronder n foto geplaas van n punt wat dieselfde tendens toon as waaroor ek kla.

Daar is ook mense wat goeie resultate met jou punte behaal. Ek is net nie een van hulle nie.

Frikkie
Cradock
Biltongjagter

Re: GS Custom 130 gr HV

Post by Biltongjagter »

Daai spoed wat daai persoon kry met 300gr loodkern koeels uit die 375 klink bietjie aan die hoe kant, is dit moontlik? Of skiet hy dalk uit n 30 duim loop uit?
Wouter, ek kan nie kommentaar lewer op terugvoer vanaf 'n jagter nie, behalwe om dit te aanvaar soos wat ek dit ontvang.
Kan net bys? dat hierdie is 'n baie bekende jagter en ek het geen rede om sy woord in twyfel te trek nie.
Die spoed op die GS lyk weer vir my laag.
Weereens Wouter, die spoed wat hy meld met die GSCHV koe?l is ?93% van die maksimum wat GSC aandui en dus heeltemal binne aanvaarbare perke vir die GSCHV koe?l om goed te presteer - wat dan ook in sy jagte bewys is.
Aan die einde van die dag gaan vir GS geld wat vir BarnesX geld, nie waar nie?
Baie duidelik nie, volgens die jagter se terugvoer ook nie.

Wouter, daar is 'n w?reldse verskil tussen GSC se dryfband koe?ls en enige ander monolitiese koe?ls, gegroef of nie gegroef nie. Lees weer punt 3 in die jagter se resultate in sy jagte wat dit staaf.

Groete,
Koos.
Last edited by Biltongjagter on Wed Aug 10, 2011 8:34 pm, edited 1 time in total.
Biltongjagter

Re: GS Custom 130 gr HV

Post by Biltongjagter »

Frikkie s?:
Iemand het hieronder n foto geplaas van n punt wat dieselfde tendens toon as waaroor ek kla.
Frikkie, daar is bitter min, indien enige, te kla oor 'n koe?l wat al hierdie onderstaande harde werk gedoen het en dan n? die tyd so lyk  ;)
"The first GSCHV bullet I have ever recovered from a game animal! I Recently shot a 62" horn length Kudubull in the Marken/Baltimore area over a distance of 180 meters with my .375H&H Magnum using a GSCHV 265gr bullet.
It was a perfectly broadsided shot, the bullet broke both large shoulder bones and was recovered under the opposite shoulder's skin. A perfect mushroom with almost all the petals fully in tact - 262.1gr retained weigth or a magnificent 98.9% weight retention after all that hard work! The Kudu dropped in it's tracks."

[img width=403 height=480]http://www.techfund.co.za/images/GSC375262C.gif[/img]
Groete,
Koos.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: GS Custom 130 gr HV

Post by Wouter Roets »

Hallo Koos

Kan jy asb vir my verduidelik wat die verskil tussen Barnes en GS in terminale verrigting gaan wees sonder om vir my leesstukke uit GS se webwerf te kwoteer. Soos ek se ek het ek bitter baie eerstehanse kennis van BarnesX in die 375 en vele ander kalibers en wat hierdie "ongelooflike bekende jagter" se resultate is kan ek jou onomwonde se is nie die reel by BarnesX nie. Hierdie resultaat kan wel  gesien word as die uitsondering op die reel. Ek dink nie ek hoef dit verder te bespreek nie.

Ek bly by my stelling dat 2630ft/sek nie veilig haalbaar is uit die 375H&H uit n 24duim loop of korter nie met Somchem poeier nie. Indien n persoon vir my se perde drolle is vye vreet ek dit nie soos soetkoek op nie! As n persoon sulke stellings maak dan plaas dit dit die res van sy storie onder n vraagteken.

Aangesien Koos Barnard se naam vroeer genoem was in die skrywe en soos ek verstaan het hy ook GS Customs getoets in die Magnum kan jy nie vir hierdie eenvoudige brein van my net so klein opsommintjie van sy resultate gee nie?

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Gerard

Re: GS Custom 130 gr HV

Post by Gerard »

Wouter,
Koos het waarskynlik nie insae in die fotos hieronder nie en kan self antwoord op jou vraag ook.  Die eerste drie fotos kom van die advertensies van ander vervaardigers van monometaal koeels, nie van GSC af nie.  Dit begin vertel die storie.  Ander vervaardigers wys betroubare (konsekwent, keer op keer) uitsetting eers van 2000vps tot 2200vps af, en as die omstandighede sleg is, selfs meer.

Image
Image
Image

Wanneer 'n koeel nie oopmaak nie, is daar 'n feitlik 100% kans dat dit sal tuimel met die onvoorspelbare gevolge wat dit meebring.  Die fotos hieronder is van onafhanklike bronne.

Image
Image

Daardie risiko word met GSC koeels radikaal verlaag.

Wanneer die vlerke van monometaal koeels afbreek, en dit gebeur met alle fabrikate, is die gewigretensie van GSC beter as ander en die GSC vlerke- en skagvorm is ontwerp om diep penetrasie te gee.  Ander vervaardigers se vlerke- en skagvorm is mogge troffe.

Image
Last edited by Gerard on Thu Aug 11, 2011 9:03 am, edited 1 time in total.
Biltongjagter

Re: GS Custom 130 gr HV

Post by Biltongjagter »

Eerstens Wouter,

Moenie my woorde verdraai om dit jou eie "ongeloof" te laat pas nie  >:(
Ek het ges? 'baie bekende jagter' - sien SA Jagter van Junie 2011 bl. 38 foto links onder.
(Regstelling: Jammer, my fout - moet wees Julie 2011 se SA Jagter bl. 38.)

Tweedens, ek antwoord nou eers omdat ek eers met di? jagter in verbinding getree het om jou "ongeloof" te weerl?.
Hy antwoord soos volg:
(i).  Hy s? hy skiet fabrieksgelaaide PMP koe?ls van 300gr uit sy 25" loop 375H&H teen 2570vps oor die chronograaf.
(ii).  Om dus self gelaaide loodkern koe?ls teen 2630vps (slegs 60vps meer) te skiet, is volgens hom maklik bereikbaar. Die betrokke loodkern koe?l genoem en gebruik in sy punt 2 en 3 in my plasing was 'n Failsafe koe?l soos vanoggend aan my bevestig is deur hom.
(iii)  Verder is jy welkom om hom persoonlik te kontak sou jy dit wil doen. Indien jy belangstel kan ek sy kontak besonderhede aan jou verskaf.

Jou eerste vraag, sonder om na lang leestukke op die GSC webwerf te verwys, het Gerard reeds beantwoord.
Ek wil net byvoeg, anders as dit wat jy hier s? van die koe?ls waarvan jy so baie ondervinding het,
... se resultate is kan ek jou onomwonde se is nie die reel by BarnesX nie. Hierdie resultaat kan wel  gesien word as die uitsondering op die reel. Ek dink nie ek hoef dit verder te bespreek nie,
kan ek jou net s?, in my agt jaar se jag met GSCHV koe?ls is en was daar nog nooit een enkele uitsondering op die re?l nie - elke keer klokslag, herhalend, absoluut betroubaar, as ek my skootplasing reg het.

Laastens, ek dink jy vra die verkeerde Koos om kommentaar te lewer oor Koos Barnard se ervarings en resultate met GSCHV koe?ls reeds in Magnum gepubliseer. Gaan lees dit self of nog beter, bespreek dit openlik hier op die forum met Koos Barnard self.

Ek het die w?reld se respek vir Koos Barnard en waar sal jy nou beter terugvoer kry as by homself.

My persoonlike siening:
Daar bestaan nie so iets soos 'n "magic bullet" nie - maw is die jagter se skootplasing nie reg nie, kry die koe?l gewoonlik die skuld.  ;D

Groete,
Koos.
Last edited by Biltongjagter on Thu Aug 11, 2011 1:37 pm, edited 1 time in total.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: GS Custom 130 gr HV

Post by Wouter Roets »

Koos/Gerhard

Kom ek begin en se dat my dink van GS Custom baie hoog is. Skakul gerus vir Stefan/Eugene/Jagterdok en hoor wat my opinie oor GS is alhoewel ek nog geen persoonlike ervaring met hulle het nie. Die verskille tussen GS en makes soos Barnes en dies meer is nie hemelsbreed as dit by terminale werksverigting kom nie en ek dink verigting sal redelik vergelykbaar wees. Ek het destyds aandagtig gelees op die GS webtuiste en dink ek het die meeste darem redelik onder die knie.

Koos ek sit met die SA Jagter Junie 2011 weergawe hier voor my en al wat op bl 38 is die artikel Baardskeerders hou troue deur Daan Doringdraad. Ter inligting ou Koos, die Failsafe koeel is basies n monolietiese koeel met tungsten insetsel aan die agterkant om die lengte te verminder. Dit is nie n loodkernkoeel nie en is geneig om vinniger druk te gee. Sy drukgrafieke was baie ooreenstemmend met die oorspronklike Barnes X. Ek het baie lank met hulle in die 375 en 30-06 geskiet en was baie tevrede. Daar was wel n tyd aan die einde waar die koeels wat vir die 300 WM se spoed ontwerp was gelaai was in die 30-06 wat veroorsaak het dat die koeel nie oopgemaak het vanwee die laer inpaksnelhede nie.

Meskien moet jy my dalk die jagter se  nommer gee dat ek hom dalk kan waarsku teen die gevare van hoe druk met herlaai aangesien die Failsafe koeel oor die gemiddel 60-80ft/sek stadiger as n konvensionele loodkernkoeel uit n 25duim loop is! Baie mens is salig onbebus daarvan, selfs van die gesoutstes! Ons het ongelukkig nie nog n opening vir volgende naweek se herlaaikursus nie dan kon ek baie meer tyd gevat het om die dinamika van herlaai vir jou verduidelik. Meskien maar beter so want ek is nie bekend vir my geduld nie!

Met elke tipe koeel is daar n uitsondering op die norm en my kommentaar was maar net daarop gebasseer dat dit nie my ervaring en n paar ander mense s'n met Barnes X is nie. Om n voorbeeld te noem daarvan is om n koeel wat deur n duk tak skiet en nog steeds die prooi dood waarna geskiet word en dit dan te wil klasifiseer as die norm van daai koeel ???
Dit is mos nie logies of regverdig nie.

Om hier ander mense se ervaring te wil inbring om Frikkie te wil oortuig dat wat hy beleef het n elusie van sy kant was is nie van pas nie. frikkie se ervaring gaan ook weer nie ander mense wat met GS Custom gelukkig is swaai nie.

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Biltongjagter

Re: GS Custom 130 gr HV

Post by Biltongjagter »

Wouter,

Dankie vir jou terugvoering, ek vind dit leersaam.

Dankie ook vir jou amperse aanbod om die dinamika van herlaai aan my te verduidelik, maar nee dankie in elk geval.

Ek dink nie jou verstaan van enigiets wat ek s? of al ges? het in watter konteks ookal, is/was bedoel om ooit as die norm van enigiets te wees nie. Hierdie interpretering van jou dui duidelik op 'n wanbegrip van geskrewe weergawes waaroor jy jou uitlaat.

So ook is hierdie hele gesprek glad nie bedoel om Frikkie of wie ookal se ervarings om te swaai in enige rigting nie. Feit is, die oorweldigende teendeel in vergelyking met die enkele ervaring, is vanselfsprekend.

Die vraag is eerder of jagters wat nog nooit GSCHV koe?ls gebruik het nie, die gebruikers daarvan kan voorskryf wat is en wat is nie, wanneer ander tipes koe?ls ter sprake kom, gebaseer op ander jagters se ervarings en ook hulle sommer summier as oningelig afgemaak word.

Jammer ou vriend, maar dis jou keuse om te wil wees wie jy verkies om te wees hieroor.

Groete,
Koos.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: GS Custom 130 gr HV

Post by Wouter Roets »

Koos

Gaan in vrede! Ek mors nie meer verder my asem met jou nie!

PS. Verstaan maar nou net weereens hoekom jy n internetbesigheid het en nie n konvensionele winkel nie!
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Post Reply