2de SAVAGE AXIS TOETS

Post Reply
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

2de SAVAGE AXIS TOETS

Post by Piet Breedt »

Nadat ek die potensiaaal van die 1ste Axis wat ek getoets het in .308 kaliber raakgesien het, het ek besluit om nog een te toets maar hierdie keer in n .22 250 kaliber. Vir die toets het ek weer PMP se bruin pakkie ammo gebruik in 55gr aangesien die waarskynlikke teikenmark tipies die jagter sal weees wat 2 of 3 keer n jaar wil gaan jag met sy eie geweer, en nie noodwendig baie wil spandeer aan n geweer, of herlaaitoerusting, en van die rak af wil jag.

Ek het weereens die Rudolph 6 - 24 x 50 teleskoop op die Axis gemonteer en slegs 2 skote geneem om hom sowat 25mm laag op 25m te laat skiet, mooi in lyn. My eerste skoot op 100m was net linksvan die middel en toe die 2de skoot die eerste een sny, was ek reeds opgewonde. Toe die 3de skoot die 2de een sny was ek baie opgewonde.

[img width=358 height=480]http://i746.photobucket.com/albums/xx10 ... ope001.jpg[/img]

Nadat ek die loop so bietjie laat afkoel het, het ek weer n drieskoot groep geskiet, en hy het so gelyk.

[img width=560 height=418]http://i746.photobucket.com/albums/xx10 ... ope004.jpg[/img]

Ek het nog so klompie groepe geskiet en almal was v?r onder n duim. Ek het ook gekyk of my .22 250 se gelaaide patrone in die kamer pas, en het toe hierdie 5 skoot groep geskiet met 55gr Nosler BT.

[img width=358 height=480]http://i746.photobucket.com/albums/xx10 ... ope006.jpg[/img]

Hier is my jongste dogter agter die geweer besig om haarself te geniet met sy besonderse akkuraatheid.

[img width=560 height=418]http://i746.photobucket.com/albums/xx10 ... ope005.jpg[/img]

Wat my nog meer beindruk het, is die feit dat hierdie groepe in alles behalwe idiale kondisies geskiet was. Die van julle wat op die ho?veld bly sal weet hoe die wind gewaai het Saterdag. Ek het probeer om amper direk in die wind in te skiet om die effek daarvan so min as moontlik te maak. Die wind het egter redelik gedwarrel maar hoofsaaklik so vanaf 11 uur gewaai, so tussen 4 en 13 mph. Soos julle weet kan wind reg van voor mens baie rondfoeter met groepe skiet, aangesien dit nooit konstant is.

Hierdie spesifieke geweer het my baie beindruk, en ek kan nie wag om n .243 Axis ook te toets. Alhoewel hy baie plasties voorkom, dink ek dit sal die idiale bakkie geweer maak, aangesien die plastiese kolf baie punch kan vat, en die S/S loop en aksie ook die skoonmaak daarvan nie so gereeld sal maak, en dat jy ook nie bang hoof te wees vir roes. Die kolf is baie meer rigied as wat hy voorkom, en omdat die geweer so lig is, druk hy nie sommer skeef en raak aan die loop as jy hom teen n boom of iets druk.  Ek dink ook dat dit die idiale kindergeweer sal wees in die kleiner kalibers aangesien hy so lekker lig en hanteerbaar is. Hy is selfs ligter as my Sako Vixen in .223

Ek het ook op langer afstande na gongs geskiet tot op 350m en was regtig beindruk met die geweer se hanteerbaarheid. Die PMP patrone het egter redelik druk getoon met die slagdoppies wat heeltemal plat ge slaan was, sowel as die slot wat moeilik oopgemaak het op meeste van hulle. My herlaaide patrone wat met 35gr S335 gelaai was in Winchester doppe, het egter baie maklik gewerk, en die aksie het foutloos oorgehaal.

Ek dink die geweer sal uitstekend werk vir iemand wat gereeld hoog in die berge en rante soos in die oos Kaap gaan jag omdat hy so lekker lig is. Met sy uitsonderlikke akkuraatheid dink ek dat hy die Howa n baie goeie "run for his money" sal gee in in terme van kwaliteit, akkuraatheid en prys.  Ek self is n groot Howa fan en dit vat baie om dit te s?, maar ek glo hy sal sy man kan staan, en ek voorspel dat hy nog net so gewild soos die Howa gaan word, veral in aggenome sy prys.

As ek nie reeds so baie gewere gehad het, sou ek dit baie ernstig oorweeg het om hierdie een vir myself te gekoop het, en dit my jakkals geweer gemaak het wat so bietjie punch kan vat, en my huidige .22 250 so bietjie ge "nurse" het.

My broer se aanstaande skoonseun was ook by, en hy gaan hierdie spesifieke geweer dadelik boek as ek hom terugvat, so beindruk was hy ook met hom.
Last edited by Piet Breedt on Sun Jun 24, 2012 9:44 pm, edited 1 time in total.
Zack Benade

Re: 2de SAVAGE AXIS TOETS

Post by Zack Benade »

Waar is die foto's Piet?
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: 2de SAVAGE AXIS TOETS

Post by Gerhard »

Hier kom n ding...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: 2de SAVAGE AXIS TOETS

Post by Piet Breedt »

Wag man, Photo bucket pla
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: 2de SAVAGE AXIS TOETS

Post by LUAN »

Ek hoop jy het hom mooi skoon gemaak na elke skoot vir die loop inskiet ding :P ;D Ek wag in spanning vir die fotos :D
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: 2de SAVAGE AXIS TOETS

Post by VdWalt »

Wow!
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: 2de SAVAGE AXIS TOETS

Post by Piet Breedt »

Askuus dat ek die verslag so in drips en drabs geskryf het, my rekenaar het uitgebom, maar is darm nou weer reg.
User avatar
DavidddeWet
Newbie
Newbie
Posts: 22
Joined: Sat Jul 23, 2011 10:53 am

Re: 2de SAVAGE AXIS TOETS

Post by DavidddeWet »

Dankie oom vir die mooi verslag, dit help manne soos ek wat op soek is na 'n nuwe geweer.

Groete
David
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: 2de SAVAGE AXIS TOETS

Post by Marc »

Dankie

Nog 'n goeie veslag  8)  Ek oorweeg hoeka 'n 22 250 in die toekoms  :)

Mooiloop
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
martinf
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 292
Joined: Tue Jul 12, 2011 10:10 am

Re: 2de SAVAGE AXIS TOETS

Post by martinf »

Baie dankie oom. Dit is regtig als nuttige informasie.

Uit oom se oogpunt watse een van die savage en howa se aksies verkies oom??

Ek is baie naby aan 243 byvoeg en probeer maar soveel as moontlik uitvind.

Groete

Martin
Sako .22 Varminter
Musgrave 30-06 Mauser aksie
CZ 75 9mm D
CZ 243
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: 2de SAVAGE AXIS TOETS

Post by Piet Breedt »

Martin, as ek die Savage Mod 12 aksie kan insluit by die keuse, sal dit beslis die Savage wees. Ek het nog te min met die Savage Axis geskiet om regtig te kan oordeel, maar hy lyk goed. Ek sal slegs n "Rifle Basic's" sneller opsit om hom regtig goed te maak. Hulle is nie so duur en dan het jy n top klas sneller.
User avatar
Sam Kelbrick
Full Member
Full Member
Posts: 124
Joined: Tue Apr 26, 2011 9:44 am

Re: 2de SAVAGE AXIS TOETS

Post by Sam Kelbrick »

Piet

Baie dankie vir die moeite met die toets van die Savage Axis. Ons is al 'n geruime tyd opgewonde oor die Axis reeks as 'n waarde vir geld intreevlak geweeer, maar ons wou nie veel lawaai maak , voordat ons nie ekspert derdeparty bevestiging gekry het, dat die die geweertjie wel sy man kan staan nie. Ons het soortgelyke terugvoer van ons kliente ontvang oor die geweer.

Groete

Sam Kelbrick
Safari & Outdoor
Value has a value only if its value is valued
TASCO
Newbie
Newbie
Posts: 20
Joined: Sun Jun 05, 2011 3:07 pm

Re: 2de SAVAGE AXIS TOETS

Post by TASCO »

Piet,

Ek stel belang in dieselfde Rudolph 6-24x50mm model teleskoop wat jy op die Savage toets geweer gesit het!
Wat dink jy van hom en sal jy hom aanbeveel, want teen R8 000 lyk dit na baie goeie waarde vir geld.

Groete

Tasco
immelmanw

Re: 2de SAVAGE AXIS TOETS

Post by immelmanw »

Piet Breedt wrote: Nadat ek die potensiaaal van die 1ste Axis wat ek getoets het in .308 kaliber raakgesien het, het ek besluit om nog een te toets maar hierdie keer in n .22 250 kaliber. Vir die toets het ek weer PMP se bruin pakkie ammo gebruik in 55gr aangesien die waarskynlikke teikenmark tipies die jagter sal weees wat 2 of 3 keer n jaar wil gaan jag met sy eie geweer, en nie noodwendig baie wil spandeer aan n geweer, of herlaaitoerusting, en van die rak af wil jag.

Ek het weereens die Rudolph 6 - 24 x 50 teleskoop op die Axis gemonteer en slegs 2 skote geneem om hom sowat 25mm laag op 25m te laat skiet, mooi in lyn. My eerste skoot op 100m was net linksvan die middel en toe die 2de skoot die eerste een sny, was ek reeds opgewonde. Toe die 3de skoot die 2de een sny was ek baie opgewonde.

[img width=358 height=480]http://i746.photobucket.com/albums/xx10 ... ope001.jpg[/img]

Nadat ek die loop so bietjie laat afkoel het, het ek weer n drieskoot groep geskiet, en hy het so gelyk.

[img width=560 height=418]http://i746.photobucket.com/albums/xx10 ... ope004.jpg[/img]

Ek het nog so klompie groepe geskiet en almal was v?r onder n duim. Ek het ook gekyk of my .22 250 se gelaaide patrone in die kamer pas, en het toe hierdie 5 skoot groep geskiet met 55gr Nosler BT.

[img width=358 height=480]http://i746.photobucket.com/albums/xx10 ... ope006.jpg[/img]

Hier is my jongste dogter agter die geweer besig om haarself te geniet met sy besonderse akkuraatheid.

[img width=560 height=418]http://i746.photobucket.com/albums/xx10 ... ope005.jpg[/img]

Wat my nog meer beindruk het, is die feit dat hierdie groepe in alles behalwe idiale kondisies geskiet was. Die van julle wat op die ho?veld bly sal weet hoe die wind gewaai het Saterdag. Ek het probeer om amper direk in die wind in te skiet om die effek daarvan so min as moontlik te maak. Die wind het egter redelik gedwarrel maar hoofsaaklik so vanaf 11 uur gewaai, so tussen 4 en 13 mph. Soos julle weet kan wind reg van voor mens baie rondfoeter met groepe skiet, aangesien dit nooit konstant is.

Hierdie spesifieke geweer het my baie beindruk, en ek kan nie wag om n .243 Axis ook te toets. Alhoewel hy baie plasties voorkom, dink ek dit sal die idiale bakkie geweer maak, aangesien die plastiese kolf baie punch kan vat, en die S/S loop en aksie ook die skoonmaak daarvan nie so gereeld sal maak, en dat jy ook nie bang hoof te wees vir roes. Die kolf is baie meer rigied as wat hy voorkom, en omdat die geweer so lig is, druk hy nie sommer skeef en raak aan die loop as jy hom teen n boom of iets druk.  Ek dink ook dat dit die idiale kindergeweer sal wees in die kleiner kalibers aangesien hy so lekker lig en hanteerbaar is. Hy is selfs ligter as my Sako Vixen in .223

Ek het ook op langer afstande na gongs geskiet tot op 350m en was regtig beindruk met die geweer se hanteerbaarheid. Die PMP patrone het egter redelik druk getoon met die slagdoppies wat heeltemal plat ge slaan was, sowel as die slot wat moeilik oopgemaak het op meeste van hulle. My herlaaide patrone wat met 35gr S335 gelaai was in Winchester doppe, het egter baie maklik gewerk, en die aksie het foutloos oorgehaal.

Ek dink die geweer sal uitstekend werk vir iemand wat gereeld hoog in die berge en rante soos in die oos Kaap gaan jag omdat hy so lekker lig is. Met sy uitsonderlikke akkuraatheid dink ek dat hy die Howa n baie goeie "run for his money" sal gee in in terme van kwaliteit, akkuraatheid en prys.  Ek self is n groot Howa fan en dit vat baie om dit te s?, maar ek glo hy sal sy man kan staan, en ek voorspel dat hy nog net so gewild soos die Howa gaan word, veral in aggenome sy prys.

As ek nie reeds so baie gewere gehad het, sou ek dit baie ernstig oorweeg het om hierdie een vir myself te gekoop het, en dit my jakkals geweer gemaak het wat so bietjie punch kan vat, en my huidige .22 250 so bietjie ge "nurse" het.

My broer se aanstaande skoonseun was ook by, en hy gaan hierdie spesifieke geweer dadelik boek as ek hom terugvat, so beindruk was hy ook met hom.
Piet, MOOI DOGTER!
Post Reply