Page 1 of 1

PMP Primers

Posted: Wed May 09, 2012 7:51 am
by Spekskieter
Sjoe k?rels, ek het al op die forum gelees van primers vs. primers, maar ek het self nou 'n probleem ondervind.
Ek het PMP large rifle Primers (lot. 253) gekoop - nogal 4 boksies.  Ek het dit gebruik vir my .243 Ruger en nou gan julle my glad nie glo nie: Elke liewe skoot is eers 'n dooie skoot (misfire) en as ek die slot optel en weer laat sak (cock) dan gaan die skoot eers af!!!
DIS ELKE LIEWE KEER!!!
Wat gaan aan??? ???

O, net so vir die speekselkliere, ons vertrek m?re om te soek vir eland en gemsbok en dalk 'n springbok of 2!

Lekke lewe n?.

Groete.

Re: PMP Primers

Posted: Wed May 09, 2012 7:54 am
by VdWalt
Eland? mmm Gemsbok? mmmm Springbok? More, terwyl ons ander werk?  .... mmmm suffer met daai primers!! :angel:

Re: PMP Primers

Posted: Wed May 09, 2012 8:22 am
by Pottie
Bly weg van PMP primers af, koop eerder CCI of Federals hulle kos omtrent die selfde en is n baie beter kwaliteit.

Re: PMP Primers

Posted: Wed May 09, 2012 8:29 am
by tripodmvr
Pottie wrote: Bly weg van PMP primers af, koop eerder CCI of Federals hulle kos omtrent die selfde en is n baie beter kwaliteit.
PMP is harder primers, maar as jy Jagtersdok se plasing kyk geensins swakker of swakker kwaliteit nie. Ek sou s? jy moet kyk na jou slagpen en of olie wat dik geword het nie die slagsterkte beperk nie. daarom dat die 2 de probeerslag werk. Het al gesien dat 'n 375 nie enige slagdop wou laat afgaan nie. Die slagpen is vasgehou deur 'n teeragtige gom wat in die slot was. Skoonmaak met diesel het die probleem opgelos. My raad sal wees om grafiet as smeermiddel te gebruik.

Re: PMP Primers

Posted: Wed May 09, 2012 9:57 am
by Marc
Dis mooilik om te glo dat dit die primer se skuld is. Kyk mooi na jou slot soos hier aanbeveel word.

Ek skiet al veertien jaar lank net PMP primers in my 3006 en hy loop soos stroop. Nog nooit probleme gehad nie. Loer maar gerus na die volgende links.

http://jaracal.com/index.php/topic,10849.0.html

Hoop jy kom reg, dit moet jou bloed laat kook  :o

Groetnis
Marc

Re: PMP Primers

Posted: Wed May 09, 2012 12:40 pm
by Spekskieter
Jis dis lekker om sommer dadelik by die spesialis te hoor wat fout is en nie nog eers 2 kwakke (die medieseveld werk mos so) te moet betaal nie!!!
Ek het gou vanoggend met "ou betroubaar" (my .30-06 Musgrave) gaan lood gooi. Ek het ook van die PMP primers vir 'n batch van die .30-06 patrone gelaai............slaan my dood!!!  geen probleme.
Sorry vir die groot PMP vans. Ek het niks slegs bedoel nie.

Sal defenitief my slot (.243) moet skoonmaak en weer probeer.

Duisend dankies solank.

Groete.

Re: PMP Primers

Posted: Wed May 09, 2012 12:49 pm
by obasch
Kyk of die primers diep genoeg ge"seat" is

Re: PMP Primers

Posted: Wed May 09, 2012 12:56 pm
by Marc
Spekskieter wrote: Jis dis lekker om sommer dadelik by die spesialis te hoor wat fout is en nie nog eers 2 kwakke (die medieseveld werk mos so) te moet betaal nie!!!
Ek het gou vanoggend met "ou betroubaar" (my .30-06 Musgrave) gaan lood gooi. Ek het ook van die PMP primers vir 'n batch van die .30-06 patrone gelaai............slaan my dood!!!  geen probleme.
Sorry vir die groot PMP vans. Ek het niks slegs bedoel nie.

Sal defenitief my slot (.243) moet skoonmaak en weer probeer.

Duisend dankies solank.

Groete.
'
Glo darem nie jy het tone getrap nie  ;)  Net bly ons kon darem help en nou is daar lig innie tonel en hele paar Rande gespaar ;D

Groetnis
Marc

Re: PMP Primers

Posted: Wed May 09, 2012 12:59 pm
by BRNO (Pierre)
Ek het ook vroeg vanoggend so paar koeele gaan rond gooi. na ek die ander dag twee misfires met CCI gehad het, en die spesialiste hier op die forum stel voor gebruik PMP, doen ek ook so.

Vanoggend so by die vyftiende skoot vir die dag maak die geweer net n klik. Laai weer en steeds net n klik. Moet ek toe sien dat die primer pocket leeg is. Lekker soos n aap gevoel.

Re: PMP Primers

Posted: Wed May 09, 2012 1:03 pm
by Marc
Pierre - BRNO .06 wrote: Ek het ook vroeg vanoggend so paar koeele gaan rond gooi. na ek die ander dag twee misfires met CCI gehad het, en die spesialiste hier op die forum stel voor gebruik PMP, doen ek ook so.

Vanoggend so by die vyftiende skoot vir die dag maak die geweer net n klik. Laai weer en steeds net n klik. Moet ek toe sien dat die primer pocket leeg is. Lekker soos n aap gevoel.
;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D

Re: PMP Primers

Posted: Wed May 09, 2012 1:06 pm
by BRNO (Pierre)
Moet se Marc, ek wou myself eers baie hard skop, maar het toe lekker gelag vir myself. Ek was nogals bly dat ek vier patrone van elke lading gelaai het, dus kon ek steeds n goeie aanduiding kry van wat die lading gedoen het.

Re: PMP Primers

Posted: Wed May 09, 2012 2:49 pm
by Spekskieter
Nou-net klaar die .243 se slot skoongemaak. Ek sweer ek kan drie van ons "Proudly SA" slaggate regmaak met al die "teer" wat uitgekom het. En raai wat? :-\  Die ou klap mooi!!!
Dankie vir die raad,  en die anne manne................moet nie soos ek dink jy hoef nie jou slot skoon te maak nie!
Die diesel WERK. :o

Groetnis.

Re: PMP Primers

Posted: Wed May 09, 2012 5:09 pm
by VdWalt
500ppm of 50ppm?  :angel: hie hie