Dankie vir die komplimente kerels, dit word waardeer. Louis, jy's reg wat die foto's aan betref mens kan nie baie mooi sien nie. Ek sal sodra my kammera weer terug is oordentlike foto's neem en plaas. Kom ek begin verduidelik, gaan my bes probeer om alles te cover maar ek mag 'n punt hier en daar mis. Help my maar reg as dit gebeur. Ek gebruik Tewis se roeper met draagbare CD speler om vlekkie in te lok.
1. Die stoel bout met 4 x 10mm boute agter op die bakkie se bak vas.
2. Daar is 'n aparte krag lyn wat deur getrek is van die bakkie se battery af met 'n 30A fuse. Op die bak is daar 'n Hella Female plug waaraan die hoof krag toevoer koppel. Op die stoel se basis (onder die voet ring) is daar ook 'n Hella Female plug wat die krag in die stoel invoer. Sodra die stoel agter op die bakkie gemonteer is gebruik jy 'n konneksie koord(met 2 hella male plugs) om die krag toevoer na die stoel te koppel.
3. Ek het maar gebruik gemaak van "altenator" slip ringe en borsels wat onder aan 'n Opel Astra se agterwiel "bearing" gemonteer is om die krag deur die roterende gedeelte van die stoel te voer. Bo-op die stoel is daar 4 x 12V kragpunte vir ligte (3xHella en 1x12V Lighter socket). So daar is genoeg plek om jou ligte aan te koppel. Dan is daar ook 'n CD speler "mounting" bo-op die skiet tafel (dit is nou die vlieende piering wat julle op die foto's sien.). Die een 12V Hella krag punt is tussen die voorste rifle rest en CD speler geplaas, om jou geweer lig aan te koppel. Die res van die kragpunte is aan die heel regterkantste/agterste gedeelte van die tafel geplaas, meer en deels om hand ligte en soek ligte aan te koppel.
4. Dan is daar die groot ronde ring 400mm onderkant die basis van die sitplek wat dien as jou voet rus en ook om die stoel te "menouver" (kan 360 grade in die rondte draai.) Ek het ook 'n voet briek in gebou vir indien 'n mens half teen 'n skuinste staan en die stoel redelik stremming op jou bene plaas om die "rig" stil te hou indien jy wil skiet. Jy plaas net jou regter voet op die briek en hy skop solied vas, dan kan jy beter konsentreer op die skoot.
5. Die sitplek en rug leuning kissings raak stewig aan mekaar om te verhoed so veel as moontlik dat die koue buite lug 'n man se niere negatief aantas. Dan het ek ook 'n CD en algemene houer aan die linkerkantste arm leuning aan gebring vir al daai goed wat moontlik in die pad kan wees tydens die jagtog.
6. Laaste maar nie die minste nie, mens kan die stoel gemaklik en gerieflik binne in jou eie huis voor die TV gebruik. Die voorste rifle rest kan gebruik word om die remote vas te hou en die ingeboude skinkbord en koffie beker houer kom handig te pas indien jy sommer daar wil eet en Carteblance kyk...

My vrou wil natuurlik nie byt aan hierdie voorstel nie, kan dit net nie verstaan nie dit maak tog prakties sin. Ek sal vir haar ook 'n TV stoel bou met liefde, dan hoef ons nie te baklei nie...
O ja voor ek vergeet, daai bekker/glas houer is eintlik daar geplaas om so bietjie warm maak goed vas te hou vir hierdie laaaang koue winters nagte.