Page 21 of 24
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Tue Apr 18, 2023 8:35 pm
by Mellies
More vroeg sleep ons Zeerust toe.
Rooibok
BWB
Modderbok
Kudu
Eland
Dalk Njala
Ou Stefaans, my 06 met 200gr bone @ 2520 voete sal my vergesel.
Met n vleisie...
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Wed Apr 19, 2023 5:56 am
by Apie
Mellies wrote:More vroeg sleep ons Zeerust toe.
Rooibok
BWB
Modderbok
Kudu
Eland
Dalk Njala
Ou Stefaans, my 06 met 200gr bone @ 2520 voete sal my vergesel.
Met n vleisie...
Lekker!!
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Wed Apr 19, 2023 7:06 am
by ruaanb
Geniet Mellies!
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Wed Apr 19, 2023 7:50 am
by Capt. Yoda
Mellies wrote: Tue Apr 18, 2023 8:35 pm
More vroeg sleep ons Zeerust toe.
Rooibok
BWB
Modderbok
Kudu
Eland
Dalk Njala
Ou Stefaans, my 06 met 200gr bone @ 2520 voete sal my vergesel.
Met n vleisie...
Ek hoop dit reen heel week in Zeerust, lekker koue winter reen.
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Tue Apr 25, 2023 9:15 am
by Geno
Ek en Frikkie Coetzee gaan bietjie bergklim agter vaalribbokke aan die naweek.
Ek is bitter opgewonde. Sal moontlik my een .243 vat vir die uitstappie.
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Tue Apr 25, 2023 11:16 am
by Maroelas
Ons ry Donderdagoggend vroeg Steenbokpan toe! Blouwildebees en rooibok op my lysie.
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Tue Apr 25, 2023 12:38 pm
by Frederik
Lekker Geno, jy moet ons vertel van die trippoie asb ek stel baie belang.
Donderdag kap ons die pad Ellisras toe in die berge vir vleis en wat ookal mooi lyk wat voor ons inloop.
Gaan spesiaal wees 3 Pa en seuns en al drie seuns is Matriek.
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Wed Apr 26, 2023 1:31 pm
by OupaZA
Mooi waterbok geskiet saterdag,
Groot lyf... 155kg (Kop en vel af)
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Wed Apr 26, 2023 2:25 pm
by Stef1274
Oppad na blesbok daguitstappie in Mei. Kan nie wag om nuwe 165gr resep te gaan try nie. Met 'n nuwe kleuter in die huis is dit vir eers al wat die tyd en geld budget toelaat, maar ek gaan vrek as ek nie bietjie in die veld uitkom nie
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Wed Apr 26, 2023 2:51 pm
by sako 30-06
OupaZA wrote: Wed Apr 26, 2023 1:31 pm
Mooi waterbok geskiet saterdag,
Groot lyf... 155kg (Kop en vel af)
Baie geluk, daai bul het duidelik nie n tekort aan kos gehad nie.

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Tue May 02, 2023 1:28 pm
by Capt. Yoda
Nou vertel niemand van hulle trips nie? Moet ons nou weer sprokies verhale oor EV's lees om deur die middag te kom?
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Tue May 02, 2023 1:33 pm
by Supacow
Die waterbok was so groot dat Oupa besluit het om n 458 te koop. Lott om dubbel seker te maak.
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Tue May 02, 2023 1:39 pm
by Stephan86
So ek was in die bos, daar naby Frederik glo ek.
My naweek was skiet gewys nie baie suksesvol nie, kon net twee ure in die veld spandeer, maar dit was steeds baie spesiaal en lekker om saam met OupaZA koedoes te soek. Mooi koedoe koeie gekry, maar ongelukkig geen skoot nie.
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Tue May 02, 2023 1:46 pm
by Frederik
Ek moet bietjie werk inhaal maar storie is oppad.
Koedoe bul wat geval het na 3 dae in koelkamer 204KG uitgeweeg by slagter gister.
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Tue May 02, 2023 2:11 pm
by Geno
Capt. Oblivious wrote: Tue May 02, 2023 1:28 pm
Nou vertel niemand van hulle trips nie? Moet ons nou weer sprokies verhale oor EV's lees om deur die middag te kom?
Ek is bang jy verwar my RHB weer met 'n blesbok wanneer jy lees, so ek sê eerder niks.
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Tue May 02, 2023 2:14 pm
by Capt. Yoda
Geno wrote: Tue May 02, 2023 2:11 pm
Capt. Oblivious wrote: Tue May 02, 2023 1:28 pm
Nou vertel niemand van hulle trips nie? Moet ons nou weer sprokies verhale oor EV's lees om deur die middag te kom?
Ek is bang jy verwar my RHB weer met 'n blesbok wanneer jy lees, so ek sê eerder niks.
hahaha tjom daai was 4uur die ogend in Dullstroom toe ek da na gekyk het en ek het die foto voor die video gesien, in my defence daai RHB kon nie baie meer as n Harrismith blesbok weeg nie
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Tue May 02, 2023 3:09 pm
by Geno
Capt. Oblivious wrote: Tue May 02, 2023 2:14 pm

Daai RHB koei was 67kg uitgeslag...
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Tue May 02, 2023 5:26 pm
by NicoSmit
IMG-20230430-WA0004.jpg
1 Mooi Blesbok gekry die afgelope naweek in Vrede
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Tue May 02, 2023 5:44 pm
by Supacow
Mooi kiki
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Tue May 02, 2023 5:46 pm
by Gian_dP
Oor twee weke vat ons die pad Graaff-Reinet toe. Kan nou nie meer wag nie! Paar springbokke(voorsit met 22-250AI) en SWB(op voet met 375) op my wenslys.
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Tue May 02, 2023 5:48 pm
by Gian_dP
NicoSmit wrote:
1 Mooi Blesbok gekry die afgelope naweek in Vrede
Baie mooi!
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Tue May 02, 2023 6:46 pm
by J le Roux
Ons is ook Vrydag na 'n klein wildsplasie naby Bylsteel om vinnig 'n rooibok of 3 te skiet.
Nou ja, die veld is nog ruig en rooibokke bly maar 'n wakker bok.
Ek het darem 'n mooi ram wat net oor 40kg uitgeslag het gekry.
Screenshot_20230502_184616_Gallery.jpg
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Wed May 03, 2023 6:59 am
by OupaZA
Supacow wrote: Tue May 02, 2023 1:33 pm
Die waterbok was so groot dat Oupa besluit het om n 458 te koop. Lott om dubbel seker te maak.
Haha, kon self nie glo hoe swaar daai bok was nie. Moerse dik dek gehad. Nie baie lang horings maar baie mooi dik basisse!
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Wed May 03, 2023 7:00 am
by OupaZA
Mooi bok daai J Le Roux!!
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Wed May 03, 2023 7:56 am
by Capt. Yoda
Geno wrote: Tue May 02, 2023 3:09 pm
Capt. Oblivious wrote: Tue May 02, 2023 2:14 pm
Geno wrote: Tue May 02, 2023 2:11 pm
Ek is bang jy verwar my RHB weer met 'n blesbok wanneer jy lees, so ek sê eerder niks.
hahaha tjom daai was 4uur die ogend in Dullstroom toe ek da na gekyk het en ek het die foto voor die video gesien, in my defence daai RHB kon nie baie meer as n Harrismith blesbok weeg nie
Daai RHB koei was 67kg uitgeslag...
Goed jy het haar af gehaal dan, arme ding het seker nie meer tooths gehad nie