Page 3 of 4

Re: Baboonstalker knaldempers

Posted: Tue Dec 27, 2011 6:21 am
by Jassie
Julle is reg - lyk vir my hierdie manne het eintlik arme ou bekruiper se dempers en goete "gesteel". Hier gebeur dan niks of konsentreer hulle eers op die groot dae.

Ek kan nou nie meer wag nie en sal hou van selfs 'n interem verslaggie- so 'n basiese enetjie.

Ek het, lyk my, al meer as hierdie uitgesoektes geskiet?

Groete
JAS

Re: Baboonstalker knaldempers

Posted: Tue Dec 27, 2011 8:45 am
by grumpy
Wat van n foto net om die spoeg so bietjie te laat loop? :laugh:
Het enige iemand al n patroon deur een van kd gejaag wat net iets kan se? Ek jeuk waar dit nie moet en geen staalborsel of razor wire sal dit kan help nie!!!!!!!!!

Re: Baboonstalker knaldempers

Posted: Tue Dec 27, 2011 8:47 am
by Beretta
Gewone doring draad miskien help dit ;D ;D ;D ;D moet net lekker roes op he

Re: Baboonstalker knaldempers

Posted: Tue Dec 27, 2011 8:51 am
by Monrique (SJ)
Manne

Julle moet net n bietjie geduldig wees met BS, sover ek weet het niemand nog enige KD of MB gekry om te toets en hulle is nog in produksie.

Glo dat Pieter ook bietjie kwaliteit tyd saam met sy familie spandeer en nie bankvas agter die CNC masjien staan nie.


Groetnis 

Re: Baboonstalker knaldempers

Posted: Tue Dec 27, 2011 12:11 pm
by Mac
BS
Hoop maar net ons praat nie van hy wat aambuie vir geld uit sny nie?, CNC is miskien bokant sy verstands vlak.

Re: Baboonstalker knaldempers

Posted: Tue Feb 21, 2012 11:16 pm
by baboonstalker
Gelukkig kan ek darrem nou die stilte breek met 'n bietjie goeie nuus...


Ek kon gou vanmiddag 'n paar skote deur die eerste van die nuwe span dempers jaag. Dit is die buksie model en is bedoel vir die klein geweertjies van .204, 22Hornet tot .223
Die demper het ten doel om klein kalibers stil te maak sonder om te veel gewig of lengte by te sit en ek dink hy is besonders effektief vir sy groote en gewig. Ek sal die model aanbeveel vir gereelde jagters en om die kinders en vroulief lekker te laat skiet. Vir die manne wat oes sal ek egter sy ouboet aanbeveel (meer plek om carbon in te pak)


Spesifikasies:


Gewig: 191gram
lengte: 112mm
diameter: 39m


Ek het die demper op 'n Sako A1 in .223 rem getoets en kan eerlik s? dat die geweertjie die demper baie goed dra. Die balans word minimaal versteur en die geweer hanteer steeds baie maklik.
Kondisies was winderig, maar ek kon darrem sonder moeite 'n 14mm groep op 100m skiet.


So lyk hy! (die dop in die foto is 'n .243Win dop)
Image
Image
Image

Re: Baboonstalker knaldempers

Posted: Wed Feb 22, 2012 5:02 am
by Gerhard
Lyk baie netjies.

Re: Baboonstalker knaldempers

Posted: Wed Feb 22, 2012 7:35 am
by wlm
Ek dink die kleintjie is 'n bulletjie.

Re: Baboonstalker knaldempers

Posted: Wed Feb 22, 2012 7:57 am
by JPS
Wlm,
kan nie bullietjie wees nie want hy is nie pienk nie. ;D

BS baie baie netjies. Kan ons al die ouboet beztel by jou? ek sal graag een vir .25-06 wil bestel so gou as moontlik is?

Groete
JP

Re: Baboonstalker knaldempers

Posted: Wed Feb 22, 2012 8:26 am
by grumpy
JPS +1 !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Prys asb.

Re: Baboonstalker knaldempers

Posted: Wed Feb 22, 2012 8:39 am
by Vantheman
Ek sal ook belangstel in een vir 'n 243.

Wil net iets weet, sal mens hom laat pas op 'n varmint(dik loop) ook? Draai mens maar net bietjie meer van die loop af?

Re: Baboonstalker knaldempers

Posted: Wed Feb 22, 2012 11:37 am
by BLOK
Lyk baie grend. Se gou is hulle staal of aluminium en hoeveel kamers het hy in. As jy se dit is meer vir manne wat nie oes nie hoeveel skote verwag jy behoort mens deur hom te kan kry voor hy toegepak is maw nie meer so goed werk nie.

En dan laastens wat behoort die prys te wees as jy nog nie het nie gee maar geskatte.

Dit kan dalk net die ding wees vir die 204 wat ek nou gekoop het.

Re: Baboonstalker knaldempers

Posted: Wed Feb 22, 2012 2:45 pm
by wlm
[quote]Wlm,
kan nie bullietjie wees nie want hy is nie pienk nie.

JPS
Kom ons se maar pienk van plesier. ;D

Re: Baboonstalker knaldempers

Posted: Mon Feb 27, 2012 9:41 pm
by baboonstalker
Van, Jy kan hom op enige roer laat pas. Ek sny die demper volgens jou loop en jy hoef dus nie jou loop te verwoes deur hom te dun te sny nie.
Blok, Die buksie is van Aluminium en het 3 baffles (7 kamers) Ek glo hy sal 'n paar duisend skote se pak vat. Die dempers skroef uitmekaar en solank jy hom nog uit mekaar kan haal kan jy hom skoonmaak. Dit klink voorwaar soos die 204 se maat.
Ek plaas die pryse op die volgende post.

Re: Baboonstalker knaldempers

Posted: Mon Feb 27, 2012 10:02 pm
by baboonstalker
Menere,
Die ontwerpe is gefinaliseer en daar sal aanvanklik 4 basiese modelle beskikbaar wees wat elk aangepas kan word om by jou spesifieke geweer te pas.
Buksie - Aluminium demper vir medium diens op die ligter kalibers en waar balans van geweer belangrik is - R1300
Medium  - Staal demper vir standaard kalibers soos 22-250 tot 308 - R1500
Groot - Staal demper vir groter dop kapasiteite soos 22-250 tot 30-06 - R1700
Magnum - Staal demper vir die magnums tot 300WM kapasiteit - R1900


Al die dempers skroef uitmekaar en kan gediens word.
Vlekvrye staal dempers is beskikbaar op aanvraag.
Dempers is beskikbaar in glans of matt afwerking.
Rubber kous om "ping" en mirage te verminder sal beskikbaar wees as opsionele extra.
Die eerste dempers sal gereed wees vir aflewering op die 14de Maart 2012.


Kontak my enige tyd as julle nog vrae het.
gokinetix(by)telkomsa.net
082 9545 830

** Jaracal lede sal 10% afslag kry **

Re: Baboonstalker knaldempers

Posted: Mon Feb 27, 2012 10:08 pm
by immelmanw
Awesome Pieter, gaan jy dam so tussen jou CHASA Kaapjag A Span en die knaldempers en blitsbrekers dam tyd kry vir ons anealingmasjiene ook? Asseblief man!

Re: Baboonstalker knaldempers

Posted: Mon Feb 27, 2012 10:15 pm
by baboonstalker
Willem,


Ek is kliphard besig om al die dingetjies klaar te kry. (en dan is daar nog SARS ook op my case  :police:  :o :o )

Re: Baboonstalker knaldempers

Posted: Mon Feb 27, 2012 10:51 pm
by immelmanw
Wie is SARS?

Re: Baboonstalker knaldempers

Posted: Mon Feb 27, 2012 11:11 pm
by Francois Marais
Wimmelman

SARS=SA Revenue Services  8) 8) 8) 8) 8)

Mooi loop
Francois

Re: Baboonstalker knaldempers

Posted: Mon Feb 27, 2012 11:15 pm
by immelmanw
Doen hulle die vuurwapenlisensies?

Re: Baboonstalker knaldempers

Posted: Tue Feb 28, 2012 8:10 am
by baboonstalker
[size=11px]Doen hulle die vuurwapenlisensies?[/size]
Nee, maar hulle reken ek moet minder aandag gee aan skiet en meer aan my(hulle) papierwerk  :-\

Re: Baboonstalker knaldempers

Posted: Tue Feb 28, 2012 11:29 am
by Spanner
Manne, is enige van die 3 eerwaarde evalueerders se bevindinge al beskikbaar ?  Ek was nou vir 'n paar dae weg en is bang ek het dit gemis. 

Re: Baboonstalker knaldempers

Posted: Tue Feb 28, 2012 11:52 am
by Jagtersdok
Nee Spanner

Ons wag nog vir die kd's om die toetse te kan doen

Re: Baboonstalker knaldempers

Posted: Tue Feb 28, 2012 12:07 pm
by Spanner
Gaaf dan, ek staan by. 

Wil self vir my so speelding op my nuwe Howa .223 sit - as die polisie DIENS so gaaf gaan wees om my met hom te vertrou. 

Re: Baboonstalker knaldempers

Posted: Tue Feb 28, 2012 1:18 pm
by baboonstalker
Spanner, Die toetsers se kd's sal die eerstes wees om uit te gaan.
Pieter