GS Custom 130 gr HV

User avatar
Johan JvR
Hero Member
Hero Member
Posts: 617
Joined: Mon May 16, 2011 10:06 am

Re: GS Custom 130 gr HV

Post by Johan JvR »

Middag manne

Ek wil net graag sekerheid kry.

Kom ons s? ek wil 'n koe?l met my 7x57 skiet teen 2850fps omdat dit die trajek is wat ek wil gebruik met my teleskoop se kruis met sy afmikmerkies - beteken dit dan dat ek eerder nie GSC koe?ls moet gebruik nie en eerder iets soos 'n Nosler accubond moet gebruik vir jag?

Ek wil nie 'n geveg by enige iemand uitlok nie, ek vra 'n onskuldige vraag - asb.

Baie dankie
Johan
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: GS Custom 130 gr HV

Post by Wouter Roets »

More Oom Gerard

Soos Oom kan sien adresseer ek Oom vandag aan met die byvoeging. Ek het n foto van Oom die eerste keer gesien in Pierre se boek en daar het die ouderdomsverskil nie so groot gelyk nie. Ek het gaan kyk op die link van die kwaliteitsbeheer wat Oom opgesit het en daar n nuwer foto gesien en ook so bietjie rondgelees oor die agtergrond van GS Custom. Vandaar nou die Oom gedeelte! Moet se die aftrede vanaf 1999 lyk baie rustig in Oom se geval te wees! ;D Verskoon dat ek nou eers dit doen maar daar was nie n aanduiding tot nou toe van ouderdom nie.

Ek het redelik tot laat gestraand gelees aan julle webtuise en moet se nerens daarop staan dat julle dryfband tegologie koeels moet teen n spesifieke spoed geskiet word nie. n Mens kan wel agter kom dat julle dit so verkies om al die dinamiese eienskappe wel na vore te laat kom.

Die miskonsepsie van die spoedkwessie het maar sy onstaan op hierdie forum en Koos B moet maar pa staan vir die een. Ek hoop nou nie hierdie stelling begin nou weer n storie nie maar dit is wel so. Dit is al verskeie kere so oorgedra. Ek weet nou van beter en verstaan Oom se punt.

Met die lees van gestraand aan die webtuiste het julle produk en veral die kwaliteidsbeheer maatreels net n groter indruk op my gemaak. Ek moet julle komplimenteer daarmee. Ek besef weereens hoe uniek en innoverend Oom se gedagtes was om met baie van hierdie eienskappe vorendag te gekom het. Ek wil darem ook verder gaan en n mens erkenning gee vir die  passie en kennis wat neergele is oor die jare. n Mens hoef geensins by Nasa te werk om te kan sien hoefeel dit vat om wel so n maatskaapy van die grond af te kon kry in so n moeilike mark nie. Welgedaan!

Deur te besef dat dit n unieke doelgerigte persoon te vat om dit te vermag se ook baie van Oom se kerakter en die se eienskappe. n Mens moet baie puntenerig en ontwrikbaar in kerakter wees om dit vermag. Met die in agneming hiervan verstaan ek Oom nou bietjie beter en verklaar nou vir my baie van Oom se optredes en manier van dinge doen. Vir die van julle wat dink die gatkruipery raak nou erg ;D kan ek net se "Give credit where it is due!"

Ek oorweeg dit sterk om van julle produkte te probeer. Net een ding wat my so bietjie pla en dit is dit. Oor ek met so baie verskillende gewere skiet pas ek my ladings en koeels per kaliberklas aan om  naastenby mekaar te dupliseer in die trajek departement. Hierdie werk goed ook met my Leupold Boonne & Crockett kruishare en ek weet op watse vergroting ek moet wees vir n sekere klas geweer om dit te laat werk. Hierdie gaan nie so maklik wees met Oom hulle se produkte nie. Enige oplossing of voorstelle in die verband sal wardeer word.

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Gerard

Re: GS Custom 130 gr HV

Post by Gerard »

Johan,
'n Plaaslike professionele jagter het 'n 1904 Manlicher geweer in 7x57. Ons wil onder geen omstandighede die geweer enigsins naby sy stressvlakke skiet nie en hy laai teen 'n trompsnelheid van 2700 tot 2750vps.  Die grootste bok wat hy dusv?r geskiet het was 'n eland op ongeveer 120m.  Dit was 'n kwesbok wat hy gestop het en ook die enigste koe?l wat hy sover herwin het met die 7x57.  Die spiraal op sy geweer is 1:8.6" en dus presies reg vir die 130gr HV.   Ek skiet die 130gr HV in my 7x57 (9" spiraal) teen 2850/2900vps.

Die spoed waarteen die koeel lanseer is baie ondergeskik aan die spiraal.  Die rede waarom ons vra dat koeels teen vinniger snelhede gebruik word is omdat spoed net goeie goed bring wanneer dit by monos kom.  Waar die skut om ander redes die spoed wil aanpas, is hulle welkom om dit te doen.  Die impaksnelheid moet net meer as 1500/1600vps wees om betroubaarheid te behou.  Een van die voordele van die dryfband konsep is immers dat mens dit teen ho?r spoed kan gebruik as ander koe?ls van dieselfde gewig.

Wouter,

Dankie.

Ek sou s? dat jy met die 30-06AI begin en kyk hoe dit inpas in jou stelsel van doen.  

Ek sien jy het 'n Taurus PT92 met 'n comp.  Ek het die een gebou en vir 'n jaar in Praktiese Pistoolskiet gebruik.  Dit was natuurlik sonder die laser, ek het dit aangesit vir die man wat die pistool gekoop het.

[img width=560 height=422]http://www.gsgroup.co.za/b92custom.jpg[/img]
Biltongjagter

Re: GS Custom 130 gr HV

Post by Biltongjagter »

Dags? Wouter,

In goeie gees nou, hierdie wat jy s?
Die miskonsepsie van die spoedkwessie het maar sy onstaan op hierdie forum en Koos B moet maar pa staan vir die een. Ek hoop nou nie hierdie stelling begin nou weer n storie nie maar dit is wel so. Dit is al verskeie kere so oorgedra. Ek weet nou van beter en verstaan Oom se punt.
Vir 'n wyle het ek gedink jy praat van Koos B(arnard) - s? maar as ek hierna verkeerd is.
Jy bedoel seker Koos G.

Nou vir harde feite -
Indien so, sal ek pa staan vir spoed - nie omdat ek uit my eie so s? nie - maar wel om hierdie rede:
Die rede waarom ons vra dat koeels teen vinniger snelhede gebruik word is omdat spoed net goeie goed bring wanneer dit by monos kom.
Oom Gerard s? nie verniet so nie, dit werk baie goed en beter so.

Hoekom dan nou die goeie goed wat monos bring, ter syde stel terwyl jy net beter af kan wees daarmee?

Dit is dan nou seker ook die rede hoekom ek nog nooit 'n koe?l uit 'n bok kon herwin nie - gaatjie-in en gaatjie-uit.

Wouter, dit is wat die GSCHV's sulke lekker koe?ls maak om mee te jag - afstandskatting is nie meer so kritiek nie, afmik raak half oorbodig oor normale jagafstande, korter vlugtyd gee wind minder vatkans aan die projektiel en steeds ervaar mens minder vleisskade.

Ek vertrou dit plaas die 'miskonsepsie' bietjie meer in perspektief.

Groete,
Koos.
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: GS Custom 130 gr HV

Post by Beretta »

Gerard
Ek moet se dit is n besonderse pistool Beretta en wat as ek so mag vra
Beretta
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2149
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: GS Custom 130 gr HV

Post by Koos Barnard »

Gerard
Dankie vir die antwoord. Sien ek het al in 2007 GS getoets. Jis Gerrie, nou moet jy verskoon maar dis die eerste keer in al ons gesprekke dat jy jagters se siening oor vleisskade as relatief beskou. Dit kan ek aanvaar maar in al ons vorige gesprekke het jy persoonlik aan my genoem dat jou koe?ls uiters min skade aanrig en dat ek hulle te stadig skiet. My artikels oor GS is daar vir almal om te lees en daarin het ek nog nooit jou produk afgekraak nie. Bloot ges? (soos my e-pos wat jy gekwoteer het) dat ek nie saamstem dat die vinnige koe?ls nie vleis mors nie. Ek kan egter n?rens in my data of in Magnum die wildebeesstorie met die 130gr teen 2800vps kry nie. Ek het wel 'n Bloubees met die .375 geskiet (200gr teen 2685vps) en genoem dat die vleisskade min was (Aug 2007 bl 34). As ek die 2800vps inligting gemis het laat my asb weet waar dit geskryf staan dan vra ek om verskoning. Die ander wildebees waarvan ek weet was die swartwildebees met die 130gr teen 3147vps (of dis wat twee koe?ls twee dae tevore op die skietbaan gemeet het). Die swartwildebeesstorie het in Gallery (Nov 2008) verskyn. By 'n vorige geleentheid het vyfskootmetings amper 3200vps gemeet met 54gr S355. Laai ek 52.5gr was die spoed 2990vps en daarmee het ek hartebees, gemsbokke, blesbokke en springbokke geskiet. Ek het nooit hierdie resultate in Magnum genoem nie alhoewel daar 'n foto van die hartebees was. Al hierdie bokke het meer vleisskade gehad as wat jy my laat verstaan het jou koe?ls aanrig. Aan my was jy wel voorskriftelik en ek het nog nooit GS-koe?ls se kwaliteit bevraagteken nie. Net die vleisskade kwessie. Wat ek wel uit my eie gedoen het is om nie meer jou koe?ls aan te beveel nie weens hierdie kwessie en omdat een van jou agente en 'n aanhanger my 'n leuenaar genoem oor die koe?ls se "performance". Sien Gallery Nov 2008. Ek weet nie of Wouter my met Koos G verwar nie, maar ek weet dat ek presies wat ek hier geskryf het aan hom op sy plaas genoem het toe hy my oor GS uitvra.
Groetnis
Biltongjagter

Re: GS Custom 130 gr HV

Post by Biltongjagter »

Goeiemiddag Koos B,

Die onderstreepte gedeelte wat jy nou hier skryf is korrek:
Wat ek wel uit my eie gedoen het is om nie meer jou koe?ls aan te beveel nie weens hierdie kwessie en omdat een van jou agente en 'n aanhanger my 'n leuenaar genoem oor die koe?ls se "performance".
My onmiddellike reaksie daarop op 28 Oktober 2008 haal ek hierna aan:
Middag Koos,

Kom ons sorteer sommer gou hierdie paar goed uit:
>Aanhaling uit jou e-pos aan my: Die enigste probleem wat ek met ons vorige briefwisseling gehad het is dat jy ges? het ek lieg oor die skootplasing.>
Eerstens, jammer daaroor en ek vertrou jy aanvaar my onvoorwaardelike verskoning.
Feit bly staan, dit was en is steeds onverklaarbaar, veral met die bewys daarvoor op jou tweede gemsbok waar 'n soortgelyke skoot deur die ribbes aan beide kante geskiet het. Nogtans, jammer oor my kommentaar van destyds.

Hieruit blyk dit dat jy beweer het dat die GSCHV koe?l nie deur die een Gemsbok wat jy op die ribbes getref het kon skiet nie - maar wel op die ander een!
Vandaar dus my reaksie van ongeloof teenoor dit wat jy geskryf het.

Nietemin, jy het my verskoning aanvaar soos hierbo weergee en ons het daarna weer heel gemoedelik met mekaar gekommunikeer.

S?, vir my is dit ou koeie in die sloot wat lankal begrawe is. Hoop so vir jou ook.

Ek het selfs verder gegaan en hierdie op 7 Januarie 2009 aan jou gestel:
Ek vra mooi, probeer asseblief die ho?r spoed en laat weet wat die resultate is - groepering en in jag. (Natuurlik sal spoed afhang van jou geweer se looplengte - GSC se maksimums is gebaseer op 24" loop gewere.)
Tot vandag toe het jy dit nog nie gedoen nie - nou sit ons hier met steeds dieselfde herrie as destyds in 2008.

Mens kan die perd tot by die water bring, maar jy kan hom nie maak drink nie.

Groete,
Koos G.
User avatar
iceman1982
Hero Member
Hero Member
Posts: 538
Joined: Wed May 19, 2010 6:07 pm

Re: GS Custom 130 gr HV

Post by iceman1982 »

Biltongjagter wrote:
- afstandskatting is nie meer so kritiek nie, afmik raak half oorbodig oor normale jagafstande, korter vlugtyd gee wind minder vatkans aan die projektiel en steeds ervaar mens minder vleisskade.

Hier word nou die waarheid gepraat. My .308 laai ek met 130gr HV. Op Springbok grote wild vanaf 100m tot op 300m hoef ek nie van die bok af te mik nie.

Wil net so vinnig inval op die vleis skade storie en dit sal miskien van belang wees aan Oom Gerrie (S) en Koos B.
Natuurlik wanneer ons vir onself skiet, mik ons maar altyd so bietjie agter die blad, sodat ons nie die skouer mors nie. Veld resultate het vir my gewys dat hoe verder die skoot was, hoe meer vlies skade ek gehad het.  Afstand vanaf 25m tot op 325m. Het n Kudu Bul op 25m geskiet, dat daar letterlik nie meer as 100g vleis verloor was nie. Springbok op 325m, hart skoot, het redelik geknees en bloed plasma veroorsaak.
Hierdie is ook nie die enigste twee resultate wat dit bevestig  nie. Het dieselfde resultate op n Vlakvark gehad. Skoot op 30m met die .375 gelaai met die 200gr HV het letterlik geen vleisskade gemaak nie, waar n Kudu op 280m weer n bietjie vleis gemors het.
Enige idees?

Groete,
Marius Goosen
Port Elizabeth , South Africa
bp@cybersmart.co.za
+27828205387
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2149
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: GS Custom 130 gr HV

Post by Koos Barnard »

Koos G
Dankie vir jou brief. Die swartwildebees wat ek geskiet het was wel met die vinniger lading wat die koe?l teen 3147vps geloop het. Dit is darem baie naby aan 3200vps en soos ek genoem het op 'n ander keer het dieselfde lading vir alle praktiese doeleindes 3200 gemeet. As ek reg onthou het ek net 50 koe?ls van die 130gr van Gerard ontvang. Teen 2009 het ek omtrent glad niks meer oor gehad nie (ek dink 6 of 7). Jy is reg, ek het nog nie weer met GS "gespeel" nie maar is nie bereid om dit uit my eie sak te betaal nie.Tot dusver het alle ander vervaardigers waarmee ek te doen gehad het ten minste 100 koe?ls (of meer) gestuur per gewig wat my in staat stel om ordentlik daarmee te speel. As jy koe?ls wil verskaf vir verdere toetse voel welkom dan toets ek hulle en as ek nie my belofte nakom nie dan betaal ek hulle ten volle. Dis 'n ope uitnodiging op die forum en almal sal kan sien of ek my belofte nakom of nie. Ons kan dan die bokke deur onafhanklike persone laat ondersoek. Hoop daar is iemand wat bokke beskikbaar sal stel wat met lyfskote geskiet kan word.

Terloops, ek wil nie in enige argumente betrokke raak nie en/of 'n elle lange briefwisseling daaroor voer nie. Ek wil met niemand veg nie.
Mooi loop
User avatar
PITSMIT
Hero Member
Hero Member
Posts: 989
Joined: Thu Mar 24, 2011 10:48 am

Re: GS Custom 130 gr HV

Post by PITSMIT »

dankie manne  vir die eerste keer in n lang tyd lees ek en leer iets hier.  ek en iceman het vandag ook lank gestaan en praat oor die goed.  ons het so bietjie blad geskud want ek het sy terminator gekoop vir my 308 ;D ;D ;D

ek is bly die mense verstaan nou vir oom gerard beter  dis rerig nice om die manne so met mekaar te sien gesels

lekker aand en ek lees graag verder
Ontmoet altyd nuwe vriende maar moet nooit die oues vergeet nie
" Shooters do it in any position "

.270Win  Brno de Lux  Mod ZKK600
.308Win  Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag  6" barrel
User avatar
Sam Kelbrick
Full Member
Full Member
Posts: 124
Joined: Tue Apr 26, 2011 9:44 am

Re: GS Custom 130 gr HV

Post by Sam Kelbrick »

;D
Value has a value only if its value is valued
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: GS Custom 130 gr HV

Post by tripodmvr »

Ek het al soos 'n rooi robot begin voel om die manne tot kalmte te maan. Almal het my geignoreer. Bly om te sien nou word kennis oorgedra en gesonde diskoers vind plaas.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
PvR
Newbie
Newbie
Posts: 26
Joined: Wed Sep 28, 2011 11:53 am

Re: GS Custom 130 gr HV

Post by PvR »

Gerard wrote: In 'n ander bespreking is die vraag gevra: "Die statistiek wat jy aanhaal toon ook dat Barnes 24% van die totale premium koe?l mark het. Wat sou jy s? sal hulle mark aandeel wees indien ons slegs mono's inag neem? Met alles wat ek op die forum gelees het, asook julle webblad, is dit vir my duidelik dat die GSC koe?l n puik produk is. Wat ek egter nie kan verstaan nie is die marginale mark aandeel van GSC, plaaslik of internasionaal. Waaraan sal jy dit toeskryf?"

Daar is nie statistiek beskikbaar vir die mono koeelmark nie.  Eintlik is die premium koeelmark 'n ingeligde raaiskoot want slegs oorkoepelende syfers is beskikbaar ten opsigte van ammunisieverkope en die persentasie herlaaiers.

Die totale mark vir mense wat herlaai is ongeveer 933 miljoen koeels, w?reldwyd.  Die premium koeelmark is ongeveer 9% daarvan.  Barnes oorheers die mono koeelmark oorweldigend en dit is waarskynlik hoekom Cerberus vir Barnes gekoop het.

Onder herlaaiers w?reldwyd is die voorste verkoper Nosler, gevolg deur Hornady en Barnes.

Die rede vir ons klein globale markaandeel is omdat GSC prim?r konsentreer op ontwerp.  Ons doen baie werk vir instansies en maatskappye wat iets spesiaals benodig of 'n spesifieke doel wil bereik.  Die voordeel is dat ons outomaties 'n produk skep wat vir algemene gebruik maklik aanpasbaar is vir goeie werkverrigting. Dit is die deel wat mense sien en wat die meeste bespreek word.

Die markaandele van Barnes se 24% en GSC se 0.04% is vir die premium herlaaier koeelmark w?reldwyd.  Indien ons na die markaandeel van gespesialiseerde aanwendings kyk, sal dit 'n ander prentjie skilder maar dit is 'n nuttelose oefening want daar is net 24 uur in 'n dag en ons moet slaap en eet ook.  Ek kan daardie aandeel nie uitbrei nie.  SA verbruik ongeveer 15% van ons totale produksie.

Hallo Gerard,
Baie dankie vir die uiteensetting en verduideliking.

Om die gegewe stats dan in perspektief te plaas, maak ek dan die volgende afleidings?

Vir n totale wereldwye herlaai koe?lmark van 933 miljoen koe?ls is:
1. 9% premium koe?ls: 83.97 miljoen koe?ls.
2. Barnes 24% internasionale herlaai mark aandeel: 20.152 miljoen koe?ls.
3. GSC 0.04% internasionale herlaai mark aandeel: 33 588 koe?ls.
4. GSC 15% SA herlaai mark: 5038 koe?ls.
5. GSC vs Barnes internasionale verkoops ratio: 1:600 (Ratio stem ooreen met n vorige post van jou aan Stefan764 "..... n billike verhouding seker een GSC vir elke 600 barnes sal wees") 

Groete
Paul.
Gerard

Re: GS Custom 130 gr HV

Post by Gerard »

Paul,
Dankie vir die ontleding.  My dogter sal ons afslag as sy daardie syfers sien.  Ek het 'n desimale fout gemaak met die 0.04%.  Dit moet 0.4% wees.  Jammer vir die skewe inligting maar nou is dit reggestel.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7987
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: GS Custom 130 gr HV

Post by Arnold »

Oom Gerard

As ek dit nou reg verstaan moet mens n GSC koe?l teen maksimum spoed skiet vir die beste resultate. So die HV gaan baie vinnig sy vlerke afgooi teen die hoe impak snelheid en dan verder soos die FN presteer?

Dit lyk dan of jy minder vleis skade kry hoe vinniger die koeel se vlerke af gegooi word. Is hierdie reg?

Teen watter impaksmelheid word die HV ontwerp om sy vlerke af te gooi? As jou kaliber teen n laer spoed werk sou dit dan nie maar beter wees om n FN te gebruik nie en so hierdie tipe werksverigting te vetseker nie?


Die vraag ontstaan dan by my, as dit aanbeveel word dat die gsc koeels teen maks spoed geskiet word en jy kan of wil dit nie doen nie ... moet jy dan maar eerder n ander koeel gebruik?
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: GS Custom 130 gr HV

Post by tripodmvr »

Die ho? spoed wat met die ligter HV koe?ls verkry kan word het die voordeel dat jy 'n platter trajek het en nog steeds billike vleisskade kry. Skootplasing is dus makliker op verder afstande en kan misskote voorkom.

Die feit dat die voorpunt van die koe?l afbreek is vir my irrelevant synde die oorblywende deel nog steeds baie effektief penetreer. Min word in die karkas gekry. Die koe?l faal dus nie en genoeg skade word intern aangerig om die bok te dood. Nosler het met hul partitions geroem op 60% behoud van gewig en het baie goed penetreer. Dit het ook effektiewelik gedood.

Die meeste koperkoe?ls penetreer oordadig as mens dit so kan stel en veroorsaak genoegsame skade om die prooi te kan dood. Daarom gebruik ek slegs hulle vir die jag van my wildsvleis - geen loodbesmetting.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: GS Custom 130 gr HV

Post by Wouter Roets »

Hallo Oom Gerard

Ek het die Tuarus PT92 Compact. Hy lyk maar basies dieselfde maar hy vat net 13 rondtes in die magesyn en sy loop is n bietjie korter. Ek wou al bietjie verander aan hom maar het nog nie n persoon raakgeloop wat daarmee kon help of regtig n kenner was met die maak nie.

Om terug te kom na wat ek bedoel met die eenders maak van my gewere se ladings. Om kortliks te verduidelik het ek my gewere gedeel in drie kategoriee nl 2700ft/sek(7x57,30-06,338,375), 3000+ft/sek(223,243,6.5 Creedmore,7mm RemMag,300 WinMag) en die 3200+ft/sek(22-250,25-06). Die teleskope is ook aangepas vir hierdie tipe lading en jag aplikasies en werk bitter goed. Op n sekere vergroting werk die Boonne & Crocket met hierdie onderseie ladings en dit vergemaklik dit baie. Dit skep vertroue in die jagveld en ek sal nie graag wil afwyk hiervan nie. Toe ek die sommetjies gemaak het en Oom se koeels aangepas het vir kaliber en spiraal werk my trajekte nie so lekker as met my huidige ladings nie, vandaar die vraag. Ek kan vir Oom al die looplengtes gee en die spirale van die wapens dan kan Oom dalk vir my kyk of n mens met sekere koeels se spoed kan afkom en nog steeds in die verigtingsones wees met daai spesifieke koeel om die trajek kwessie uit te sorteer.

Ek hoop Oom verstaan nou my situasie so bietjie beter. Ek is vol vertroue in die produk so is heel bereid om alles een slag te doen.

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Gerard

Re: GS Custom 130 gr HV

Post by Gerard »

Beretta,
Ek moet se dit is n besonderse pistool Beretta en wat as ek so mag vra
Ek wag in spanning.

Koos B,
Ek het wel 'n Bloubees met die .375 geskiet (200gr teen 2685vps) en genoem dat die vleisskade min was (Aug 2007 bl 34).
Dis die een wat ek aan dink.  Ek het gevoel dat 400vps onder die potentiaal van die koe?l nie reg doen aan die konsep nie.

Arnold,
Dis nie net GSC wat beter werk hoe ho?r die spoed is nie, alle monometaal koe?ls werk beter.  Die aflaai van koe?ls na laer snelhede toe is 'n konsessie aan koe?ls wat nie die impakspoed kan hanteer nie en dan fragmenteer.

GSC HV en HP koe?ls is ontwerp om dubbelkaliber te ontplooi teen om en by 1600vps of meer.  Teen impakte van 2400/2600vps sal hulle eers ontplooi en later in die wondkanaal moontlik die vlerkies afgooi.  Impakte oor 2700vps sal, met die middel en groter kalibers, die vlerke heeltemal afskeur en die skag dan toelaat om diep te penetreer.  Koeels wat volledig gewig behou, ontplooi gewoonlik met 'n ronde vorm en dit ontwrig die weefsel minder effektief as wat 'n platter vorm dit doen.  Die ontplooide GSC het 'n plat senter gedeelte en, as die vlerke afskeur, het die oorblywende silindervorm 'n plat voorkant. 

'n Plat vorm penetreer beter as 'n ronde vorm van dieselfde deursnee.  Die kragte wat op die koe?l werk om dit tot stilstand te bring, is direk in verband met die vierkante oppervlakte wat bllotgestel is aan die rigting van beweging.  'n Ronde vorm se oppervlakte is groter as die van 'n skyf, soos wat voor aan die silinder van 'n GSC HV skag of FN koe?l is.

Wouter,
Die snelhede wat ons tipies sien met die kalibers wat jy noem is ietwat anders.  Ons sal byvoorbeeld die 6.5 Creedmoor, 7x57, 30-06, 338 en 375 in die 2900 tot 3000vps klas sit.  Die 7mm RemMag (3300) en  300 WinMag (3200) kan miskien bymekaar gaan en die 223 (3700), 243 (3600) en 25-06 (3600) sal bymekaar pas. Die  22-250 (4200) staan eenkant.  Tesame met die verskil in BC van die onderskeie koe?ls sal mens maar 'n bietjie uitwerk moet doen.
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: GS Custom 130 gr HV

Post by Beretta »

Gerard
Wat ek bedoel het Beretta en wat = Raam - Slide-Loop-Ens
Groete
Beretta
Gerard

Re: GS Custom 130 gr HV

Post by Gerard »

Taurus het vir 'n paar jaar die Beretta 92 onder lisensie in Brasili? gemaak.  Dit is voor hulle die Taurus PT92 begin maak het.  Die Beretta in die foto is een van hulle en die modifikasies is ongeveer 87/89 gedoen.

Op die raam het ek die magasynknip geskuif van onder op die raam na agter die sneller.  Die haak voor aan die snellerbeuel en die montering van die laser is uit T7 aluminium gemaak en geanodiseer. Die sneller is verander om net enkelaksie te werk en die hamer is ligter gemaak.  Die raam het ruitwerk op die voor- en agterkant van die greep en die greep-panele is Beretta 92SF wat bietjie verander is om te pas. 

Die glystuk en loop is albei oorspronklike Beretta wat ek aangepas het met parte wat ek gemaak het.  Die korrel en visier is my eie ontwerpe en is later deur ouens soos Wilson, Novak en ander aangebied.  Die raam se oorspronklike swart anodisering is afhgehaal en anodisering is oorgedoen sonder kleurmiddel.  Die metaalparte is geplateer met 'n chemiese nikkel reduksieproses.
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: GS Custom 130 gr HV

Post by Beretta »

Gerard
Dankie verstaan nie al die Afrikaanse terme nie.So mens kan se die Z88 en die Taurus is maar dieselfde.
Beretta
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: GS Custom 130 gr HV

Post by Wouter Roets »

Hallo Oom Gehard

Hier is meer volledige uiteensetting van my wapens.

223 AI  24 duim loop 1:9 spiraal
22-250 AI 24 duim loop 1:14 spiraal
243 AI 20 duim loop 1:9 spiraal
25-06 AI 26 duim loop 1:10 spiraal
6.5 Creedmore 28 duim loop 1:8 spiraal. Hierdie geweer sal net aangewend word vir baanskiet. Kyk huidig na 130gr VLD van Berger.
7x57 AI 20 duim loop 1:8,75 spiraal. Ek is onseker oor die of dit n .284 of .285 is.
7mm Rem Mag 24 duim loop 1:9,5 spiraal. Weereens onseker oor die daimeter.
30-06 AI 24 duim loop 1:10 spiraal
300 Win Mag 24 duim loop 1:10 spiraal
338 Win Mag 23 duim loop 1:10 spiraal
375 H&H AI 23 duim loop 1:12 spiraal
458 Lott 23 duim loop 1:14 spiraal

Dankie vir die moeite tot dusver.

Groetnis
Wouter
Last edited by Wouter Roets on Thu Feb 16, 2012 7:17 pm, edited 1 time in total.
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: GS Custom 130 gr HV

Post by Wouter Roets »

Hallo Oom Gerard

Ek het terugvoering gekry van Ruger en hier is presies wat hulle geskryf het met betrekking tot die 7x57. Ek neem aan hierdie mates sal geld vir die 7mm RemMag ook.

It is .283/.2845.

Ek weet ek vra so bietjie werk van Oom se kant af met aanbevelings in verband met my gewere maar sal graag die ding wil reg aanpak om teleurstellings te voorkom.

Groetnis en by voorbaat dankie
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Post Reply