Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Was besig om te trek die laaste tyd so maar min op die forum gewees. Wil gou by die manne wat weet hoor watse vervaardiger se Gps is die beste, Tom Tom of Garmin. My garmin het goed gewerk, maar een van ons nuwe broers het besluit hy het hom eerder nodig, met die gevolg ek moet weer een kry. Dit maak die lewe vir 'n Vrystaater net makliker in Gauteng
almal gaan aan oor garmin, maar ek het 'n tom tom. volgens my werk hy baie makliker as 'n garmin. en hy bring jou ook op jou plek uit. ek weet net nie of jy tracks for africa op hom kan sit.
cassie_calvinia wrote:
almal gaan aan oor garmin, maar ek het 'n tom tom. volgens my werk hy baie makliker as 'n garmin. en hy bring jou ook op jou plek uit. ek weet net nie of jy tracks for africa op hom kan sit.
Negatief, Cassie.
Tracks4Africa se kaartsagteware werk net op Garmin-toestelle.
Dit hang alles af waarvoor jy 'n GPS wil gebruik. As jy net 'n sg. street of city navigator soek, is hulle almal ewe goed: Tomtom, Garmin, ens.
Maar as jy 'n GPS gebruik (soos ek) vir reise na buurlande en in die boendoes waar jy rondswitch tussen straatkaarte, topografiese kaarte en T4A moet jy 'n Garmin kry.
En nie enige Garmin nie - kry vir jou 'n Montana. As jy gedink het die ou 276C (ek het twee gehad) was goed, moet jy die Montana kry.
9mm P Glock 19 (Die Donkerbek)
.177 Diana Panther (Die Wintie)
243 Win Howa (Kleinjan)
270 Win BSA (Death Ray)
270 Win (Assegaai)
30-06 Howa (Pakslae)
"We're paratroopers, Lieutenant. We're supposed to be surrounded."