Weatherby Vanguard S2 - Quick Review

Post Reply
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: Weatherby Vanguard S2 - Quick Review

Post by Louis Kriel »

Pure Howa! Die Howa het net nie die waarborg nie, maar hy kan.
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Weatherby Vanguard S2 - Quick Review

Post by Eugene »

Dankie Ludwig, ek hou dop!

Sal jy hierdie tipe gewere aanbeveel vir langafstand skiet? Bv in 270 wsm kaliber?

Groete
Aim small, miss small
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Weatherby Vanguard S2 - Quick Review

Post by James Wilson »

Ludwig, as ek vandag geen gewere het nie en ek mag net een geweer koop sal die spesifiek hierdie produk van Weatherby wees en dan ook juis in 300wsm. as jy na die prys die produk en die kaliber kyk staan hy op sy eie op die oomblik. watter ander vervaardiger gee so n waarborg saam met sy geweer?
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: Weatherby Vanguard S2 - Quick Review

Post by Louis Kriel »

Ludwig wrote: Dirty, ek is baie vertroud met die Howas. Hele klompie van my vriende het Howas, en ek help hulle ook herlaai vir hierdie gewere. Maar ek kan jou belowe, Die Vanguard S2 is regtig nie dieselfde klas nie. Mens hoef net die 2 langs mekaar te plaas, om sommer so met die oog die verskille op te merk. Ja, die S2 het nogsteeds 'n Howa 1500 Barreled action, maar hulle kolwe en inletting/fitting is aansienlik beter met groter verskeidenheid, en hulle eie 2-stage match trigger kan nie vergelyk word met enige iets uit die Howa stal nie. En as mens moet gaan op wat die manne op die Weatherby Forum s?, word die lope vir die S2 baie sorgvuldig uitgesoek uit die wat van Howa af kom. Die wat nie die criteria haal nie, word terug gestuur Howa toe. So as mens wil, kan jy die Vanguard S2 beskou soos 'n AMG Mercedes. Dis steeds 'n Merc, maar hy is meer  "select" met beter verrigting, en beter afwerking. Dit is wat die Vanguard S2 is.
Goeie "comeback" Ludwig, ek het dit sommer tong-in-die-kies gese! ;D
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Weatherby Vanguard S2 - Quick Review

Post by Eugene »

Ludwig wrote:
Eugene wrote: Dankie Ludwig, ek hou dop!

Sal jy hierdie tipe gewere aanbeveel vir langafstand skiet? Bv in 270 wsm kaliber?

Groete
Eugene, so uit die boks, met die regte koeels en lading en optics, sal 'n man gemaklik jagbare akuraatheid tot 400-450m kan kry. 270 WSM sal dit ook beslis kan doen.
Maw, vir skiet (nie jag nie!) verder as 600m, is hierdie gewere nie ideaal nie? Verstaan ek jou reg?
Aim small, miss small
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Weatherby Vanguard S2 - Quick Review

Post by Stefan764 »

Ludwig wrote: R11 000 by Safari & Outdoor betaal.
Daar le die geheim  :angel: ;D :angel:
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Weatherby Vanguard S2 - Quick Review

Post by Eugene »

Dankie Ludwig, ek het so vermoed... :(

Dis maar die R11 000-00 gedeelte wat my opgewonde gemaak het, maar gedink dis te goed om waar te wees :'( :'( :'(

Sal maar begroot en bekook en bespaar en weer met jou gesels as ek reg is vir 'n langafstand roer!

Groete
Aim small, miss small
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Weatherby Vanguard S2 - Quick Review

Post by Eugene »

Ludwig, ek sien uit daarna om oor jou projek te lees!

Ek is tans nie vreeslik haastig nie, laat ek maar eers 300m bemeester, voordat ek grootbek raak en wil mik vir 600m+! ;)

Maar dit bly maar lekker om 'n ding te bedink en te proe en te droom..... :)
Aim small, miss small
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Weatherby Vanguard S2 - Quick Review

Post by Wouter Roets »

Ludwig

Ek het bietjie na die skakel gaan loer en toe sommer verder gaan krap by Wheatherby se produkte om myself weer bietjie op hoogte te bring. Ek weet nie of jy dit gesien het nie maar die 378, 416 en 460 Wheatherby kalibers kan jy net kry in 28 duim lope! Dit is absoluut waansinnig as jy die aplikasie van die gewere ingedagte hou. Dit is darm nou die lengte van MB ingesluit maar nogsteeds! Ek skud maar net my kop!

Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Weatherby Vanguard S2 - Quick Review

Post by Wouter Roets »

Luddie

Hulle kan hom bemark as die veiligste geweer op die mark! As jy die dier nie gestop kry nie dan gebruik jy hom sommer om die stormende dier van jou weg te hou! ;D

Snaaks ek kan nie onthou dat die 460 waarmee ek geskiet het so lang loop gehad het nie. Het seker maar nie opgelet vir die dinge daai tyd nie.

My Oom waar alles vir my begin het het twee 270 gewere gehad nl n Brno en n Wheatherby. Ons het ons altyd verkyk aan daai Wheatherby wat deur n Amerikaner vir hom agter gelos was. Hy het selfs anders geruik! Die naam sal altyd vir my uitstaan.

Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Weatherby Vanguard S2 - Quick Review

Post by Stefan764 »

Wout/Ludmaister

Ek kan nog die 378WBY verstaan (Sal dam n 300gr teen oor die 3000fps lekker aanstoot  ;D ), maar ek stem dat die 416 en die 460 absoluut onvanpas is met so lang pyp.

Wout ek dink die oues is 26" saam met die MB as ek dit nie mis het nie...

Stef
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Weatherby Vanguard S2 - Quick Review

Post by Wouter Roets »

Sully

Dit klink vir my omtrent reg. Ek onthou so iets dat die geweer lank was maar ek onthou ook wel dat die belans nie te sleg was nie. Ek was in elk geval so bang en op my senuwees dat dit ongelooflik is dat ek enige iets onthou! ;D

Luddie jy praat waar en ek weet van n hele paar PH manne wat vandag die eienaar is van daai gewere want die vorige eienaars het die eerste skoot hier op ons vasteland kom skiet, bloed getrek op die dier sonder om die oorsaak te wees dat die dier dood is en hom net so oorhandig aan die PH as deel van sy tip!

Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Weatherby Vanguard S2 - Quick Review

Post by Stefan764 »

Ek sit nou so en dink...... Is dit nie om al die kruit in dai groot dop effektief te verbrand nie? Wonder maar net.....
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Weatherby Vanguard S2 - Quick Review

Post by Wouter Roets »

Sully

Verseker so. Jy moet n klomp poeier verbrand om by hulle claims uit te kom.