Nuwe "Chronograph" koop
- MichielC
- Sr. Member

- Posts: 381
- Joined: Sun Apr 15, 2012 6:59 pm
Nuwe "Chronograph" koop
Naand almal,
Ek moet n "Chronograph" aanskaf, en het raad nodig,
Is daar iets waarvoor n mens moet uitkyk ? , make, modelle waarvan n ou moet wegbly ?
Waarna om te kyk ? Is dit dalk n " penny wise, pound foolish" tipe produk koop?
Ek is n absolute leek op die gebied , hulp benodig asb......
Dank byvoorbaat,

Last edited by MichielC on Wed Dec 05, 2012 9:12 pm, edited 1 time in total.
CZ 550 243 Winchester
CZ 550 7mm Remington Magnum
CZ 550 30-06 Springfield
Lee Enfield .303
CZ 550 9.3 x 62 Mauser
CZ 550 416 Rigby
CZ 550 458 Lott
Brno ZZK 602 500 Jeffery
CZ 550 7mm Remington Magnum
CZ 550 30-06 Springfield
Lee Enfield .303
CZ 550 9.3 x 62 Mauser
CZ 550 416 Rigby
CZ 550 458 Lott
Brno ZZK 602 500 Jeffery
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Nuwe "Chronograph" koop
Ek stel ook belang in hierdie inligting wat kenners gaan gee, asseblief.
Groetnis
Groetnis
- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: Nuwe "Chronograph" koop
Koop die duurste een wat jy kan bekostig, nee wag, as jy R1500 budget, koop een van R2000MichielC wrote: Naand almal,
Ek moet n "Chronograph" aanskaf, en het raad nodig,
Is daar iets waarvoor n mens moet uitkyk ? , make, modelle waarvan n ou moet wegbly ?
Waarna om te kyk ? Is dit dalk n " penny wise, pound foolish" tipe produk koop?
Ek is n absolute leek op die gebied , hulp benodig asb......
Dank byvoorbaat,
Hierdie is een van daai items waar jy regtig moet moeite doen of dit eerder los. As jy 'n model gaan koop wat jou die hele tyd errors gaan gee of net eenvoudig nie konstant meet nie, gaan hy jou bitter baie geld kos i.p.v. spaar.
Ek het 'n Millenium CED gesoek oor sy betroubeerheid en dat die rekenaar deel nie voor die loop is nie
Ek kon n?rens een kry nie en almal sou my op 'n waglys plaas. Toe koop ek maar die Master Chrony, is nog nie spyt nie, maar soek steeds 'n CED
Search bietjie chronograph, dit was al baie hier bespreek
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
-
THOMAST
- Hero Member

- Posts: 1892
- Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am
Re: Nuwe "Chronograph" koop
Een van die beste kronograwe seker ooit gemaak is die Oehler 35P. Hy het 3 sensors en lees die spoed oor sensor 1&2, dan weer oor 2&3. Baie akkuraat.
Ongelukkig het die ontwerper, Ken Oehler, produksie van die model gestaak 'n wyle terug.
Daar was egter so 'n groot aanvraag gewees dat hulle weer 'n "limited production run" van die kronograwe gehad het. Hulle duik nog nou en dan op by geweer winkels.
Toe ek 'n nuwe kronograaf gesoek het hey ek die CED Millenium gekoop by Shooting Stuff omdat die Oehlers nie beskikbaar was nie. Dit was al 'n paar jaar terug en my model het nog 'n "serial port" om te koppel aan 'n rekenaar. Ek het hom saam met 'n oehler opgestel en vergelyk - daar was bitter min verskil in spoedlesings gewees. Ek is baie gelukkig met hom. Hy kan stringe spoed onthou wat jy kan aflaai, "edit" funksie, SD,ES en al daai goed uitlees.
Die nuwe generasie van die CED kronograwe het meer geheue en funksies (en 'n USB port), maar ek let op dat manne wat hulle het baie sukkel op die skietbaan met vals lesings van "muzzle blast" van gewere langsaan wat geskiet word, of soms glad nie lesing kry nie. Klomp manne het van hulle al teruggestuur vir herstel, so dit s? vir my erens is daar 'n dr*l innie drinkwater mbt gehaltebeheer.
My eerste twee kronograwe was die ou Chrony masjientjies gewees - een is noodlottig gewond deur 'n vriend en vervang. Tweede een is vergelyk met 'n oehler en was baie wisselvallig in sy spoedlesings. As hy konstant x fps ho?r of laer gelees het, het ek hom gehou, want hy stel vinnig en maklik op.
Dis al kronograawe waarmee ek ondervinding het, kan nie oor die ander praat nie.

Last edited by THOMAST on Thu Dec 06, 2012 7:23 am, edited 1 time in total.
- Geno
- Administrator

- Posts: 13647
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Nuwe "Chronograph" koop
$575 US en die beste chrony is joune.
http://www.oehler-research.com/cgi-loca ... 1355765805
http://www.oehler-research.com/cgi-loca ... 1355765805
Goed, beter, 6millimeter!
- Piet Breedt
- Hero Member

- Posts: 2275
- Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am
Re: Nuwe "Chronograph" koop
Ek het al 5 chronograwe in my lewe gehad. n Crony, wat maar basic is en twee CED's wat albei teruggestuur was. Ek is nou op my tweede Pro Chrono aangesien die eerste een gesnewel het in aksie. Ek sal nie sommer weer n ander een gebruik tensy ek n Oehler kan kry.
Die Pro Chrono is baie eenvoudig om te gebruik en het al die funksies wat nodig is.
Die Pro Chrono is baie eenvoudig om te gebruik en het al die funksies wat nodig is.
- Nickvn
- Hero Member

- Posts: 1554
- Joined: Sun Mar 25, 2012 9:28 am
Re: Nuwe "Chronograph" koop
Ek het self so rukkie terug n Pro Chrono gekoop en moet se ek het nog nooit probleme gehad nie en het nog net altyd gewerk. Ek moet ook se dat ek nog nooit enige ander een gebruik het nie, so ek kan niks vergelyk nie.
_______________________________
7.65 CZ
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
7.65 CZ
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
- Frikkie Coetzee
- Hero Member

- Posts: 2151
- Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm
Re: Nuwe "Chronograph" koop
My Prochrono het meer as 10 jaar diens gedoen voor hy begin deurmekaar raak het. Vervang met n Chrony Master. Ek verkies die laasgenoemde omdat hy lekker klein opvou. SAl moet sien of hy so lank sal hou.
Frikkie
Frikkie
Cradock
- LUAN
- Hero Member

- Posts: 3126
- Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am
Re: Nuwe "Chronograph" koop
Die pro-chrono wat S&O verkoop sluit dit die tripod wat hy aan gemonteer word in?
- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Re: Nuwe "Chronograph" koop
Die pro-chrono werk ook al 6jaar by my en wil net nie verkeerd lees nie.
Tot nou dag(Aug in Schweizer) met diamantskaal van R12000-00 geweeg en die ou beweer die 5skootgroep het almal die eerste een ge-"duplicate". Wou net check! Moet darem die Dasher ook so bietjie eer gee.
Mooiloop

Mooiloop en Geseende Kersfees!
- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: Nuwe "Chronograph" koop
Ek dink nie so nie.303 wrote: Die pro-chrono wat S&O verkoop sluit dit die tripod wat hy aan gemonteer word in?
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
- 1250bandit
- Full Member

- Posts: 105
- Joined: Mon Oct 01, 2012 2:24 pm
Re: Nuwe "Chronograph" koop
Prochrono. Het ook deur die proses gegaan onlangs en alles gelees. Bekostigbaarheid was ook my fokus.
Last edited by Guest on Thu Dec 06, 2012 2:15 pm, edited 1 time in total.
- Kerneels S.
- Full Member

- Posts: 139
- Joined: Tue Jul 31, 2012 8:34 am
Re: Nuwe "Chronograph" koop
Ek het eindelose probleme met my nuwe CED gehad toe stuur ek hom terug S&O toe. Hulle het ges? hulle het so baie CED's terug gekry dat hulle nou eerder die Pro-Chrono aanhou. Het nog geen probleem met my Pro-Chrono gehad nie.
Groete
Groete
.22 Brno, .22 Zidi(Hornet), .223 Ruger, .243 Ruger, .270 Sako, .25-06 Rem, .308 Weatherby, .303 Lee Enfield, .30-06 Howa, .30-30 Marlin, .300 Weatherby Mag, .375 H&H, 12 BR Browning Citori Grand Lightning, .9mm Para, .44 Mag Super Black Hawk, 7.63mm Broomhandle Mauser
-
CarelG
- Sr. Member

- Posts: 462
- Joined: Sat Jul 09, 2011 7:06 am
Re: Nuwe "Chronograph" koop
Daar le n CED in my kas ook, hyt darem so jaar gewerk voor hy begin kopseer gee het. Het ook by S&O gehoor daai CED's is geldmors en hulle hou dit nie meer aan nie. Toe koop ek ok mar die ProChrono.
-
adriaan p
- Newbie

- Posts: 10
- Joined: Thu Nov 22, 2012 5:20 pm
Re: Nuwe "Chronograph" koop
Dag manne..
Michiel
..ek het Chrony gehad vanaf +- 1986, baie goed gewerk allie jare tot dit onlangs perongeluk snaaks geval het(omgewaai deur wind)...& toe onlangs maar vervang met Chrony weereens, na anner make/modelle bekyk is..huidige Chrony kos so tussen R1200 > R1400...koste/fin's was groot oorweging..
Moet se, die nuwer modelle = baie meer gevorderd as die ouer modelle..
Punt is: ek sit nou met sg 'gebreekte' Chrony (wat onkonstante lesings gee) na 'n ongeluk +-24jr later..= goeie waarde vir geld meenek ?
ap
Gewere maak nie dood..skootplasing doen so..of nie ?
Ruger M77mk2 SS .338wm;Mauser 7x64mm;Taurus .40sw;

Gaan my ProChrono Woensdag by Willem (S&O) haal. Hy het my baie goed behandel.
- Reggie Gerber
- Hero Member

- Posts: 1223
- Joined: Wed Aug 10, 2011 3:19 pm
Re: Nuwe "Chronograph" koop
Pieter
Toe ek laas met Willem gepraat het het hulle nie vooraad gehad nie.
Maak seker voor jy ry
En laat weet sommer vir ons ook
Groete
Reggie
Toe ek laas met Willem gepraat het het hulle nie vooraad gehad nie.
Maak seker voor jy ry
En laat weet sommer vir ons ook
Groete
Reggie
CZ 200s Hunter PCP
baikel shotgun
.22lr Bruno
204R Howa
223Ai Howa
243 Howa
243 Savage Axis
308 Bruno
CZ 75 PO7 Duty 9mm
baikel shotgun
.22lr Bruno
204R Howa
223Ai Howa
243 Howa
243 Savage Axis
308 Bruno
CZ 75 PO7 Duty 9mm
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Nuwe "Chronograph" koop
Reggie
Ek skat hulle het gekry. Hy het my laat weet dat hy een vir my het. Ek dink hulle sal Woensdag oop wees.
Ek skat hulle het gekry. Hy het my laat weet dat hy een vir my het. Ek dink hulle sal Woensdag oop wees.
- Reggie Gerber
- Hero Member

- Posts: 1223
- Joined: Wed Aug 10, 2011 3:19 pm
Re: Nuwe "Chronograph" koop
Dankie Pieter
Sal Willem n e-pos stuur
Reggie
Sal Willem n e-pos stuur
Reggie
CZ 200s Hunter PCP
baikel shotgun
.22lr Bruno
204R Howa
223Ai Howa
243 Howa
243 Savage Axis
308 Bruno
CZ 75 PO7 Duty 9mm
baikel shotgun
.22lr Bruno
204R Howa
223Ai Howa
243 Howa
243 Savage Axis
308 Bruno
CZ 75 PO7 Duty 9mm
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Nuwe "Chronograph" koop
Ek het baie "posts" gelees waar oor chronograwe geskryf word. Ek kon egter nie iets kry oor hoe direkte sonlig op die sensors, die chronograaf kan beinvloed nie. Moet direkte sonlig op die sensors vermy word? Hoe beinvloed helder lig en bewolkte weer die werking van die apparaat?
Benewens die afstand wat die chronograaf van die voorpunt van die geweerloop moet wees, is daar iets anders wat in aanmerking geneem moet word?
Soek hulp, asseblief.
Groetnis en seenwense vir 2013.
Benewens die afstand wat die chronograaf van die voorpunt van die geweerloop moet wees, is daar iets anders wat in aanmerking geneem moet word?
Soek hulp, asseblief.
Groetnis en seenwense vir 2013.
-
smitjs
- Hero Member

- Posts: 672
- Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am
Re: Nuwe "Chronograph" koop
My Pro Chrono is seker al tien jaar oud, baie ouer as S&O. Al probleem wat mens met hom kry is die sonskerms raak later bros en breek soos jy hulle insit.
Dan saag jy die punte af en plak ander wit plastiek op vir die lengte.
Met deesdae se elektronika, is die enigste wat werklik afwykings kan veroorsaak die lengte tussen sensors. Daardie kort afstand tussen die opvoubare goed vertrou ek gladnie. Ons het getoets, en die SD is minder op die Pro Chrono as op die kort afstand goed.
Natuurlik sal dit beter wees om die uitlees gedeelte by jou te hê, as dit raakgeskiet word, is die skade minder. Feit is die Prochrono is nie so krities op hoe hoog jy van die sensor skiet nie, en ek het myne nog nooit raak geskiet nie.
As die sensors parallel met die koeël se pad is en die sensors is ver genoeg van die geweer af om die skokgolf te vermy, kan jy maar skiet en meet. Die son kom nie werklik op die sensors nie, daarvoor is die sonskerms daar.
Voorspoed!
Johan Smit
Dan saag jy die punte af en plak ander wit plastiek op vir die lengte.
Met deesdae se elektronika, is die enigste wat werklik afwykings kan veroorsaak die lengte tussen sensors. Daardie kort afstand tussen die opvoubare goed vertrou ek gladnie. Ons het getoets, en die SD is minder op die Pro Chrono as op die kort afstand goed.
Natuurlik sal dit beter wees om die uitlees gedeelte by jou te hê, as dit raakgeskiet word, is die skade minder. Feit is die Prochrono is nie so krities op hoe hoog jy van die sensor skiet nie, en ek het myne nog nooit raak geskiet nie.
As die sensors parallel met die koeël se pad is en die sensors is ver genoeg van die geweer af om die skokgolf te vermy, kan jy maar skiet en meet. Die son kom nie werklik op die sensors nie, daarvoor is die sonskerms daar.
Voorspoed!
Johan Smit
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Nuwe "Chronograph" koop
Dankie vir die inligting, Johan.
Ek het al gesien die sonskerms keer nie altyd die son af nie. Dit hang af in watter rigting jy skiet en op die skietbaan kan jy net in een rigting skiet en dan val die son op die sensors. Gesien party ouens sit 'n ekstra stuk karton so dat die son nie op die sensors val nie. Wat ek eintlik wou weet of daar 'n verskil in die lesing sal wees met son of sonder son en wat gebeur as dit sterk bewolk (swak lig) is.
Ek kry my ProChrono eers more en sal hom dan toets.

Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Nuwe "Chronograph" koop
Pieter, ek het altyd vroeg begin skiet maar baie manne sê toe die chrono lees beter hier na 12 uur se kant. Noudie anderdag by Derby het die chronie begin Err2 boodskape gee en toe onthou ek van die vorige keer wat dit gebeur het ook om en by middel dag. So daar moet iets wees wat dit ongelukkig maak as die son die sensors direk tref. Ek gaan wit karton of gaasdoek probeer ( fotograwe geruik dit om lik te versprei, difuse).
Gaan soek vir German Salazar se Riflemans Journal daar is 'n berig oor chrono opstel
Gaan soek vir German Salazar se Riflemans Journal daar is 'n berig oor chrono opstel
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Nuwe "Chronograph" koop
Baie dankie Carl. Ek gaan dadelik kyk.
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Nuwe "Chronograph" koop
Carl, ek het toe daar gesoek en ook op ander plekke. Die sensors moet nie direkte sonlig op hulle kry nie. Dit word aanbeveel dat 'n skerm aangebring word om te verhoed dat die sonlig op die sensors val. (Baie ouens stel 'n sambreel op)Carl wrote: Pieter, ek het altyd vroeg begin skiet maar baie manne sê toe die chrono lees beter hier na 12 uur se kant. Noudie anderdag by Derby het die chronie begin Err2 boodskape gee en toe onthou ek van die vorige keer wat dit gebeur het ook om en by middel dag. So daar moet iets wees wat dit ongelukkig maak as die son die sensors direk tref. Ek gaan wit karton of gaasdoek probeer ( fotograwe geruik dit om lik te versprei, difuse).
Gaan soek vir German Salazar se Riflemans Journal daar is 'n berig oor chrono opstel
Ek het vandag my ProChrono gekry en ek sien dat die sensors ingesink is sodat die sonlig nie sommer 'n probleem gaan wees nie. Baie interessant om almal se opinie te sien oor die opstel van die chrono ten einde akkuraatheid te kry.
Groetnis
Pieter WV