Keuse van Langafstand geweer/kaliber

Everything regarding Long Range Shooting and Hunting here / Alles rakende Langafstand skiet en jag hier
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7546
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Keuse van Langafstand geweer/kaliber

Post by Wouter Roets »

Hallo Manne

Ek is nou weer besig met n nuwe gedagte as gevolg van n geweer wat ek verlede jaar Februarie al bestel het en nou nog nie hier is nie. Die kaliber wat ek toe op besluit het was die 6.5 Creedmore in die Ruger Target met n 28 duim loop. Die hele besluit het mooi uitgewerk aangesien al my gewere Ruger's is en ek het gevoel die geweer sou goed kan doen op SA Jagters se skietdae en ook darem n ding op afstand in die harsings skiet.

Nou ja met die geweer wat geen mens onder die son weet of hy ooit sy verskeining gaan maak nie en die post oor 338's het my beperkte grysstof so paar elektiese pulse gegee en my aan die dink gesit. Bou n geweer wat doelgerug is vir die tipe werk en maak n besluit oor die kaliber. Nou vir die van julle wat al so bietjie rondgehang het op die Forum sal weet dat Luddie(Ludwig vir die res van julle ;D) so 18 maande terug deur hierdie grappie is. Seker hoekom hy ouer deesdae lyk want daar is net soveel om in ag te neem. Ek is baie lus om alles net so te krip by Luddie want dit is nou een mens wat nie n klip ongekeerd sal laat nie! Luddie is daar patentereg op jou keuse? ;D

Maar ja ek hou ook van die dinge so wil maar vir my self ook maar die dinge uitpluis. Daar is baie vra en een van die eerstes sal wees wat wil jy werklik maak met die kaliber? As net breinskote op die agenda is dan kwalifiseer die meeste kalibers van 6.5mm af en op. Ja ek weet daar gaan nou die 22-250 met die 1:8 twist ook opduik en kom ons praat gerus daaroor. n Mens sal ook maar moet besluit wat die aplikasie afstand moet wees van die geweer en ek se altyd hiermee dat dit net n bonus is hou verder dit is. Ek kan altyd die aanwend op korter afstande maar die teendeel is nie moontlik nie.

So skree gerus oor alles en droom gerus saam! Onthou hierdie sluit alles in tot die varlookers bo-op.

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Keuse van Langafstand geweer/kaliber

Post by BLOK »

Wout

Self het ek ook al baie oor die tipe geweer gedink en droom. Vandaar dat ek so van die 6.5x47 hou. Vir my wat nie so diep en gespesialiseerd sou wou ingaan soos Ludwig nie sou ek se langafstand is skote nie verder as 500m nie. Vir so aplikasie is geweer in die klas en jou Creed en die 260Rem val ook presies daar in sou ek se meer as voldoende. Wat ook van daai 280Rem.

As jy wil kyk en ek glo dit is wat jy doen om soos Ludwig meer na n 1000m skoot te gaan sal ek se eerstens gaan kyk watter kaliber op daai afstand watter doodmaak effektiewieteit op die tipe dier sou he wat jy ingedagte het. Help seker nie mens ontwerp n 204 kaliber maar hy gaan nie n eland op daai afstand kan dood nie.

Baie lekker onderwerp wat jy hier beet het .
Last edited by BLOK on Mon May 21, 2012 1:50 pm, edited 1 time in total.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Keuse van Langafstand geweer/kaliber

Post by BRNO (Pierre) »

Ek is verseker nie n balistiese expert nie, maar jy het klaar een van my droom kalibers genoem, en dit is die 22-250. Die kaliber lyk vir my op papier kan alles doen, en dan nog so ent verder. Volgende sal die 25-06 wees. Beide die keuses vir my sal wees oor die trajek, en die hoeveelheid wat die koeel nie val nie, oor selfs afstande tot 400m, wat dit n perfekte baan geweer maak. Hou maar in gedagte die beperkings wat die SAJWV op sekere kalibers het.

Op my vraag van die 22-250 het jy my uitgeboul deur te vra watter koeels sal moet gebruik word vir jag. ek sit nog steeds in die paviljoen ;D.
Veiligheid eerste manne!
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Keuse van Langafstand geweer/kaliber

Post by James Wilson »

Net toe ek die 338LM wil voorstel klop Ludwig my.

Wouter dit klink of jy wil jag en nie net papier wil skiet nie. ek glo nie jy sal kleiner as die 284w gaan nie, so as jy nie die 284win verkies nie dan moet jy sekerlik heelwat groter gaan aangesien die kalibers wat net groter is as 284win is nie die 284 kan klop nie. dit is hoekom ek aan die 338lm gedink het.

daar is natuurlik die 30-378 weatherby, die spoed wat jy daaruit kry behoort vir die swakker bc van die 30 bo die 284 op te maak.

as jy kleiner wil gaan as die 284, oorweeg die 6xc . as jy die yanks se forums oor lang afstand lees, sal jy sien die 6xc is baie gewild.
die 6xc se doppe is hier beskikbaar
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Keuse van Langafstand geweer/kaliber

Post by Marc »

Dags? manne

Paar punte wat ek net graag wil vasmaak hier  ???

1. Hoe v?r is lang afstand dan nou, 300  ??? 500  ??? 1000m
2. Gaan ons bok jag of papier skiet {m.a.w. watter tiepe van slaankrag word verlang  ??? op watter klas van afstand  ???
3. Kopskote, jis Wouter as jy 'n kopskoot op 500m plus herhaaldelik, ongeag die weer, kan klits soen ek jou skoene  mwha mwha mwah ;D

Hoe ek by die .338 LM uitgekom het, {en ek is geensins 'n ekspert nie} is om 'n roer te soek wat ek 1500m teikens konstant sal kan tref en wat meer as genoeg slaankrag het om die groter wild {Gems, BWB en selfs Eland} op afstande van tussen 500 en 800 meter effektief te kan dood.

Die Savage van S&O was reg in my kraal {Dankie Willem  :angel: }, want hy is uit een blok alluminium gesny, het ten volle verstelbare kolf en greep met Accutriger, plus hy het reeds sy rails en MB op  ;) Haal hom uit die boks en gooi  8)

Sodoende is ek nou gewaarborg dat ek op 1000meter meer as net kompiterend kan wees op die baan en op 500 meter blad kan vat sonder om te veel te stres as die skoot so rapsie af is  8)

Ek beplan nie om SAJWV met die outjie te skiet nie, dink nie hulle re?ls laat MB of KD toe nie  ??? As ek mag sal dit nog 'n groter bargain wees.

Gooi so bietjie meer oor die projek of gee ons daar 'n "link" om te volg. Sal bitter graag wil loer na wat dit alles behels  8)

Nog 'n goeie topic, dankie Wouter

Mooiloop
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Keuse van Langafstand geweer/kaliber

Post by BLOK »

Iets om ook na te kyk as jy wil jag voor jy nog na kaliber dalk gaan kyk is watter tipe koels effektief teen watter spoed op lang afstande sal kan werk om n dier te dood.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Keuse van Langafstand geweer/kaliber

Post by Marc »

Ludwig wrote: maar my 284 Win behoort 'n 338LM of Edge op papier tot by die 1000y merk te klop, beide op trajek sowel as windskuif,
Hier kom skop die man met sy Uno stof in die BMW se o? toe die lig groen word  ;D ;D ;D ;D ;D

Ludwig

Dink jy weet ek wil jag ook, dus die groter kaliber. Jy kan bietjie meer uitbrei van my kant af, ek gee geensins om, om te leer nie.

MOET NET NIE MY HART SO VROEG AL BREEK NIE, ek is nog vars verlief  op di LM  8)

Mooiloop
Marc
BLOK wrote: Iets om ook na te kyk as jy wil jag voor jy nog na kaliber dalk gaan kyk is watter tipe koels effektief teen watter spoed op lang afstande sal kan werk om n dier te dood.
Goeie punt Blok  ;D
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Keuse van Langafstand geweer/kaliber

Post by James Wilson »

Marc, ek het al n komp van SAJWV geskiet waar m/brakes verbied was, maar nie kd's nie
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Keuse van Langafstand geweer/kaliber

Post by Geno »

Ludwig wrote: In sommige kalibers doen die SMK's ook nie te sleg nie, alhoewel sy terminale ballistiek bietjie onvoorspelbaar is.
+1 Ludwig,
Die SMK is baie voorspelbaar.

Ek skiet die 135gr SMK in my .308 teen 3920fps, en het saterdag-aand gesien dat hulle gladnie lekker presteer op sagte diere nie.
Dit het 4 (Ja, vier) skote geneem om 'n jakkals vrek te skiet met hulle. Hulle reageer te veel soos solids.
Sal hulle binnekort op zebras, blouwildebeeste en blesbokke gebruik met breinskote en dan sien of hulle beter doen.

Ek het ook al met 'n .25-06 die 100gr SMK gebruik om 'n springbok op 400+m te skiet, en hy het net 'n gaatjie in- en uit gemaak op sy ribbes.


Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Keuse van Langafstand geweer/kaliber

Post by Marc »

Wat van 'n .50 Cal  ??? ??? ???

As 'n Springbok op so 500 meter jou reg van voor bekyk en jy die kruis mooi laag in die kuiltjie sit ..... gaan hy mos sommer klaar pens uit wees en hoef jy dan nie bekommerd te wees oor hy 'n rukkie in die son gaan l? nie  ;D ;D ;D

Sorry ek moes net bietjie humor inbring  8)

TERUG NA DIE TOPIC  :police: :police: :police:
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Keuse van Langafstand geweer/kaliber

Post by BLOK »

Marc

Ek het so deur Wout se skrywe fyn te lees afgely dat hy noggal n .5 oorweeg blykbaar besluit hy nog net watter een gaan die beste doen in AI
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Keuse van Langafstand geweer/kaliber

Post by Marc »

BLOK wrote: Marc

Ek het so deur Wout se skrywe fyn te lees afgely dat hy noggal n .5 oorweeg blykbaar besluit hy nog net watter een gaan die beste doen in AI
Jy ook  ;D

Kom ons wag en sien wat hy s?  8)

PS: As die kat weg is, is muis baas..... Ons hijack sy post lekker vandag  :angel:
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7546
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Keuse van Langafstand geweer/kaliber

Post by Wouter Roets »

Hallo Kerels

Ek sukkel regtig! Ek het n paar kalibers wat darem die meeste goed wat ek wil jag kan dood kry. Meskien moet ek fokus op n baan geweer vir SA Jagters, want dit is tog al kopetiesie wat ek werklik skiet. Kom ek benader dit so. Ek gaan begin met n kaliber dan skiet julle gate in my redenasie en lewer komentaar.

6.5 Creedmore
28 duim loop
Berger 130gr VLD
S365 44.9gr
Dopfulling 104,1%
Ontbranding 100%
Spoed 3029ft/sek
60 230psi
Barreltime 1.279ms

Skiet manne laat ek hoor!

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Keuse van Langafstand geweer/kaliber

Post by BLOK »

As Hornady ophou doppe maak is jy gef..., tensy jy die rice crispies pad wil volg en 22-250 doppe wil gebruik (een snap en hulle is gepop) as ek reg onthou is dit net hulle wat doppe maak. Die remmie het n baie beter dopkapasiteit as ek weer reg onthou en vir die 6.5x47 kry jy Lapua doppe plus hy het n smaal primer.

En die belangrikste punt 260rem is makliker bekombaar as die Creed. hahaha
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7546
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Keuse van Langafstand geweer/kaliber

Post by Wouter Roets »

Blokkie

Jy is heeltemal reg dat dit huidig net Hornady is wat doppe maak en ook nie te goeies as ek so na die gewige kyk nie! ;) Glo darem nie dit sal te moeilik wees om doppe te maak van n paar kalibers af nie maar hou nie daarvan nie! Dit daar gelos, weeg bietjie hierdie ander kanidate op teenoor die stats wat ek gegee het. Jy gaan maar so sokkeol sokkol verbeter op daai resep! ;)

Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Keuse van Langafstand geweer/kaliber

Post by VdWalt »

6.5x55  ;D
Net so 150 fps stadiger (as dit soveel is) as die CreedM. Doppe die wereld vol. Werk lekker met ons
kruit en ek het nie 28 duim loop nodig nie.
afrikanerbloed
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 300
Joined: Sat Dec 10, 2011 2:07 pm

Re: Keuse van Langafstand geweer/kaliber

Post by afrikanerbloed »

My keuse vir die normale man op straat is:
1. 6.5x55
2. 260 rem
3. 22-250
n Kaliber wat my nog altyd getickle het is die 257 Weatherby.Ek het nog nooit na bc en daai dinge gekyk nie en ek weet manne gaan se dat doppe n probleem gaan wees en dan is daar nog die probleme met ons plaaslike dryfmiddels wat hom nie na sy volle potensiaal kan bring nie,maar ai dis n mooi groot dop en hy skop nie meer as n 30-06 nie en is plat soos wat plat kom.
Sal graag wil hoor wat manne te se het oor hierdie kaliber.
Sterkte met jou keuses
Johan
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7988
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Keuse van Langafstand geweer/kaliber

Post by Arnold »

260 Rem AI
24" loop
Berger 140gr LRBT ~ 2850 fps

Vir SA jagters het jy nie meer nodig nie, jy laaik die AI's en dit sal ook n heel handige jag geweer wees.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7546
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Keuse van Langafstand geweer/kaliber

Post by Wouter Roets »

Hallo Johan

My 25-06 Ackley Improved is die 257 Weatherby se balistiese tweeling. Dis n baie goeie kaliber en die manne wat hom gebruik kan gewoonlik nie genoeg sy lof sing nie. Jy het klaar die probleem uitgwys met beide en dit is dat ons nie n stadig genoeg verbrandende poeier vir hulle het nie. Die beskikbaarheid van werklike hoe BC koeels in die 257 kaliber is ook iets wat die kaliber nie baie geskik maak vir die aplikasie nie. 270 se probleem ook. Nog n ding van die Weatherby reeks is die dubbel raduis skouer. Dit is n moeilike skouer om positiewe kopspasie op te kry en hou ook nie baie lank nie.

Ek het ook al sterk na die 6.5x55 Ackley gekyk maar weereens kort ons n poeier wat so rapsie stadiger verbrand vir hom om sy volle potensiaal te bereik. Enige dop langer as 51mm met die basis maat van .470 sit met hierdie probleem. Arnold se 260 Ackley is ook n groot aanspraakmaker maar ek sou graag Lapua doppe in die kaliber wou gesien het. Die manne voorspel nou al vir n paar jaar dat hulle wel gaan kom maar tot duver het dit nog nie gerealiseer nie. Snaaks geen manne tot duver met iets soos die 6.5 284 of 6.5 WSM nie.

Luddie kom in! Dis seker nou die 7mm se beurt! ;D

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7988
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Keuse van Langafstand geweer/kaliber

Post by Arnold »

BC is koning en spoed kom tweede.

Vir SA jagters sou ek die 260AI met 24" loop kies en n 140gr Berger, 142gr SMK, 140gr A-Max of 139gr Scenar (In die orde) en teen so 2850 fps skiet.

Op bekende afstande het jy nie n platskieter nodig nie maar iets wat minder skuif in die wind.

Lapua doppe is beskikbaar en ek weet daar is al manne wat dit al vir n tydjie gebruik.

Of die 6.5-284 dit werd is vir die oefening weet ek nie? Hoeveel wen jy regtig op hierdie kort afstande?
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7546
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Keuse van Langafstand geweer/kaliber

Post by Wouter Roets »

Luddie

Jy praat waar woorde oor die Lapua doppe! Ek het al gaan loer na die meneertjie(6.5-284) maar dopfulling lyk sleg met ons kryte op die koeels wat ek in gedagte gehad het. Looplewe gaan ek nie oor stry nie, glo ook dat mense te veel maak daarvan. Maar ja dopfulling in my ondervinding is baie belangrik en kan nie mis gekyk word nie. Gaan loer ook maar wat se tipe poeiers die manne in die 6.5-284 gebruik en jy sal sien dat ons erg uitval met n gelykstaande kruit. Dit sal nog n groter probleem wees in die 6.5 WSM. n Pel van my het een en sukkel erg.

Nou los ons dit met die 7mm's. Wag in spanning!

Groetnis
Wout

Arnoldus

Sien nou jou post. As ek kan wegkom met n langer loop vir hoer spoed hoekom nie? Dit gaan tog n doelgerigte geweer wees vir baanskiet. Kom ek maak die prentjie groter en se ek sluit veldskiet in waar afstande nie bekend is nie. Wat dan?
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
WillemS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 385
Joined: Wed Sep 15, 2010 4:30 pm

Re: Keuse van Langafstand geweer/kaliber

Post by WillemS »

Wouter

Ek het nie baie kennis van hom  nie, maar wat van iets soos die 7mm Tombi van oom chris?

Ludwig kan seker hier iets noem, glo hy sou na hom gekyk het!

Willem
Last edited by WillemS on Mon May 21, 2012 10:15 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7988
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Keuse van Langafstand geweer/kaliber

Post by Arnold »

Wel as jy veldskiete insluit val die 7mm uit en moet mens dalk kyk na die 6mmRemAI om n 95gr VLD teen spoed te dryf!
User avatar
Dawid
Hero Member
Hero Member
Posts: 1079
Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm

Re: Keuse van Langafstand geweer/kaliber

Post by Dawid »

Ek lees nou hierdie posts van julle en wonder maar net....Kan n man nie n Bisley (RSA aksie ) se poeier lekker opstoot nie.....dan gaan hy mos lekker plat en verder kan skiet. ??? ??? Die goed skiet mos alreeds akuraat en ver soos dit is.
Dan behoort dit mos n lekker baangeweer te wees en as jy n bok ver wil gaan haal sal hy mos werk  ???

Wil nie inchip of highjack nie.....jammer as ek doen maar ek wonder maar net aangesien ek n 80m dooierus man is, my gewere gaan net tot 100m ;D

Groetnis
IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER

9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7546
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Keuse van Langafstand geweer/kaliber

Post by Wouter Roets »

Hallo Manne

Na aanleiding van Piet Breed se skrywe elders op die Forum het ek bietjie gaan rondsnuffel by Savage. Daar is n magdom modelle beskikbaar en ek dink jy gaan sukkel om n meer akkurate geweer van die rak af te koop. Selfs die Creedmoor is beskikbaar in die 12 Long Range Pricision. Ongelukkig is die looplengte 26 duim wat nie die Creedmore tot sy volle reg bring nie.

Ek weet as n mens die Custom roete gaan is dit baie belowend vir die siel met soveel meer opsies, maar daar is ook weer ander voordele om bv hierdie roete te gaan, spesifiek vir iemand wat sukkel met die gedult aspek in die lewe!

Luddie so bye the way het ek weer gaan loer na die 6.5-284 and I stand corrected! Dopfulling is nie so sleg nie en die nodes op hulle(Savage) se Benshrest geweer(29 duim) slaan hy op maksimum druk met byde S385 en S361. Byde die 130 en 140 VLD werk in hom. Verseker nie n kaliber om mis te kyk nie. Die negatief vir my van die spesifieke geweer is n enkelskoot en onpraktiese kolf vir enige iets behalwe bench skiet. Ook nie verstelbaar nie.

Ek het so bietjie met Sully ook gepraat en die naam Andre Mojet het opgekom. Ek hoor baie goed van hom. Ag vader maar ek is deurmekaar!

Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Post Reply