Page 1 of 7

Ex Musgrave werknemer- navrae welkom

Posted: Sat Sep 08, 2012 4:16 pm
by Daan Els
my swaer, James(Jagbehep!) sit al lank agter my dat ek by die jaracal familie moet aansluit.  ek was skepties aangesien ek jare in bedryf was en nie altyd goeie ondervindige van die jag publiek gehad het nie.

ek moet egter dadelik se dat ek die jaracal groepering as buitengewoon opgewonde en bekwaam ervaar. Dit nou nadat ek n n paar weke op die site geroof kyk het.

In kort is my wapen agtergrond die volgende: afgesien daarvan dat ek in die enigste ware korps was nl die pantserkorps ;D het ek in 1976 vir Musgrave begin werk as n gereedskapmaker. in daardie tyd het ek lank saam met Trevor Musgrave gewerk, die onwikkeling van die Mod 80, 90, ens beleef. onderleiding van Billy Attard en verskeie ander kundiges is ook die Musler Haelgeweer (SAPS) ontwikkel. Persone wat n groot rol in Musgrave gespeel het was Peet Holtzhauzen, Dave Coetzee(oorlede) Pierre Pearson & Herman Ackerman. Musgrave was betrokke in verskeie projekte soos bv die hard verchrooming van militere lope, motor onderdele, ens.
Die geskiedenis van Musgrave en sy doen en late in latere jare is omvangryk en verg meer forum bladsye! Ek het gevorder vanaf gereedskapmaker, onderdeel vervaardiging, spesiale dienste & pasmaak gewere tot Best Bemarking wat die buiteland ingesluit het.
Nie altyd beskikbaar op net, kontak my in alle geval, indien ek nie reageer sal James die navrae monitor!
Baie geluk aan die eienaar en moderators van die inisiatief, ek wens dit was in Musgrave se dae beskikbaar.
Ns: Ek wil graag sien dat ons alle Musgrave navrae op die forum bespreek en nie deur emails of pm's nie.

Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom

Posted: Sat Sep 08, 2012 4:31 pm
by GERT vd M
Baie welkom hier Daan, ek glo jy gaan dit geniet en ek weet dat jy n groot aanwins vir die forum sal wees.
                      Groetnis
                        Gert

Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom

Posted: Sat Sep 08, 2012 4:42 pm
by James Wilson
Aarde manne, na hoeveel keer se gesprekke met Daan het ek hom uituindelik omgepraat om aan te sluit. Ek moet se dit sou nie gebeur het as hy nie nou al self bietjie op jaracal gekyk het en soos hy self opgemerk het  en gesien het hier is toegewyde mense wat lief is vir Musgrave gewere en geskiedenis asook gewere in die algemeen.

Ek is gereeld verstom as ek in sy teenwoordigheid is oor al die fasette waarby Musgrave betrokke was.
Daar was al in die verlede n paar pm,s aam my oor die "ander" projekte waarby Musgrave betrokke was. Ek wil tog vrae dat ons by die Musgrave jaggewere en geskiedenis moet hou.

Ek kan maar net se dat die gesprekke werklik intresant kan raak. Ek het in 2009 n groep jagters gereel om Daan te ontmoet. Die manne het later gladnie meer iets geskink nie en net later in n ry gestaan om vra te vra. Ons het later hier by 02:00 gestop en die manne het maar die volgende dag aangegaan met die vra. Dit was vir my baie mooi om te sien watse gevoel die SA jagter vir die Musgrave naam het.

Ek sal die vrae dophou want Daan kan altyd die vrae monitor nie, en dan sal ek hom se om te antwoord. Ek het al op verskeie internasionale wesowel as plaaslike forums vrae geantwoord namens Daan geantwoord en dink ek dit is heel gapas dat Jaracal die site is waar antwoorde gekry kan word. Aangesien dat jaracal in die OVS begin is en Musgrave van die OVS is. Sterkte

Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom

Posted: Sat Sep 08, 2012 5:35 pm
by Marc
Baie welkom Oom Daan, wat 'n vooreg en aanwins vir die Forum  8) Geniet dit hier saam met ons  ;) Mooiloop
Marc

Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom

Posted: Sat Sep 08, 2012 6:00 pm
by Swys14
sjoe die kennis op die forum raak net meer en meer, welkom by 'n BAIE goeie forum.

Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom

Posted: Sat Sep 08, 2012 6:44 pm
by Hein M.
Welkom Daan!

Ek is bitter bly dat jy hier op die Forum is!

Ek en heelwat ander ouens ook het nogal baie Musgrave-verwante vrae en wat is nou beter as om 'n kenner hier te h? ;)

Ek hoop (en weet) dat jy die gesprekke hier sal geniet!

Oppas net.  Dit is nogal verslawend...

Mooiloop!

Hein M

Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom

Posted: Sat Sep 08, 2012 6:51 pm
by Francois Marais
Daan

Baie welkom oppi forum, ek gaan vir ons n spesiale afdeling maak onder vuurwapens, dan bly die vrae alles mooi bymekaar........

Mooi loop
Francois

Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom

Posted: Sat Sep 08, 2012 8:54 pm
by ELTIE
Naand Daan
Baie welkom hier! Sien baie uit na jou posts, ek google al wat n ding is oor Musgrave om meer van hul aksies, gewere ens te leer.

Groete
Eltie

Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom

Posted: Sun Sep 09, 2012 9:16 am
by cassie_calvinia
dagse daan
Welkom hier.
ek het wel 'n vraag. ek skiet met 'n musgrave 7.62 plank. my oupa het die geweer vir my pa gekoop om skyf te skiet. my pa nie baie lief vir skiet. maar, hy se van sy dag af het die geweer se agterste gaaitjie visier mount los gebly. nou het hy scope op, en sit nog met die selfde probleem. hy die gat se draad strip letterlik sommer so op sy eie. die geweer recoil bitter min.
as my pa nou weer kaap toe gaan, gaan hy na geweer smit toe. wil hom remount.
maar, is daar enige rede daarvoor? het jy al so iets gesien, of is dit maar 'n vrats. verder is die roer lieflik.
mooi loop

Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom

Posted: Sun Sep 09, 2012 10:02 am
by Daan Els
Dagse almal, jislaaik julle laat my sommer tuisvoel, baie dankie. Ek sal julle vrae na die beste van my vermoe antwoord, miskien ook sommer n paar ex Musgrave manne oorreed om deel te vorm van die forum.
Cassie - Ja die geweer is n Musgrave RSA bisley geweer in kal 7,62mm. Die slotaksie romp op die gewere is baie hard en moeilik om te masjieneer. Die monteer gaatjies is baie klein en die skroefdraad uiters fyn. Hulle was geneig om los te kom en het die skuts maar lock-tite aangewend. Ek dink die skroefdraad is uitgewerk en verg kundige aandag van n goeie wapensmid, dit kan egter suksesvol herstel word. Die teleskoop monteerblokke kan natuurlik ook vas ge-silver solder word, weereens, besoek n kundige!
Sterkte
Daan

Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom

Posted: Sun Sep 09, 2012 3:12 pm
by Frikjordaan
Baie bly om vanoggend hierdie "topic" raak te sien.

Daan.

Wil ook s?: Baie Welkom

Graag wil ek verneem of jy dalk meer lig kan werp op die storie van 'n Musgrave geweer wat ek jare gelede deur bemiddeling van klein Ben Musgrave gekoop het.

Die storie wat ek het is dat die geweer gebou was op die selfde lyne as die geweer wat destyds as geskenk vir Oud Pres P W Botha gebou was.

Die inskripsies/graveering op die geweer is:

Voor op die loop: Musgrave en Seuns Bloemfontein
Kal 7.62
Op die Slotaksie Romp : Rep. van Suid-Afrika
Op die magasyn plaat: C de Jager 3-5-1972
Op die snellerbeul: "Prestige Model"
Aksie tipe: RSA Bisley tipe met magasyn
Nommer OB  7.62 - 2

Sal dit baie waardeer as jy of dalk ander van die oud Musgrave fabriek manne bietjie kan vertel van die geweer.

Ek wil dink dat daar 'n storie aan die geweer was omdat sy nommer OB 2-7.62 is, maar ek weet nie werklik nie, dalk was dit maar net nog 'n volgnommer

Baie dankie en mooi loop

Frik Jordaan 

Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom

Posted: Sun Sep 09, 2012 3:46 pm
by Daan Els
Hallo Frik,
Die geweer is natuurlik voor my tyd gebou. Ek dra wel kennis van PW geweer en dat daar n reeks van 10 gebou is met die nommers OB (vir Bloemfontein) en in nommer volgorde 1-10.
Dit was ons gewoonte om n reeks pasmaak gewere te bou, soos die Plezier Mauser reeks, ens.
Met die sluiting van Musgrave (vir geen geldige rede) en die kamma skuif na LIW, is alle materiaal in ons argiewe ook oorgeskuif. Ek het al vergeefs probeer om van die materiaal in die hande te kry, blykbaar bestaan dit nie meer........wat n tragedie!
Kevin Healy Bloemfontein Custom Rifles is die enigste persoon uit daardie era wat jou moontlik meer akkurate inligting kan gee.
Die slotaksie waarna jy verwys was inderdaad deur LIW (Denel/Krygkor) vir Musgrave vervaardig aangesien Musgrave hoofsaaklik n groot wapensmid fabriek was. Musgrave het eers self begin ontwerp, ontwikkel en vervaardig hier in 1973/4. Die loop in jou geweer is n LIW hammerloop en die hout is Franse Okkerneut.
Groete
Daan Els

Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom

Posted: Sun Sep 09, 2012 6:57 pm
by cassie_calvinia
die skroefies was gelock tite, maar die draad van die gaitjie strip. dit was al toe gemaak, en nuwes ge-tap, maar dit weer gebeur. het nou net 'n dikker boud in. weet dis verkeerd, maar vat geweer in sodra ek kans het. ek maar ver van naaste geweer smit.
weet net nie hoekom hy dit anmekaar doen.
dankie

Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom

Posted: Sun Sep 09, 2012 7:18 pm
by Daan Els
Ai Cassie,
Wens ek het antw gehad! Miskien tyd om die agter monteer blokkies vas te silver solder, dit moet egter staal wees!
Sterkte en laat weet as probleem opgelos is, miskien sukkel daar nog iemand!
Groete
Daan

Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom

Posted: Mon Sep 10, 2012 10:58 am
by Gideon@1
Oom Daan

Ek was baie gelukkig om in 1994 die eienaar van 'n nuwe Musgrave Model 2000  (.270 Win)  te word.
Die wapen se nommer is 032. Pragtige wapen met 'n uitgeboude pistoolgreep. Skiet soos 'n droom!!
Ek sukkel egter om inligting te kry oor die Model 2000.
Hoop oom kan my help met bietjie geskiedenis oor die modelreeks.

Vriendelike groete

Gideon

Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom

Posted: Mon Sep 10, 2012 6:12 pm
by Daan Els
Die model 2000 is maar gebasseer op die oorspronklike Mod80 met n hele klomp vebeterings, soos uittrekker, sneller, gladder aksie, ens
Ons wou die VSA mark met die model betree aangesien ons so baie navrae uit die VSA ontvang het. Een handelaar wou n bestelling van 5000 plaas en dit aan versamelaars wat hy ken, bied!

Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom

Posted: Mon Sep 10, 2012 8:23 pm
by Frederik
Daan,

As ek mag vra enige geskiedenis oor die meneertjie ek het om gekry in 1994 toe ek 18 was nog op skool nogal.
As ek reg kan onthou het ek R6500 betaal vir hom 'n 375 H&H sy reeks nommer  375H/H0090K98

Hier is paar fotos Oom ginger van Zyl is die feeding verbeter nie dat daar baie fout was nie en die kolf bietjie geskuur vir die visiere en langer slot handvatsel opgesit asook QD mounts die geweer skiet soos 'n droom en is baie vinnig om te laai die enigste negatiewe wat ek kan se is dat die magasyn net 3 kan vat. Die sneller is ook net perfek.

Hier is so paar fotos.

Image

Image

Image

Image

Image

Image

Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom

Posted: Mon Sep 10, 2012 8:50 pm
by Daan Els
Ja, hierdie is die 80ste 375 wat op n standaard Mauser K98 gebou is. Ons het altyd die eerste 10 nommers gereserveer vir spesiale versoeke.
Die feit dat hy slegs 3 patrone vat is maar omdat dit n standaard magasyn is. Ons het n groter magasyn gehad, maar die het net op die Musgrave Magnum aksie gepas.
Jou keuse hier is baie goed omdat n man met n 375 gevaarlike wild kan jag en die bree klou uittrekker van die Mauser sal altyd verseker dat die dop uitkom. Die Mauser slot en uittrekker beheer ook die patroon sodra hy uit die kas voer, sogenaamd " controled feeding".
Musgrave was nooit groot op groter kalibers nie, dit het ons oorgelaat aan ons pasmaak afd.
Die hout is ongetwyfeld Turkse okkerneut.
Groete
Daan

Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom

Posted: Mon Sep 10, 2012 8:59 pm
by Frederik
Dankie vir die informasie so my 375 is dan op 'n standaard aksie gebou en dit is hoekom ek nie my my TPL kan speel nie en die patrone maar meestal op 90mm hou. Maar die geweer werk en hy werk lekker en was al op baie avonture ek sal hom vir niks verkoop nie.

Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom

Posted: Mon Sep 10, 2012 9:02 pm
by Daan Els
Ja, glo my die aksie sal jou nooit in die steek laat, n ou het mos nie meer as 3 nodig nie, anders kry n .50 Browning...haha
Cheers

Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom

Posted: Fri Sep 21, 2012 6:27 pm
by Frederik
Oom Daan,

Wat kan jy my asb. vertel van die gewere ?

243 Win reeksnommer 300450 ek dink die is 'n vrystaat 26 duim loop.

en

308 Win reeksnommer 200319

Dankie

Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom

Posted: Mon Oct 01, 2012 6:37 pm
by Langes
Hallo Daan. (ek sal maar nie se oom nie!)

Ek het 'n musgrave Santa Barbara .308. (die outjies met die R reeksnommers) Kan jy my dalk meer vertel van die  Santa barbara reeks?

Hoe veegelyk die gewere met bv die model 80 en 90?
Word die reeks gereken as "swakker kwaliteit" as die ander reekse?
Watse lope is gebruik op die reeks en tot watse akkuraatheid is die gewere in staat toe?

Maak nie saak wat wie ookal van my geweer se nie, ek ruil hom vir niks nie!!!!(sal dalk maar net een of twee by las!!)

Sal terugvoer baie wardeer.

Groete
langes (Cornelius)

Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom

Posted: Mon Oct 01, 2012 7:34 pm
by Daan Els
Hi Langes,
Ons het die SB loop/aksie kombinasie ingevoer uit Spanje via Brasilia. Daar is inks fout met hulle nie en ons het ook nooit werklik probleme met hul gehad nie. Ons het egter van die begin opgetel dat hul lope baie nou is, veral die 243's. Ons het al die lope opgemeet en vervang met LIW lope aangesien Musgrave op baie Klein skaal lope gemaak het.
Probleme met SB reeks was onderandere.
1. Veiligheidsknip het self beweeg sodra jy op die sneller druk.
2. Lope baie nou
3. Feeding
Maar soos genoem is al die reggestel tydens finale inspeksie.
Kal: 243, 270, 308 & 3006
Geniet hom, werklik nice gewere gewees.
Daan

Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom

Posted: Wed Oct 17, 2012 12:12 pm
by gillie
Middag oom Daan

Ek het 'n navraag oor die volgende 2 gewere:

Eerstens, en een wat my die meesste pla, 'n Beretta Musgrave o/u 12 boor haelgeweer (S56E). Ek het gehoor dit is deur Musgrave aanmekaar gesit met parte van Beretta? Is dit waar ? wat is die werklike geskiedenis rondom die haelgewere. Het onlangs 'n nuwe Silver Pigeon van Beretta te siene gekry en verskil tog nie veel van die Beretta Musgrave wat 36 jaar terug gekoop is nie. Die haelgeweer het my pa nuut vir R300 gekoop ! Die ejectors raak nou bietjie sticky, maar sodra die geweer in my naam is, sal ek hom laat diens.

Tweedens, ek jag tans met 'n M90 30-06, maar die een met die donker stukkie hout voor aan die "stock". Ek sal sommer net bietjie agtergrond wil kry op hom asb.

Hier is een foto met beide gewere in:
Image

Baie dankie by voorbaat !

Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom

Posted: Sun Oct 21, 2012 7:19 pm
by Jake1
Ek het die m80 musgrave en die slot slaan nie die rondtes af nie, Die slagpen maak net 'n klein merkie op die slagdoppie.

Ek het 'n nuwe veer in die slot gesit en die slot uitmekaar gehaal en silwer skoon gemaak maar dit help nie.

Enige raad sal waaardeur word