Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Het vandag by Komani Arms verneem van die nuwe groen laser flitse. Hy is klein en sal maklik op jou scope mount en hulle beweer dat jy tot op 280m ver kan sien. Weet iemand meer omtrent hulle en of n oog reflekteer ?
Hulle het een bestel en sal hom dan laat toets. Ek brand van nuuskierigheid
BIKER
het n paar reviews van die goete gelees op US sites. Some swear by them while others swear at them. Grootste probleem op die oomblik is die goete wil nie werk in temprature onder vriespunt nie, klink my as hy egter werk is hy nie te sleg nie, baie goeie funksie wat hy het is, jy kan sy field of view stem om by jou scope s'n te pas, en dan is daar ook GEEN lig tussen jou en waar jy lig nie, net die kol voor, wil dam graag ook ene he, net oor ek kan.
Verduidelik bietjie die vogtigeid ding, hoekom raak hy dan swakker. Het jy van die grotes ook beskikbaar, prys?? en laat weet van battery leeftyd, watse batterye en so.............
DIS DIE SELFDE EFEK WAT VOG OP DIE WIT LIG HET NET BAIE MEER INTENS WAT DIS N BAIE
MEER INTENSE GEKONSENTREUDE LIG TONNEL.
BATT. 123A,LEEFTYD +- 8 URE.
OP HIERDIE STADIUM IS DIT NET DIE ND3 WAT SCOPE MOUNT IS,MAAR JY KRY OOK N GROTER EEN
WAT AS FLITS GEBRUIK WORD,PRYS IS ONBEKEND.
Dankie, het gedink dit sal so iets wees, gou ander vraag. Blink Jak se oe ook in die lig, en wat is jou ondervinding van jakkals se reaksie as jy met die torch vol op hom lig???
Dankie vir die inligting sover is ek baie opgewonde. Wag vir antwoord op blink van oge en jak se reaksie op daai lig. Is sy batterye herlaaibaar of kan mens herlaaibares koop en gebuik ? Het jou suksesse opgeskiet?
Kan jy van hierdie modelle ook kry, en die prys???
Sien op die site, hulle praat van die preasure switch included, jy noem dit nie, alhoewel jy weer n carry case noem wat ingesluit is. Het jy preasure switch ook beskilbaar, as ek een aanskaf is hierdie switch nogal belangrik vi my. Ek sal in die 50mm model belangstel.
Dis dieselle batterye wat die Amerikaanse SUREFIRE flitsies ook me werk. Ek het herlaaibares gekoop ma hulle wou nie in my flits werk nie. Dit was egter so 2-3 jaar terug, sal weer kyk of ek kan kry en laat weet. Die gewones is ook maan aan die duur kant, so by die R75 vi een, en n SUREFIRE eet hom in 30 min op.
Jy kan wel n klient vra om paar saam te bring, dink by WALMART kry jy hulle in pakke van 12. Die battery se no is 123 as ek reg onthou.
Almal
Ek het daai grioen lig gesien en het my bedenkinge inteendeel ek dink nie hy gaan werk nie.
Die probleem met die groen lig, jy sien nie die helderheid van die oog nie en ook nie verskil in kleur van n oog nie. Alle oge lyk dieselfde deur die groen lig, Ek het vir Hansie by die geweer winkel genooi om die lig te kom toets in die aand op jakkalse of iets dergliks, die patroon van die lig maak dit ook moeilik om te sien want dit lig nie in n kol nie, maar met sulke openinge tussen die liggies. Dalk het ek na die verkeerde flits gekyk , maar AS jy hom wil gebruik vir soek of kyk of looop in die nag goed doen so hy sal werk, maar nie vir jakkalse jag nie. En sy prys is so effe aan die duur kant vir iemand soos ek met n limiet op my begroting.. koop liewer nog n lightforce---jy gaan baie beter doen vir minder geld..
Hoop ek was by die verkeerde flitsie:
Groete
Jacques
KYK IN DIE VORIGE POSTS IS DAAR WEB ADRES VAN VOORBEELDE.
OP HIERDIE OOMLIK IS NOG NET DIE ND3 (32MM ) BESKIKBAAR IN SA.
DIE 123A BATT. HOU SO 7 URE 0.35 AMP .
Dankie vir die inputs. Teen daai prys sal ons die dinge mooi moet ondersoek. As die dier nie ge id kan word nie......problem. Ek soek hom spesiaal vir n laatmiddag roep en dan word dit donker ,daai golden hour.
fM
Daai groen laser flitslig wat ek by gerrie se winkel in die ko-op bekyk het gooi nie n vaste kol nie as jy deur die scope kyk, kan jy sien hy gooi n patroon lyk soos n klomp spikkels... en ek het nog nie met die groen laser na jakkals se ogies gekyk nie, maar deur die groen filter jare terug en ek verseker julle die een wat deur die filter kan se of sien n groen lig wys n jakkals se oog beter praat louter makouakkies woefiepoefie...
Dalk kan hy as hulp werk vir daai laatmiddag roep, as die son sak en jakkals het al geantwoord en jy kan niks sien nie, vra vir wielewaps daai donker vang ons met die jakkals hier 30 tot 50 meter voor ons.. donga's en digte bos, hy wys nie lyf nie en ook nie oog nie, maar hy bly hier naby...
...
gewig en groote lyk hy na n goeie flits, maar ook goeie prys...
..
Groete\
jb
Jakkals het my gebel laas week. Ek wou weet of die lig die groot ligte kon vervang? Hy het aan my genoem dat die lig bietjie tonnel visie veroorsaak in die nag en dat ek hom nie sou kon vervang met die lig nie.
Sal maar so 'n ou goeie flits saamvat om op die roer te sit vir daai as dit donker word.
Hein
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
Kalahari Sands Varminting wrote:
Sal maar so 'n ou goeie flits saamvat om op die roer te sit vir daai as dit donker word.
Die probleem met hulle is dat hulle groot en swaer is om saam te dra en hulle mount moeilik.,bv soos die maglite en die groot sniper flits in vergelyking met die laser flits