DIE TAAL VAN DIE HAELGEWEER MANNE - DEEL TWEE

Post Reply
User avatar
Bosmeerkat
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 86
Joined: Wed Aug 03, 2011 7:45 pm

DIE TAAL VAN DIE HAELGEWEER MANNE - DEEL TWEE

Post by Bosmeerkat »

Soos belowe hier is deel 2.

DEEL TWEE

Laas het ons gepraat oor die boor van ?n haelgeweer en in meer diepte ingegaan oor die verskillende haelkorrels wat mens kry.  Ons gaan nou aan deur meer oor wurg (?choke?), patroondigtheid (?patterning?) en ballistiek te praat.

Wurg (?choke?) ? [binne in loop asook op die teiken]

Ek vra maar verskoning onder die taal puriste aangesien ek maar by die Engelse terme vir die wurg tipes gaan hou. 

Die terme wurg (?choke?) het eintlik twee definisies.  Eerstens uit die perspektief van die geweer en tweedens uit die van die teiken. Die wurg word gebruik om die hoeveelheid vernouing aan te dui in die tromp (?muzzle?) van die geweer in vergelyking met die binne diameter van die loop.  Dit word gemeet 9 duim voor die sluitstuk (?breech?) van die geweer.  Per definisie het ?n ?true cylinder? dus geen wurg nie.  Sien tabel 6.

Die tweede definisie van wurg word gebruik om die verspreiding van korrels op ?n teiken te beskryf.  Die geweer vervaardigers is dus meer op eergenoemde ingestel terwyl die skut meer op die laasgenoemde ingestel is. 

Daar is geen waarborg dat ?n loop wat met ?n ? ?choke? toegerus is ?n ? ?choke? patroon gaan gooi met ?n spesifieke vervaardiger se ammunisie nie.  Die enigste manier om dit te bepaal is om ?n patroondigtheidstoets met jou geweer te doen (?to pattern your gun?).  ?n Spesifieke loop en ammunisie kombinasie sal ?n spesifieke patroondigtheid lewer.  As die loop ?n 70% verspreiding van korrels binne ?n dertig duim sirkel  gooi op 40 tre? dan gooi dit ?n vol wurg (?full choke?) patroon.  Sien tabel 7.  Dit kan dus as ?n ?full choke barrel? beskou word en dit maak nie saak wat die ware boor is nie.  Dit is ?n ?full choke barrel? met daardie spesifieke ammunisie en dit kan ?n ander patroondightheid lewer met ?n ander kombinasie.

Doen altyd 'n verspreidingstoets op jou wapen (patroondigtheid / ?pattern density?) om te toets watter skoot (?shot?) groottes sprei beter met jou geweer.  Nie alle gewere se patroondightheid is dieselfde met verskillende skoot groottes nie.  Jy kan dit doen deur so op dertig tre? na ?n groot vel papier te skiet en dan die korrels in ?n dertig duim sirkel te tel en na die afstande tussen die gaatjies te kyk.  Dit is belangrik dat die verpreiding van die gaatjies eweredig moet wees en dat jy nie baie oop areas in die patroon waarneem nie.  Later in die artikel behandel ons die verskynsel in meer detail.

Tabel 6 toon aan hoe jy ?n wurg kan gebruik om jou optimale skiet afstand te verleng.  Uit die data is dit duidelik dat die optimum afstande per wurg tipe afgelei kan word van die oorgrootte meerderheid korrels in ?n dertig duim radius.  Die wurg vernou die voorpunt van die loop wat beteken dat die hael korrels langer bymekaar gaan bly voor dit begin sprei, met gevolglike langer afstande wat verkry word teen die regte patroondightheid.

Nota: Alle haelgewere, onafhanklik van die boor, met ?n gegewe wurg behoort dieselfde persentasie van skoot binne ?n 30 duim sirkel te gooi.  Die getal korrels sal wissel afhangende van die boor, lading en patroon nommer wat gebruik word, maar nie die persentasie of patroondightheid diameter nie.

Tabel 6: Skoot (korrel) spreiding per wurg tipe. [Bron GT4]
[img width=560 height=340]http://i1051.photobucket.com/albums/s42 ... Tabel6.png[/img]

Tabel 7 hieronder verduidelik hoe jy die hoeveelheid korrels per dertig duim sirkel op ?n gegewe aftand kan bepaal vir die nommer haelpatroon wat jy skiet teen ?n gegewe wurg. 

Voorbeeld:  S? jy wil die patroondigtheid bepaal van 'n 1 oz [28gram] lood lading van ?n No 5 haelpatroon op 40 tre? [yards] vir 'n ?Modified? of 1/2 ?choke?.  Kyk na die aantal korrels per oz in Tabel 2 hierbo.  Antwoord is 225. Gebruik tabel 7 en jy sien die gegewe persentasie korrels in 30 duim is 60%.  So 225 x 0.6 = 135 korrels op 40 tre? binne ?n 30 duim sirkel.  As jy ander ladings skiet kan jy natuurlik tabel 3 en 5 gebruik om te benader.

Tabel 7: Persentasie korrels in 30 duim sirkel per wurg tipe.

[img width=560 height=321]http://i1051.photobucket.com/albums/s42 ... Tabel7.png[/img]

Een van die unieke eienskappe van ?n vol gewurgde loop is dat dit nie net die algehele diameter verminder in vergelyking tot ?n kleiner wurg nie, maar dat dit ook die skoot meer sentreer na die middel van die sirkel toe.  Dus is die patroondightheid nie eweredig nie.  Dit kan beter beskryf word deur ons 30 duim sirkel in twee sirkels op te deel.  Die buite sirkel op 30 duim en die binne sirkel op 20 duim.  Die 20 duim sirkel is slegs 45 % van die oppervlak van die dertig duim sirkel  [Dit is as gevolg van die kwadratiese funksie van die radius - Area van sirkel = pi x radius 2].  As ?n skoot op die sirkels geskiet word behoort mens, as die verspreiding eweredig was, ?n 45% skootgetal te kry in die 20 duim sirkel.  In realiteit vind dit egter nie plaas nie.  Daar is gevind dat, soos die wurg vegroot word, dit die konsentrasie van skoot binne die 20 duim sirkel verhoog.  Die implikasie van die data is dat as jy ?n vo?l senter op die patroon skiet, deur ?n vol wurg loop op 30 tre?, dit waarskynlik getref sal word met die grootste hoeveelheid korrels.  Tabel 8 toon aan hoe die konsentrasie vergroot soos die wurg vermeerder word.

Tabel 8: Persentasie van skoot binne ?n 20 duim sirkel [Bron ? GT4]

[img width=560 height=214]http://i1051.photobucket.com/albums/s42 ... Tabel8.png[/img]

As ons weer na tabel 6 kyk kan ons aflei dat die verspreiding diameter ?n aanduiding is van hoe ?n geweer presteer.  Hoe wyer die diameter wat deur ?n loop gelewer word hoe minder akkuraat moet die skut wees, met die verstande dat die patroondightheid voldoende is.  En dit is net hier waar die ding l?.  My Pa s? altyd jy kry niks vir niks en bl?ddie min vir ?n tiekie.  Ingenieurs weet maar te goed van kompromi? en hier is dit maar dieselfde.  Hoe nouer die patroondightheid hoe akkurater moet ons wees.  Te veel wurg kan dus ?n minder goeie ding wees as dit by vo?jag kom.  Dit is dan ook waarskynlik die rede waarom ons baie skote op medium en naby afstande met ?n vol wurg loop mis, wat ons nie aldag kan verklaar nie.  Jy kan ook net hierdie verskoning gebruik as jy lood mooi kan gooi.  Gebruik dus jou vol wurg op langer afstande.

Nog so ietsie oor patroondigtheid.  Die realiteit is beter as die patroon wat waargeneem word op jou teiken.  Onthou dat die teiken ?n twee dimensionele beeld is van die korrelverspreiding.  In werklikheid is die patroon wat in die lug gewerp word drie dimensioneel.  Dit lyk meer soos ?n rugbybal met ongeveer die helte van die korrels wat in die voorste deel van die rugbybal voorkom.  Tabel 9 dui die gebrokenheid, of aantal vyf (5) duim oop areas, in ons patroon aan.  Dit is nou wat twee dimensioneel waargeneem word.  Stel jou voor dat hierdie vyf (5) duim oop spasies drie dimensioneel voorgestel kan word as ?n pyp of tonnel binne in ons rugbybal, as jy nou in sy lengte afkyk.  Indien ?n vo?l reg in die pyp opvlieg sal jy dit waarskynlik mis maar dit gebeur nooit so nie.  Die vo?l vlieg gewoonlik teen ?n hoek van die skoot wat beteken dit beweeg oor die verspreiding in ?n gegewe tyd wat die kans op ?n raaksoot baie verbeter, teenoor di twat op ?n twee dimensionele patroonbord waargeneem kan word.

Tabel 9: Aantal 5 duim oop areas wat nie oorkruis (?overlap?) nie op tipises patroondigthede [Bron: GT4]

[img width=560 height=157]http://i1051.photobucket.com/albums/s42 ... Tabel9.png[/img]

Ek het die volgende tabel saamgestel om so bietjie meer van die inligting bymekaar te bring en is weereens ?n bre? riglyn vir jagters en skuts. Weereens slegs ?n breedvoerige riglyn en jy kan jou eie notas onder die opskrif wat ervare haelgeweer manne s? maak en dalk aan my sttur sodat ek die tabel kan opdateer. 

Tabel 10:  Teiken, aanbevole wurg, afstande asook haelpatroon.

[img width=560 height=373]http://i1051.photobucket.com/albums/s42 ... abel10.png[/img]

Ballistiek ? Snelhede en energie

Ek gaan die volgende paar paragrawe spandeer om te verduidelik hoe die data bymekaarkom op die bogaande tabelle.  Dit is om jou toe te laat om uit eerste beginsels self te probeer bepaal watter tipe haelgeweerpatroon en wurg jy moet gebruik vir watter tipe vo?l wat gejag word.  Om dit te doen moet ons eers kyk na ballistiek.

Tref Snelhede (?Striking velocities?)

Eerstend moet ons so bietjie terminologie praat. Ons begin deur te onderskei tussen die loop snelhede en waargeneemde snelhede van die korrel lading.  Die waargeneemde snelheid is die gemiddelde snelheid van die korrel lading oor die eerste 20 tre? van vlug.  ?n Waargeneemde snelheid van 1070 ft/s is ongeveer gelykstaande aan loop snelhede van 1320 ft/s.  Haelgewere hardloop dan ook in hierdie orde grootte snelhede.

Die volgende data in tabel 11 is uit Eley standaard haelpatroon inligting bekom [Bron: Eley5].

Tabel 11:  Tref snelhede in meter per sekonde en ft/s [Bron: Eley5]

[img width=560 height=167]http://i1051.photobucket.com/albums/s42 ... abel11.png[/img]

Tref Energie - Slaankrag

Kinetiese energie word bereken deur die haelkorrel se massa en snelheid en word uitgedruk in ft-lb [voet-pond].  Die tref energie van individuele haelkorrels met ?n waargeneemde snelheid van 1070 ft/s word in tabel 12 weergegee.  Eley dui aan dat die minimum veresite vir ?n doodskoot op sekere vo?l spesies soos volg is:

? Klein vo?ls ? 2 korrels met tref energie van ten minste 0.5 ft-lb
? Medium vo?ls ? 3 korrels met tref energie van ten minste 0.85 ft-lb
? Groot vo?ls ? 4 korrels met tref energie van ten minste 1.5 ft-lb

Dus kan mens die data gebruik om min of meer te kyk watter tipe vo?l jy met watter skoot groottes moet skiet op watter afstand. 

Tabel 12:Tref energie in ft-lb van ?n individuele korrel  [Bron: GT4]

[img width=560 height=257]http://i1051.photobucket.com/albums/s42 ... abel12.png[/img]

Laastens is om te kyk waar jy moet skiet.  Meeste vo?l spesies word geskiet in vlug. Om dit reg te kry moet jy gewoonlik ?n toelating maak deur die skoot te lei (?lead or forward allowance?).

Deur weereens ons standaard waargenome snelheid van 1070 ft/s te gebruik vanaf die Eley data, kan die volgende afmik afstande verkry word vir ?n vo?l wat voor jou kruis teen 65 km/h. Dit is vir ?n No.6 haelpatroon.

[img width=560 height=186]http://i1051.photobucket.com/albums/s42 ... abel13.png[/img]

Ek hoop die artikel het meer lig gewerp op al die terme wat gebruik word in hierdie leker sport van ons en dat dit die nuwe manne die kans sal gee om ook die taal te praat van die ou haelgeweer manne. 

Sal kommentaar oor data in die tabelle en die artikel waardeer en julle insigte wil kry om die artikel te verbeter.

Lekker lood gooi.

Martin
Groete

Martin

.177 CZ 200 PCP; .22 LR Mossberg; .22 Anschutz; .243 Tikka T3 Super Varminter Ackley Improbed; 6mm Musgrave; .338 Tikka T3 Hunter; 9mm CZ 75 Shadow; O/U 12 Boor - Beretta Silver Pigeon 1
User avatar
Bosmeerkat
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 86
Joined: Wed Aug 03, 2011 7:45 pm

Re: DIE TAAL VAN DIE HAELGEWEER MANNE - DEEL TWEE

Post by Bosmeerkat »

Hier is 'n bronnelys vir die posts

Bronne

1 The Shot Gun by TDS Purdey and Capt. JA Purdey, 1936
2 Winchester herlaai riglyn
3 NRA Firearms Fact Book
4 Gough Thomas? Gun Book, Gough Thomas? Second Gun Book, Shotgun Facts & Fancies and Shotguns and Cartridges for Clays and Game by Gough Thomas Garfield
5 The Eley Shooter?s Diary 1992, published by Eley

Verdere Bronne geraadpleeg

http://www.wikihow.com/Choose-Shotgun-Shells-and-Chokes
http://www.sellier-bellot.cz/shotgun-table-shots.php
http://en.wikipedia.org/wiki/Shotgun_shell
http://en.wikipedia.org/wiki/Shotgun_slug
Breaking Clays, Target tactics, Tips & Techniques by Chris Batha, 2005
Groete

Martin

.177 CZ 200 PCP; .22 LR Mossberg; .22 Anschutz; .243 Tikka T3 Super Varminter Ackley Improbed; 6mm Musgrave; .338 Tikka T3 Hunter; 9mm CZ 75 Shadow; O/U 12 Boor - Beretta Silver Pigeon 1
bullseye

Re: DIE TAAL VAN DIE HAELGEWEER MANNE - DEEL TWEE

Post by bullseye »

Baie dankie Bosmeerkat dit help baie.

Groetnis
Bullseye.
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: DIE TAAL VAN DIE HAELGEWEER MANNE - DEEL TWEE

Post by Beretta »

As jou lead en timing nie reg is nie en jy follow nie deur nie gaan jy boggerall raak skiet
Beretta
User avatar
Bosmeerkat
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 86
Joined: Wed Aug 03, 2011 7:45 pm

Re: DIE TAAL VAN DIE HAELGEWEER MANNE - DEEL TWEE

Post by Bosmeerkat »

Het sommer daai inset bygewerk reeds.  Natuurlik van kardinale belang
Groete

Martin

.177 CZ 200 PCP; .22 LR Mossberg; .22 Anschutz; .243 Tikka T3 Super Varminter Ackley Improbed; 6mm Musgrave; .338 Tikka T3 Hunter; 9mm CZ 75 Shadow; O/U 12 Boor - Beretta Silver Pigeon 1
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7562
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: DIE TAAL VAN DIE HAELGEWEER MANNE - DEEL TWEE

Post by Wouter Roets »

Martin

Eerstens baie dankie vir die tyd en moeite wat jy hierin gesit het! Dit is wraggies profesioneel gedoen.

Ek vir een het dit baie handig gevind en moet asb nie ophou nie. Ek betree ook nou die haelgeweer jag ding met n spoed en kan nie glo hoe ek dit geniet nie. Elke keer as ek gaan duiwe skiet is dit verbasend hoe n persoon se vernuf en selfvertroue verbeter. Ek het ook defnetief die verskille in aminusie agter gekom en hoe groot verskil dit maak. Hoor graag verder van jou.

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Bosmeerkat
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 86
Joined: Wed Aug 03, 2011 7:45 pm

Re: DIE TAAL VAN DIE HAELGEWEER MANNE - DEEL TWEE

Post by Bosmeerkat »

Dankie Wouter.  Het jou  ge-PM
Groete

Martin

.177 CZ 200 PCP; .22 LR Mossberg; .22 Anschutz; .243 Tikka T3 Super Varminter Ackley Improbed; 6mm Musgrave; .338 Tikka T3 Hunter; 9mm CZ 75 Shadow; O/U 12 Boor - Beretta Silver Pigeon 1
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7562
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: DIE TAAL VAN DIE HAELGEWEER MANNE - DEEL TWEE

Post by Wouter Roets »

Martin

As ek wel iets kan byvoeg dan sal ek geensins die gebruik van hael op katte(luiperd en leeu) aanbeveel nie. Slegs slugs. Die hael is net te onvoorspelbaar veral as die afstand verder as 15m raak.

Ek het nou n bakkie vrag Eley's gekoop. Baie in my noppies met hulle verrigting op duiwe.

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Bosmeerkat
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 86
Joined: Wed Aug 03, 2011 7:45 pm

Re: DIE TAAL VAN DIE HAELGEWEER MANNE - DEEL TWEE

Post by Bosmeerkat »

Wouter.  Ek gaan hom so wysig.

Groete

Martin
Groete

Martin

.177 CZ 200 PCP; .22 LR Mossberg; .22 Anschutz; .243 Tikka T3 Super Varminter Ackley Improbed; 6mm Musgrave; .338 Tikka T3 Hunter; 9mm CZ 75 Shadow; O/U 12 Boor - Beretta Silver Pigeon 1
Post Reply