Skerpioene

Enige ou beproefde Boere rate sal hier welkom wees....
Post Reply
User avatar
muismaree
Full Member
Full Member
Posts: 200
Joined: Tue May 29, 2012 2:34 pm

Skerpioene

Post by muismaree »

Hi Julle

Gisteraand kwart oor elf slaap ek rustig. Toe ek omdraai, brand my gat skielik soos 'n kool vuur. Ek sukkel nog om wakker te word, toe brand my bobeen. Spring met 'n moerse spoed uit die bed, pluk my pt broek af. Toe ek my bed uitskud, kry ek een van daai klein skerpioentjies wat mens gewoonlik in ou hout kry. Die goed is die laaste tyd 'n pes by ons, my Ma het al 2 keer deurgeloop en ons kry gereeld van hulle in die oumense se huis. Enige raad hoe om van hulle ontslae te raak? Ek reken hulle is maar agter die insekte aan wat in die aand na die huis toe kom, sou mens bietjie die huis goed fumigate, sal dit seker help? Dit is ook nou nie asof ek in 'n slangput bly nie, als is netjies en skoon. Ek raak nou rerig gatvol, die goed steek flippen seer en daai laaste raps was bitter naby aan strategiese onderdele..

Enige raad sal waardeer word.
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Skerpioene

Post by FHM »

Muis, daar is n magdom informasie op die web hoe om die oukies te beheer binne jou huis en buitekant. Al die beheer maatreels begin buitekant - soos jy sal sien. Hoop jy kom reg maat, n man wil darem nie so in die slaap gesteek word nie... ;)

Hier is net n paar artikkels wat jy kan lees

http://www.epestsupply.com/scorpions.php
http://www.ipm.ucdavis.edu/PMG/PESTNOTES/pn74110.html
http://wrbu.si.edu/scorpions/sc_control.html
http://www.getridofthings.com/pests/bug ... rpions.htm
http://www.e-bug.net/pests/scorpion_control.shtml
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: Skerpioene

Post by grumpy »

Dan hoor ons van die oor en weer gestekery en netnou is daar probleme!!! ;D
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4598
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Skerpioene

Post by James Wilson »

grumpy wrote: Dan hoor ons van die oor en weer gestekery en netnou is daar probleme!!! ;D

Grunpy, ek sweer ek wil eendag saamgaan as jy op n jag is. Al polish ek net jou boots ;D
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
toy
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 82
Joined: Sat Apr 14, 2012 4:19 pm

Re: Skerpioene

Post by toy »

Spuit jou huis Fendona. Dit werk goed. Spuit elke 8 weke. Dis n kontak gif.  My dotertjie was amper 4jr toe steek daai klein geel mannetjie haar terwyl sy met haar blokkies speel. Ek het n suction pomp en toe begin ek onmiddelik suig en vang vir skepjoen en stoot vir die dokter. Hy wys my toe in sy boek dat dit n parabutes skerpioen is. Die boek se toe dat meeste kinders onder 5jr versmoor van die gif.
Lang storie kort toe eindig sy in hospitaal vir n dag en nag op drup. Honde en kinders tjop af by skerpioene. Groetnis
Post Reply