Ex Musgrave werknemer- navrae welkom
-
Daan Els
- Full Member

- Posts: 193
- Joined: Sun Jun 24, 2012 12:40 pm
Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom
Ek vat n kans.......jy mag dalk n loop he wat op onderste vlak van die toegelate toleransie le, m.a.w....n stywe loop. Die loop het n max & min toleransie en joue kan dalk bietjie styf wees maar steeds binne toegelate mates.
Is die geweer se kopspasie reg? Oor herlaai kan ek jou absoluut niks mee help nie, het nog nooit eintlik belang gehad in die hobby. Daar is manne op die forum wat jou baie goed kan adviseur.
Sterkte,
Daan

- pam
- Full Member

- Posts: 146
- Joined: Sun Sep 30, 2012 9:14 pm
Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom
Dankie daan soo met my oplees ens het ek ook tot die gevolgtrekking gekom dat dit n stywe tolleransie was en is bitter bly jy dink dis moontlik ook die ding. Ek lewe met dit saam en werk maar my ladings soo uit dat ek compensate vir die 200 v/sec. Ek sal met james praat hy is mos maar die herlaai boffin en ek ken hom goed was n ou pantser troepie by myDaan Els wrote:Ek vat n kans.......jy mag dalk n loop he wat op onderste vlak van die toegelate toleransie le, m.a.w....n stywe loop. Die loop het n max & min toleransie en joue kan dalk bietjie styf wees maar steeds binne toegelate mates.
Is die geweer se kopspasie reg? Oor herlaai kan ek jou absoluut niks mee help nie, het nog nooit eintlik belang gehad in die hobby. Daar is manne op die forum wat jou baie goed kan adviseur.
Sterkte,
Daan
Ek sal haar vat vir n kopspasie checkup net vir sekerheid. Dankie vir die terugkom geniet die aand.
ARMOUR!!! Because the police also needs to call someone
- pam
- Full Member

- Posts: 146
- Joined: Sun Sep 30, 2012 9:14 pm
Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom
mmmmm sorry wat is meer verkieslik??? n max of minimum tolleransie??? Sorry pop die vraag sommer gou in my kop oppam wrote:Dankie daan soo met my oplees ens het ek ook tot die gevolgtrekking gekom dat dit n stywe tolleransie was en is bitter bly jy dink dis moontlik ook die ding. Ek lewe met dit saam en werk maar my ladings soo uit dat ek compensate vir die 200 v/sec. Ek sal met james praat hy is mos maar die herlaai boffin en ek ken hom goed was n ou pantser troepie by myDaan Els wrote:Ek vat n kans.......jy mag dalk n loop he wat op onderste vlak van die toegelate toleransie le, m.a.w....n stywe loop. Die loop het n max & min toleransie en joue kan dalk bietjie styf wees maar steeds binne toegelate mates.
Is die geweer se kopspasie reg? Oor herlaai kan ek jou absoluut niks mee help nie, het nog nooit eintlik belang gehad in die hobby. Daar is manne op die forum wat jou baie goed kan adviseur.
Sterkte,
Daan![]()
Ek sal haar vat vir n kopspasie checkup net vir sekerheid. Dankie vir die terugkom geniet die aand.
ARMOUR!!! Because the police also needs to call someone
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4596
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom
Pam, gee bietjie jou lading, dan kyk ek wat sê QLoad. As die druk probleme nie te erg is nie, dan sal ek die kombinasie so los. Die 6mm Musgrave is bekend daarvoor, dat hy jou kan opdraende gee, voordat jy die regte lading het. Maw, bietjie druk maar goeie akuraatheid, moet jy liefs nie aan torring nie.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
- swc-tr
- Hero Member

- Posts: 1516
- Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm
Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom
"Stywe" loop dimensies lewer hoër drukvlakke en ooreenstemmende hoër snelhede, nie anders om nie.
Stem saam dat die "druktekens" wat jy sien moontlik deur groot kopspasie veroorsaak kan word, veral as die geweer op 'n Lee Enfield (".303") tipe aksie gebou is.
Stem saam dat die "druktekens" wat jy sien moontlik deur groot kopspasie veroorsaak kan word, veral as die geweer op 'n Lee Enfield (".303") tipe aksie gebou is.
- pam
- Full Member

- Posts: 146
- Joined: Sun Sep 30, 2012 9:14 pm
Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom
Hallo james ek het hom duer qload gehardloop maar op die baan kry ek op gemiddels 200f/sec meer as die voorspelde snelheid. Ek skiet nou uit my kop uit maar dis 86grein hornady sp's met 38 grein 361 lading en oal is 71mm Doplengte ontgaan my nou? PMP dope sal die naweek gou seker maak en lat weet ek jou dan double check jy hom vir my. Kan ook wees dat daai 361 bietjie warm is songhem kan mos nie hulle lotte naby aan mekaar hou nieJames Wilson wrote:Pam, gee bietjie jou lading, dan kyk ek wat sê QLoad. As die druk probleme nie te erg is nie, dan sal ek die kombinasie so los. Die 6mm Musgrave is bekend daarvoor, dat hy jou kan opdraende gee, voordat jy die regte lading het. Maw, bietjie druk maar goeie akuraatheid, moet jy liefs nie aan torring nie.
Dankie man en laat die vlam brand
ARMOUR!!! Because the police also needs to call someone
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4596
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom
Wat is die spoed waarvan jy hier praat?
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
- pam
- Full Member

- Posts: 146
- Joined: Sun Sep 30, 2012 9:14 pm
Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom
Ek het vir jou n mail gestuur as ek die return mail kry dan stuur ek vir jou kwikload se printout.James Wilson wrote:Wat is die spoed waarvan jy hier praat?
hy praat van 2692v/sek ek ek kry op die cronie 2850v/sec.
ek wag vir jou return mail dan praat ons op pm
dankie
ARMOUR!!! Because the police also needs to call someone
- pam
- Full Member

- Posts: 146
- Joined: Sun Sep 30, 2012 9:14 pm
Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom
Dankie swc, ja hy is op die enfield aksie. Ek ken n goeie wapensmid sal haar vir hom vat miskien is dit maar my probleempie. Verder is daai gun pragtigswc-tr wrote:"Stywe" loop dimensies lewer hoër drukvlakke en ooreenstemmende hoër snelhede, nie anders om nie.
Stem saam dat die "druktekens" wat jy sien moontlik deur groot kopspasie veroorsaak kan word, veral as die geweer op 'n Lee Enfield (".303") tipe aksie gebou is.
ARMOUR!!! Because the police also needs to call someone
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4596
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom
Pam, jy se s361? Is jy seker, is dit nie S365 nie?
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
- pam
- Full Member

- Posts: 146
- Joined: Sun Sep 30, 2012 9:14 pm
Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom
james dankie vir die moeite en hulp dink ek is nou reg. Sal gan hoor onder herlaai forum vir die sonkem update folder van quikloadJames Wilson wrote:Pam, jy se s361? Is jy seker, is dit nie S365 nie?
ARMOUR!!! Because the police also needs to call someone
- deserthuntr
- Full Member

- Posts: 239
- Joined: Mon Mar 03, 2014 1:44 pm
Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom
Goeiemiddag Oom Daan.
Hoop dit gaan goed? Hoop u kan my help asseblief. Het my eerste bok jare gelede met 'n 6mm (Musgrave loop op 'n P14 aksie) geskiet. Het toe onlangs vir my so 'n soortgelyke geweer aangeskaf, ook 'n 6mm met 'n P14 aksie en 'n musgrave loop. Die holf lyk soos die oorspronklike P14 kolf wat net afgewerk is. Op die loop staan nog: "Musgrave & Seuns" en die serial nommer is OB 4**93. Nou ek het verneem dat Musgrave se rekords en datums van vervaardiging nie meer beskikbaar is nie, maar kan u my dalk 'n ongeveer-datum gee van waneer die geweer so omgebou was? Dink die "Musgrave & seuns" op die loop maak dit nogal 'n ou geweer? Blykbaar is die geweer baie akkuraat, sal uitvind sodra ek my lisensie kry. Die loop is net op die punt gepak met, wat lyk soos Pratley Putty?? Het u enige ervaring met die 6mm's? Wil graag 'n nuwe kolf bou en wonder oor die pak/"bedding", of dit 'n vol "bedding" moet wees, vrye loop of weer die geweer moet pak soos wat hy gepak was?
Enige hulp en inligting sal waardeer word.
Baie dankie en groete
Ian
Betlehem

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
CZ Varmint .308
Mugrave 6mm P14
God is getrou. I Kor 1:9
Mugrave 6mm P14
God is getrou. I Kor 1:9
- Philip J
- Hero Member

- Posts: 925
- Joined: Fri Mar 14, 2014 8:58 pm
Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom
Hallo oom Daan.
Ek het ' n Musgrave in 6mm Musgrave.
Die nommer op die loop en slot is as volg: OB 6V 149.
Dit het 'n RSA aksie ( dink ek )
Kan oom dalk vir my sê watse model dit is?
Ek wil ook graag weet wat die verskil is tussen die Veld, Vrystaat en Presidents
Modelle.
Ek weet ongelukkig nie wanneer die geweer die eerste keer gekoop is nie.
Ek het dit in 1999 tweedehands gekoop vir die bedrag van R1500 ( wat 'n geweersak, Bushnell teleskoop en 60 patrone ingesluit het)
Ek het ' n Musgrave in 6mm Musgrave.
Die nommer op die loop en slot is as volg: OB 6V 149.
Dit het 'n RSA aksie ( dink ek )
Kan oom dalk vir my sê watse model dit is?
Ek wil ook graag weet wat die verskil is tussen die Veld, Vrystaat en Presidents
Modelle.
Ek weet ongelukkig nie wanneer die geweer die eerste keer gekoop is nie.
Ek het dit in 1999 tweedehands gekoop vir die bedrag van R1500 ( wat 'n geweersak, Bushnell teleskoop en 60 patrone ingesluit het)
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Groetnis
Philip
Philip
-
Werries1
- Newbie

- Posts: 10
- Joined: Mon May 19, 2014 9:56 am
Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom
Dagse Oom Daan,
Nou ja, hier is ek ook. Wat kan ek se, ek wil ook, soos die ander manne, graag ietsie uitvind.
Ek het onlangs 'n tweedehandse 22-250 Musgrave aangestel. Nog in beter as puik toestand. Blykbaar nog net 17 skote met die geweer geskiet.
Ek wil graag weet watse jaar model die geweer is en of is dit die vyfde geweer van sy reeks?
Op die loop is: M90 - M0005.
Miskien kan iemand anders op die forum my ook meer inligting verskaf.
Ek luister graag.

projagter
- Sr. Member

- Posts: 374
- Joined: Sun Feb 03, 2013 9:27 am
Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom
Daan.
Jammer dat die Musgrave geskiedenis en besondere deel van ons wapengeskiedenis nie op rekord is nie.
Dit laat 'n leemte wat net tot ons eie nadeel sal wees.
Ek besit die volgende skyfskiet (plankgewere) gewere: die Rep Aksie ( Republiek van SA), die RSA aksie, en die Lyttelton Aksie. Ek verbeel my dat ek die gewere in die volgorde aangekoop het en dat hulle in die volgorde vervaardig was.
IS AL DRIE DIE AKSIES VIR MUSGRAVE vervaardig DEUR LIW??
Wat weet jy van die VECTOR 98, die Vector Lyttelton en die Vector Bushveld -- sover ek my kan herrinner was die benaming Lyttelton gegee aan 'n nuwe aksie vir Vektor waaroor nogal baie opspraak en bekendstelling was -- ek besit een van hul demonstrasie / bekendstelling gewere. Die naam Lyttelton is egter glo voor produksie werklik op dreef kon kom, vervang met Bushveld asgevolg van 'n rassesituasie oorsee wat aan die naam lyttelton gekoppel was -- Of daar ooit Bushveld gewere vervaardig was voor Vector se verdwyning weet ek nie.
Dankie. Ek waardeer alle inligting.
Duidelikheid asb.
Dankie Baie

- Gernie
- Hero Member

- Posts: 771
- Joined: Tue Apr 07, 2009 4:24 pm
Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom
Naand Oom Daan
Vriend van my het n 243 musgrave gekoop, blykbaar n k98 aksie. Is dit moontlik om dalk n datum van vervaardiging kan kry vanaf serial nommer: D980374 staan op loop.
Vriend van my het n 243 musgrave gekoop, blykbaar n k98 aksie. Is dit moontlik om dalk n datum van vervaardiging kan kry vanaf serial nommer: D980374 staan op loop.
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4596
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom
Manne, ek sien hier is weer heelwat vrae vir Daan. Ek sal om skakel en sê hy moet met die eerste geleentheid moontlik die vrae antwoord.
Gernie, jammer maar uit vorige antwoorde wat Daan al gegee het, kan ek vir jou sê, dat dit nie gaan moontlik wees vir n datum nie
Gernie, jammer maar uit vorige antwoorde wat Daan al gegee het, kan ek vir jou sê, dat dit nie gaan moontlik wees vir n datum nie
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom
Daan sal dit moontlik bevestig: Die eerste RSA-aksies is in Bloemfontein deur Musgrave vervaardig. Interessant is dat hierdie gewere slegs een proefmerk het, terwyl die gewere met Lyttleton aksies - asook al die ander latere modelle twee proefmerke het - een op die loop en een op die aksie self. Die proefmerk bestaan natuurlik uit die kenmerkende "T" en springbokhorings wat horisontaal opgelyn is. Ons familie is gelukkig om 'n hele paar van hierdie gewere te hê - met beide en enkel proefmerke...projagter wrote:Daan.
Jammer dat die Musgrave geskiedenis en besondere deel van ons wapengeskiedenis nie op rekord is nie.
Dit laat 'n leemte wat net tot ons eie nadeel sal wees.
Ek besit die volgende skyfskiet (plankgewere) gewere: die Rep Aksie ( Republiek van SA), die RSA aksie, en die Lyttelton Aksie. Ek verbeel my dat ek die gewere in die volgorde aangekoop het en dat hulle in die volgorde vervaardig was.
IS AL DRIE DIE AKSIES VIR MUSGRAVE vervaardig DEUR LIW??
Wat weet jy van die VECTOR 98, die Vector Lyttelton en die Vector Bushveld -- sover ek my kan herrinner was die benaming Lyttelton gegee aan 'n nuwe aksie vir Vektor waaroor nogal baie opspraak en bekendstelling was -- ek besit een van hul demonstrasie / bekendstelling gewere. Die naam Lyttelton is egter glo voor produksie werklik op dreef kon kom, vervang met Bushveld asgevolg van 'n rassesituasie oorsee wat aan die naam lyttelton gekoppel was -- Of daar ooit Bushveld gewere vervaardig was voor Vector se verdwyning weet ek nie.
Dankie. Ek waardeer alle inligting.
Duidelikheid asb.
Dankie Baie
Hein M
-
projagter
- Sr. Member

- Posts: 374
- Joined: Sun Feb 03, 2013 9:27 am
Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom
Hein
Dankie
Onse Daan is skaars met sy reaksie. Kom ons wag en sien wat hy sê.
Die sogenaamde Rep. aksies was van die beste nog -- kan nie verstaan hoekom die barbarossa nodig was nie???
Pro
Dankie
Onse Daan is skaars met sy reaksie. Kom ons wag en sien wat hy sê.
Die sogenaamde Rep. aksies was van die beste nog -- kan nie verstaan hoekom die barbarossa nodig was nie???
Pro
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom
"barbarossa"?projagter wrote:Hein
Dankie
Onse Daan is skaars met sy reaksie. Kom ons wag en sien wat hy sê.
Die sogenaamde Rep. aksies was van die beste nog -- kan nie verstaan hoekom die barbarossa nodig was nie???
Pro
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom
Musgrave kon nie destyds voorbly om in die aanvraag na gewere te voorsien nie. Die RSA aksies was duur en stadig om te vervaardig. Hulle het, om hierdie rede begin kyk na ander aksies soos surplus militêre aksies uit Europa en die Santa Barbera - wat in Spanje vervaardig is asook die Suid-Afrikaans vervaardigde Lyttleton, waarvan die aanleg in Pretoria was. Die ombou van Lee Enfield gewere na 6mm Musgrave was ook 'n poging om in die plaaslike aanvraag te voorsien - en terselfdertyd geld te maak. Die isolasietyd in Suid-Afrika het aan Musgrave hierdie nis in die Suid Afrikaanse geweermark giebied.
Vir die gewone jagter was hierdie aksies meer as voldoende, want dit het 'n pakket van baie goeie akkuraatheid gebied.
Musgrave se custom shop het steeds ekskusiewe gewere vir die fynproewer vervaardig. Hulle is nogal heel gesog vandag.

- Jacques Duckitt
- Newbie

- Posts: 47
- Joined: Mon Jun 23, 2014 2:47 pm
Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom
Hi Daan,
kan jy asb vir my sê wat die model is van die Musgrave 270?
byvoorbaat dankie,
kan jy asb vir my sê wat die model is van die Musgrave 270?
byvoorbaat dankie,
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Musgrave .270 k98
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom
Hallo Jacques!
Daan is nog uitstedig en ons wag op sy terugkeer.
Jou geweer se aksie is vervaardig deur Fabrique Nationale in Herstal, België. Dus is dit 'n Belgiese mauser aksie. Het die geweer 'n Musgrave loop? Pragtige geweer!
Hein M
Daan is nog uitstedig en ons wag op sy terugkeer.
Jou geweer se aksie is vervaardig deur Fabrique Nationale in Herstal, België. Dus is dit 'n Belgiese mauser aksie. Het die geweer 'n Musgrave loop? Pragtige geweer!
Hein M
- Jacques Duckitt
- Newbie

- Posts: 47
- Joined: Mon Jun 23, 2014 2:47 pm
Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom
ja het n musgrave loop. ek dit gekoop vir n groot bargain en vul nou die lisensie papiere in maar nerens staan wat se model dit is nie. Kan dit die K98 wees, moet by die model die regte inlingting invul.
Musgrave .270 k98
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom
Jacques,Jacques Duckitt wrote:ja het n musgrave loop. ek dit gekoop vir n groot bargain en vul nou die lisensie papiere in maar nerens staan wat se model dit is nie. Kan dit die K98 wees, moet by die model die regte inlingting invul.
Dit is 'n Belgiese Mauser '98 en Musgrave het die geweer inmekaargesit. Een van die heel beste Mauser aksies ooit, want Herstal het net die beste staal (daardie tyd) vir hulle aksies gebruik en sekerere aanpassings het dit ook akkurater gemaak.
Hoop dit help...