Page 1 of 1

persies

Posted: Mon May 28, 2012 7:59 pm
by johans
het iemand vir my raad om persies in n kamp te hou,ekt al 9 lyne gespan ma dit help nie

Re: persies

Posted: Mon May 28, 2012 8:03 pm
by Zack Benade
My pa het dieselfde probleem met my gehad toe ek jonk was.  G
een draad het gehelp nie. ;D ;D ;D

"n Mooi girl bly darem mooi ;D ;D
Nou dat ek getroud is span my vrou net een draad en dis genoeg ??? ???

Re: persies

Posted: Tue May 29, 2012 6:17 pm
by Vasvat
As hulle eers leer draadkruip het is dit moeilik, hou hulle bietjie op kraal as jy kan, dit help gewoonlik. Is die kos nie dalk meer/sappiger aan die anderkant nie?

Re: persies

Posted: Tue May 29, 2012 6:38 pm
by Ponkie
Johan

Ons het so 50 persie ooie, slag die aanteel uitsluitlik vir my ma. Sy gebruik nie iets anders as persie skaap saam haar wildvleis nie.

Hoe ver is jou gronddraad van die grond af? Is jou matte almal toe?
Ons boer met boerbok en dorper en onderste 4 drade is elkeen 70mm uit mekaar, volgende 3 is 100mm en dan boonste 4 is 120mm uit mekaar. Die gronddraad is 35mm van die grond af en dan is daar matjies by al die slote. Nie eers 'n boerbok kruip hier deur nie tensy daar 'n matjie oopgespoel het.

Probeer ook om die ooi wat eerste deurkruip te vang en weg te ry. In die begin het dit gehelp met die boerbokke.

Groetnis
Ponkie 

Re: persies

Posted: Wed May 30, 2012 6:14 pm
by johans
vasvat ja,daars groenvoer reg langs hulle kampie en hulle het dit nou geproe,maar hulle het al gekruip voor daar voer was.ponkie ek weet nie hoe ver my lyne uitmekaar is nie,ek span nou nog n lyn heel onder,want as ek dit reg het kruip hulle net op die grond deur.die ooi wat voor kruip het nou n 2ling gelam so ek wil ha nie laai nie