Page 1 of 3
Safari and outdoor, staan hulle man!
Posted: Sun Nov 25, 2012 6:15 pm
by Chrisjan
Hi,
My geweersmid het 'n loop by S&O opgetel vir my. Hy het hom opgesit maar toe ek die loop mooi besigtig het ek agtergekom dat dit die verkeerde een is. Ek het per epos an Willem en Helmut my bevindinge meegebring. Sonder nonsens is my loop omgeruil en ek het 'n koopbewys aanvaar as vergoeding vir die uitgawes wat ek aan my die geweersmid betaal het.
Foute en glipsies gebeur. Die geheim is in die manier hoe dit hanteer word.
Wel gedaan manne!
Groete
Chrisjan
Re: Safari and outdoor, staan hulle man!
Posted: Sun Nov 25, 2012 6:33 pm
by Jacquesb
Hoera vir Diens!!!
Re: Safari and outdoor, staan hulle man!
Posted: Mon Nov 26, 2012 8:35 pm
by johann
Moet self s? die manne van S&O is ALTYD bereid om te help en lewer uitstekende diens.
+1 S&O
Groete Johann
Re: Safari and outdoor, staan hulle man!
Posted: Sun Apr 07, 2013 7:23 pm
by Celesti@NiteCoreSA
johann wrote:Moet self s? die manne van S&O is ALTYD bereid om te help en lewer uitstekende diens.
+1 S&O
Groete Johann
Goeie werk Safari and Outdoor!!
Re: Safari and outdoor, staan hulle man!
Posted: Sun Apr 07, 2013 7:28 pm
by Eugene
Dis goed om te hoor! Goed gedoen S&O!
Re: Safari and outdoor, staan hulle man!
Posted: Sun Apr 07, 2013 7:33 pm
by Zack Benade
Goeie werk S&O
Willem
My loop het ook 'n fout. Sy groewe binne is weg na al die skote.
Sal julle myne ook omruil asb?
Willem Kom in asb.
Re: Safari and outdoor, staan hulle man!
Posted: Sun Apr 07, 2013 7:56 pm
by Pvdw
Chrisjan dankie vir die positiewe pos. Ons is gewoonlik vinnig om te kla oor swak diens en stadig om goeie diens uit te wys.
Ek is dankbaar as ek sulke pos lees.
Peet
Re: Safari and outdoor, staan hulle man!
Posted: Sun Apr 07, 2013 8:00 pm
by Marc
+1 Safari

Re: Safari and outdoor, staan hulle man!
Posted: Sun Apr 07, 2013 8:02 pm
by wlm
Daar is deesdae stywe kompetisie in die mark. Daar is deesdae heelwat winkels wat net soos S&O genoeg voorraad teen kompeterende pryse aanbied. My geldjies sal egter maar nog in Wimmelman &Kie se sakke beland oor die eerlikheid en integreteit waarmee hulle besigheid doen.
Re: Safari and outdoor, staan hulle man!
Posted: Mon Apr 08, 2013 7:12 am
by Beretta
Willem
Moet se well done i like julle sommer op facebook weet net nie hoe om dit te doen nie
Beretta
Re: Safari and outdoor, staan hulle man!
Posted: Mon Apr 08, 2013 7:52 am
by BRNO (Pierre)
wlm wrote:Daar is deesdae stywe kompetisie in die mark. Daar is deesdae heelwat winkels wat net soos S&O genoeg voorraad teen kompeterende pryse aanbied. My geldjies sal egter maar nog in Wimmelman &Kie se sakke beland oor die eerlikheid en integreteit waarmee hulle besigheid doen.
Hier kan ek weereens my stem ingooi, en saam sing. Ek skat elke ou het maar sy eie voorkeure, en redes tot afkeure, maar Safari is my winkel!
Net so terloops, Safari se S365 was die naweek te koop teen R240/blik, en n ander handelaar net om die draai s'n was R285/blik.

. Kan ek dan sommer hier vir Nico Vos n pluimpie in sy hoed steek. die man maak regtig moeite daar by die kruit en koeels afdeling. Volgens my n aanwins vir die kluis gewees.
Re: Safari and outdoor, staan hulle man!
Posted: Mon Apr 08, 2013 10:53 am
by wlm
Beretta wrote:Willem
Moet se well done i like julle sommer op facebook weet net nie hoe om dit te doen nie
Beretta
Ek is net op Jaracal, glad nie op vleisboek nie.

Re: Safari and outdoor, staan hulle man!
Posted: Mon Apr 08, 2013 11:48 am
by LongWolf
BRNO .06 (Pierre) wrote:wlm wrote:Daar is deesdae stywe kompetisie in die mark. Daar is deesdae heelwat winkels wat net soos S&O genoeg voorraad teen kompeterende pryse aanbied. My geldjies sal egter maar nog in Wimmelman &Kie se sakke beland oor die eerlikheid en integreteit waarmee hulle besigheid doen.
Hier kan ek weereens my stem ingooi, en saam sing. Ek skat elke ou het maar sy eie voorkeure, en redes tot afkeure, maar Safari is my winkel!
Net so terloops, Safari se S365 was die naweek te koop teen R240/blik, en n ander handelaar net om die draai s'n was R285/blik.

. Kan ek dan sommer hier vir Nico Vos n pluimpie in sy hoed steek. die man maak regtig moeite daar by die kruit en koeels afdeling. Volgens my n aanwins vir die kluis gewees.
ek sing hier ook saam. ek was verras gewees toe ek by die til stop.
het gewens ek het nog lik-sensies gehad!!!!

Re: Safari and outdoor, staan hulle man!
Posted: Mon Apr 08, 2013 12:40 pm
by johnny
Mooi wlm dis nou diens,
groetnis
Johnny
Re: Safari and outdoor, staan hulle man!
Posted: Mon Apr 08, 2013 12:49 pm
by Carl
Ek kan ook net byvoeg ek was ook gelukkig met die S365 spesiale prys. Ek was so bly om die 2 blikke te sien ek het nie eens $ gevra nie. Johan het my baie vriendelik bedien.
Ook 'n pluimpie vir Nel Fourie op die internet. Ek wou seker maak ek kry 'n emmer NBT, bestel toe sommer oor die internet. Saterdag in Pta was als daar en die dame in die kantoor het my dadelik gehelp.
Re: Safari and outdoor, staan hulle man!
Posted: Mon Apr 08, 2013 10:56 pm
by immelmanw
Naand Manne.....en dames.
Baie dankie vir die komplimente, vanaand gaan ek weer lekker slaap! Ons het so half en half n reel in ons besigheid, ons mag nooit se " ek probeer my beste nie" dalk is dit nie goed genoeg nie! Onthou, Elton Jantjies en Ouens soos Earl Rose het ook altyd hulle beste gegee.......
Ek doen dus weer n beroep op almal om vir my, Sam of Helmut te kontak as ons kan verbeter of daar fout is. As ons nie weet van n fout nie kan ons dit nie regmaak nie.
Voorbeeld: nou die dag skakel n klient, Louis Stroh my (inteendeel hy het my kom sien) ons Hornady 87gr kos R390 per pakkie en Humansdorp kooperasie is R320. Hy se toe hulle het nuwe stock ens ens. Eers wou ek my moer strip, daar is mos geen wet dat S&O altyd op alles die goedkoopste moet wees nie, ek gaan kyk toe, ons prys was R310, toe ons 80 pakkies van Stellenbosch na die Pretoria tak transfer het die dame "by default" die prys opgesit omdat die GP ver onder die gemiddeld was, min wetende dat Hornady v max n brood en botter item is wat baie skerp geprys moet wees. Ek het dit reggestel en vir Louis gekontak en baie dankie gese! Die prys is Nou R300..... Nou is S&O weer die goedkoopste en ons het stock!
Anyway, laaaaaang storie kort, gesels met ons, laat weet ons as ons goed verkeerd doen, help ons om te verbeter maar aanvaar ook dat ons beste nie altyd goed genoeg gaan wees nie, maar ons gaan aanhou oefen tot ons dit regkry.
Dankie manne, nou gaan ek lekker slaap. Die week vat ek bietjie stress met Huntex! Ek wil julle verseker ek het dit my werk gemaak om seker te maak die Huntex specials is die moeite werd!
Re: Safari and outdoor, staan hulle man!
Posted: Mon Apr 08, 2013 11:28 pm
by James Wilson
immelmanw wrote:Naand Manne.....en dames.
Baie dankie vir die komplimente, vanaand gaan ek weer lekker slaap! Ons het so half en half n reel in ons besigheid, ons mag nooit se " ek probeer my beste nie" dalk is dit nie goed genoeg nie! Onthou, Elton Jantjies en Ouens soos Earl Rose het ook altyd hulle beste gegee.......
!
Ek is skoon uit asem gelag!!!,!!! Dit is so raak opgesom.
Kom ek probeer ook:
Reeds....... Reg .....Robert Eberson!!
Re: Safari and outdoor, staan hulle man!
Posted: Mon Apr 08, 2013 11:33 pm
by JPS
Willem,
Ek wil ook net hier se dat jy ook persoonlik uit jou pad gegaan het om my te probeer help om 260grn accubonds te kry, al het jy dit nie regekry nie het ek groot waardering vir die moeite en dat jy als probeer het, selfs om te kyk of julle persoonlik stock by julle huise het. Dit wil darm gedoen wees.
ps. Waneer sien ons nou daai Huntex Specials?
Mooiloop
JP
Re: Safari and outdoor, staan hulle man!
Posted: Tue Apr 09, 2013 7:22 am
by kopskoot
immelmanw wrote:Naand Manne.....en dames.
Baie dankie vir die komplimente, vanaand gaan ek weer lekker slaap! Ons het so half en half n reel in ons besigheid, ons mag nooit se " ek probeer my beste nie" dalk is dit nie goed genoeg nie! Onthou, Elton Jantjies en Ouens soos Earl Rose het ook altyd hulle beste gegee.......
Ek doen dus weer n beroep op almal om vir my, Sam of Helmut te kontak as ons kan verbeter of daar fout is. As ons nie weet van n fout nie kan ons dit nie regmaak nie.
Voorbeeld: nou die dag skakel n klient, Louis Stroh my (inteendeel hy het my kom sien) ons Hornady 87gr kos R390 per pakkie en Humansdorp kooperasie is R320. Hy se toe hulle het nuwe stock ens ens. Eers wou ek my moer strip, daar is mos geen wet dat S&O altyd op alles die goedkoopste moet wees nie, ek gaan kyk toe, ons prys was R310, toe ons 80 pakkies van Stellenbosch na die Pretoria tak transfer het die dame "by default" die prys opgesit omdat die GP ver onder die gemiddeld was, min wetende dat Hornady v max n brood en botter item is wat baie skerp geprys moet wees. Ek het dit reggestel en vir Louis gekontak en baie dankie gese! Die prys is Nou R300..... Nou is S&O weer die goedkoopste en ons het stock!
Anyway, laaaaaang storie kort, gesels met ons, laat weet ons as ons goed verkeerd doen, help ons om te verbeter maar aanvaar ook dat ons beste nie altyd goed genoeg gaan wees nie, maar ons gaan aanhou oefen tot ons dit regkry.
Dankie manne, nou gaan ek lekker slaap. Die week vat ek bietjie stress met Huntex! Ek wil julle verseker ek het dit my werk gemaak om seker te maak die Huntex specials is die moeite werd!
As dit nie is hoe 'n mens 'n besigheid bestuur nie, dan weet ek niks van besigheid nie.
Lekker man Willem! Ek kan sommer voel hoe my borste swel
Re: Safari and outdoor, staan hulle man!
Posted: Tue Apr 09, 2013 7:26 am
by Geno
kopskoot wrote:Ek kan sommer voel hoe my borste swel
In jou pienk hempie en hoë hakkies? Oulik!

Re: Safari and outdoor, staan hulle man!
Posted: Tue Apr 09, 2013 7:28 am
by kopskoot
Geno wrote:kopskoot wrote:Ek kan sommer voel hoe my borste swel
In jou pienk hempie en hoë hakkies? Oulik!

Het jy nie 'n paar over-alls om af te lewer nie? toe loop nou

Re: Safari and outdoor, staan hulle man!
Posted: Tue Apr 09, 2013 9:39 am
by LoveHenties
immelmanw wrote:Anyway, laaaaaang storie kort, gesels met ons, laat weet ons as ons goed verkeerd doen, help ons om te verbeter maar aanvaar ook dat ons beste nie altyd goed genoeg gaan wees nie, maar ons gaan aanhou oefen tot ons dit regkry.
As ek dan voor op die wa mag wees, 'n groot versoek: Verkoop asb die volle reeks Burris scopes. Bring dit self in as dit moet. Ek besef as julle dit verkoop, gaan die ander duurder make dalk seer kry, maar ek glo volumes sal opmaak daarvoor. Ek hou nie daarvan as die Tannie by die ander plek vir my kwaai gluur nie, maar ek is veels te suinig om R1000 of meer ekstra vir 'n teleskoop van selfde kwaliteit te betaal.
Op 'n ligter noot. Kry ook iets om die dames besig te hou. Weet julle hoeveel keer hoor ek in die verbygaan: "Pieter hoe lank gaan ons nou nog hier wees!?" Dit kos julle inkomste, ek is seker daarvan. Ek stel 'n koffie winkel met kosprys (of baie goedkoop) koek en koffie voor.
Nog 'n ding! Skep 'n diens waar mens 'n jag deur julle kan boek, en skep geleenthede. Dis ontsaglik moeilik om goeie jag plekke te kry, en om jagmaats te kry wat jy kan vertrou om nie 'n onaangename jag ervaring te skep nie.
Re: Safari and outdoor, staan hulle man!
Posted: Tue Apr 09, 2013 11:40 am
by Ponkie
BRNO .06 (Pierre) wrote:
Net so terloops, Safari se S365 was die naweek te koop teen R240/blik, en n ander handelaar net om die draai s'n was R285/blik.

.
Bruno
Dis nie net die een naweek se prys nie. Dis elke dag, heeldag, heeljaar ons prys op S335, S365, S355 en S385.
Korreltjie kruit soos S341 en S321 is R180 'n blik.
Ons sal moet wag en sien watse specials Willem hulle vir Huntex beplan.
As julle by Stellenbosch tak kom kruit koop, skud blad by die kluis, daai dik blou boeke kan 'n man nogals besig hou.
Groetnis
Ponkie
Re: Safari and outdoor, staan hulle man!
Posted: Tue Apr 09, 2013 1:02 pm
by BRNO (Pierre)
Ponkie wrote:BRNO .06 (Pierre) wrote:
Net so terloops, Safari se S365 was die naweek te koop teen R240/blik, en n ander handelaar net om die draai s'n was R285/blik.

.
Bruno
Dis nie net die een naweek se prys nie. Dis elke dag, heeldag, heeljaar ons prys op S335, S365, S355 en S385.
Korreltjie kruit soos S341 en S321 is R180 'n blik.
Ons sal moet wag en sien watse specials Willem hulle vir Huntex beplan.
As julle by Stellenbosch tak kom kruit koop, skud blad by die kluis, daai dik blou boeke kan 'n man nogals besig hou.
Groetnis
Ponkie
Ponkie, jy is reg, ek weet dit is die heel jaar se prys. Ek onthou goed hoe Willem self so ruk terug hier op die forum self pryse vergelyk het tussen Safari en die ander winkels sommer oor die hele RSA
Kan jy nou glo hoe werk my geluk? Ek vlieg met die opening van Huntex na Worcester vir die naweek, en ek is seker soos verlede jaar vlieg lede van die Safari span in Stellenbosch verby my na JHB vir die Huntex skou. Onregverdig!!!
Re: Safari and outdoor, staan hulle man!
Posted: Wed Apr 10, 2013 10:40 pm
by immelmanw
LoveHenties wrote:immelmanw wrote:Anyway, laaaaaang storie kort, gesels met ons, laat weet ons as ons goed verkeerd doen, help ons om te verbeter maar aanvaar ook dat ons beste nie altyd goed genoeg gaan wees nie, maar ons gaan aanhou oefen tot ons dit regkry.
As ek dan voor op die wa mag wees, 'n groot versoek: Verkoop asb die volle reeks Burris scopes. Bring dit self in as dit moet. Ek besef as julle dit verkoop, gaan die ander duurder make dalk seer kry, maar ek glo volumes sal opmaak daarvoor. Ek hou nie daarvan as die Tannie by die ander plek vir my kwaai gluur nie, maar ek is veels te suinig om R1000 of meer ekstra vir 'n teleskoop van selfde kwaliteit te betaal.
Op 'n ligter noot. Kry ook iets om die dames besig te hou. Weet julle hoeveel keer hoor ek in die verbygaan: "Pieter hoe lank gaan ons nou nog hier wees!?" Dit kos julle inkomste, ek is seker daarvan. Ek stel 'n koffie winkel met kosprys (of baie goedkoop) koek en koffie voor.
Nog 'n ding! Skep 'n diens waar mens 'n jag deur julle kan boek, en skep geleenthede. Dis ontsaglik moeilik om goeie jag plekke te kry, en om jagmaats te kry wat jy kan vertrou om nie 'n onaangename jag ervaring te skep nie.
Baie dankie vir die voorstelle, koffie is daar reeds, verniet! Jy mag vra, geen probleem. Vir die dames maak ek sommer self. Wat die jagplekke aanbetref, great idee, ek is besig met so iets. Wil net eers die website en produkte regkry, sal dan 100% aandag aan dit gee.
Groete