Page 32 of 41
Re: Maak jou eie mes
Posted: Tue Jan 07, 2020 10:26 am
by Askari
Dankie Geno. My vrou kuier vir 'n paar dae by haar ma, so my tyd vir rondspeel in die garage hardloop nou vinnig uit....
Re: Maak jou eie mes
Posted: Tue Jan 07, 2020 10:33 am
by jdpretorius
Baie mooi Askari !
Ns. as jy hom meer polish gaan daai mooi vlekke van die "canister" nie dalk beter wys nie ?
Re: Maak jou eie mes
Posted: Tue Jan 07, 2020 11:06 am
by Askari
jdpretorius wrote: Tue Jan 07, 2020 10:33 am
Baie mooi Askari !
Ns. as jy hom meer polish gaan daai mooi vlekke van die "canister" nie dalk beter wys nie ?
Ek het hom op die mes grinder gevat tot 800 grid en daarna poleer..... toe kom die patroon nie uit nie. Lees toe op die net dat die poleer die staal "toemaak" en dan werk die etch nie so lekker nie. Ek probeer toe weer, maar sonder die poleer..... ek wou nie my harde werk opvoeter nie, so was eerder versigtig en het maar korterig in die etch gelos. Toe ek sien die patroon kom uit toe stop ek alles.
Ek hoor jou.... dalk tot so 1000 grid vat met die hand en dan langer etch. Ek werk reeds aan my vlge poging

Re: Maak jou eie mes
Posted: Tue Jan 07, 2020 11:14 am
by Blitzzz
Netjies Danie. Jy mag maar baie trots wees.
Sent from my iPhone using Tapatalk Pro
Re: Maak jou eie mes
Posted: Tue Jan 07, 2020 12:21 pm
by jdpretorius
Askari wrote: Tue Jan 07, 2020 11:06 am
jdpretorius wrote: Tue Jan 07, 2020 10:33 am
Baie mooi Askari !
Ns. as jy hom meer polish gaan daai mooi vlekke van die "canister" nie dalk beter wys nie ?
Ek het hom op die mes grinder gevat tot 800 grid en daarna poleer..... toe kom die patroon nie uit nie. Lees toe op die net dat die poleer die staal "toemaak" en dan werk die etch nie so lekker nie. Ek probeer toe weer, maar sonder die poleer..... ek wou nie my harde werk opvoeter nie, so was eerder versigtig en het maar korterig in die etch gelos. Toe ek sien die patroon kom uit toe stop ek alles.
Ek hoor jou.... dalk tot so 1000 grid vat met die hand en dan langer etch. Ek werk reeds aan my vlge poging
ek is dom met die forg en etch storie ....so ek vra nou maar uit onkund

. Die damascus staal wat ek op n kol gehaad het se patroon het wel mooi opgekikker met die poleer en het 'n "skoon" buff laaste gebruik.
Re: Maak jou eie mes
Posted: Tue Jan 07, 2020 2:18 pm
by Askari
jdpretorius wrote: Tue Jan 07, 2020 12:21 pm

Soos ek verstaan (en ervaar het) is dit nie goeie idee om met poleer seep te buff voor die etch nie.... na die patroon uitgebring is met etching is poleer egter ander storie.... maar ek leer ook maar nog. Trial and error.
Re: Maak jou eie mes
Posted: Tue Jan 07, 2020 2:19 pm
by Askari
En YouTube

Re: Maak jou eie mes
Posted: Tue Jan 07, 2020 3:33 pm
by jdpretorius
Askari wrote: Tue Jan 07, 2020 2:19 pm
En YouTube
Lekker tool daai ....ek begin hom nou eers ontdek, maar vat hom maar met n knippie sout op geleentheid
Re: Maak jou eie mes
Posted: Sat Feb 01, 2020 10:04 am
by Dirkvh
My "familie" groei stadig maar seker. My laaste twee met vlakvark ivoor is sover my gunstelinge.
Kruis is uitgevyl en ek het rooi epoxy en rooi formica liners gebruik om die bloed van ons verlosser te verteenwoordig. Hout is eikehout. Staal is basies 5160 uit ou sleepwa bladveer. Lem het flat grind tot op spine, maar om steeds die lem sterk te hou vir kamp en jag het ek die grind so 1mm voor hy bymekaar kom gestop en toe sny vlak opgesit.
Laaste mes wat vandag klaar is het groen formica liners en het enbuia hout wat uit ou radiogram kom. Staal ook uit bladveer en het sabre grind. Brass tussen ivoor en hout is in ou stoor op plaas ontdek, was brass angle.
Swart mes wat so halwe spyderco endura lem vorm het is ook uit die bladveer maar is baie dunner gemaak, my vrou se tamatie/vrugte mes. Hef is kiaat en omdat lem dun is met full flat grind is die outjie bitter skerp!
Staal is eers anneal en ge-stabilize. Lemme is ge"quench" van non-magnetic af en was vir 2 x 2uur siklusse oond teen 200grade.

Sent from my POT-LX1AF using Tapatalk
Re: Maak jou eie mes
Posted: Sun Feb 02, 2020 10:42 am
by Viking
Mooi man...ek hou van jou rondkyk om geskikte materiaal te kry. Dan voel dit mos jy het die mes gemaak!
Netjiese messe!
Re: Maak jou eie mes
Posted: Sun Feb 02, 2020 11:03 am
by jdpretorius
Daai is almal baie mooi Dirk !
Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
Re: Maak jou eie mes
Posted: Sun Feb 02, 2020 11:05 pm
by Dirkvh
Baie dankie Viking en JD, waardeer!
Sent from my POT-LX1AF using Tapatalk
Re: Maak jou eie mes
Posted: Wed Feb 05, 2020 6:15 pm
by Andre308
Dirkvh wrote: Sat Feb 01, 2020 10:04 am
My "familie" groei stadig maar seker. My laaste twee met vlakvark ivoor is sover my gunstelinge.
Kruis is uitgevyl en ek het rooi epoxy en rooi formica liners gebruik om die bloed van ons verlosser te verteenwoordig. Hout is eikehout. Staal is basies 5160 uit ou sleepwa bladveer. Lem het flat grind tot op spine, maar om steeds die lem sterk te hou vir kamp en jag het ek die grind so 1mm voor hy bymekaar kom gestop en toe sny vlak opgesit.
Laaste mes wat vandag klaar is het groen formica liners en het enbuia hout wat uit ou radiogram kom. Staal ook uit bladveer en het sabre grind. Brass tussen ivoor en hout is in ou stoor op plaas ontdek, was brass angle.
Swart mes wat so halwe spyderco endura lem vorm het is ook uit die bladveer maar is baie dunner gemaak, my vrou se tamatie/vrugte mes. Hef is kiaat en omdat lem dun is met full flat grind is die outjie bitter skerp!
Staal is eers anneal en ge-stabilize. Lemme is ge"quench" van non-magnetic af en was vir 2 x 2uur siklusse oond teen 200grade.

Sent from my POT-LX1AF using Tapatalk
Dirk, dit is n klomp mooi messe daar.
Lyk my die vlakvarke het jy nou so uitgeskiet dat jy skoon tyd het vir mes maak.
Groete daar by die huis.
Andre
Re: Maak jou eie mes
Posted: Wed Feb 05, 2020 6:19 pm
by Dirkvh
Andre308 wrote:
Dirk, dit is n klomp mooi messe daar.
Lyk my die vlakvarke het jy nou so uitgeskiet dat jy skoon tyd het vir mes maak.
Groete daar by die huis.
Andre
Hahaha, ja hulle is baie skaars en nog meer sku!
Hier oor die droogste maande van verlede jaar was dit so lelik in die veld ek het maar bietjie meer tyd in die werkwinkel spandeer...
Sent from my POT-LX1AF using Tapatalk
Re: Maak jou eie mes
Posted: Sat Feb 08, 2020 11:10 am
by ruaanb
Pragtige nesse Dirk
Re: Maak jou eie mes
Posted: Mon Feb 10, 2020 4:08 pm
by Dirkvh
ruaanb wrote:Pragtige nesse Dirk
Baie dankie Ruaan, aanhouer wen en ek sal eendag hopelik baie beter word met die stokperdjie!
Hier is iets anders wat ek probeer het met koedoe horing. Die "angles" tussen brass en vlakvark en vlakvark en horing het my omtrent besig gehou, en dan natuurlik om die bolster mooi te laat pas is ook 'n uur of twee se werk gewees...
Baie goeie forum vriend het met die naam "Viking Utility" vorendag gekom en ek dink dit is gepas.
Ek is nogals in my skik dat die onderste lyn vanaf snykant na onderkant van horing so mooi vloei, happy accident!

Sent from my POT-LX1AF using Tapatalk
Re: Maak jou eie mes
Posted: Mon Feb 24, 2020 8:54 am
by Xplicitly
Ek het by een van ons forum lede so paar stukkies laminate off-cuts gekry wat ek mee begin speel het.
Hierdie sal dalk mooi werk vir iemand met 'n Forest Camo kolf.
Lem is N690 en Bolsters is 304 SS.
20200224_071732.jpg
20200224_071626.jpg
Sent from my SM-G965F using Tapatalk
Re: Maak jou eie mes
Posted: Mon Feb 24, 2020 5:17 pm
by Johan Nel
Interessante ontwerp en uitstekende vakmanskap so op die oog af. Ek hou baie daarvan.
Re: Maak jou eie mes
Posted: Mon Feb 24, 2020 5:47 pm
by Xplicitly
Johan Nel wrote:Interessante ontwerp en uitstekende vakmanskap so op die oog af. Ek hou baie daarvan.
Ek het bietjie rondgespeel en ek moet erken ek hou nogal van dienlem vorm.
20200224_071708.jpg
Sent from my SM-G965F using Tapatalk
Re: Maak jou eie mes
Posted: Mon Feb 24, 2020 9:02 pm
by Alwyn
Askari wrote: Tue Jan 07, 2020 8:53 am
My eerste canister canister damascus poging. 7mm ball bearings en 01 staal poeier.
Naand Askari
as ek mag vra waar het jy die O1 poeier gekry?
Groete
Alwyn
Re: Maak jou eie mes
Posted: Fri Mar 13, 2020 6:53 am
by Blink Stefaans
As die krag nie na loadshedding aankom nie dan werk jy maar met gas.
Die is die 2de keer wat ek n stuk warm staal met n hammer bykom. Nog baie om te leer
Baie foute, maar hys hard en reguit
Forged
https://imgur.com/a/NzewX4F
Re: Maak jou eie mes
Posted: Mon Mar 16, 2020 2:47 pm
by Askari
Alwyn wrote: Mon Feb 24, 2020 9:02 pm
Askari wrote: Tue Jan 07, 2020 8:53 am
My eerste canister canister damascus poging. 7mm ball bearings en 01 staal poeier.
Naand Askari
as ek mag vra waar het jy die O1 poeier gekry?
Groete
Alwyn
PM gestuur
Re: Maak jou eie mes
Posted: Thu Mar 19, 2020 2:16 pm
by Blink Stefaans
Eerste lem wat ek geforge het....laas Julie geslaan en die naweek eers n hef gekry.
5160 staal
Vlakvark tand finger guard
0.2mm brass spacer
Hardekool hef.
Die hef moet net mooi glad geskuur word en dan bietjie tru-oil kry dan is hy reg vir die bos.
Eerste hidden tang mes en eerste finger guard wat ek probeer maak.
Trots op die een
https://i.imgur.com/FnYXWO0.jpg
https://i.imgur.com/OXOjwON.jpg
https://i.imgur.com/WjrrZkw.jpg
Re: Maak jou eie mes
Posted: Thu Mar 19, 2020 6:49 pm
by Johan Nel
Heel netjies Stefaans.
Dit lyk nie of jy die hef gespin het nie. Is dit net ingeplak?
Re: Maak jou eie mes
Posted: Thu Mar 19, 2020 7:14 pm
by Blink Stefaans
Johan Nel wrote: Thu Mar 19, 2020 6:49 pm
Heel netjies Stefaans.
Dit lyk nie of jy die hef gespin het nie. Is dit net ingeplak?
Dankie Johan.
Ja ek het nie n pen ingesit nie, net geplak. Ek het eers n klomp klein gattjies skuins binne die groot gat waar die stert moet ingaan geboor om meer plek te maak vir die epoxy om te kan vat. Die stert gaan baie styf in die gat. Het elke paar mm n keup in die stert gesny om nog meer oppervlak te kry. Het ook die stert baie grof geskuur.
Hopelik hou die outjie. Hy behoort nie te jard te werk nie, moet net n paar kele af sny