416 Rigby Herlaai Data

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Post Reply
Alvar
Full Member
Full Member
Posts: 160
Joined: Mon May 07, 2012 7:26 pm

416 Rigby Herlaai Data

Post by Alvar »

More manne

Het enige iemand hier ladings vir die 416 Rigby en die spoed wat daai ladings loop?

Dankie

Alvar
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 416 Rigby Herlaai Data

Post by tripodmvr »

Elke geweer is 'n unieke platform en om jou te help met ladings deur die gebruik van Quick Load is maklik - verskeie van die lede is al baie gekonfyt daarmee. Gaan kyk na wat nodig is by die post wat vertel wat nodig is en ons sal jou met graagte help - van mak tot wilde ladings is beskikbaar. Sal die beste uit jou geweer haal.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Alvar
Full Member
Full Member
Posts: 160
Joined: Mon May 07, 2012 7:26 pm

Re: 416 Rigby Herlaai Data

Post by Alvar »

Dankie vir die terugvoer tripodmvr.

Tans laai ek 400gr Hornady Interlocks voor 89gr S365 in Hornady doppe met CCI250 Magnum Primers. COL 90.4mm.

Die Hornadys vlieg dan teen so 2260vps uit my CZ550 Magnum net sy 22" loop. Ek wil graag my spoed so na as moontlik aan 2400fps kry met die Hornadys. Is dit moontlik?

My ander lading is 400gr Barnes X TSX voor 86gr S365 in Hornady doppe met CCI250 Magnum Primers.

Ek het hulle nog nie deur die Chrony geskiet nie. Kan die slim QL program my miskien 'n aanduiding gee van hoe vinnig hulle sal vlieg?

Ek is glad nie vertroud met die QL program nie, so as ek in die donker rond tas vergewe my maar asseblief.

Dankie

Alvar
User avatar
Vincehond
Full Member
Full Member
Posts: 116
Joined: Mon Jul 18, 2011 2:22 pm

Re: 416 Rigby Herlaai Data

Post by Vincehond »

Alvar

Ek skiet presies dieselfde lading as jou Barnes TSX 400gr met 86 grein S365, CCI 250 magnum primer. Ek moet net gaan seker maak oor my tpl. Ek het ook die CZ 550 magnum, 24 duim loop.
My spoed gemiddeld deur die Chrony is so 2350ft/sek

Hoop dit help
Browning x- bolt 30-06; Howa 375Ruger; CZ 550 Magnum 416 Rigby; Miroku semi-auto .22 long; Brno Delux 308; Astra 357; Savage 22-250 Model 12 FCV; 12 Boor Beretta semi- auto Model A301; Matthews Monster Accelarator
Alvar
Full Member
Full Member
Posts: 160
Joined: Mon May 07, 2012 7:26 pm

Re: 416 Rigby Herlaai Data

Post by Alvar »

Hi Vincehond

Baie dankie, dit help baie.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 416 Rigby Herlaai Data

Post by Wouter Roets »

Hallo Alvar

Jou maksimum spoed met die 400gr Hornady Interlocks in jou geweer met S365 is in die orde van 2380ft/sek. Met die tipe koeel sal ek dit wel nie aanbeveel nie. Die koeel is n van n konvensionele konstruksie al het hy die randjie wat core jacket seperation veronderstel is om te keer. Die koperwande is ook aan die dun kant so hou liewer by daai spoed. Ek let jou kort TPL op, wat is die rede daarvoor?

Met die Barnes TSX kan jy hom maar stoot tot so 2350ft/sek met n node(sweetspot) omtrent presies op daai spoed.

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Alvar
Full Member
Full Member
Posts: 160
Joined: Mon May 07, 2012 7:26 pm

Re: 416 Rigby Herlaai Data

Post by Alvar »

More Wouter

Skies, die TPL was verkeerd. dit is 92mm vir die Hornady en 94mm vir die Barnes.
Post Reply