Ligte, Dimmers, nuwe beligting idees ens.??

Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Ligte, Dimmers, nuwe beligting idees ens.??

Post by Dawie »

Waarom is daar nog nie LED -Skietligte nie,  of is daar?  Dink net hoe lank sal 'n ou se batterye hou,  die bedrading en switche sal ook nie so 'n punch vat nie.

Het iemand al dit ondersoek?  Sal dit Kattie en Jakkie se ogies minder of meer seer maak?

Wil iemand dalk hierdie saak aanROER???
Dawie
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1887
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Ligte, Dimmers, nuwe beligting idees ens.??

Post by jaracal »

Dawie
Die enigste LED spotlight wat ek sover gesien het is van Energizer. Dit werk op 4 penlights en hou blykbaar 8 ure aanmekaar. Dit is egter totaal onvoldoende vir roep, die lig is te flou. Ek gebruik die lig om jakkalse te soek nadat ek hulle klaar geskiet het. Lig het nog nooit ingegee nie. Ek gebruik ook 'n MultiLED om te soek. Gebruik 3 x AAA baterrye. Meer van 'n flood light en werk goed. Moet se dit maak soek 'n plesier.

Groete
H
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
User avatar
Caller
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 449
Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm

Re: Ligte, Dimmers, nuwe beligting idees ens.??

Post by Caller »

Dawie

Ek waag my nou op ou Tewis se gebied. Ek laat maar net my gedagtes so 'n bietjie gaan.

Die probleem met 'n LED is dat hy sy lig vorentoe teen 'n klein hoek uitstraal.'n LED (Light Emitting Diode) is mos 'n diode wat lig uitstraal en werk nie met 'n gloeidraad soos die meeste ander gloeilampe nie. 'n bulp met 'n gloeidraad straal sy lig na alle kante toe uit(regrondom).

Wanneer jy enige lig (bulp) wil versterk (soos om 'n spotlight te maak), moet jy die ligstrale konsentreer met 'n "reflector", vannaf 'n fokus punt (byvoorbeeld 'n bulb met 'n gloeidraad wat ten minste 180 grade na agter toe uitstraal). Dit is waarom alle spotlights 'n reflector het (en hoe groter hoe meer effektief). Dit is hoekom 'n Ligtforce se reflector in en uit draai, om die fokus te verander van "flood" na "spot".

'n LED gebruik min krag (watt) en daarom is sy uitstraling relatief laag. Hy lyk vir ons oog baie helder omdat sy lig intensiteit hoog is, hy maak van 'n ho?r frekwensie liggolwe, gebriuk. Met ander woorde, hy lyk net sterk, maar is nie so sterk nie. (amper soos ouboet mesomelas. LOL). Jy kan nie verwag om 400 newton torque uit 'n enjin te kry wat jou net 4 liter per 100 kilometer gee nie. Hoe kragtiger die output hoe ho?r die energie verbruik.

'n Bulp met gloeidraad, is eintlik 'n kragvreter in vergelyking met die tegnologie in 'n LED, omdat die gloeidaraad sy meeste energie in hitte omskakel. Maar (Halogeen/Krypton gloeilamp) gee gee nog die beter ligsterkte af.

Dus weet ek nie so mooi van 'n spotlight met LED's nie. Maar as 'n mens die LED's na agter monteer en miskien 'n vergrootglas ook ingooi, wie weet wat dan kan gebeur.

Die mees effektiefste en sterkste moontlike ligbron wat ek van weet is die arc-lights, jy weet die een wat met die verbranding van 'n litium stafie werk, soos in die milit?re lugafweer ligte. Ek verstaan die polisie se helikopters het sulke menere(no net meer modern) wat tot sesduisensd kerskrag uisit. Weet nie mooi hoe meet hulle dit nie. Ek het 'n maaikie in die polisie(ook 'n nagridder) wat s? daai lig steek die gras aan die brand as die tjopper langer as drie minute in dro? gras sit. Smaak my 'n man kan so eenekie aanskaf en sommaar die jakkies doodbrand, amper soos in laserkanon.

O ja, ek maak sommaar my eie LED gloeilampies vir my hand toortsies (hulle vervang die ou gloeilampies (soos wanneer jy 'n Maglite se standaard bulpie vervang met 'n LED ene) Koste van materiale is ongeveer R 15.00 en 'n sub a'tjie kan dit doen. Drie LED's sonder enige resistors op 'n driesel of minder sel flits. Werk soos 'n bom.

Maar 'n LED spotlight?, ek weet nie so mooi nie.

Caller 



   
Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
johan
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 409
Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm

Re: Ligte, Dimmers, nuwe beligting idees ens.??

Post by johan »

Van Roerder aan Caller

Sien jy nou,dis nou wat ek inligting uitruil noem,mooi man dankie.
Die sterker LED ligte(mag,petzl,radient) het n geel materiaal binne in die LED,die geel LED lyk ook verskillend van die normale LED.
Kry mens van die geel LEDs in die handel te koop.

johan...QBE
"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
Izak02

Re: Ligte, Dimmers, nuwe beligting idees ens.??

Post by Izak02 »

Gepraat van LED`s, Skiet een aand by my buurman. Op pad om die remote neer te sit, skree hy: `sit aan die lig!`. Ek sien iets blink voor hom in sy LED kopliggie se lig en kon nie verstaan hoekom wil hy weet of die remote reg is of nie, want ek het al van te vore by hom geskiet. Toe ek die lig aansit, sit kietsie reg voor hom! Watte chaos! Met die kat op, en die buurman in die bakkie, begin ek roep. Nie baie hoopvol na al die mannewales nie. Toe ek die lig weer aansit, sit sy maatjie so 50m agter toe in die rantjie, wat `n wonderwerk. 2 katte binne 5min sonder om te roep, praat van `die regte tyd op die regte plek`. 
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Ligte, Dimmers, nuwe beligting idees ens.??

Post by Freek »

Caller lyk my jy ken die ins en outs van LED liggies. Manne al spotlight wat ek ken is die energizer wat ek al vas gehou het en een aand in die huis getoets het, die ding het nog al 'n betreklike sterk lig of laat ek eerder se 'n sagte lig maar of hy effektief gaan wees vir skiet weet ek nie. Miskien soos Dawie se, werk hy goed om dooie jakkelse mee te soek.

Die eintlike punt wat ek wil maak is dat so paar jaar gelede voordat ek nagsig gehad het moes ek maar plannetjies maak om bosvarke in die nag met 'n gewone scope te jag. Soos julle weet kan 'n gewone scope net met helder maanlig aande effektief gebruik word, maar wat nou van al die ander aande as dit donker maan is ::) Ek het toe besluit om voer plek te maak vir die varkies en koop toe by GAME 2 LED lampies (daai tiepe met die son paneeltjie bo-op wat jy in die tuin gebruik) plant die goed reg langs die plek waar die voer uit gegooi word. Die goeitjies werk nogal lekker want hy het 'n ingeboude "day/night switch" so hy begin skyn as dit donker word en skakel van self af as dit lig word. Deur die dag laai die batterye - werk nogal heel goed en benodig minimale onderhoud. Varke het in gekom maar was aanvanklik baie lig sku en wou nie vreet nie. So 3 weke later het hulle gewoond geraak aan die 2 liggies en het dit hulle nie meer gepla nie en vreet hulle toe al te lekker. As jy in die blind/skuiling sit en in die nag deur die scope op die teiken mik sien 'n mens die buite lyne van die vark en kan jy akuraat korrel en seker maak van jou skoot sonder dat TA  weet van jou...
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
User avatar
Caller
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 449
Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm

Re: Ligte, Dimmers, nuwe beligting idees ens.??

Post by Caller »

Regstelling!!! :P :P :P

Daai polisie arc lights gee blykbaar 6 miljoen kerskrag.

Caller
Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
User avatar
Caller
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 449
Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm

Re: Ligte, Dimmers, nuwe beligting idees ens.??

Post by Caller »

Johan

Jy behoort hulle te kry, so nie, vra dat jou plaaslike agent dit vir jou bestel. Dit sal verseker by die elektronica groothandelaars te kry wees.

Caller
Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
projag

Re: Ligte, Dimmers, nuwe beligting idees ens.??

Post by projag »

Die hoogte van jou lig bo die voertuig of bo die grond.
Wat is jul bevinding.
Wil dan lyk asof jak makliker inkom as lig hoog sit.
charles

Re: Ligte, Dimmers, nuwe beligting idees ens.??

Post by charles »

Wat is die bester lig om nou te gebruik kleinste lens moontlik.
Charles
tafjak

Re: Ligte, Dimmers, nuwe beligting idees ens.??

Post by tafjak »

Charles en Projag

Die lig waarmee jy die beste sien is die een. Maak nie saak of dit die 140 of 170 is nie, want alles kan reggestel word met die dimmer. Die hoogte van die lig bo-kant die grond ( ek verstaan dit as die hoek waarteen die jakkalse die lig ervaar) kan ook deur die dimmer gekorrigeer word.

Ek gebruik die 170mm lightforce en werk baie beter as die 140mm vir my.

Groetnis
Taffie
Pierre

Re: Ligte, Dimmers, nuwe beligting idees ens.??

Post by Pierre »

HI

CHALLES EN PROJAG

EK MOET SAAM STEM MET TAFFIE,EK GEBRUIK AL MY LIGHTFORCE 170 MODEL

WAT BO OP GEWEER VAS KNIP AL VIR DIE LAASTE 6 JAAR EN DIT IS EEN VAN DIE BESTE

EN BELANGRIKSTE GOED OP MY BAKKIE.

DIE LIG IS NET SO HELDER,MAKLIK ON TE HANTEER EN DIT GOOI N WIT KOL,MAAK LANG SKOTE N

PLESIER IN DIE NAG.

ONTHOU N GOEIE LIG MAAK N STANDAARD SCOPE GOED,MAAR AS JOU LIG SWAK IS KOM N GOEIE

SCOPE NIE TOT SY REG NIE.

HEINRICH SE ALTYD JY KAN NIE SKIET AS JY NIE KAN SIEN NIE.

LAAT DIE SKOTE KNAL EN DIE JAKKALSE VAL.

LEKKER SKIET MANNE.

PIERRE
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Ligte, Dimmers, nuwe beligting idees ens.??

Post by Christo »

Pierre

Ek vra die naweek vir Hein en Taffie hoekom praat ons nie ook oor ligte nie. Die antwoord - wat is daar om oor te praat - koop 'n Lightforce

Groete

C
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Ligte, Dimmers, nuwe beligting idees ens.??

Post by JACQUES BOTHA »

Nou n dom vraag .
As ons n dimmer gebruik om die lig te verdof, hoekom stel ons nie die lig om n groter kol te gooi nie, dan is daar nog mnder lig wat die jakkals kan pla .
As ons die lig n klein kolletjie laat gooi, en ons draai die dimmer helderder, pla dit die jakklas of pla die lig hom nie rerig nie. Wil mens so min lig  as moontlik by n ligsku jakkals kry, gaan dit help om die kol so wyd as moontlik te versprei of nie? Ek sien uit om a die antwoord te luister.... 
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1887
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Ligte, Dimmers, nuwe beligting idees ens.??

Post by jaracal »

Jacques
Ligsku jakkalse draai onmiddelik of jy rooi, wit, kol, of nie kol ligte gebruik. Die voordeel met die klein kolletjie (gekonsentreerde lig) is dat jy tot op ongeveer 350m duidelik kan sien om daar diere te identifiseer en te kan skiet.

Ek gebruik vol-sterkte en wanneer ek die oog optel draai ek die dimmer onmiddelik na zero. Daarna beweeg ek terug na waar ek die oog opgetel het en draai dan die lig stadig helder. As die dier staan draai ek die lig weer af. Eers as die dier beweeg draai ek die lig sterker/helder om die dier te identifiseer. Wanneer die dier binne gemaklike skietafstand is draai ek die lig na maksimum sterkte om dan op volsterkte te skiet. As jy van die snitte op die DVD fyn bekyk sal jy sien hoe van die jakkalse struikel soos die sterk lig hulle verblind.

Hoop dit antwoord jou vraag.

Groete

Heinrich
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Ligte, Dimmers, nuwe beligting idees ens.??

Post by JACQUES BOTHA »

ek leer mos maar stadig jong hein. Ek het die dvd net so 5 keer deurgekyk en weer die eerste jakkalsroep uitdaging ook beloer...
Ek gaan nou vir my n kamera man kry vir die dag skiet ding.. wat doen ons in die plat vlakte...ek het dinsdag myself verberg voor n miershoop maar die gras is baie lank, ek dink die camo stoel soos daai 4 wiel jakkals bekruip maantuig van die karoo sal baie goed werk in die dag... Ek kon een inkry die reun  maar moes wag dat hy veby die foxpro gaan en en toe die bipot uitgetrek en regop van die kniee geskiet....was maar n bewerige storie hoor...sweet het geloop en  het baie tevrede gevoel toe daai man omdop....die sleg is ek het hom eers gesien toe hy sowat 60 tree van my af was.. ek dink n ou moet maar altyd die hoogte voordeel probeer al is dit so 1 kilo weg van die plek af .. gaan nou weer vrydag en saterdag die sonsakroep ding doen....hopenlik met die kameraman.....sal laat weet
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
Caller
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 449
Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm

Re: Ligte, Dimmers, nuwe beligting idees ens.??

Post by Caller »

Hein

Ek laaik as die jakkies struikel. Hoop die greenies struikel net so lekker.

Het jy die foto's gekry.

Is more op pad P.E. toe vir NPBK vergadering.

Caller
Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
britsman
Hero Member
Hero Member
Posts: 792
Joined: Sun Feb 01, 2009 3:06 pm

Re: Ligte, Dimmers, nuwe beligting idees ens.??

Post by britsman »

Hallo almal,
              Here's a plan to keep the RIG out of the light when using Lightforce Spotlamps.It helps especially well when using the red lens. I got the plan from :www.predatormastersforums.com
The shields are  matt black sprayed flower pots cut to size to fit around the lights.

                                                    Image 
             
                      brittie
If guns are outlawed. Only outlaws will have guns.
User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Re: Ligte, Dimmers, nuwe beligting idees ens.??

Post by Yalair »

Britsman
Dankie het net die naweek gedink ek sal iets op lig moet sit.
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Ligte, Dimmers, nuwe beligting idees ens.??

Post by JACQUES BOTHA »

BRITSMAN.
Draai die pot om man , jy kry een wat presies op die 140 pas en een wat presies op die 240 pas, sny net die gatkant oop is makliker..
hulle is sommer hier by ons in die pick en pay hypermarket beskikbaar , ook by game...
Onthou ent hy maak die lid so ***druppeltjie swaarder...
Ben.
So stop sommer daar by een van die twee se tuinafdelings ...kry daar...
Last edited by JACQUES BOTHA on Wed Apr 15, 2009 9:26 pm, edited 1 time in total.
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Ligte, Dimmers, nuwe beligting idees ens.??

Post by Gerhard »

Ek het baie gesukkel met lig wat die silencer vang en dan blink in die scope.

Ek het toe heavy duty swart emmer gekoop. Die heat gun nader getrek en gesny soos nodig.

Het die plastiek op die 170 vas ge pop ribbet. Werk nou baie lekker. Baie selfde idee as die potte.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Re: Ligte, Dimmers, nuwe beligting idees ens.??

Post by Yalair »

Jacques
sal my vrou vra, is alhergies vir winkels, behalwe as daar gewere in is  :D
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Ligte, Dimmers, nuwe beligting idees ens.??

Post by JACQUES BOTHA »

as jy mooi vra sal sy dit kry,,daar swart blompotte wat werk op die 240..140... en 170....
deligeer meneer delegeer..lag  ek nou lekkerder hier in my uitkyk pos.......
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1384
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: Ligte, Dimmers, nuwe beligting idees ens.??

Post by Freddie101 »

Die lightforce 170 lig wat op geweer mount dink ek kom met n 60 watt bulb uit. Is dit raadsaam om n 100w bulb in te sit en saam met dimmer te gebruik of nie. Wat is die ondervinding?
Groete Freddie 
yol bolsun
boeta
Hero Member
Hero Member
Posts: 572
Joined: Sun Apr 19, 2009 12:01 pm

Re: Ligte, Dimmers, nuwe beligting idees ens.??

Post by boeta »

Freddie

Kan maar die 100w gulb in sit,is dan ook sterker,maak ook niks op dimer ni het altyd nog so geskiet.Ek gebruik nou net di 240 sien nou baie beter

Boeta
An armed man is a citizen
An unarmed man is a subject
A disarmed man is a slave
Post Reply