Page 1 of 1

Musgrave ?

Posted: Mon Nov 05, 2012 10:43 pm
by vriell
Daan,

Baie dankie vir jou bydrae . Dit word waardeer . Ek het onlangs 'n 6mm Musgrave oorgeneem by iemand.Nerens op die geweer is aangedui dat dit 'n Musgrave is nie.Die vorige eienaar het bevestig dat die geweer deur  Musgrave (Ben)persoonlik vir hom gebou was.Die enigste letters wat op die loop is is "6mm" en "V 0451" . Ek het geen rede om die vorige eienaar se woorde te betwyfel nie maar sal tog graag meer inligting wil bekom.Op die vorige eienaar se lisensie is die woorde "Vektor aksie " onder andere . Ek sal enige inligting waardeer.

Groetnis

Len

Re: Musgrave ?

Posted: Tue Nov 06, 2012 10:58 pm
by Charles.308
Ek gaan ook die naweek na n 6mm Musgrave kyk,mag ek vra wat het jy betaal en is daar enige iemand wat meer inligting oor 6mm kan gee.
Dankie

Re: Musgrave ?

Posted: Wed Nov 07, 2012 3:58 pm
by vriell
Charles,
          Ek het die geweer as geskenk gekry maar hulle gaan vir so tussen R4000 en R6000.

Groetnis

Len

Re: Musgrave ?

Posted: Wed Nov 07, 2012 4:34 pm
by Jacquesb
Manne
Search vir 6mm Musgrave op die forum.
Die onderwerp en herlaai van die rondte is al bespreek.
Die kaliber is ontwerp deur oorlede Ben Musgrave, dis gabasseer op die 303 dop wat afgenek is.
Die gewere is beskikbaar teen minder as R 4000. Ek kon al kry teen R 2500.
Hoop julle kom reg.

Groete
Jacques

Re: Musgrave ?

Posted: Sun Nov 11, 2012 3:14 pm
by Johnnie De Wet
Charles.308 wrote: Ek gaan ook die naweek na n 6mm Musgrave kyk,mag ek vra wat het jy betaal en is daar enige iemand wat meer inligting oor 6mm kan gee.
Dankie
Hi Charles,
Hoe lyk die 6mm Musgrave toe?

Re: Musgrave ?

Posted: Sun Nov 11, 2012 4:14 pm
by Charles.308
HI.ek het verkeer geluister dit is n 6.5x58 portegeese mauser.Dit was sy oupa sin so ek sal maar nogsteeds opsoek wees na n 243 single aksie musgrave!Ek moet se dit bly,maar lekker om in die jagveld te wees,het n wildebees geskiet.

Re: Musgrave ?

Posted: Mon Nov 26, 2012 8:59 am
by Daan Els
Ek weet nie hoekom daar Vektor op slotaksie staan nie? Ons het ou 303's omskep, veral die no4. Daar was verskeie opsies, soos bv; ander kolf met wangstuk, teleskoop monterings, ruitwerk,ens.
Die omskepping was in my tyd so +-R600 gewees.
Ek self glo nie n ou behoort baie te betaal nie!

Groete
Daan