Page 1 of 6

.470 Nitro Express

Posted: Thu Nov 22, 2012 12:16 pm
by Ralph Badenhorst
Dag se Manne

Ek dog ek deel my opwinding en n paar fotos met julle!

My pa is besig om vir my n .470 Nitro Express Dubbel te bou. As n Natuurbewaarder moet mens mos n roer he wat daardie gediertes met skerp tande of skerp "voorkante" weghou en jou g@t red so nou en dan.

So paar punte inligting oor die wapen:

Aksie: Hand gebou
Loop: 2x Truvelo lope wat afgesny is na 26"
Hout: Exibition Graad Trukish Walnut
Ander: Skelaton Gripcap (color case hardening) , Buffel leer skokstuk , 1/4 rib met 3 V-Express visiere

Die wapen is nog in die proses maar is amper klaar! Die aksie gaan n "Holland & Holland Coin Finish" he en die lope gaan ge- "Best British Black" word - n hoe glans afwerking.

Aksie

n Sidelock aksie met 2 snellers
Image

Locks
Image

Lope - 26"

Image
Image

Die lope word geregulate op 50m
Image

Ek sal vanmiddag n paar fotos oplaai van die Loop ribbe wat ons vandag vervaardig het.

Ons het n vir n klasieke styl gegaan en geen nut gesien vir "ejectors" nie en ek wil nie my doppe oorals optel in die veld nie so toe sit ons maar n "extractor" in.
Image
Image

Hout

Ons hout het laasweek van Turkye geland
Image

Gripcap
Image

Hier is die monster aan mekaar gesit vir n vinnige kiekie

Image

N paar parte is in die proses op ons CNC toeristing om vervaardige te word. As die kla is sal ek nog fotos plaas.

Groete

Ralph jr.

Re: .470 Nitro Express

Posted: Thu Nov 22, 2012 12:20 pm
by DWB
Wens ek vandag my pa was 'n geweersmid  ;D

Waar is jy Danger Ranger?

Baie mooi!!!!!!!!!!!!!

Re: .470 Nitro Express

Posted: Thu Nov 22, 2012 12:24 pm
by Ralph Badenhorst
Hahaha ja nee kyk die voordele ;)

Ek't n pos aanvaar by Phinda Private Game Reserve in Kzn.

Ek maak kla met my studies hierdie jaar, nog een eksamen om volgende week te skryf dan is 3 jaar se stads lewe verby ;D

Re: .470 Nitro Express

Posted: Thu Nov 22, 2012 12:34 pm
by DWB
Mooi man! Lekker wereld daar!

Shoot straight and stay alive  ;D

Re: .470 Nitro Express

Posted: Thu Nov 22, 2012 1:30 pm
by tau
Wow my favourite big bore het al die dubbel .470 NE Krieghoff geskiet en wat 'n roer.

Re: .470 Nitro Express

Posted: Thu Nov 22, 2012 1:37 pm
by Varminter-308
Baie baie mooi.

Wag in spanning vir nog foto's

Re: .470 Nitro Express

Posted: Thu Nov 22, 2012 2:01 pm
by Wouter Roets
Hallo Ralph

Ek glo jy is so opgewonde soos n st8 seun wat n date het met n matriek meisie! Maar jy mag maar wees met so n prys wat op die spel is!

Se bietjie vir ons hoe gaan julle te werk met die regulering van die twee lope. Met wat se ammunisie word dit gedoen?

Ek persoonlik het al baie n dubbel oorweeg maar die regulering van die lope met veral handladings is iets wat my nog altyd baie lugtig vir die tipe roere gemaak het.

Groetnis en nogmaals geluk!
Wouter

Re: .470 Nitro Express

Posted: Thu Nov 22, 2012 2:40 pm
by Ralph Badenhorst
Wouter,

Soos jy in die fotos sien
Image

Gaan ons so bietjie die idee steel by Blaser om die 2 lope te regulate met n "coller", dus indien daar iets fout gaan met die loop ribbe ( losbreek - nie dat dit gaan gebeur nie) sal die lope nie weg van mekaar af trek nie. Deur om die binne 2 "centers" van die coller te skyf ( verder of nader aan mekaar) kan ons op 50m verseker dat die skote langs mekaar skiet.

Ons wil graag die lope regulate op 50m dat hulle 25mm van mekaar af skiet sodat bv op langer afstande ( 80m) mens n nader groepeering kan skiet.

Ons will hom regulate met 500gr punte - Woodleigh punte maar oorweeg iets soos 535gr ook. Dit is net makliker om rak ammo te koop wat kla 500gr is as die geleentheid roep.

Soos jy sien is die lope op n "Mono-block" konstruksie gebou , omdat ons geen "Chopperlumb" lope kan kry ( of vervaardig) nie. Persoonlik het ons gevind dat die monoblock konstrukise amper sterker is en beter druk kan hanteer asook vinniger die loop reguleer en kopspasie reg te kry. Ons CNC toeristing sny die monoblock tot op n toleransie van 0.0025mm wat verseker dat jou lope ALTYD presies langs mekaar sal skiet.

Om die "Figure 8" van die loop te stel gedurende die regulating proses, verstel ons net die lope op die monoblock om groepering te verbeter.

Ons dubbels kan met eenige punt of maak ammo ge-regulate word tot ons klient se spesifikasie, ek het persoonlik maar net die 500gr gekies omdat ek fabriek ammo kan skiet as dit nodig is en as ek n bigbore komp will skiet is 500gr net meeer n plesier.

Re: .470 Nitro Express

Posted: Thu Nov 22, 2012 2:54 pm
by Ralph Badenhorst
By gese, daardie "coller" op die voorpunte van die lope loop gelyk met die profiel van die loop so wanneer die lope ge-"Black" word gaan mens dit glad nie eers sien nie, dit gaan lyk soos "Holland&Holland" chopperlumb lope.

Re: .470 Nitro Express

Posted: Thu Nov 22, 2012 4:43 pm
by Ralph Badenhorst
Manne die ribbe is nounet uit die CNC masjien gehaal.

Ons het sommer die Ribbe en die Voorste Visier basis aanmekaar gemasjien = Sterker en als is 100% opgelyn!

Wat dink julle?

Image

Image

Groete

Ralph jr.

Re: .470 Nitro Express

Posted: Thu Nov 22, 2012 4:58 pm
by DWB
Ralph, al wat ek kan s? is Jaloesie is 'n lelike ding ;D ek voel hom so :D :D

Re: .470 Nitro Express

Posted: Thu Nov 22, 2012 5:03 pm
by Ralph Badenhorst
DWB wrote: Ralph, al wat ek kan s? is Jaloesie is 'n lelike ding ;D ek voel hom so :D :D
DWB

Gelukkig is jy naby aan Ermelo, so as hy kla is moet ek hom maar vir jou bring dat jy n skoot of 10 kan skiet.

Nou moet ek en ons graveerder net besluit wat om op te graveer.???????????????

Re: .470 Nitro Express

Posted: Thu Nov 22, 2012 6:31 pm
by DWB
Ralph, dis maklik!

Ek sal jou my Voorname, Van en ID nommer stuur wat jy kan opgrafeer ;D

Ek moet Maandag of Dinsdag deur Ermelo, sal miskien kom blad skud

Re: .470 Nitro Express

Posted: Thu Nov 22, 2012 6:49 pm
by Ralph Badenhorst
DWB wrote: Ralph, dis maklik!

Ek sal jou my Voorname, Van en ID nommer stuur wat jy kan opgrafeer ;D

Ek moet Maandag of Dinsdag deur Ermelo, sal miskien kom blad skud
Hahaha  ;D

Dit is maklik vir my ook , graveer eerder jou naam op die cheque en vul R65 000 in !

Nous die volgende vraag? soek jy goud of nie? ;D

Maak so, teen daai tyd is hy al amper kla.

Re: .470 Nitro Express

Posted: Thu Nov 22, 2012 7:58 pm
by Penkop
Dis baie mooi, jys 'n gelukkige bogger!

Re: .470 Nitro Express

Posted: Thu Nov 22, 2012 8:08 pm
by Marc
Ralph Badenhorst

Ek gaan my woorde nou baie mooi moet kies, dalk moet ek eerder net vir Penkop aanhaal:
Penkop wrote: Dis baie mooi, jys 'n gelukkige bogger!
Geniet hom maat  >:( Ek is erg jaloers hier waar ek nou sit  :'(

Re: .470 Nitro Express

Posted: Thu Nov 22, 2012 8:18 pm
by Ralph Badenhorst
Marc wrote: Ralph Badenhorst

Ek gaan my woorde nou baie mooi moet kies, dalk moet ek eerder net vir Penkop aanhaal:
Penkop wrote: Dis baie mooi, jys 'n gelukkige bogger!
Geniet hom maat  >:( Ek is erg jaloers hier waar ek nou sit  :'(

Baie dankie, sal julle manne op hoogte hou!

Re: .470 Nitro Express

Posted: Fri Nov 23, 2012 10:25 am
by Hugov
Dit gaan wragtig n stunning geweer wees!

Groete H

Re: .470 Nitro Express

Posted: Fri Nov 23, 2012 10:29 am
by DWB
Kom Kom kom, die werk kan mos nou nie stilstaan op die gun nie, ons soek fotos.

Re: .470 Nitro Express

Posted: Fri Nov 23, 2012 1:59 pm
by Ralph Badenhorst
Hahaha nog nie weer aan hom gewerk vandag nie , die naweek le darm voor! Ons moet eers n klient se .243 wssm akley improve regmaak wat n ander geweersmid soos sy g@t gebou het. Sal vanmiddag nog fotos plaas.


Groete

Re: .470 Nitro Express

Posted: Fri Nov 23, 2012 2:02 pm
by Geno
Ralph Badenhorst wrote: .243 wssm akley improve
Vertel meer van die kaliber?

Re: .470 Nitro Express

Posted: Sat Nov 24, 2012 6:18 pm
by Ralph Badenhorst
Geno wrote:
Ralph Badenhorst wrote: .243 wssm akley improve
Vertel meer van die kaliber?
Hi Geno en Manne

Jammer ek reply nou eers, ons het die laaste 2 dae baie swaar weer gehad en het al ons internet en vodacom toring raak geslaan.

Geno , al wat dit is , is n .243 Win Short Super Mag wat se skouer uitgeblaas is na 40 grade toe. Dit help glo om n 110gr+ beter en "flatter" te kan skiet op langer afstande ....... ??? ???

Maar jong , soos mense maar is.... Die klient het so 4 jaar terug met ons standaard .243 WSSM geskiet en wou ook een he. Toe oortuig n ander geweersmid hom dat die Ackley baie beter is en dat mens die dop nooit hoef te resize nie.... Hy het ons toe geraadpleeg maar my pa het hom aangeraai dat hy bekommerd is oor die lewensduur van die doppe en dat hy nie glo die ackley gaan so groot verskil maak nie.

n Groot probleem wat hy op die oomblik ondervind is dat die doppe nie meer as 3 keer geherlaai kan word nie dan begin die nek te kraak.

My pa het voorgestel van die begin af, dat as hy meer woema wou he en swaarder koeel skiet moet hy vir die .25 WSM gegaan het. En Standaard fabriek ammo is beskikbaar by VLT.

Maar genoeg my eie thread gehi-jack

Weereens , jammer vir die wag met die fotos.

Ons het vandag die 1/4 rib begin maak . Ongelukkig kan geen CNC masjien hierdie part maak nie en moet dit met die hand uitgerof , pas en afgewerk word. Die 1/4 rib vorm ook die basis van die V-express sights.

Image

Groete

Re: .470 Nitro Express

Posted: Sat Nov 24, 2012 6:37 pm
by THOMAST
Ai, hoe kwyl ek nou..
Kyk, mooi was nog nooit lelik gewees  nie.
Geniet hom!

Re: .470 Nitro Express

Posted: Mon Nov 26, 2012 5:24 pm
by DWB
Ralph, dit is darem nou bitter stil hier.

Jy sal moet wikkel, ek kom more om te kom test fire ;D

Anders as hy nie klaar is nie moet jy maar die 577 opline;D

Re: .470 Nitro Express

Posted: Mon Nov 26, 2012 6:04 pm
by Ralph Badenhorst
:i DWB

Ja nee kyk as tyd net so bietjie kan stil staan en die kliente net bietjie wil wegbly sal dit help. Maar ja, ons moet seker ons brood verdien.

Ons het n PH van tanzania se blaser s2 .500 NE opgeknap en het sso bietjie van ons tyd geneem. Maar hy is al n lewenslange klient van my pa en kry graag voorkeur.

Hyt sy ontevredenheid uitgespreek oor sy blaser en het n 577 dubbel by ons bestel. Hy is so maand terug amper dood getrap deur n buffel omdat daar n skroef binne in die aksie van die blaser losgekom het en die snellers verhoed het om af te trek.

Hy het toe die wapen gebring sodat ons die aksie kan regmaak , die kolf opknap en die lope roes blou . Sal sommer die fotos post op hierdie bespreeking.

Eish op die oomblik het ons net 750 gr vir die 577 en het nog nie die 590gr geherlaai nie. Neem maar n foto saam die geweer en maak maar ofit joune is, skiet die 750gr en neem dan weer n foto en maak dan of dit nie joune is nie want daai kanon byt seer. :-)

Groete