Page 1 of 1

FOXPRO Batterye Leeftyd

Posted: Mon Jul 05, 2010 5:35 pm
by NICO
Hallo julle almal

Kan enige een vir my se watse batterye gebruik julle saam met julle Foxpros. Die batterye wat ek gebruik hou my net so n aand en dan moet hulle weer gelaai word. Ek het n FX5 wat ek gebruik. En hoe lank hou julle batterye.

Dankie
Nico

Re: FOXPRO Batterye Leeftyd

Posted: Mon Jul 05, 2010 6:13 pm
by Francois Marais
Nico

Ek gebruik 2500mah GP, of 2700mah Hahnel, albei nickel  metal hydride, herlaaibare batterye.

Ek weet nie van die FX5 nie, maar het tot drie nagte op die 8 batterye van die FX3 gekry. Gebruik nu die CS 24, hy vat 10 batterye, en ek kry ook ma net n nag se roep op hulle, maar reken dit is maar agv die extra volume.

Net al iewers gehoor die Spitfire is lekker lig op batterye.

Mooi loop
Francois

Re: FOXPRO Batterye Leeftyd

Posted: Mon Jul 05, 2010 6:16 pm
by Kruger
Nico
Ek gebruik ook 'n FX5, maar daar is baie faktore wat battery leeftyd beinvloed soos volume en natuurlik jou verhouding tussen roep en wag. Ek gebruik Uniross se 2700 mAh battery en gaan 'n paar aande deur voordat herlaai nodig is.

Hoop dit help
Groete KL

Re: FOXPRO Batterye Leeftyd

Posted: Mon Jul 05, 2010 6:24 pm
by NICO
Dankie vir julle raad ek sal kyk of ek die regte batterye vir my kan kry.

Re: FOXPRO Batterye Leeftyd

Posted: Mon Jul 05, 2010 6:48 pm
by Louis102
Nico

Wat ek jou wel kan s? is dat as jy altwee speakers op jou FX5 aan het, verkort jy die battery leeftyd seker amper met die helfte.  Ek gebruik net die cone speaker as ek met my FX5 roep.  Volgens die boekie wen jy maar min deur al twee speakers aan te h?.  Ek herlaai na elke aand se roep, net om seker te maak, maar het al 2 vol nagte deurgekom met 2700 mAh herlaaibare batterye.

Louis

Re: FOXPRO Batterye Leeftyd

Posted: Mon Jul 05, 2010 7:03 pm
by Biker
Louis

EK STEM SAAM

Re: FOXPRO Batterye Leeftyd

Posted: Mon Jul 05, 2010 7:06 pm
by NICO
Louis

Ok dan weet ek nou dalk wat die proebleem is. Ek moet seker maar die een afsit ne

Re: FOXPRO Batterye Leeftyd

Posted: Tue Jul 06, 2010 11:16 am
by Raven
Nico,

3 nagte maklik met FX3 op een speaker

Groete Raven