Page 1 of 1

Betroubare Elektroniese beesskaal

Posted: Wed Apr 11, 2012 1:53 pm
by Frikjordaan
Moedeloos gesukkel met 'n beesskaal wat te veel funksies het.

Kan iemand asseblief aanbeveel watter soort elektronies skaal kan 'n bees weeg, elke dag van die week, sonder dat mens sukkel met elektronika wat te ingewikkeld is.

baie dankie
Frik

Re: Betroubare Elektroniese beesskaal

Posted: Wed Apr 11, 2012 2:11 pm
by Geno
Hallo Oom Frik!

Die ene weeg ongelukkig slegs koeie, maar hulle is redelik temperamenteel as hulle afklim! :angel:

[img width=467 height=480]http://notjustadaydreamblog.com/wp-cont ... mscale.jpg[/img]

Groete,
Eugene

Re: Betroubare Elektroniese beesskaal

Posted: Wed Apr 11, 2012 2:19 pm
by Vlakvark
Geno
Sal ek nou maar vir Frik andwoord VOERTSEK ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D :angel:

Re: Betroubare Elektroniese beesskaal

Posted: Wed Apr 11, 2012 3:45 pm
by Raven
GENO, amper val ek van my stoel af hier in die kantoor.....skerp...baie skerp!!!
;D  ;D  ;D

Nortie

Re: Betroubare Elektroniese beesskaal

Posted: Wed Apr 11, 2012 4:00 pm
by kopskoot
Frik

Ek gebruik n Ruddscale. Hy werk baie goed,en stoor alle gewigte in sessies, en wys dan toenames,gemid toenames per dag ens. waneer jy weer weeg. Ongelukkig moet jy hulle uit die aard van die saak dan een een weeg  ( nie n trop saam nie)