Hi,
Het iemand ondervinding van die haelgewere. Dit is 'n basiese geweer met 28" chrome lined lope, 2 3/4 kamer en blykbaar 1/4 en 3/4 choke. Wat is die gewere werd vandag en is dit die moeite werd om een te kry.
Ek is besig omte soek vir 'n O/U en het na een van die gekyk wat lykof dit nie baie aksie gesien het nie. Dit lyk na 'n goeie kwaliteit wapen, maar ek wonder of mens nie met die nuwer goed beter waarde vir geld sal kry nie. Ek soek dit primer vir jag, en dalk so 20% kleiduiwe net vir die oefening.
Enige kommentaar sal waardeer word.
Groete.


