Jaracal linerlock knipmes.
Posted: Fri May 04, 2012 9:35 am
Harlike goeie more manne van die Volkstaat Jaracal.
Ek het met n "bang" op hierdie forum beland en baie manne warm onder die kraag gemaak. Ek het egter lekker begin kuier hier en paar goeie pelle gemaak in die kort tydjie. Ek het so ietsie oor messe kwyt geraak en gesien die manne reageer nogal op dit.
Ek het toestemming van die hoofman ontvang om met n klein projek te begin.
Ek loot n linerlock knipmes uit.
Ek sal die vordering weer op die site plaas soos dit aangaan.
Die proses sal met deursigtigheid hanteer word. Ek sal rekord hou van die lootjies wat uitgaan, en dit sal op die site deur julle gevolg kan word.
Die fondse wat verkry word hierdeur sal terug geploeg word in die forum, en op n wyse aangewend word wat die goedkeuring van jaracal en sy moderators wegdra. (Instandhouding van forum, Behoeftige seuns jagnaweek, Renosterbewaring, Krimpvarkie projek ens)
Die lootjies is beskikbaar teen R80 n lootjie.
Ek sal die ontwerp van die mes ook plaas sodat julle dit kan sien.
Stuur vir my n boodskap en ek sal die bankbesonderhede aan jou bekend maak vir die deposito.
Ek sal jou naam dan op die site plaas sodat jy weet jy is in lyn. Ek het net bietjie raad en advies nodig om die wenner op n oop en deursigtige manier aan te wys.
Ek wil glad nie he die ding moet in n gemors ontaard nie.
Sluitings datum vir die projek sal wees Woensdag 4 Julie 2012 en die wenner sal op 6 Julie 2012 aangekondig word. Fondse wat ek ingevorder het sal oorbetaal word organisasie of doel waarop besluit is.
Baie dankie vir die geleentheid om ietsie terug te ploeg na iets waarvoor ons almal lief is.... Die natuur en die buitelewe
Johan Viljoen